Lewensiklusse


  • Waarom lê hoenders eiers maar honde nie?
  • Toe ons by die dammetjie was het ek 'n klomp padda-eiers gevind. Hoekom is die padda-eiers sag, maar die hoendereiers hard? Ek het gedog dat eiers altyd harde doppe het wat kan kraak en breek.
  • Ons klein hondjies lyk baie soos hulle ma, maar die paddavissies in die dammetjie lyk glad nie na paddas nie.
  • Ons hondjies is nou 'n jaar oud en lyk baie soos volwasse honde - gaan hulle nog baie verander? Wanneer sal ek weet dat hulle volwasse honde is?

Hierdie termyn het het ons baie verskillende diere en plante op Aarde, sowel as hulle interafhanklikheid en verskillende habitatte, bestudeer. In hierdie afdeling gaan ons ons studie van plante en diere afsluit, deur spesifiek na hulle lewensiklusse te kyk.

Hoe om die onderwerp in te lei.

Spel die liedjie, Circle of Life uit die klassieke Disneyfilm, The Lion King. Bespreek breedvoerig die die woorde en betekenis van hierdie liedjie soos dit betrekking het op ons interafhanklikheid van mekaar en die siklus van die lewe waarvan ons deel is. Dit is beskikbaar by:http://www.youtube.com/watch?v=vX07j9SDFcc.

Hierdie onderwerp (LEWENSIKLUSSE) lê baie sterk klem op die groei en ontwikkeling van plante en diere, en wys dat alle lewende dinge moet groei en ontwikkel - 'n tema wat vanaf Gr 4 deurgetrek word. Hierdie handboek behandel hierdie onderwerpe dus as 'n fokus op GROEI en ONTWIKKELING, en nie in die eerste plek as 'n studie van individuele plante en diere nie. Onderwysers word aangemoedig om 'n soortgelyke benadering te volg om die onderliggende konsepte te ontwikkel, en die leerders se aandag te vestig op die ooreenkomste tussen lewende organismes wat groei en ontwikkel.

Onderwysers word aangemoedig om soveel as moontlik verskillende leesstowwe, insluitende boeke, plakkate, drukstukke ens., wat diere- en plante se lewensiklusse uitbeeld, uit te stal, en om gereeld hierna te verwys gedurende die behandeling van hierdie afdeling.

Groei en ontwikkeling


Hoe om die onderwerp in te lei.

Wys aan leerders 'n plant en die soort saad waaruit dit gegroei het - indien nodig koop 'n klein plantjie by 'n kwekery of groei u eie sadjies 'n paar weke voor die les.

  • Vra leerders om te verduidelik hoe die saad vanuit die saadvorm na 'n plant kon verander, en vra hulle om te verduidelik hoe die saadjie, wat dood gelyk het, lewendig kon geword het. (Hierdie is hersiening van Gr 4 werk oor lewende en nie-lewende dinge).
  • Herinner hulle daaraan dat onder die regte kondisies iets wat nie-lewend lyk weer lewend kan word - die saad het water en hitte nodig gehad om lewendig te word.
  • Vra hulle of die plant sal ophou groei noudat dit daardie spesifieke grootte bereik het, en bespreek hulle gedagtes oor plantgroei ('n goeie geleentheid om hulle voorafkennis oor hierdie onderwerp te assesseer.)

Plante en diere groei en ontwikkel dwarsdeur hulle lewens


Wanneer sal jy ophou groei? Bespreek met 'n maat en deel dan julle gedagtes met die klas.



Hierdie vraag is bedoel om leeders te laat dink oor groei en ontwikkeling in hulle eie lewens, voordat daar van hulle vereis word om hierdie kennis op plante en diere toe te pas.


Alle plante en diere moet nuwe plante en diere maak, anders sal hulle uitsterf en nie meer op Aarde bestaan nie. Die volwasse plant of dier moet nasate produseer, wat mettertyd moet groei on nuwe volwassenes te word wat op hulle beurt nasate sal voortbring. Ons noem hierdie 'n lewensiklus. dit is 'n siklus omdat wanneer 'n nuwe plant of dier gemaak word, die siklus weer begin.

Die plant of dier kan op enige punt in die lewensiklus doodgaan - by geboorte, as 'n jongeling, of as 'n ou plant of dier. Kom ons kyk van naderby na die lewensiklus van 'n blomplant.


Plantlewensiklusse


In blomplante begin die siklus wanneer die saad ontkiem. Kyk na die diagram wat die saad toon nadat dit ontkiem het.

Die stadiums in 'n plant se ontkieming en groei.

Die saad ontkiem wanneer 'n klein wortel (kiemwortel) en 'n stam uit die saad begin groei. Hierdie groei dan om 'n jong plant te word.

'n Baie jong plant net nadat dit ontkiem en begin groei het.

Die plant groei en ontwikkel in 'n saailing. Mettertyd groei die saailing tot 'n jong volwasse plant. Die volwasse plant kan voortplant met behulp van blomme wat sade produseer. Die plant bereik volwassenheid wanneer dit blom.


Kyk na die drie verskillende prentjies hieronder. Wat dink jy doen die insekte in hierdie prentjie?



'n Vlieg. http://www.flickr.com/photos/snapr/468246966/

'n By. http://www.flickr.com/photos/scottzona/5672890582/

'n Skoenlapper. http://www.flickr.com/photos/richardsphotogallery/6913278810/



Die blomme produseer stuifmeel en onbevrugde sade (nuwe plante kan nog nie uit hierdie sade groei nie). Insekte dra die stuifmeel van een blom na die volgende. Dit word bestuiwing genoem.

  • Die stuifmeel bevrug die saadknoppe in die blom.
  • Die bevrugde saadknoppe ontwikkel nou om sade te word.
  • Die sade word dan versprei en begin op 'n nuwe plek groei.
  • Sade kan op verskillende maniere versprei word.
Perdeblomsade word deur die wind versprei.
Verskillende maniere van saadverspreiding.

Hoekom het 'n plant nodig om sy sade te versprei?



Onderwysers word aangemoedig om hierdie vraag met die klas te bespreek. Wys hulle daarop dat nuwe plane in kompetisie met hulle ouerplante sal wees vir hulpbronne soos water, grond, sonlig ens., en dat sade daarom ver weg moet gaan om hul eie hulpbronne te hê. Sade word ook na verskillende plekke gestuur om die voortbestaan van die spesie te verseker, ingeval iets verkeerd sou gaan by die oorspronklike groeiplek (dus as risiko-minimisering)

Kyk na die prente wat maniere van saadverspreiding toon. Bespreek hierdie vier maniere en veduidelk hoe jy dink die sade vir elke metode aangepas is om mees doeltreffend versprei te kan word.







Die sade wat deur diere versprei word is òf smaaklik sodat voëls of eekhorings hulle eet, soos bessies of neute, òf het weerhakies sodat hulle aan diere se hare en pelse kan vasklou. Sade wat deur wind versprei word is lig en het eienskappe wat hulle toelaat om in die wind te "vlieg", soos byvoorbeeld vlerke. Sade kan deur ontploffing versprei word wanneer die saadpeule oopbars en die sade uitskiet. Sade kan ook deur water versprei word, byvoorbeeld wanneer sade in 'n rivier val en stroomaf gedra word. Hierdie sade moet lig wees en kan dryf.


Wanneer 'n saadjie in die grond land kan dit begin ontkiem. Die siklus begin dan weer.

Omtrent 5 - 6 weke voor hierdie aktiwiteit plant 'n paar kersietamatiesade in 'n groot houer, of op 'n sonnige plek in die skooltuin. Met genoeg water en lig groei hulle baie vinnig, en kan die perfekte voorbeeld vir hierdie aktiwiteit verskaf. Verder kan die leerders die kersietamaties wat geoes word eet! Groot tamaties kan ook werk, maar hulle sal baie lank neem om ryp te word. Onthou om die tamatieplante met paaltjies te ondersteun (vir 'n basiese opstelling kan u enige tipe stokkie gebruik, steek dit naby die plant in die grond en bind die plant se grootste stamme hieraan vas).

Die lewensiklus van 'n tamatieplant


MATERIALE:

  • Tamatieplante in jou klaskamer of in die tuin
  • Die sade van jou tamatieplante
  • 'n Paar ryp tamaties soortgelyk aan dié wat in jou klas groei.
  • Die prentjie hieronder toon die lewensiklus van tamatieplante

Oorweeg dit om die klas in twee groepe te verdeel. Een groep kan die waarneming van die tamatieplant doen, terwyl die ander groep die tamatie met die onderwyser se hulp teken.

INSTRUKSIES

Die lewensiklus van die tamatieplant.

  1. Bestudeer die lewensiklus van 'n tamatieplant beginnende by die sade - jy kan die illustrasie hierbo gebruik om jou te help.




  2. Bestudeer die tamatievrug wat in jou klas tentoongestel word. Kan jy sien waar die klein stam vas is? Kan jy enige blare daarom sien?
  3. Teken die tamatievrug in die spasie hierondeer. Onthou om 'n wetenskaplike tekening te maak deur byskrifte op die korrekte wyse (wat jy in Gr 4 geleer het) te gebruik.







In Gr 4 is baie tyd daaraan gespandeer om leerder te wys hoe om wetenskaplike tekeninge te maak. Die onderwyser moet hierdie noukeurig hersien of weer deurgaan. Maak miskein 'n plakkaat hieroor om in die klas tentoon te stel. Die gebruik van beskrifte moet wetenskaplik gedoen word.

  • die tekening moet 'n opskrif hê (in pen geskryf)
  • byskriflyne moet in potlood wees
  • byskriflyne moet met behulp van 'n liniaal getrek word
  • byskriflyne moet parallel met die bokant/onderkant van die bladsy wees
  • byskriflyne moet an die gedeelte van die tekening wat aangedui word raak
  • byskriflyne moet ewe ver van die tekening af eindig (m.a.w. die byskrifte moet in 'n vertikale lyn onder mekaar wees)
  • byskrifte moet in pen geskryf word
  • Die korrekte byskriflyne moet op die korrekte plekke gebruik word
  1. Ondersoek versigtig die tamatiesade vanuit die pakkie. Jou onderwyser sal die tamatievrug oopsny. Vergelyk die sade van die vars vrug met dié vanuit die saadpakkie.

Die vars tamatiesade lyk:

Die sade vanuit die saadpakkie lyk:

  1. Kyk na die tamatieplant in jou klas. Vind die volgende plantstrukture in die plant en beskryf elkeen van hierdie in die spasie daarlangsaan. Maak dan 'n skets van elke plantstruktuur in die gegewe spasie:

Beskryf die plantstruktuur

Skets die plantstruktuur

Stam

Blare

Blomme



Onderwysersgids alleenlik: Uitbouingsaktiwiteit - Om van lewensiklusse te leer

MATERIALE:

  • Blom (soos byvoorbeeld 'n petunia)
  • Skerp lem of mes (wees baie versigtig hiermee aangesien dit jou kan sny!)
  • Vergrootglas

INSTRUKSIES

  1. Verwyder versigtig die groen blare aan die basis van die blom. Jy kan jou vingers hiervoor gebruik. Hierdie is die kelkblare wat die blombot beskerm.
  2. Verwyder versigtig die blom se kleurvolle kelkblare. gebruik jou vingers ook hier.
  3. Verwyder al die dele wat jy binne-in vind, en sorteer hulle in groepe. Onthou om versigting te werk, ondat die dele breekbaar is.
  4. Dissekteer (sny) versigtig die stamper vanaf die taaierige boonste stempel, tot by die onderste saadknop.
  5. Gebruik 'n vergrootglas om die saadknop in die vrugbeginsel te sien.
  6. Teken 'n wetenskaplike skets van die verskillende dele wat jy in die blom ontdek het in die spasie hieronder. Onthou om die wetenskaplike metode vir die maak van wetenskaplike tekeninge te volg, insluitende die korrekte gebruik van byskrifte, hoofopskrifte en 'n skerp potlood.










Dierelewensiklusse


All die diere moet voortplant, anders sal hulle uitsterf. In hierdie afdeling sal ons meer oor die lewensiklus van diere leer.

Lewensiklus van 'n padda


Die rede vir die doen van hierdie aktiwiteit is om leerders toe te laat om die verskillende stadiums van 'n padda se lewensiklus te ervaar. Die aktiwiteit is hier geplaas om onderwysers toe te laat om die verskillende stadiums te demonstreer soos die lesse deur die werkboek vorder.

MATERIALE:

  • 'n glasakwarium, 'n groot glas- of plastiekhouer, of 'n 5-liter roomysbak
  • chloorvrye water
  • waterplante (indien beskikbaar)
  • 'n paar groot rotse wat bo die oppervlak van die water sal uitsteek
  • visvlokkies

NB: Paddavisse is BAIE sensitief vir chloor en het gereeld vars water nodig. Vervang die water GEREELD (elke dag of twee) deur helfte van die gebruikte water uit te giet, en te vervang met vars water. Moenie kraanwater direk by die oorblywende water voeg nie. Kook die kraanwater en laat dit vir 24 uur staan voordat dit by die paddavisse se water gevoeg word. Alternatiewelik koop dechlorineringstablette, maar selfs dan moet die water vir 24 uur laat staan word voor die omruiling. Hier volg 'n maklike stap-vir-stap gids om paddavisse aan te hou: http://allaboutfrogs.org/info/tadpoles/

INSTRUKSIES

  1. Berei 'n habitat vir die paddavisse voor deur gebruik te maak van die materiale hierbo.
  2. Versamel 'n paar paddavisse vanuit 'n plaaslike stroompie in 'n seëlbare houer en bring hulle skool toe.
  3. Plaas die paddavisse versigtig in die waterhabitat wat vir hulle voorberei is.
  4. Vervang die water ten minste elke tweede dag.
  5. Voer die paddavisse met visvlokkies (akwarium viskos)
  6. As 'n klas, gebruik groot stukke paper of iets soortgelyks om 'n dagboek te hou van die paddavisse se groei oor die volgende paar weke.

Datum

Beskrywing van jou waarnemings

Skets jou waarnemings



Stadiums in die dierelewensiklus


Meeste diere, soos visse, reptiele, voëls en soogdiere het 'n eenvoudige lewensiklus. Ons kan verkillende stadiums in so 'n eenvoudige lewensiklus identifiseer:

  • Gestasie - voor geboorte
  • Groei en ontwikkeling
  • Opgroeiïng
  • Voortplanting

Die gestasiestadium in 'n dier se lewe is die tyd voor die embrio (jong dier) gebore word. Diere word op verskillende maniere gebore:

  • Lewendige geboorte:: sommige diere groei binne-in die baarmoeder van die moederdier, en word dan lewendig gebore.
  • Uit eiers uitbroei: die moederdier lê eiers en die embrio ontwikkel binne-in die eier voordat dit uitbroei.
  • Uitbroei uit eiers binne-in die moederdier se liggaam en dan lewendig gebore: die embrio ontwikkel binne 'n eier in die moederdier se liggaam. Die eiers kan uitbroei net voor of net na geboorte.
Gestasie - in die mens groei die baba in die moeder se baarmoeder, en word dan gebore. By hoenders lê die moeder 'n eier en die embrio ontwikkel binne-in die eier voor die kuiken uitbroei.

Diere groei en verander na geboorte of uitbroeiïng uit eiers.

Sommige diere ondergaan 'n eenvoudige verandering. Byvoorbeeld, by honde lyk die klein hondjie soortgelyk aan die volwasse hond.

By honde lyk die klein hondjie soortgelyk aan die volwasse hond.

Ander diere, meestal amfibieë en insekte, is heeltemal verskillend van die volwasse dier wanneer hulle uitbroei, en gaan deur baie groot veranderinge gedurende hulle lewensiklus. Hierdie verandering word 'n metamorfose genoem. Kyk na die stadiums van metamorfose van die melkbos-skoenlapper hieronder.

'n Melkbos-skoenlapper se rusper eet en groei.

Die ruspe maak gereed om 'n papie te maak.

Binne-in die papie is die ruspe besig om 'n skoenlapper te word.

Die volwasse skoenlapper verskyn uit die papie

Waarnemimg van hoe vrugtevlieë voortplant


MATERIALE:

  • deurskynende plastiekbottel
  • skerp mes
  • ryp vrug

INSTRUKSIES

  1. Sny die boonste deel van die deurskynende plastiekbottel af
  2. Plaas ryp vrugte in die bottel (wees versigtig - as die vrugte te waterig is, sal die vlieë doodgaan).
  3. Sit die afgesnyde boonste deel onderstebo in die bottel, asof dit 'n tregter is. Kyk na die prent hieronder.
Opstelling vir hierdie aktiwiteit.
  1. Hou dagboek van alles wat jy in die bottel sien gebeur oor die volgende 2 - 3 weke. Gee 'n kort beskrywing en 'n netjiese skets (nie 'n wetenskaplike tekening nie). Hou daagliks dagboek in die spasie wat hieronder verskaf is.

Datum

Beskrywing van jou waarnemings

Skets jou waarnemings

Vrugtevlieë kan ryp vrugte ruik en sal van ver af kom om dit te kry. Die wyfies lê eiers op die vrugte. Wanneer die vrugtevliegeiers uitbroei, kom klein wurmpies of larwes daaruit. Die larwes eet soveel as moontlik en groei vinnig. Dit word dan 'n papie. Die papie het 'n harde dop of chrysalis. Binne-in die chrysalis ondegaan die papie 'n reuse verandering. Na vier dae breek die dop en 'n vlieg met vlerke kom uit. Hierdie aktiwiteit mag dalk nie werk nie, en die vrugtevlieë mag dalk nie kom nie. In daardie geval, verduidelik aan die leerders dat die vlieë moontlik nie die vrugte geruik het nie. Verwys na die diagram hieronder om die aktiwiteit voort te sit.

Na die vrugtevliegdagboek afgehandel is, bestudeer die volgende diagram wat die vrugtevlieglewensiklus toon. Skryf 'n sin of twee wat verduidelik wat in elke stadium van die lewensiklus gebeur.

Die vrugtevlieglewensiklus

Benoem die stadium:

Beskryf die stadium:

A

B

C

D


Sodra die dier tot 'n jong volwassene gegroei en ontwikkel het, groei dit op en raak gereed om nasate te produseer. Met volwassenheid

Bevrugting is wanneer die manlike sperm die vroulike eier binnegaan.

'n Dier kan in enige stadium van die lewensiklus doodgaan. Verskeie dinge kan die dood van 'n dier veroorsaak.


Bespreek in jou groep wat die dood van 'n dier kan veroorsaak, en skryf dit hieronder neer.






Oorsake sluit in: ouderdom, siekte, omgewingsfaktore soos droogte en vloede, om geëet te word deur roofdiere of deur mense gejag te word, dood as gevolg van menslike oorsake, soos vergiftiging of die verwoesting van die omgewing of besoedeling.


Die paddalewensiklus


Jy moes waargeneem het hoe die paddavisse oor die afgelope ruk in paddas ontwikkel het. Hierdie aktiwiteit is bedoel om dit wat jy waargeneem het vas te lê. Indien dit nie vir jou moontlik was om die verandering van die paddavisse in die klas dop te hou nie, dan kan jy die volgende aktiwiteit gebruik om te wys hoe paddavisse in paddas ontwikkel.

INSTRUKSIES

  1. Hopelik het jy gesien hoe 'n paar paddavisse paddas geword het.
  2. Kom ons hersien die stadiums van 'n padda se lewensiklus.
  3. Kyk na die lewensiklus van die padda in die illustrasie hieronder.
  4. Beskryf die verskillende stadiums in die lewensiklus van die padda in die tabel hieronder.
Die paddalewensiklus

Beskrywing van hierdie stadium:

Gestasiestadium

Larwestadium

Jong volwasse stadium

Volwasse stadium

Antwoorde:

Beskrywing van hierdie stadium:

Gestasiestadium

Paddaembrios ontwikkel binne-in die eiers, en paddavisse broei dan uit hulle uit.

Larwestadium

Die paddavis het 'n stert en kieue; dit lyk soos 'n vis; na 'n tyd ontwikkel dit ager- en voorbene, en die stert begin krimp.

Jong volwasse stadium

Die jong volwassene het nie meer 'n stert nie, en die agter- en voorbene is ten volle ontwikkel.

Volwasse stadium

Die padda breik volwassenheid en kan voortplant.



  • Alle lewende dinge gaan deur die lewensprosesse van groei en ontwikkeling. Dit is deel van die hulle lewensiklus.
  • 'n Lewensiklus beskryf die stadiums en prosesse wat plaasvind as 'n plant of dier groei en ontwikkel.
  • 'n Lewensiklus beskryf ook hoe een geslag (of generasie) van 'n plant of dier voortplant om nuwe plante en diere te maak, wat dan weer verdere geslagte sal maak.
  • Die dood kan plaasvind tydens enige stadium van die lewensiklus.


Verduidelik wat dit beteken as ons sê dat 'n plant of dier 'n lewensiklus het.




Plante en diere groei en ontwikkel dwarsdeur hulle lewens, en 'n lewensiklus beskryf die stadiums en prosesse wat plaasvind as 'n plant of dier groei en ontwikkel vanaf 'n embrio na 'n uitgegroeide voortplantende volwassene.

Verduidelik die 4 stadiums in die lewensiklus van 'n blomplant - dink byvoorbeeld aan 'n tamatie- of boontjieplant.




saad - ontkiem om klein plantjies te vorm - klein plantjies groei en ontwikkel - plante groei bereik volwassenheid en maak blomme - blomme word bestuif en vorm klein tamaties - tamaties maak saad

Blomme gebruik hulle helder gekleurde kroonblare en hul reuk om diere te lok. Hoekeom het hulle nodig dat diere na hulle toe kom?



Plante het hierdie diere nodig om hulle stuifmeel te versprei, en om stuifmeel van ander blomme af te ontvang.

Windbestuifde plante is baie minder aantreklik as plante wat voëls en insekte moet lok. Hoekom dink jy dat dit so is?



Die wind kies nie watter plant om te bestuif nie, en bestuif alle plante; gevolglik hoef die plante net hulle stuifmeel aan die wind beskikbaar te maak vir verspreiding.

Wanneer plante hulle sade met behulp van water versprei, watter belngrike eienskappe moet hierdie sade hê?


Die sade moet waterdig wees.

Hoekom moet diere en plante voortplant?


As hulle nie voortplant nie sal hulle uitsterf.

Gebruik die volgende woorde om hierdie sinne te voltooi. Skryf die sinne volledig uit:
  • eier-lêende
  • naelstring
  • lewendig gebore
  • ekstern
  • lewensiklus
  • 'n _____ beskryf hoe voortplanting plaasvind en wys die manier waarop 'n plant of dier verander soos dit groei.




  • 'n Hoender- en slangembrio het 'n _____ tipe van gestasie.



  • 'n Hondjie of katjie word _____ vanuit die baarmoeder van die vroulike dier.



  • Terwyl in die baarmoeder ontvang die embrio van 'n koei of perd voeding deur die _____ wat geheg is aan die moeder se liggaam.




  • 'n (Lewensiklus) beskryf hoe voortplanting plaasvind en wys die manier waarop 'n plant of dier verander soos dit groei.
  • 'n Hoender of slangembrio het 'n (eierlêende) tipe gestasie.
  • 'n Hondjie of katjie word (lewendig gebore) vanuit die baarmoerder van die vroulike dier.
  • Terwyl in die baarmoeder ontvang die embrio van die koei of perd voeding deur die (naelstring) wat geheg is aan die moeder se liggaam.
Die lewensiklus van die hond

Rangskik die prentjie hierbo in die korrekte volgorde waarin dit plaasvind. Skryf die nommers 1 - 4 in die volgorde waarin die prentjies moet wees.

in die spasie hieronder, beskryf die verskillende stadiums in die lewensiklus van 'n kat en die prosesse wat daarin plaasvind. Jy mag illustrasies gebruik om jou werk te verbeter, maar dit sal nie geassesseer word nie.







Gestasie: die katjies ontwikkel binne-in die wyfie kat se baarmoeder

Groei en ontwikkeling: wanneer die lewendig katjies gebore word, is hulle blind en drink aan hulle ma. Na omtrent 6 weke verlaat hulle die moeder kat en groei en ontwikkel op hulle eie.

Volwassewording: die katjie groei en word volwasse. Dit verander, maar die basiese liggaamsvorm bly dieselfde.

Volwasse voortplanting: die kat bereik volwassenheid en kan voortplant

Wanneer gaan die dier dood?


'n Dier kan op enige stadium van sy lewensiklus doodgaan.

Hoekom dink jy het die getalle van sekere plantspesies afgeneem in gebiede waar diere soos sjimpansees, oerangoetangs, of neushoringvoëls, papegaaie en ander eksotiese voëls, deur mense uitgeroei is?



Hierdie diere versprei die plante se sade, en as hulle verwyder word, kan die sade dikwels nie ontkiem om te groei en ontwikkel soos wat nodig is nie.

Watter moontlike gevare hou onkruiddoders, gifstowwe en besoedeling vir plante en diere in?



Hierdie vraag is bedoel om leerders te boei en vereis van hulle om insig te toon in die negatiewe impak van die mens op die omgewing. Leerders se antwoorde sal variëer, maar hulle moet hierdie insig toon.