Voedingstowwe in kos


  • Hoekom moet ek so baie verskillende goed eet - hoekom kan ek nie net eet waarvan ek hou nie?
  • Ek het al gehoor mense sê: "Jy is wat jy eet..." - wat beteken dit?
  • Wat is so sleg van soet lekkergoed - hoekom moet ek nie baie daarvan eet nie?
  • Wat is die verskil tussen 'n vet en 'n olie?

Voedselgroepe


Leerders moet die omhulsels en verpakkingsmateriaal van die voedsel wat hulle eet vir die volgende aktiwiteit versamel. Adviseer hulle om alle blikkies en plastiek wat nog voedseldeeltjies bevat te was om slegte reuke en insek besmetting in die klas te voorkom!

All lewende plante en diere moet eet vir die nodige energie om die lewensprosesse uit te kan voer. Plante maak hulle eie kos van sonlig, water en koolstof dioksied deur die proses van fotosintese. Diere kan nie hulle eie kos maak nie en moet plante of ander diere eet om energie te verkry. Mense moet ook plant- of dierprodukte eet om energie te kry om the groei en ontwikkel.

Klassifikasie van voedselgroepe


Die kos wat ons eet kan in verskillende tipes of groepe geklassifiseer of groepeer word. Ons noem hierdie voedselgroepe. Daar is vier hoof voedselgroepe en elke voedselgroep verrig 'n spesifieke taak in die liggaam.

  • Koolhidrate
  • Proteïene
  • Vette en olies
  • Vitamiene en minerale
Voorbeelde van die kossoorte in die voedselgroepe, koolhidrate, proteïene en vette en olies.

Ons klassifisser kos volgens hierdie voedselgroepe, alhoewel messte kossoorte 'n mengsel van meer as een groep bevat.

Kom ons kyk na elke voedselgroep individueel om te sien waarom elkeen belangrik is:

  1. Koolhidrate:

    • Hulle is die belangrikste bron van energie vir die liggaam.
    • Hulle stoor energie vir die liggaam.
    • Koolhidrate is 'n blangrike deel van die liggaamstruktuur.
    • Voedselsoorte wat koolhidrate bevat is: paste, stampmielies, aartappels, graankos, mieliemeel, pap en brood.
Brood.
Rys.
Pasta.
Aartappels.
  1. Proteïene:

    • Proteïene is die boustene van ons liggaam - hulle bou die liggaam se spiere.
    • Hulle help ook om beseerde of beskadigde weefsel te herstel.
    • Proteïene kan as reserwe energie gebruik word waar daar 'n tekort aan koolhidrate is.
    • Voedselsoort wat proteïenebevat is: vleis, vis, hoender, eiers, bone, melk en kaas.
    • Proteïene kom ook in baie plantprodukte voor: keker-ertjies, bone, lensies, neute en soya.
Vleis.
Lensies.
Amandel neute.
Kaas.
  1. Lipiede - vette en olies:

    • Vet word rondom organe, soos die niere, gestoor om hulle teen beserings te beskerm.
    • Vet word ook onder die vel gestoor om ons te isoleer (hou ons warm).
    • Vette kan as reserwe energie gebruik word waar daar 'n tekort aan koolhidrate is.
    • Voedselsoorte wat vet bevat is: botter, margarien, sardyne, kookolies, neute, grondboontjiebotter en avokado pere.
Gemengde neute.
Kookolie.
Grondboontjiebotter.
Margarien.
  1. Vitamiene en minerale:

    • Vitamiene en minerale is noodsaaklik vir die menslike liggaam, maar ons produseer baie min hiervan onsself.
    • Baie belangrike minerale kom voor in die voedsel wat ons eet. Twee van die belangrikstes is:
      • Sodium wat help om die korrekte waterbalans in die liggaam te handhaaf en wat in die meeste voedselsoorte, behalwe vrugte, voorkom.
      • Kalsium wat belangrik is vir die versterking van bene en tande. Kalsium kom voor in vis, groen groentes, melk en kaas.
    • Die meeste vitamiene word deur plante vervaardig. Dus kry ons vitamiene van die kos wat ons eet of van vitamien-aanvullings.
    • Daar is spesifieke voedselsoorte wat spesifieke vitamiene bevat. Die onderstaande tabel toon sommige van die belangrike vitamiene, hulle natuurlike bronne en/of die voedselsoort waarin dit voorkom, sowel as sommige van die funksies in die menslike liggaam:

Naam van vitamien

Bronne

Funksie

Vitamien A

Eiergeel, lewer, donker geel en donker groen vrugte en groente, vis lewer olies

Stel die oog in staat om 'n pigment te produseer wat ons help om in dowwe lig te sien.

Vitamien B

Bruin rys, volgraan brood

Daar is verskeie tipes vitamien B met baie verskillende funksies, bv. hulle is belangrike in die chemiese reaksies van asemhaling.

Vitamien C

Citrus vrugte, aarbeie, tamaties, rissies

Versterk die liggaam se immuunstelsel deur die vermoë om infeksie teen te werk, te verhoog.

Vitamien D

Eiergeel, vis lewer olies, kan in die vel geproduseer word wanneer ultra-violet strale van die son cholesterol in die vel omsit in vitamien D

Help met die absorbering van kalsium en fosfate. Hierdie voedingstowwe word gebruik in die vervaardiging van sterk bene en tande.

Melk is 'n bron van kalsium.
Vrugte en groente is 'n bron van vitamiene.

Klassifikasie van voedsel in die verskillende voedselgroepe


MATERIALE:

  • Versamel omhulsels en verpakkingsmateriaal, soos bokse en blikkies, van die kos wat jy eet en bring dit skool toe.

AANWYSINGS:

  1. Werk in groepe van 2 of 3.
  2. Kies, uit die verskillende omhulsels en bokse in julle groep, die 3 voedselsoorte wat julle dink die gesondste is om te eet. Skryf 'n rede waarom julle dink dat dit regtig gesond is, langs elkeen van hierdie 3 keuses.




  3. Vind die LYS VAN BESTANDELE op elke voedselhouer. Julle moet ten minste 10 verskillende houers hê. (Indien julle te min het, ruil met 'n ander groep uit wanneer hulle klaar is.)
  4. Sorteer die verskillende voedselsoort in die hoof voedselgroepe.
  5. Teken jou werk aan in die onderstaande tabel.

Koolhidrate

Proteïene

Lipiede

Vitamiene end Minerale

Voedselprodusente voeg dikwels verskillende preserveermiddels, geur- en kleurmiddels, sowel as sout en suiker by om die kos meer aanloklik vir hulle gebruikers te laat lyk of proe. Ons noem hierdie bymiddels.

  1. Lees weer die bestandele op jou 10 verpakkingsetikette.
  2. Skryf die naam van jou produk in die eerste kolom.
  3. In elke kolom dui aan (✔) of jou produk enige van hierdie bymiddels bevat.
  4. Die eerste een is gedoen as 'n voorbeeld.

Voedsel

Bymiddel

Sout

Suiker

Ander

VOORBEELD

Brood

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

  1. Maak 'n lys van die hoof geurmiddels wat in jou produkte gebruik is.




  2. Watter preserveermiddels word die meeste deur voedselvervaardigers gebruik?



  3. Kyk na die 3 kossoorte wat jy aanvanklik gelys het as die gesondste en hoekom jy gevoel het dit is gesonde opsies.
    1. Lees die verpakkingsmateriaal - watter bymiddels bevat dit?



    2. Dink jy hierdie bymiddels maak die kos meer gesond of minder gesond om te eet?


    3. Nadat jy die etikette gelees het, dink jy nog steeds dat hierdie die 3 gesondste kosse is? Verduidelik jou antwoord.



    4. Vergelyk die ander etikette en besluit of daar dalk ander, gesonder kosse op jou lys is.



Nadat jy hierdie aktiwiteit gedoen het, het jy 'n verskil opgemerk tussen kossoorte wat natuurlik voorkom (soos vleis en groente) en verwerkte kossoorte?

Die natuurlike kossoorte bevat 'n mengsel van meer as een voedingsgroep. Neute, byvoorbeeld, is 'n bron van proteïen en vet. Melk is 'n bron van kalsium en proteïen. Groentes bevat verskeie voedingsgroepe.

Die kossoorte wat verwerk of vervaardig is, bevat dikwels bymiddels soos sout, suiker, preserveermiddels en geurmiddels.

VOORGESTELDE PROJEK - Indien nodig, kan onderwysers hierdie geleentheid gebruik vir 'n klein navorsingsprojek oor bymiddels en die voor- en nadele daarvan om kosse met bymiddels te eet.

Kom ons kyk na 'n paar verskillende maaltye om te sien of al die voedselgroepe ingesluit is.

Sorteer kosse in 'n maaltyd in die voeselgroepe.


AANWYSINGS:

  1. Hieronder is prente van vyf verskillende maaltye.
  2. Bestudeer elke maaltyd en klassifiseer elke kossoort op die bord as een van die voedselgroepe (proteïene, koolhidrate, vette en olies, vitamiene en minerale).
  3. Onthou, sommige voedselsoorte kan aan meer as een voedselgroep behoort.
  4. Skryf elke kossoort in die maaltyd neer in die tabel, en skryf die voedselgroep waaraan dit behoort langs dit neer.

Maaltyd

Voedselgroepe

VRAAG:

  1. Watter maaltyd dink jy is die gesondste? Verduidelik jou antwoord.





In die volgende hoofstuk gaan ons verder kyk na waaruit 'n gebalanseerde maaltyd bestaan.

  • Voedselgroepe:
    • kosse vir energie - koolhidrate
    • kosse vir groei en herstel - proteïene
    • kosse vir die stoor van energie (as liggaamsvet) en die voorsiening van isolering en die beskerming van senuwees en organe - vette en olies
    • kosse vir die handhawing van 'n gesonde liggaam en immuunstelsel - vitamiene en minerale
  • Die meeste natuurlike kosse bevat 'n mengsel van meer as een voedselgroep.
  • Die meeste verwerkte (vervaardigde) kossoorte bevat bygevoegde sout, suiker, preserveermiddels, geur- en kleurmiddels.


Skryf die sin volledig hieronder uit en voltooi die weggelate woorde.

Foods are classified into the following food types, , _____, and _____.




Noem 3 redes waarom lipiede belankrik is in ons dieet.




Vet word rondom organe gestoor vir beskerming. Vet word onder die vel gestoor om ons te isoleer. Vet kan as reserwe energie gebruik word waar daar 'n tekort aan koolhidrate is.

Lys 3 bronne van proteïene.


Vleis, vis, hoender, eiers, bone, melk, kaas (aanvaar enige 3 bronne van proteïene).

Hoekom is dit nodig on ons diëte met vitamiene aan te vul?



Laat leerders toe om hulle eie redes te verskaf - maar dit moet geldig wees.

Voltooi die onderstaande tabel wat sommige belangrike vitamiene, hulle natuurlike bronne en funksies uitbeeld.

Naam van vitamien

Bronne

Funksie

Vitamien A

Stel die oog in staat om 'n pigment te produseer wat ons help om in dowwe lig te sien.

Bruin rys, volgraan brood

Daar is verskeie van hierdie vitamien en hulle verrig funksies in die chemiese reaksies van sellulêre respirasie.

Vitamien C

Versterk die liggaam se immuunstelsel deur die vermoë on infeksies teen te werk, te verhoog.

Vitamien D

Eiergele, vis lewer olies, kan in die vel vervaardig word wanneer die ultra-violet strale van die son cholesterol in die vel omsit in vitamien D.

Naam van vitamien

Bronne

Funksie

Vitamien A

Eiergeel, lewer, donker geel en donker groen vrugte en groente, vis lewer olies

Stel die oog in staat om 'n pigment te produseer wat ons help om in dowwe lig te sien.

Vitamien B

Bruin rys, volgraan brood

Daar is verskeie van hierdie vitamien en hulle verrig funksies in die chemiese reaksies van sellulêre respirasie.

Vitamien C

Citrus vrugte, aarbeie, tamaties, rissies

Versterk die liggaam se immuunstelsel deur die vermoë on infeksies teen te werk, te verhoog.

Vitamien D

Eiergele, vis lewer olies, kan in die vel vervaardig word wanneer die ultra-violet strale van die son cholesterol in die vel omsit in vitamien D.

Gebruik vir die maak van sterk bene en tande

Wat is sommige van die bymiddels wat ons in verwerkte kossoorte vind?



Sout, suiker, preserveermiddels, geurmiddels, kleumiddels

'n Vegetariër is iemand wat nie vleis eet nie. Watter ander kossoorte, behalwe vleis, behoort hulle te eet en hoekom?




'n Vegetariër kan moontlik nie genoeg proteïene inkry nie. Hulle behoort ander bronne van proteïene, soos eiers, bone, kaas en ander suiwelprodukte, en neute, te eet.