Strukture van plante en diere


  • Is alle plante dieselfde gemaak met al dieselfde dele?
  • As ek nie blare op 'n kaktus kan sien nie, is dit nog steeds 'n plant?
  • Is die mos wat naby die kraan agter die huis groei 'n plant? Hoe weet ek of dit is?
  • As 'n kaktus, seegras en perdeblom so verskillend is, hoe kan jy sê dat hulle almal plante is?
  • Diere lyk almal verskillend - hoe kan ons al hierdie diere saam groepeer?
  • Wat maak dat diere van mekaar verskil?

Ons het geleer dat alles in twee groepe verdeel kan word - lewend en nie-lewend. In hierdie afdeling gaan ons meer leer van lewende plante en diere, hoe hulle lyk en wat hulle spesiaal maak.

Strukture van plante


Basiese struktuur van plante

Hoe om die onderwerp in te lei.

  • Leerders moet die verskillende basiese strukture (dele) van plante identifiseer.
  • Hulle moet die SIGBARE verskille tussen verskillende plante ondersoek.
  • Hulle kan toevallig blootgestel word aan die konsep dat plante hul eie kos produseer - hulle hoef nie ander plante te eet nie. Diere eet egter die kos wat plante produseer en wat in verskillende dele van die plant gestoor word.
  • Ons stel voor dat jy aan die begin van die afdeling voortplanting deur steggies vir jou leerders wys sodat hulle dit later met voortplanting van saailinge kan vergelyk. Jy kan 'n steggie van 'n vy of roos gebruik.
  • As uitbreiding op die tema kan leerders die funksies van die verskillende strukture leer.
  • In hierdie reeks handboeke sit ons klem op die wetenskaplike metode om sketse te teken en byskrifte te maak.

Hierdie afdeling begin dus deur plante en die verskillende plantstrukture te bestudeer. Alhoewel die CAPS nie vereis dat leerders die funksies van die strukture bestudeer nie, is dit as verreiking ingesluit by aktiwiteite wat van leerders verwag om visueel te onderskei tussen die strukture. Leerders moet verskille observeer en meer uitvind oor die tipes plante in hul omgewing. Die verskille kan die grootte van die plante, die kleur en vorm van die blare en blomme, of hulle blomme het of nie, of hulle hul blare verloor of nie, en ander soortgelyke sigbare verskille wees. Ons moedig onderwysers aan om hul leerders se natuurlike nuuskierigheid en belangstelling oor hoe die natuurlike wêreld werk te prikkel. As jong wetenskaplikes moet hulle plante en diere vergelyk en groepeer.

Wenke vir aanbieding

  1. Probeer altyd om leerders se voorkennis in verband te bring met wat hulle gaan leer voordat jy formeel met jou les begin.
  2. Bring 'n plant of 'n plakkaat wat die basiese strukture van blomplante duidelik uitbeeld, klas toe.
  3. Vra leerders om die verskillende dele van die plant te identifiseer. Moedig hulle aan om die moontlike funksie(s) van elke deel te identifiseer. Baie leerders verstaan die konsepte, maar kan hulself nie taalkundig korrek uitdruk nie. Onderwysers word aangemoedig om leerders met taalverwante probleme te ondersteun deur kernwoorde duidelik in die klas uit te stal sodat leerders gereeld daarna kan verwys. Sodoende leer die leerders nuwe wetenskaplike woordeskat aan wat hulle kan gebruik om hulself uit te druk.
  4. Gebruik vrae om die klasbespreking oor die basiese strukture van blomplante in te lei. Waarom het plante water nodig? Watter deel van die plant kan water opneem? Gee 'n ander woord vir opneem (absorbeer). Watter deel van die plant verbind die wortels met die res van die plant ens.
  5. Verduidelik nuwe woorde duidelik en met sorg en maak seker dat die woorde (en hul betekenisse) duidelik in die klas vertoon word.
  6. Moedig leerders aan om hul eie woordelyste met verduidelikings van die betekenisse te skep.

Alle plante het verskillende dele wat ons strukture noem. In die meeste plante kan ons die volgende strukture identifiseer:

  • wortels
  • stingels
  • blare
  • blomme

Kom ons kyk na die verskillende plantstrukture.

Wortels

Plante se wortels is gewoontlik onder die grond. Wortels het baie belangrike funksies (werke):

  • Wortels anker die plant in die grond.
  • Wortels absorbeer water en nutriënte uit die grond wat dan na die res van die plant vervoer word.
  • Sommige plante, soos aartappels of wortels, stoor die kos wat hulle maak in hul wortels. Jy gaan volgende jaar leer hoe plante hul eie kos maak.
Die wortels van die boom gaan diep in die grond in.
'n Wortel is 'n stingel wat kos stoor wat die plant self gemaak het.

Stingels

Stingels verbind die wortels met die res van die plant. Die stingel het belangrike funksies:

  • Die stingel ondersteun die blare, blomme en vrugte (die stingel hou hierdie dele regop).
  • Die stingel vervoer nutriënte en water van die wortels na die ander dele van die plant.
  • Sommige plante stoor die kos wat hulle produseer in hul stingels (soos suikerriet of aspersies).
'n Groeiende plantstingel http://www.flickr.com/search/?l=commderiv&mt=all&adv=1&w=all&q=plant+stem&m=text
'n Tamatieplant se stingel

Blare

Alhoewel baie plante se blare groen is, kan blare baie ander kleure wees. Sommige blare verander van kleur in die herfs.

Blare het baie belangrike funksies.

  • Blare absorbeer sonlig wat hulle gebruik om kos te maak vir die plant.

Hierdie proses word fotosintese genoem - leerders hoef dit nie op hierdie stadium te ken nie. Hulle gaan in Graad 5 daaroor leer.

  • Party plante stoor water (kaktus) of kos (soos spinasie of blaarslaai) in hul blare.

Blare het klein openinkies (wat huidmondjies genoem word) aan die onderkant van die blaar wat die plant in staat stel om van ekstra water ontslae te raak deur die proses transpirasie.

  • Die meeste blare het are wat soos klein pypies lyk en water en nutriënte van die wortels af vervoer. Die are vervoer ook die kos wat die blare produseer na die res van die plant.
Kan jy die are op hierdie blare sien? http://www.flickr.com/photos/crabchick/5809576233/

Blomme

Baie plante het blomme. Die blomme is baie belangrik vir die plant.

  • Die blomme maak stuifmeel om sade te maak sodat nuwe plante kan groei.
  • Die blomme lok voëls en insekte om hul stuifmeel te versprei en om stuifmeel van ander blomme te kry.
  • Die blomme maak vrugte en sade.
  • Daar is verskillende soorte blomme.

Dink aan die blomme wat jy ken en skryf van hul name hier onder neer.




Hoeveel verskillende gekleurde blomme is by jou skool of in julle tuin by die huis? Sien jy dalk blomme oppad skool toe? Kyk mooi na die blomme as jy hulle weer sien en let op na al die verskillende kleure.





[Farrah 23]

@@CAPTION Sjoe, blomme maak regtig ons lewens meer kleurvol, en ek is mal oor kleur!

Sade

Baie plante maak sade en stoor hulle op verskillende maniere.

  • In hul vrugte soos perskes of lemoene.
  • In peule soos boontjies of ertjies.
  • Op 'n stronk soos 'n mielie of 'n aar soos koring.

Ander plante se sade groei vanuit die plant se blom soos 'n perdeblom of die akker op 'n eikeboom.

Sade is baie belangrik vir plante omdat nuwe plante vanuitdie sade groei.

Perdeblomsade is so lig dat die wind hulle na nuwe plekke kan waai waar hulle kan begin groei.
Die sade op 'n koringaar.
Ertjiesade in 'n peul.
Perskesade binne-in die vrug.

Wenke vir aanbieding

In die volgende aktiwiteit gaan leerders byskrifte by 'n skets moet maak. Dit is die eerste keer wat hierdie vaardigheid aan die Graad 4s bekend gestel word. Dit is daarom belangrik dat onderwysers hierdie vaardigheid stap vir stap vir die leerders leer. Maak seker om vir al die leerders te wag om 'n stap reg te kry voor jy aanbeweeg na die volgende stap. Die volgende reëls kan op 'n plakkaat vertoon word sodat leerders daarna kan verwys wanneer hulle wetenskaplike sketse maak.

Die riglyne vir sketse en byskrifte:

  • Die skets moet 'n opskrif hê (in pen en met drukskrif geskryf)
  • Byskrifte moet in potlood gemaak word.
  • Die lyntjies van die byskrifte moet met 'n liniaal getrek word.
  • Die lyntjies van die byskrifte moet parallel loop met die bokant en onderkant van die bladsy.
  • Die lyntjies van die byskrifte moet aan die deel van die skets raak wat dit beskryf.
  • Die lyntjies van die byskrifte moet almal die selfde afstand van die skets af eindig (die byskrifte moet maw in 'n vertikale lyn onder mekaar staan).
  • Byskrifte moet in drukskrif, nie lopende skrif, en in pen geskryf word.
  • Die regte byskrifte moet op die regte plek gebruik word.

Identifiseer die verskillende dele van 'n blomplant.


WAAROM DOEN JY DIE AKTIWITEIT:

Om te sien of jy die verskillende dele van 'n plant kan identifiseer.

BENODIGHEDE (wat jy nodig het)

  • 'n Skets van 'n blomplant.

INSTRUKSIES (wat jy moet doen)

  1. Kyk na die sketse heir onder. Daar is nie byskrifte by die skets nie. Wetenskaplikes moet gereeld byskrifte by sketse en diagramme maak. Dit is 'n baie belangrike vaardigheid!
  2. Wanneer ons byskrifte vir 'n skets doen, is daar 'n paar riglyne wat ons moet volg:
    1. Trek 'n reguit lyn met 'n potlood en liniaal van die deel wat jy wil beskryf.
    2. Die lyntjies van die byskrifte moet aan die deel van die skets raak wat dit beskryf.
    3. Die lyn moet parallel aan die onderkant van jou bladsy wees.
    4. Skryf die naam van elke deel netjies onder mekaar neer.
  3. Maak byskrifte vir die blomplant deur die reëls te volg.
  4. Skryf die byskrifte in die spasies voorsien
  5. Gebruik die volgende byskrifte:
    • wortel
    • stingel
    • blaar
    • blom
    • saad

Antwoord:

VRAE:

Wanneer jy 'n wetenskaplike skets maak, moet jy 'n opskrif hê sodat iemand anders presies weet wat dit is. Dink aan 'n opskrif vir die skets hierbo en skryf dit hier onder neer.



Iets soos: "Die basiese struktuur van 'n blomplant."

Dink jy dat een deel van 'n plant belangriker is as 'n ander deel? Verduidelik jou antwoord.




Een deel is nie meer belangrik as 'n ander deel nie aangesien al die dele nodig is vir die plant om te funksioneer. Al die dele is ewe belangrik en is nodig vir veskillende redes/funksies.



Sigbare verskille tussen plante.


This section on plants provides an opportunity and a necessity to practise agricultural science as a part of Natural Science. For example, while doing this section, encourage your learners to plant different kinds of crops (those that store food in stems, leaves, in roots, etc) and then ask them to bring them to school once they have grown to compare the visible differences and work with them fresh from the soil. If no one can grow their own vegetables, try to set up a vegetable garden at the school in some corner, or just buy some different vegetables from the shops and bring them to class so learners can see the real things and describe the differences. This aspect may not have been highlighted in the curriculum, but it is important for learners to know where food comes from. And also highlight the need for schools to have vegetable gardens!

Daar is baie verskillende soorte plante. As jy na verskillende plante kyk kan jy baie goed sien wat anders is, maar jy kan ook baie goed sien wat dieselfde is. Ons weet dat die meeste plante stingels, wortels en blare het en dat baie ander plante blomme, sade en vrugte het. As ons plante wil vergelyk, kan ons hierdie plantstrukture vergelyk.

Jy kan na die verskillende plantstrukture kyk en 'n vergelyking maak tussen hulle:

  • grootte
  • kleur
  • vorm

Of jy kan baie belangrike vrae oor die plante vra, soos:

  • Maak hierdie plant blomme?
  • Verloor die plant sy blare in die herfs?
  • Kan diere die plant of dele van die plant eet?
  • Kan mense die plant eet?
  • Kan jy aan nog moontlike belangrike vrae dink wat jy kan vra?

Mense bestudeer al vir duisende jare plante. Waarom dink jy is dit nodig dat mense plante bestudeer? Dink aan hoekom mense plante gebruik.




Mense moet uitvind watter plante ons kan eet en watter plante gebruik kan word om siektes te genees; sommige plante kan gebruik word om klere of mandjies te maak, terwyl ander gebruik kan word om huise of skuilings te bou; ons kan op plante skryf (papirus en bome wat papier maak) of om tou ens te maak. Daar is nog baie gebruike.



Mense wat plante bestudeer, soos wat jy besig is om te doen, begin deur na die plante te kyk en dit wat hulle sien te vergelyk. Ons gaan ons oë gebruik om verskillende plante te vergelyk.

Kyk na die foto's van die piesangpalm en basiliekruid. Hoeveel verskille kan jy tussen die twee plante sien?

http://www.flickr.com/photos/jorgebrazil/4983656659/
Basiliekruid

Beskryf die verskille wat jy kan sien tussen die piesangpalm en die basiliekruid.





Hierdie vraag is spesiaal oopgelaat vir leerders se interpretasies en sodra almal in die klas klaar is behoort die onderwyser die verskille en ooreenkomste wat die leerders gesien het te bespreek. Hopelik gebruik van hulle die stingel, wortel en blare om die twee plante te vergelyk en onderwysers moet hierdie leerders vreeslik prys omdat hulle soos klein Einsteins dink! Dit sal die volgende aktiwiteit baie makliker maak.


Wanneer ons plante vergelyk is dit soms makliker om die verskillende plantstrukture te vergelyk. Ons kan byvoorbeeld na die stingels van die piesangpalm en die basiliekruid in die voorbeeld kyk en dit vergelyk. Die basiliekruid het 'n dun, groen stingel terwyl die piesangpalm s'n 'n dik, bruin houtagtige bas het wat dit bedek - dit is 'n baie dik stam.

Kyk na die foto hier onder van die kant van 'n rivier. Daar groei baie soorte plante: die waterlelies voor en die riete after. Beide groei naby of in die water maar lyk heeltemal verskillend.

Waterlelies en riete groei in water.

Vergelyk plante


INSTRUKSIES:

  1. Werk saam met 'n maat
  2. Vergelyk die twee plante (waterlelies en riete) deur die plantstrukture te gebruik.
  3. Wanneer mense verskillende dinge vergelyk deur 'n items te gebruik (soos die plantstrukture wat ons gebruik), gebruik hulle 'n tabel om hul idees neer te skryf.
  4. Bestudeer die onderstaande tabel. Skryf die ooreenkomste en verskille tussen dei plantstrukture van die waterlelies en die riete neer.

(Hopelik sal baie leerders weet wat of waterlelies of riete of albei is en sal hulle die bespreking met hul kennis kan verreik.)

Waterlelies

riete

Stingels

enkel reguit dun stam, party mag agterkom dat hulle nie styf is nie maar kan buig saam met die stroom soos in die foto.

stam is gesegmenteer, lank en houtagtig, party mag sê dat die stam hol is.

Wortels

Kan nie kommentaar lewe nie - nie sigbaar nie.

Kan nie kommentaar lewe nie - nie sigbaar nie.

Blare

ronde plat blare (wat op die water dryf)

dun, nou lang blare

Blomme en/of sade

Mooi blomme

Sade in die boonste dele word deur die wind verwaai

VRAE:

As jy na 'n plant kyk en ni esade kan sien nie, kan jy sê dat die plant in die groep val wat nie sade maak nie? Hoekom nie?

NEE - Net omdat jy nie die sade kan sien nie, beteken nie dat die plant nie in sy leeftyd sade produseer nie. Sommige plante blom net een keer in 10-15 jaar en maak net dan sade. Onderwysers moet dit beklemtoon dat indein 'n plant op 'n spesifieke stadium nie blomme of sade het nie, leerders nie moet aanvaar dat die plant dit nie produseer nie.



Het jy agtergekom dat dit makliker was om plante te vergelyk as jy die verskillende plantstrukture ken?

Inleiding tot die volgende aktiwiteit

  1. Vra leerders om Voor die volgende les voorbeelde van blare van DRIE verskillende plante klas toe te bring. Hulle moet weet wat die plante se name is.
  2. Vra jou leerders om die plante en die mense aan wie die plante behoort te respekteer. As die plante nie aan hulle behoort nie, moet hulle eers toestemming vra voordat hulle 'n blaar pluk. Hulle moet ook versigtig werk wanneer hulle die blaar afsny sodat hulle nie die plant seermaak nie - gebruik 'n skêr of 'n snoeiskêr.
  3. Leerders moet versigtig wees. Party plante is GIFTIG. Die veiligheidsreëls is as volg:
    • Moenie dele van onbekende plante eet nie.
    • Moenie jou oë vryf terwyl jy met plante werk nie.
    • Was jou hande nadat jy die plante hanteer het.
  4. Vra jou leerders om 'n paar eetbare blare te noem byvoorbeeld: slaaiblare, spinasie, pietersielie, kool, koljander ens.
  5. As onderwyser moet jy ook bydra tot die aktiwiteit deur voorbeelde van verskillende blare klas toe te bring sodat daar 'n verskeidenheid voorbeelde beskikbaar is.
  6. Laat jou leerders die aktiwiteit bestudeer. Maak seker hulle verstaan hoe om die blare af te trek en byskrifte te maak.
  7. Verduidelik sleutelwoorde soos: glad, getande rand, groot of klein, harig of glad, dun of dik ens.
  8. Laat die leerders in pare werk. Elke paar moet die tabel in die aktiwiteit voltooi.
  9. Gee jou leerders genoeg tyd om die aktiwiteit te voltooi. Beweeg deur die klas en maak seker dat jou leerders op die taak gefokus bly. Help leerders wat sukkel.
  10. Vra leerders om terugvoer te gee en vul hul antwoorde op die tabel op die bord in.
  11. Vra leerders om hul selfassessering te voltooi.

Hoe lyk die blare van verskillende plante?


WAAROM DOEN JY DIE AKTIWITEIT:

Om die verskil tussen blare van verskillende plante te sien.

BENODIGHEDE (wat jy nodig het)

  1. Baie verskillende blare (jou onderwyser sal vir jou sê hoeveel blare jy bymekaar moet maak).
  2. Die name van die plante waarvan jy die blare versamel het.
  3. Wit papier
  4. Kryte

INSTRUKSIES:

Hoe om afdrukke van die blare te maak.

  1. Vat een blaar en sit dit op 'n harde oppervlak neer.
  2. Maak seker die are wys boontoe, so die blaar moet onderste bo wees.
  3. Sit die wit papier oor die blaar.
  4. Gebruik die kant van die kryt en kleur liggies in oor die area waar die blaar lê om die blaar af te trek.
  5. Skryf die naam van die plant waarvan dit kom as byskrif langs die blaar neer.
  6. Herhaal die proses met al die blare.
  7. Skryf 'n opskrif bo-aan jou bladsy wat verduidelik wat jy gedoen het.
  8. Bestudeer die verskillende blare nadat jy afdrukke van ten minste 4 blare gemaak het.





    Antwoorde hang af van leerders se voorbeelde.

VRAE:

Werk saam met 'n maat en sit hulle 4 afdrukke by joune.

Sien jy dat al die verskillende blare soortgelyke vorms het?
Sien jy dat al die verskillende blare soortgelyke rande het?
Teken die verskillende vorms en rande van 3 blare wat jy kon sien in die spasie hier onder.

Verskillende vorms van blare.

Verskillende rande van blare.

Voltooi die onderstaande tabel.

  1. Vul die name van die plante in die eerste kolom in.
  2. Maak 'n regmerkie in die kolom(me) en verduidelik hoe die blaar lyk.
  3. Ons het 'n voorbeeld met rose uit Gogo se tuin gedoen sodat jy kan sien wat om te doen.
Gogo se mooi rose.

Naam van plant.

Ronde blaar

Lang, dun blaar

Gladde rand

Getande rand

Rose

(Antwoorde hang van leerder se voorbeelde af.)




Strukture van diere


Alle lewende dinge kan in twee groepe verdeel word - plante en diere. Plante kan vergelyk word deur die verskillende plantstrukture te vergelyk en hulle in verskillende groepe te verdeel. Ons kan 'n soortgelyke metode gebruik om diere te vergelyk. In hierdie afdeling gaan ons leer hoe om verskillende dierstrukture te identifiseer. Ons gaan dan hierdie dierstrukture gebruik om van die diere wat reeds aan jou bekend is te vergelyk.

Hoe om die onderwerp in te lei.

Hierdie eenheid behandel die basiese strukture van diere en dus hoe hul liggame ontwerp is. CAPS onderskei nie tussen vertebrate en invertebrate, tussen warmbloedige of koudbloedige of enige ander groeperings nie. Dit vereis dat leerders 'n vergelyking maak gebasseer op die basiese struktuur van die dier: kop, stert, lyf, ledemate, sensoriese organe. Vergelykings word basseer op dié strukturele elemente sowel as grootte, vorm, liggaamsbedekking en sensoriese organe. Onderwysers word gewaarsku om by die spesifikasies te hou, maar word aangemoedig om sterker leerders uit te daag deur die konsepte van vertebrate en invertebrate, warm- en koudbloedig, ens aan hulle te noem.

Wenke vir aanbieding

  1. Gebruik 'n klasbespreking om hierdie eenheid in te lei. Vra leerders om aan verskillende diere te dink. Hulle kan die dier se naam in jou oor fluister voor hulle probeer om die dier met mimiek vir die klas uit te beeld.
  2. Bespreek die konsep dat mense ook diere is aangesien alle lewende dinge of plante of diere is. Hier is dit noodsaaklik om taalbeperkings en wanbegrippe aan te spreek. As 'n leerder se ma byvoorbeeld sê dat sy ouer suster in 'n varkhok woon of dat die ouer broer soos 'n hond eet, is dit spreektaal. Dit is belangrik om te waak teen ander wanbegrippe waar spreektaal en wetenskaplike taal verwar kan word en dus lei tot 'n wanbegrip van die wetenskaplike beginsel.
  3. Aanbieding: Hersien die konsep Basiese struktuur (hoe dit uiteengesit word). Laat jou leerders die basiese strukture van plante opnoem. Bestudeer die basiese liggaamsstruktuur van verskillende diere. Gebruik die 5 basiese liggaamsstrukture as riglyn. (Baie onderwysers het die woord liggaam gekies om die struktuur van diere se liggame te beskryf alhoewel dit nie tegnies strook met die terminologie wat in die CAPS gebruik word nie.)

Vergelyk diere


INSTRUKSIES:

  1. Kyk mooi na die foto van die hond en die jellievis. Watter ooreenkomste en verskille kan jy sien?
  2. Skryf die ooreenkomste en verskille in die tabel neer.
  3. Bespreek jou lys ooreenkomste en verskille met jou klasmaats en kyk of julle lyste dieselfde lyk. Miskien kan jy 'n paar ekstra goed by jou lysie skryf na jy dit met jou klasmaats bespreek het.

Verskille

Ooreenkomste

Antwoorde hang af van leerders. Die aktiwiteit is doelbewus "oop" gelos om leerders toe te laat om "uit-die-boks" te dink. Dit sal onderwysers ook 'n goeie aanduiding gee van leerders se voorkennis oor diere en hul strukture.

Dit word nie uitdruklik gestel nie, maar daar word van leerders verwag om die 5 basiese liggaamsstrukture van die hond en die jellievis te vergelyk. Onderwysers word aangemoedig om rond te beweeg in die klas en seker te maak dat leerders die twee diere vergelyk. Help leerders wat nie besef dat hulle die liggaamsstrukture kan gebruik om die twee te vergelyk nie.

'n Jack Russel wat staan en 'n Golden Retriever wat lê.
Jellievis in die see http://www.flickr.com/photos/49164267@N04/4885206411/

Sommige leerders het dalk die liggaamsstrukture van diere gebruik om die jellievis en die hond te vergelyk. Ander het dalk iets anders gebruik - soos of die dier 'n geraamte het of nie; of waar dit bly of waarmee die dier se liggaam bedek is. Moedig leerders aan om idees uit te ruil en hul redes vir hul antwoorde in klein groepe of as 'n klas te bespreek.


Wenke vir aanbieding

Hersien die konsep Basiese struktuur Leerders bespreek wat hulle dink die basiese strukture van diere is - verwys weer na die jellievis en die hond. Bespreek die liggame van verskillende diere deur met hulself te begin en dan die jellievis en die hond as voorbeelde te gebruik. Gebruik ander soorte diere om die punt te versterk dat diere se liggame op verskillende maniere bedek is.

Basiese strukture van diere


Kom ons kyk na die liggaamsdele van diere.

Net soos plante, het diere ook 'n basiese struktuur. Die basiese struktuur van 'n dier bestaan uit:

  • kop
  • stert
  • liggaam
  • ledemate
  • sensoriese organe

Kop

Alle diere het 'n spesiale deel van hul liggame wat die 'kop' genoem word. Selfs die kleinste dier het 'n deel waar sy brein sit. In meeste diere het die kop:

  • 'n Brein - maak nie saak hoe klein dit is nie.
  • Sensoriese organe soos ore en oë.
  • voedingstrukture - die mond en kakebene.

Stert

Meeste diere het 'n stert aan die agterent van hul liggame(het jy al ooit gewonder waar 'n seester of 'n seekat se stert sit?). 'n Stert is gewoonlik gepunt, maar kan verskillende vorme aanneem.

Die sterte!


INSTRUKSIES:

  1. Werk in groepe van 3 of 4.
  2. Kyk na die verskillende sterte van al die diere in die prentjie - kan jy ooreenkomste tussen die sterte sien?
  3. Bespreek moontlike ooreenkomste tussen die verskillende soorte sterte met jou groep en skryf jou antwoorde hier onder neer. Gebruik verskillende woorde om die sterte te beskryf.







    Antwoorde hang af van hoe oplettend die groep is. Sommige sterte is lank, ander kort, sommige is bosagtig en bedek met pels, ander met skubbe, sommige is kleurvol en ander is effekleurig.

Diere gebruik hul sterte om verskillende goed te doen. Waarvoor gebruik die walvis sy stert in die prentjie?

Om te swem.

Die verkleurmannetjie en die eekhoring het beide sterte en lewe in bome en bosse. Hulle beweeg egter baie verskillend. 'n Verkleurmannetjie beweeg stadig en 'n eekhoring spring van tak na tak en skarrel op en af teen boomstamme. Waarvoor gebruik elkeen van hierdie diere hulle sterte?

Die verkleurmannetjie gebruik sy stert om aan takke vas te hou en vir balans. Die eekhoring gebruik sy stert vir balans en ratsheid wanneer hy van tak tot tak spring.

Die mannetjiespou het 'n baie helder, gekleurde stert. Waarom dink jy het hy so 'n stert?

Hy lok sy maat deur sy stert te lig en daarmee te pronk.


Kom ons kyk na van die funksies van sterte. Hulle help diere om:

  • in bome te beweeg en te swaai - soos byvoorbeeld ape.
  • balans - 'n kangaroe gebruik sy stert vir balans wanneer hy spring.
  • om prooi dood te maak - krokodille gebruik hul sterte om oor en oor in die rondte te draai wanneer hulle hul prooi wil verdrink; skerpioene het gewoonlik gif in hul sterte.
  • om die grond plat te maak - bewers gebruik hul sterk sterte om die grond hard en vas te slaan.
  • swem - omtrent alle visse gebruik hulle sterte om te swem.
  • bepaal die rigting van beweging - visse, walvisse, dolfyne, haaie en baie ander visse gebruik hul sterte as 'n soort roer om hule in 'n sekere rigting te stuur. Voëls se sterte is ook belangrike roere.
  • Lok 'n maat - 'n pou is 'n perfekte voorbeeld!
  • hou dier warm - 'n klein eekhorinkie of jakkals draai sy stert om sy lyf soos 'n kombers om hom warm te hou!
  • van vlieë ontslae te raak - 'n koei of perd swaai hulle sterte om van vlieë ontslae te raak.
  • waarsku ander van moontlike gevare - party bokke wys die wit deel aan die onderkant van hul sterte om ander bokke teen moontlike gevaar te waarsku.
  • kommunikeer - honde wys emosie deur hul sterte. As hulle bly is om jou te sien, swaai hulle sterte. 'n Hond groet nie sommer 'n inbreker met 'n swaaiende stert nie!
  • beskerm - 'n pantserdier het 'n gepantserde stert om hom te beskerm.
  • om roofdiere se aandag af te lei - as 'n akkedis aangeval word val sy stert af sodat die akkedis kan wegkom terwyl die roofdier after die stert aangaan - die stert beweeg nog steeds!

Jy kan seker sien hoe belangrik 'n dier se stert vir hom is!

Liggaam

Voorstel vir aanbieding.

Maak sagte diere speelgoed bymekaar. Probeer speelgoed kry waarvan die liggaamsbedekking so realisties as moontlik is - 'n teddie, 'n veeragtige voël, 'n krokodil met 'n growwe vel, miskien 'n skilpad, 'n walvis ens. Verdeel die diere in drie groepe en sit hulle in 'n swartsak sodat die leerders hulle nie kan sien nie. Kies vrywilligers om te "voel" wat in die sak is. Hulle moet vir die klas vertel wat hulle voel.

Verskillende diere bedek hul liggame op verskillende maniere.


Kan jy aan ten minste 5 verskillende soorte liggamsbedekkings dink wat diere gebruik? Skryf hulle hier onder neer.







Diere, soos mense, se liggame gebruik spesifieke liggaamsbedekkings vir spesiale redes. Hoekom dink jy sal mense hul liggame bedek? Hoe vergelyk dit met wat diere doen?

Waarom bedek ons, ons liggame?


INSTRUKSIES:

  1. Wanneer sal mense hierdie tipes klere dra?
  2. Skryf jou antwoorde in die kolom aan die regterkant neer.

Klere

Waar of wanneer sal mense dit dra?

Dik jas, serp en handskoene

Winter of plekke waar dit baie koud is.

Helder, dun rokkie met dun bandjies oor die skouers.

Somer, strandweer of as jy na 'n swempartytjie toe gaan.

'n Swart pak met swart broek en 'n strikdas.

As mens na 'n dans of 'n troue of selfs 'n baie formele ete toe gaan.

Grys romp en wit kortmou bloes, swart skoene en wit sokkies.

Somer skooluniform vir baie Suid-Afrikaanse leerders.

'n Swembroek

As jy gaan swem in die see, swembad of dam.


Mense dra verskillende klere in verskillende omgewings. As hulle koud kry, dra mense warm klere, en as hulle warm kry, sal hulle minder, dunner klere dra.

Diere het ook verskillende liggaamsbedekkings. Die meeste kan dit nie verander as die weer verander nie. Waarom dink jy is 'n voël met vere en nie met skubbe bedek nie? En waarom het 'n walvis 'n gladde, dik vel, maar 'n seekat het 'n slymerige, glibberige vel? Waarom het 'n kat 'n sagte, wollerige vel, maar 'n krokodil se lyf is met harde benerige skubbe bedek?


Bespreek dit in groepe van 3 of 4 en skryf julle idees in die spasies.





Daar is 'n paar redes waarom diere hulle liggame op spesiale maniere moet bedek:

  1. Liggaamsbedekings moet die dier se organe, bene en spiere van sy omgewing, ultravioletstrale, stampe en krappe, en teen kieme en bakterieë wat infeksie kan veroorsaak beskerm. 'n Warm, wollerige liggaam beskerm 'n ysbeer teen die weer in die antarktikas net soos 'n skubberige liggaam 'n pantserdier en 'n krokodil beskerm.
  2. Hulle moet met hul omgewing saamsmelt om weg te kruip vir roofdiere of om hulself te kamoefleer sodat hul prooi hul nie kan sien nie (soos leeus)
  3. Mannetjies gebruik hulle liggame om wyfies se aandag te trek. 'n Pou pronk met sy pragtige vere en 'n leeu se maanhare moet wyfies lok.

Diere se liggaamsbedekkings


INSTRUKSIES:

  1. Kyk mooi na die liggaamsbedekking van elke dier in die foto's hier onder.
  2. Dink aan waar elke dier bly.
  3. Beantwoord die vrae deur hulle in die onderstaande tabel in te vul.
    • Waarom is elke dier se liggaam spesifiek so bedek?
    • Waar bly die dier?

Dier

Liggaamsbedekking

Waar bly die dier?

Slak

http://www.flickr.com/photos/7147684@N03/1037533775/

Impala

Skilpad

http://www.flickr.com/photos/imaginextra/4609807052/

Sjimpansee

Erdwurm

http://www.flickr.com/photos/63048706@N06/6049015615/

Goudvis

http://www.flickr.com/photos/24710622@N05/3230447522/

Pikkewyn

http://www.flickr.com/photos/tyrian123/479211584/

Walvis

Rob

Dier

Liggaam Bedekking

Waar bly die dier?

Slak

http://www.flickr.com/photos/7147684@N03/1037533775/

Skulp en sterk leeragtige liggaam

Tuine, oerwoude, woude - baie plantegroei

Impala

Vel

Grasvelde

Skilpad

http://www.flickr.com/photos/imaginextra/4609807052/

Harde beenagtige skubbe

Grasvelde, woestyne

Sjimpansee

Pels

Bome, oerwoud, woud

Erdwurm

http://www.flickr.com/photos/63048706@N06/6049015615/

Sagte, vogtige vel

Grond

Goudvis

http://www.flickr.com/photos/24710622@N05/3230447522/

leeragtige, waterdigte vel

Koue vars water

Pikkewyn

http://www.flickr.com/photos/tyrian123/479211584/

dik, warm waterdigte vere

in die see en koue areas

Walvis

Sagte, glibberige vel

Onder die see

Rob

Dik, harige vel

Kuslyn / naby die oseaan en in die see



Ledemate

Meeste diere het ledemate waarmee hulle beweeg. Diere gebruik hul ledemate om te stap, te hardloop, te klim of te swem. Diere soos sjimpansees en eekhorings kan hul voorste of agterste ledemate gebruik om voorwerpe te hanteer.

Kyk na die prent van die verskillende diere in die vorige aktiwiteit. Hoeveel verskillende ledemate het hierdie diere?

Diere kan vlerke, voete met swemvliese, voelers, vinne, bene, arms, paddavoete en lang, glibberig lywe hê.

Mimiek van Diere se beweging: Skryf dierename op 'n papier en sit dit in 'n houer. Verdeel die klas in twee groepe wat teen mekaar deelneem. Laat leerders 'n naam uit die houer trek. Hulle moet die dier se beweging deur mimiek vir die klas uitbeeld en hul span moet raai watter dier hulle uitbeeld. Die wenspan is die span wat teen die einde van die les die meeste diere reggeraai het.

Sintuie

Diere kan baie meer as mense waarneem. Honde kan byvoorbeeld dinge waarneem wat mense glad nie kan nie en kan daarom mense help.

  • Snuffelhonde help om mense wat onder geboue, modderstortings of sneeu vasgeval het op te spoor sodat reddingswerkers kan weet waar die slagoffers is. Hierdie honde kan ook dwelms of bomme uitsnuffel en die polisie waarsku.
Snuffelhonde by die lughawe. http://www.flickr.com/photos/9009139@N08/1188915198/
  • Arende, jakkalsvoëls, valke en ander roofvoëls het baie goeie oë aangesien hulle klein knaagdiere op 'n afstand moet kan sien.
  • Olifante, katte en honde kan klanke hoor wat die mens se oor nie kan hoor nie.
  • Vlermuise, dolfyne en sommige walvisse gebruik 'n spesiale sintuig, ekolokasie. Hulle stuur spesiale klankgolwe uit wat hul prooi of ander voorwerpe waarteen hulle kan bots op 'n afstand kan waarneem.
  • Skoenlappers, bye en erdwurms het ook spesiale tassintuie - hulle kan deur hul vel of voete proe.
  • Diere soos miere, kakkerlakke of krewe het spesiale reseptore waarmee hulle kan aanvoel dat iets ver van hulle af beweeg.

Dink terug aan die sewe lewensprosesse en waarom ons kan sê dat diere lewend is. Kyk na die basiese struktuur van 'n dier: na die kop, ledemate, liggaam, stert en sintuie. Hoe help die basiese struktuur van diere hulle om die sewe lewensprosesse uit te voer?








B eweging - ledemate en stert

Voortplanting - liggaam

Liggaamsbedekkingensoriese waarneming - sintuie / sensoriese organe

Asemhaling - liggaam

Voeding - ledemate (vang kos, breek dit oop), kop en sensoriese organe

Ontlasting - liggaam

Groei - liggaam , ledemate, stert, kop ens.


Die verhouding tussen die struktuur van 'n dier en die 7 lewensprosesse is nie by alle diere duidelik nie, maar vir die meeste diere kan mens dit maklik sien. Moedig leerders aan om 'n eenvoudige dier soos 'n hond te gebruik vir die boonste vraag.

Samestelling van diere se liggame


WAAROM DOEN JY DIE AKTIWITEIT:

Toe jy van plante geleer het, moes jy ook leer hoe om byskrifte vir 'n skets te maak deur die Wetenskaplike metode te gebruik. In hierdie aktiwiteit gaan jy oefen om byskrifte te maak.

INSTRUKSIES:

  1. Bestudeer elkeen van die sketse van verskillende diere.
  2. Gebruik die vaardigheid wat jy aangeleer het om byskrifte te maak by elke dier. Gebruik die vyf liggaamsstrukture van diere.

Diere lyk almal baie anders. Party het lang bene en ander het kort, stomp kloue; sommige het groot oë en ander het duisende klein ogies wat saam een oog vorm. Hulle kom in alle groottes en vorme!


Kyk na die bladsy wat Lewe en Bestaan aan die begin van die kwartaal ingelei het. Jy sal sien dat die Thunderbolt-kinders die oerwoud verken. Kan jy al die verskillende vorms en groottes van die diere sien? Hoeveel verskillende diere sien jy?






Klein, medium, groot of ekstra-groot?


Gaan jy partykeer saam met jou familie winkel toe? Het jy al gesien dat winkels die volgende woorde gebruik: KLEIN (small), MEDIUM, GROOT (large) en Xtra-GROOT (Xtra-Large) wanneer hulle goed soos pizzas, eiers of klere vergelyk? Soms skryf hulle net S, M, L and XL om die grootte te wys.

INSTRUKSIES:

  1. Kom ons gebruik hierdie letters om die basiese liggaamsdele van die diere, waarvoor ons sopas byskrifte gemaak het, te vergelyk.
  2. Skryf S, M, L of XL in die eerste kolom om die grootte van die verskillende liggaamsdele van die diere te beskryf.

Kop

Liggaam

Stert

Voorste ledemate

Agterste ledemate

Leeu

Duif

Vis

Akkedis

Padda



  • Alle plante het 'n basiese struktuur van wortels, stingels en blare.
  • Blomplante het ook blomme, vrugte en sade.
  • Ons kan sien dat plante verskil. Ons vergelyk hulle grootte, vorm en kleur van hul wortels, stingels, blare, blomme, vrugte en sade.
  • Alle diere het 'n basiese struktuur: kop, stert, liggaam en sensoriese organe.
  • Diere het verskillende liggaamsbedekkings, groottes en vorms en sensoriese organe.
  • Ons kan die verskillende dinge wat ons by die diere sien vergelyk.


  1. Kyk na die prent hier onder en beantwoord die volgende vrae:

Beskryf die verskil tussen die blare van die vyeboom en die wilgerboom.




Die vyeboom het breë, geskulpde blare en die wilgerboom het lang, dun blare.

Bestudeer die blomme. Watter blomme sal jy in dieselfde groep sit? Gebruik die volgende opskrifte:

Baie blare wat naby aan mekaar is.

'n Enkele (een) blom met 'n lang steel.

Baie blare wat naby aan mekaar is.

'n Enkele (een) blom met 'n lang steel.

malva

angelier

krismisroos

roos

Dink aan drie (3)verskillende plante wat jy ken. Dit kan groente, vrugte, blomme of bome wees - net wat jy wil. Elke plant lyk anders, né? Skryf als wat jy van hierdie plante weet in die tabel hier onder neer.

Plant se naam








Blare

Blomme

  1. Bestudeer die diere in die boonste prentjie en vind die volgende:

    Vyf (5) voorbeelde van verskillende liggaamsbedekkings.



    vere, pels, skubbe, harde, horingagtige skubbe, sagte vogtige vel, harde, leeragtige vel.

    Drie (3) voorbeelde van verskillende ledemate



    vlerke, vinne, bene (kloue)

    Watter diere het sagte velle en moet in of naby water bly om hul velle nat te hou?


    brulpadda en boompadda

    Watter dier in die prent verloor sy stert as hy in gevaar is?


    akkedis

    Watter dier gebruik sy stert om sy prooi te verdrink as hy hulle gevang het.


    krokodil

    Watter dier uit die groep kan sy voorste ledemate gebruik om voorwerpe of kos te hanteer?


    muis

    Een dier in hierdie groep het baie goeie gehoor. Watter dier hoor beter as die meeste ander?


    olifant

    Dink hoe roofdiere jag. Watter dier uit hierdie groep moet baie goed kan sien sodat dit hom kan help om te jag?


    kleinsingvalk

    Waarom het die miervreter 'n gepantserde liggaam?



    Dit draai die harde, horingagtige skubbe om sy lyf wanneer roofdiere naby kom sodat hulle hom nie kan eet nie.

    Dink jy die krokodil het die regte liggaamsbedekking? Kyk na die ander liggaamsbedekkings. Sou 'n krokodil met dieselfde skubbe waarmee 'n vis bedek is, kon oorleef? Waarom het dit harde, horingagtige skubbe?





    'n Krokodil vang soms groot buffels of wildsbokke met skerp horings. As sy liggaam nie deur die harde, benerige skubbe beskerm word nie, sal die diere se hoewe of horings sy liggaam seermaak. Omdat die krokodil meestal in die water bly sou dit seker met dieselfde skubbe as 'n vis kon oorleef.