Metale en nie-metale


  • Hoe kan ons sê of iets van 'n metaal of van 'n nie-metaal gemaak is?
  • Hoe besluit ons watter materiaal om te gebruik waneer ons iets wil maak of bou?

Bekendstelling van die onderwerp.

Die eerste belangrike boodskap van die eenheid is dat voor Doel kom voor Keuse van materiaal . Eers wanneer ons weet wat die doel van n spesifieke produk is wat ons wil vervaardig, kan ons besluit watter eienskappe ons wil hê die boumateriale moet he, en dan kan ons materiale kies wat daardie eienskappe besit.

In die eerste eenheid van Materie en Materiale, het ons onderskei tussen metaal en nie-metaal materiale. Alhoewel dit nie 'n formele definisie is nie, groepeer ons alles wat nie-metalies is in die katogerie van nie-metale. Ons maak die onderskeiding tussen metaal en nie-metaal op die basis van die materiaal se eienskappe. Dit is dus belangrik om n ferm begrip van die term Eienskappe van vroeg af te hê.

Jy kan begin met 'n gesprek oor iets nuuts te bou (soos die hondehok voorbeeld hieronder), en dan die gesprek lei na die eienskappe deur vrae te vra oor die maniere hoe die voorwerp gebruik sal wees.

In die hoofstuk sal ons leer oor metale en nie-metale. Onthou julle dat ons oor materiale geleer het in Graad 4. Metale en nie-metale is twee verskillende klasse van materiale. Elke klas het sy eie unieke eienskappe. Eienskappe is daardie dinge wat spesiaal is omtrent 'n voorwerp of 'n materiaal. Ons kan die eienskappe van 'n materiaal gebruik om te beskryf hoe dit is. Byvoorbeeld, ons kan sê dat 'n eienskap van gasse is dat hulle saamgepers kan word.

Wanneer ons 'n nuwe produk wil maak ('n gebou of 'n stuk gereedskap of enige soort voorwerp) moet ons eers besluit wat die doel van daardie produk sal wees. Miskien wil ons 'n stuk gereedskap maak om in die tuin te grawe, of 'n hondehok (huis vir honde) vir ons nuwe hondjie. Die doel van die produk sal ons help om te besluit watter materiale die beste sal wees om te gebruik om dit te bou.

Wat sou die beste materiaal wees om te gebruik om gereedskap te maak om mee te grawe? Ons sou sekerlik 'n gereedskap benodig wat sterk en duursaam sou wees: iets met 'n skerp rand waarmee ons deur die grond kan sny waneer ons daarin grawe.


Wat se materiaal sou geskik wees om 'n hondehuis te maak wat koel is in die sommer en warm is in die winter?

Hout

Watter materiaal sou jy kies om 'n graaf van te maak om in die tuin mee te grawe?

Metaal of harde plastiek


Die volgende aktiwiteit handel oor die dinge waaraan ons moet dink waneer ons materiale vir 'n spesifieke doel kies.

Die keuse van materiale om 'n huis te bou


Die doel van hierdie aktiwiteit is vir leerders om te ontdek dat daar baie opsies is wanneer 'n materiaal vir 'n spesifieke funksie gekies moet word, en dat omstandighede mag voorskryf watter materiale die beste keuse sou wees. Byvoorbeeld, daar word verwag van leerders om te sê watter materiaal (sinkplaat of hout)die beste keuse sou wees vir 'n huis wat by die see. Hulle moet aangemoedig word om aspekte soos roes (wat later in groter detail bespreek gaan word) en hitte geleiding (ook later bespreek) in ag te neem, wat hout die beter keuse maak. Beskikbaarheid en koste is ook aspekte wat in die gesprek aangeraak kan word. Hoe beskikbaar is sinkplaat vs hout?

AANWYSINGS

  1. Waneer ons 'n materiaal kies vir n sekere doel, soek ons 'n materiaal met die regte eienskappe vir die doel. Kyk na die twee prentjies hieronder.
  2. Kan jy sien dat huis A en huis B van verskillende materiale gemaak is?
  3. Beantwoord die vrae wat volg.

VRAE

Watter materiaal is gebruik om huis A te bou?

Huis A is van sinkplaat gemaak (tin/metaal)

Watter materiaal is gebruik om huis B te bou?

Huis B is van hout gemaak.

Watter een sou jy kies indien jy 'n huis by die see sou bou, huis A of huis B?

Huis B

Onderwysersnota Huis B is die beter keuse, maar huis A is nie verkeerd nie. Lees die voorgestelde antwoord langs die volgende vraag om te sien hoekom B die beter keuse is.

Skryf 'n rede neer waarom jy hierdie huis by die see sal bou eerder as die ander een.


Metaal voorwerpe roes gewoonlik in die nat souterige lug naby die see. Daarom is 'n sinkplaathuis 'n slegte keuse. Metale is ook goeie geleiers van hitte, en daarom sal die sinkhuis koud wees binne-in wanneer die buite temperatuur koud is, en warm binne-in wanneer die weer warm is buite.

Onderwysersnota: Huis B (die houthuis) sou die beste keuse wees, met dien verstande dat hout goedkoop beskikbaar is. Dikwels bou mense sinkhuise omdat dit die goedkoopste materiaal beskikbaar is.

Skryf neer ten minste nog 3 ander materiale wat gebruik kan word om n huis te bou.

Bakstene, riete, beton. harde plastiek plate (enige duursame waterdigte material sal geskik wees.)


Ons het nou na die verskillende tipes materiale gekyk wat gebruik kan word om n huis te bou en gesien dat daar verskillende gevalle is waar jy of die een materiaal of n ander een sou gebruik. Kom ons kyk nou na die werklike eienskappe van metale en nie-metale.

Eienskappe van metale


In hierdie afdeling sal leerders die eienskappe van metale en materiale wat nie-metalies is (sg nie-metale), ondersoek en kontrasteer. As 'n inleiding tot die onderwerp en verwante aktiwiteite, kan u hulle aandag vestig op metaliese en nie-metaliese voorwerpe in die klas, of in prentjies.

verklaring van die nuwe woorde wat in hierdie afdeling gebruik word, en wat met metale verband hou.

  • Eienskappe: 'n Woord wat ons gebruik om 'n sekere tipe materie, 'n materiaal of selfs 'n voorwerp, te beskryf, bv. 'n eienskap van gasse is dat hulle saamgepers kan word.
  • Metaal: 'n Blink vaste stof wat hitte of elektrisiteit kan gelei, en vervorm kan word na plate of draad.
  • Glans/glansend: Die "blink" wat ons sien as lig vanaf die oppervlak van 'n metalliese voorwerp, soos 'n sleutel of muntstuk, af gereflekteer word. Ons sê dat metale glansend is.
  • Dig: Digte materiale (of materiale met hoë digdhede) het baie deeltjies wat baie na aan mekaar saamgepak is. Minder digte metale het minder deeltjies wat na aan mekaar gepak is. Wanneer ons 'n metaal teelepel met 'n platiek teelepel van dieselfde groote en vorm vergelyk, is die metaal teelepel swaarder, omdat metaal digter as platiek is. NB: Moenie na digte voorwerpe verwys as 'swaar' en minder digte voorwerpe as 'lig' nie. Dit skep 'n miskonsepsie dat digtheid dieselfde as massa beteken. Digtheid is die massa per volume. Massa beïnvloed dus digdheid, maar is nie dieselfde as digdheid nie. Verduidelik dit eerder as hoe naby die deeltjies in 'n voorwerp aan mekaar gepak is, wat beide massa en volume behels. Hoe meer deeltjies in 'n spesifieke grootte/vorm kan inpas, hoe digter is die voorwerp.
  • Smeebaar: smeebare metale kan in verskillende vorme in geslaan word sonder dat hulle breek. As 'n eenvoudige voorbeeld kan jy dink aan die buig van 'n papierspeld na 'n nuwe worm.
So hoe kan ons sê of iets van metaal gemaak is?

Goeie vraag, Tom! Kom ons kyk na die eienskappe van metale. 'n Eienskap is 'n woord wat gebruik word om 'n materiaal of voorwerp te beskryf, en vertel ons iets daarvan.

  • Metale is gewoonlik blink. Die blink wat ons sien wanneer lig van die oppervlak van die metaal af weerkaats, word die glans van die metaal genoem.
  • Meeste metale is hard en voel swaar.
  • Ons sê dat metale dig is omdat hulle deeltjies het wat styf saamgepak is.
  • Metale gelei elektrisiteit en hitte baie goed. (Volgende termyn sal jy meer oor Energie en Verandering leer, en in Gr 6 sal jy meer leer oor metale as geleiers van elektrisiteit).
  • Metale is smeebaar (hulle kan in plat plate gevorm word), en hulle is rekbaar (dit beteken dat hulle in draad getrek kan word)
  • Meeste metale kan tot hoë temperature verhit word sonder dat hulle smelt of van vorm verander, wat een van die redes is waarom potte en panne van metaal gemaak word. Kan jy aan ander redes dink hoekom potte en panne van metaal gemaak word?
  • Metale word uit die Aarde gemyn. Jy sal meer hiervan leer in 'n ander vak, naamlik Sosiale Wetenskappe.

Hier kan die gesprek in só 'n rigting gestuur word dat leerders besef dat ons die buitekant van die pot verhit, maar dat die kos aan die binnekant van die pot kook. Dit beteken dat die hitte wat die kos kook deur die metaal moet gaan. Sal hitte op dieselfde manier deur plastiek gaan? Nee, plastiek sal smelt. Sal hitte op dieselfde manier deur hout gaan? Nee, die hout sal brand.

Help! Al hierdie nuwe woorde oor metale! Ek weet nog steeds nie wat hulle almal beteken nie!

Moenie bekommerd wees nie, Tom! Hierdie is nuwe, groot woorde, maar hier is 'n aktiwiteit waarin ons 'n paar van die eienskappe van metale kan ondersoek. On sal ons waarnemingsvaardighede (om te kyk, luister en aanraking) gedurende hierdie ondersoek gebruik.

Hier kan 'n opmerking oor waarnemingsvaardighede van toepassing wees. Wat is waarnemingsvaardighede? Wat beteken dit om iets waar te neem? Verwys waarneming net na dinge wat ons kan sien? Nee, ons kan ook geluide waarneem (hoor), reuke waarneem (ruik), teksture waarneem (voel) en geure waarneem (proe). Leerders mag dit moeilik vind om wat hulle waarneem in woorde uit te druk. Moedig hulle aan om woorde te vind om neer te skryf, of om te sê wat hulle sien, hoor, ruik, voel en proe. Dit sal hulle help om hul wetenskapswoordeskat uit te brei.

Wat is die eienskappe van metale?


Hierdie aktiwiteit is ideaal vir klein-groep werk. Leerders kan hulle waarnemings in die groep bespreek, en die tabel van waarnemings saam invul. Leerders mag hulp nodig hê met die woorde om dit wat hulle waarneem te beskryf. Vir hierdie rede word 'n woordelys verskaf, maar leerders word ook aangemoedig om hulle eie woorde te gebruik. Aangesien hierdie 'n ondersoek is, is daar geen korrekte of verkeerde antwoorde nie, solank leerders hulle antwoorde met hul eie waarnemings kan staaf. Inteendeel, leerders behoort aangemoedig te word om vryelik te ontdek, en dan beskrywende woorde aan hulle waarnemings te koppel. Aan die einde van beide ondersoeke (DieEienskappevan metale en Die eienskappe van nie-metale) behoort hulle daartoe in staat te wees om om 'n lys van die algemene eienskappe van metale en nie-metale, soortgelyk aan die lyste wat aan die einde van hierdie eenheid gegee is, saam te stel.

Tom het 'n probleem en 'n vraag geïdentifiseer - hy wil die eienskappe van metale ervaar. In 'n wetenskaplike indersoek wil ons 'n vraag antwoord of iets uitvind.

Wat wil jy met hierdie ondersoek uitvind? (Ons noem dit die doel van die ondersoek.)



MATERIALE:

  • muntstukke
  • metaal lepel
  • metaal potloodskerpmaker
  • metaal spyker of skroef
  • papierspeld of duimspyker
  • speld
  • staalwol
  • metaal botteldoppie

METODE:

  1. 'n Paar metaalvoorwerpe is voor jou geplaas. Let op al die verskillende vorms. Skryf die naam van elke voorwerp in die tabel hieronder neer.
  2. Hou elke voorwerp in jou hand. Voel dit warm of koud? Grof of glad?
  3. Kyk mooi na elke voorwerp. Is dit blink of dof? Kan jy sy kleur beskryf?
  4. Laat elke voorwerp op die grond val, of tik teen dit. Wat se soort geluid maak dit?
  5. Skryf jou waarnemings in die tabel hieronder neer (jy mag van die woorde in die lys hieronder gebruik maak, of jy mag jou eie woorde gebruik).

blink, dof, hard, glad, maak 'n klingel-geluid, koud, warm, swaar, onbuigbaar, buigbaar, sag, lig

WAARNEMIMGS

Naam van die voorwerp

Hoe die voorwerp voel waneer ek daaraan raak

Hoe die voorwerp lyk

Die klank wat dit maak waneer dit getik word of laat val word

GEVOLGTREKKING

Wat het jy geleer uit die ondersoek van die eienskappe van metale?





Onthou jy toe ons na die twee verskillende huise gemaak uit metaal en hout gekyk het? Metale word gebruik om voorwerpe te maak weens die eienskappe wat hulle het.

Die eienskappe van metale maak hulle nuttig om te gebruik om dinge van te maak.


AANWYSINGS

  1. Noudat jy die eienskappe van metale ondersoek het, kyk na die volgende fotos van verskillende voorwerpe van metaal gemaak.
  2. Beantwoord die vrae oor elke voorwerp.
n Metaal kastrol. http://www.flickr.com/photos/txberiu/2608488360/
Beskryf die eienskappe van die metaal waarvan die kastrol gemaak is.

Die kastrol is blink, sterk, hard, gelei hitte, en smelt net by baie hoë temperature.

Hoekom is sommige van die eienskappe nuttig vir die funksie van die kastrol?



Om sterk en hard te wees is nuttig omdat die kastrol kos moet hou en jy wil nie hê dit moet breek of kraak as jy dit te hard op 'n oppervlakte neersit nie. Die metaal gelei hitte wat nuttig is vir die kook van kos (hitte oordrag van metale word eers in die volgende hoofstuk bekend gestel maar dit kan hier genoem word). Maar die kastrol sal ook nie smelt nie, want metale smelt net by baie hoë temperature, hoër as wat die kastrol op die stoof ondervind.

'n Doringdraadheining.
Die heining in die volgende foto is van metaal gemaak. Watter eienskap van metaal laat toe dat ons 'n doringdraadheining van metaal kan maak

Metaal is rekbaar, wat beteken dit kan in dun drade in gemaak word sonder om te breek. Dit is hoekom ons doringdraad kan maak.

'n Skroefsleutel wat van metaal gemaak is.
Watter eienskap het 'n skroefsleutel nodig om boute vas te draai?

Die skroefsleutel moet hard en sterk wees.

Hoe help die eienskappe van metale met die funksie van 'n skroefsleutel?

Die metaal is sterk en hard en die skroefsleutel moet ook sterk en hard wees. Die metaal sal nie breek waneer die boud vasgedraai word nie.

Indien die skroefsleutel van plastiek gemaak was, dink jy dit sou so goed gewerk het? Hoekom?

n Plastiek skroefsleutel sou nie so goed gewerk het nie want dit sou maklik breek. Plastiek is nie so sterk soos harde metaal nie.

Munte word van verskillende metale gemaak.
Hoekom dink jy word munte van metaal gemaak?

Omdat metale hard en sterk is. Munte moet hard wees omdat hulle dikwels in beursies is waar hulle teen ander munte stamp, hulle word in masjiene soos parkeermeters gesit, hulle word hard op toonbanke neergesit waneer daar vir iets betaal word. Al hierdie handelinge vereis dat munte duursaam moet wees en nie breek nie, daarom word hulle van metaal gemaak.

n Tenk van sinkplaat gemaak
Die metaal struktuur is van sinkplaat gemaak. Watter eienskap van metaal laat mense toe om metaal plate soos die te maak?

Metale is smeebaar, wat beteken dit kan gehammer en gevorm word in dun metaalplate.



Ons het gesê dat metale blink (hulle het glans). Soms wanneer metaal oud word word dit dof. As iets dof word het dit sy glans verloor. Daar is maniere om metale weer blink te maak.

Hoe kan vuil kopermunte skoon gemaak word?


Die doel van hierdie aktiwiteit is vir leerders om maniere te ondersoek om metale weer blink te maak - moenie hulle prontuit vertel wat om te doen nie, laat hulle liewer toe om self ondersoek in te stel om maniere uit te vind. Na hulle die aktiwiteit voltooi het kan hulle dit neerskryf. Materiale om klas toe te bring - ou lappe, Brasso, munte, ou kastrolle, n bak water. Probeer ou dowwe metaalvoorwerpe saambring skool toe, veral ou metaal kastrolle wat u by die huis mag hê. Plaas die voorwerpe voor die kinders en vra hulle om die beste manier te vind om die metaal items weer blink te kry. Laat hulle om te vryf met 'n lap, te vryf met 'n lap in water gedoop, en te vryf met 'n lap met Brasso op, vergelyk.

AANWYSINGS

  1. In hierdie aktiwiteit sal jy nie 'n lys materiale en n metode gegee word om te volg nie.
  2. Eerder sal jy in hierdie aktiwiteit jou eie stappe moet uitdink om die vraag te beantwoord.
  3. Jou onderwyser sal verskillende voorwerpe voor jou of die klas sit.
  4. Eksperimenteer met die voorwerpe om te sien wat die beste manier is om die antwoord op hierdie ondersoek te vind.

VRAE

Wat is die vraag wat jy probeer beantwoord het in hierdie ondersoek?

Hoe kan jy 'n metaalvoorwerp weer blink kry? Hoe kan jy vuil kopermunte of kastrolle weer skoon kry?

Skryf die lys materiale wat jy vir hierdie aktiwiteit nodig gehad het.





  • Lappe
  • Brasso
  • muntstukke
  • ou kastrolle
  • n bak water

Verbeel jou dat jy die Thunderbolt Kids moet vertel hoe om hierdie aktiwiteit te doen om die vraag te antwoord. Skryf die stappe wat gevolg moet word om hierdie aktiwiteit te doen hieronder neer. Gebruik jou ervaring van eksperimentering met die voorwerpe om 'n metode vir hierdie aktiwiteit te ontwikkel. Onthou om die stappe in die metode te nommer.











Assesseer die leerder se vermoë om dit wat hulle gedoen het op te teken, en skryf kort, bondige sinne. U mag verkies om hulle te laat begin met die eerste stap, afhangende van wat u in die klas gedoen het. 'n voorbeeld kan wees: "Ondersoek 'n ou, dowwe metaalvoorwerp soos 'n muntstuk of ou pot", stap 2 is "Vryf 'n kolletjie op die oppervlak van die voorwerp met 'n lap om te sien of jy dit weer blink kan maak", dan stap 3 "Doop die lap in water en vryf die voorwerp op 'n ander plek, of vryf 'n ander soortgelyke voorwerp", en stap 4 "Gooi 'n bietjie Brasso op die lap en vryf die voorwerp op 'n ander plek op sy oppervlak. Laat die Brasso droogword en poleer dit dan af", ens.

Wat kan jy aflei is die beste en vinnigste manier om dowwe metaal weer blink te maak?

Iets oor die feit dat om met 'n lap en Brasso te vryf die beste manier is om 'n dowwe metaalvoorwerp weer blink te maak.



Eienskappe van nie-metale


Verklaring van nuwe woorde in hierdie afdeling

  • Dof: Dof is die teenoorgestelde van blink. Wanneer 'n oppervlak blink is, tree dit soos 'n spieël op. 'n Voorbeeld kan papier of jou skoolhemp wees. NB: Die weerkaatsing van lig word nie op hierdie vlak gedoen nie, maar dofheid kan gedefiniëer word as die verstrooide refleksie van lig vanaf 'n oppervlak. Lig word uniform vanaf 'n blink oppervlak weerkaats, byvoorbeeld 'n spieël.
  • Bros: Brose materiale kraak of breek maklik. Glas is bros, en erdewerk ook.
  • Isolator: Isolators is materiale wat die vloei van hitte (termiese isolators), of elektrisiteit (elektriese isolators) verhinder. Glas, porselein, erdewerk en plastiek is voorbeelde.
Hoe kan ons sê of iets van 'n nie-metaal gemaak is?

Nie-metale is materiale wat nie dieselfde eienskappe as metale het nie.

  • Nie-metale is materiale wat nie blink is nie, maar geneig is om dof te wees.
  • Baie nie-metale is nie buigbaar nie, maar bros. Dit beteken dat hulle sal breek as ons met genoeg krag probeer om hulle te buig.
  • Nie-metale gelei nie elektrisiteit of hitte goed nie. Ons noem hulle isolators. Kan jy aan 'n rede dink hoekom potte en panne dikwels plastiek- of houthandvatsels het?

Die gesprek kan gekoppel word aan 'n vroeëre gesprek waarin leerders gehelp is om te ontdek dat metale goeie geleiers van hitte is ('wanneer ons kos kook verhit ons die buitekant van die pot, en die kos kook aan die binnekant'). Dit beteken dat hitte ook langs die handvatsel van die pot of pan kan beweeg, en ons hande kan brand. Sal hitte op dieselfde manier deur hout of plastiek gaan? Nee, plastiek of hout tree as isolator op, om ons hande teen die hitte te beskerm. Hierdie materiale gelei hitte nie goed nie. Leerders kan ook herinner word dat 'n warm pot of pan ook met 'n dik lap of oondmof hanteer kan word om die hande te beskerm. Lap gelei hitte ook nie goed nie.

Hierdie ketel is van metaal gemaak, maar het 'n plastiekhandvatsel.

In die volgende aktiwiteit gaan ons die eienskappe van nie-metale ondersoek. Ons sal nie-metale op dieselfde manier as die metale in die vorige aktiwiteit toets. Hierdie is sodat ons metale en nie-metale later aan kan vergelyk.

Die eienskappe van nie-metale


Hierdie aktiwiteit is ideaal vir klein-groep werk. Leerders kan hulle waarnemings in die groep bespreek, en die tabel van waarnemings saam invul. Leerders mag hulp nodig hê met die woorde om dit wat hulle waarneem te beskryf. Vir hierdie rede word 'n woordelys verskaf, maar leerders word ook aangemoedig om hulle eie woorde te gebruik. Aangesien hierdie 'n ondersoek is, is daar geen korrekte of verkeerde antwoorde nie, solank leerders hulle antwoorde met hul eie waarnemings kan staaf. Inteendeel, leerders behoort aangemoedig te word om vryelik te ontdek, en dan beskrywende woorde aan hulle waarnemings te koppel. Aan die einde van beide ondersoeke (Die eienskappe van metale en Die eienskappe vannie-metale) behoort hulle daartoe in staat te wees om om 'n lys van die algemene eienskappe van metale en nie-metale, soortgelyk aan die lyste wat aan die einde van hierdie eenheid gegee is, saam te stel.

DOEL: Wat jy met hierdie ondersoek wil uitvind.



Ek wil meet uitvind oor die eienskappe van nie-metale

MATERIALE:

  • papier of karton
  • katoenwatte
  • materiaal (kledingstof)
  • plastiek lepel
  • kurk
  • spons
  • stuk bordkryt
  • klein, sterk glas (leerders moet hierdie nie op die vloer laat val nie)

METODE:

  1. 'n Paar nie-metaal voorwerpe is voor jou geplaas. Skryf die naam van elke voorwerp in die tabel hieronder neer.
  2. Hou elke voorwerp in jou hand. Voel dit warm of koud? Grof of glad?
  3. Kyk mooi na elke voorwerp. Is dit blink of dof? Kan jy sy kleur beskryf?
  4. Laat elke voorwerp op die grond val, of tik teen dit. Wat se soort geluid maak dit?
  5. Skryf jou waarnemings in die tabel hieronder neer (jy mag van die woorde in die lys hieronder gebruik maak, of jy mag jou eie woorde gebruik).

blink, dof, hard, glad, maak 'n klingel-geluid, koud, warm, swaar, onbuigbaar, buigbaar, sag, lig

WAARNEMIMGS

Vul die waarnemings van jou ondersoek in die tabel hieronder in.

Naam van die voorwerp

Hoe die voorwerp voel waneer ek daaraan raak

Hoe die voorwerp lyk

Die klank wat dit maak waneer dit getik word of laat val word


Die vergelyking van metale met nie-metale


Wat het ons van die eienskappe van metale en nie-metale geleer? Nou is ons reg om die eienskappe van metale en nie-metale te vergelyk. Lees deur die twee lyste hieronder. Stem jy saam met die eienskappe wat gelys is? Is daar ander eienskappe wat jy sou wou byvoeg?

Metale is (meestal):

  • solied en sterk;
  • pletbaar en rekbaar (dit beteken dat hulle in verskillende vorms gekap en getrek kan word);
  • blink of silwerig (glansend), veral wanneer hulle nuut is; en
  • koud wanneer aangeraak word.

Nie-metale:

  • kan sag of buigbaar wees, soos rubber;
  • kan hard en bros wees, soos glas;
  • het nie 'n silwer (blink) voorkoms nie, maar is geneig om dof te vertoon;
  • Kan in verskillende kategorieë gegroepeer word (keramiek, hout, rubber, plastiek, glas ens.); en
  • voel gewoonlik nie koud of warm nie.
  • elke soort materie het sy eie stel eienskappe.
  • "Blink", "bros", "smeebaar", "dig" is almal voorbelde van die eienskappe van materiale. Daar is baie meer voorbeelde.
  • Metale en nie-metale het verskillende eienskappe.
  • Materiale is bruikbaar weens hulle eienskappe.
  • Metale word gemyn vanuit die Aarde.


Wat beteken die woord eienskap?

Eienskappe is die dinge wat spesiaal is aan n voorwerp of materiaal. Die eienskappe van 'n materiaal vertel ons hoe dit is.

Hoe kan ons sê of iets van metaal gemaak is?


Dinge wat van metaal gemaak is is blink, hard en kan soms swaar voel.

Wat beteken dit om ons 'waarnemingsvaardighede' te gebruik?

Waarnemingsvaardighede is kyk, luister, en voel. Ruik en proe is ook waarnemingsvaardighede.

Beplan 'n ondersoek waarin jy probeer bepaal of 'n voorwerp van metaal of van 'n nie-metaal gemaak is. Jy hoef nie die materiale en apparate wat jy gaan benodig neer te skryf nie. Skryf eerder 'n paragraaf oor die verskillende toetse wat jy gaan doen om te bepaal of iets van metaal of van nie-metaal gemaak is.







Leerders moet hulle ondervinding van die ondersoeke gebruik asook die beplanning van hulle eie ondersoeke met Brasso en dowwe metale, om die eienskappe van metale en nie-metale in die hoofstuk te verken. Hulle moet 'n paar toetse verduidelik en die resultate van die toetse sal aandui of dit 'n metaal of nie-metaal is. Byvoorbeeld, hulle kan 'n voorwerp op die vloer laat val om te sien of dit bros is of nie (alhoewel, nie alle nie-metale bros is nie), hulle kan kyk of die oppervlak dof is (nie-metaal) of blink (metaal), hulle kan kyk of die voorwerp sterk en hard is (metaal) of sag en buigbaar (metaal). Maar dit is belangrik om uit te wys dat jy nie net een toets kan doen om 'n gevolgtrekking te maak nie, want daar is uitsonderings, byvoorbeeld, plastiek is hard en glad soos metaal maar dit is bros. Dus moet leerders meer as een toets doen om 'n gevolgtrekking te maak. Dit word verder ondersoek in die volgende vraag.

Soms is dit nie genoeg om slegs een eienskap te gebruik om 'n voorwerp as 'n metaal of nie-metaal te klassifiseer nie. Byvoorbeeld, plastiek is buigbaar maar sterk, maar maak dit hiervan 'n metaal? Die antwoord is nee. Nog 'n voorbeeld is glas. Glas is ook hard, maar is dit sterk? Watter ander eienskappe het glas wat dit 'n metaal of nie-metaal maak?





Glas is nie sterk nie en breek gewoonlik maklik, dus is dit bros. Dit is nie blink (glansend) soos 'n metaal nie, en kan ook nie in plat plate of dun draad geslaan word nie (dit is nie pletbaar of rekbaar nie).