Die beweging van die Maan


  • Beweeg die Maan om die Aarde?
  • Het enigiemand al die vêr kant van die Maan gesien?
  • Wat is 'n sonsverduistering?

Rotasie / draai (Maan)


Op die Aarde sien ons net een kant van die Maan. Niemand het geweet hoe die vêr kant van die Maan gelyk het nie totdat die Soviet Maantuig in 'n wentelbaan om die Maan gegaan het in 1959 en die vêr kant afgeneem het nie. Die gravitasie krag tussen die Aarde en die Maan hou die Maan se nader kant na ons gerig.

Die vêr kant van die Maan wat ons nooit sien nie. Hieride foto is geneem deur 'n ruimtetuig wat om die Maan gewentel het.

Dit is 'n baie moeilike konsep om te verstaan dat ons slegs een kant van die Maan sien, alhoewel die Maan draai / roteer. Maak seker dat die bal wat gebruik word 'n duidelike merk het aan die een kant sodat dit as 'n verwysing gebruik kan word.

Beteken dit dat die Maan roteer / draai?


MATERIALE:

  • nwit bal met 'n rooi merk daarop
  • 'n persoon wat die bal sal swaai soos die leerder in die prent
  • 'n ander persoon wat die bal sal dophou soos dit swaai

INSTRUKSIES:

  1. Maak soos die leerder in die prent. Strek jou arm uit en laat die wit bal om jou lyf wentel deur op een plek te draai.
  2. Soos jy die bal om jou beweeg, sien jy altyd net een kant van die bal. Stem jy saam?
  3. Jou maat moet aan jou een kant staan terwyl jy die bal swaai. Wat sien hierdie persoon? Hulle sien verskillende kante van die bal.
  4. Neem beurte om die een te wees wat die bal rond swaai soos jy draai / roteer en die een wat waarneem / dophou.
Die leerder stel die Aarde voor en die wit bal die Maan.

Die leerder wat die bal swaai sien altyd dieselfde kant van die bal, maar 'n persoon wat een kant staan en kyk sal sê dat dit draai / roteer. Die rooi merk op die bal sal wys na die kant van die kamer, dan na die agterkant, dan na die oorkant, en dan na die voorkant van die kamer.

Die persoon wat waarneem sal sê dat die bal wel gedraai / roteer het, en ook omwentel het.



Die werklike Maan neem omtrent 28 dae om een rotasie / draai te voltooi.


Omwenteling (Maan)

Die Maan wentel ook in 'n baan om die Aarde, soos jy gesien het in die vorige aktiwiteit. Die Maan neem ongeveer 28 dae om een omwenteling te voltooi. Die gravitasiekrag tussen die Aarde en die Maan hou die Maan in so 'n posisie dat die een sy altyd na die Aarde wys.

Die Maan wentel ook om die Aarde.

Vir die volgende aktiwtiet, verdeel die klas in groepe. Laat hulle eers bespreek hoe hulle die beweging gaan uitvoer, met gebruik van die kennis en bewegings van die vorige twee aktiwiteite. Hulle moet dit saamvoeg. Jy kan sekere leerders uitwys as beoordelaars wat kan besluit watter groep die bewegings die beste verstaan. Hierdie aktiwiteit vereis dat leerders in groepe werk om met 'n antwoord vorendag te kom en dit aan die klas voor te lê. Jy kan ook die leerders vra om te verduidelik wat hulle doen terwyl hulle die uitbeelding doen om te sien of hulle dit werklik verstaan.

Maak 'n moel van die Aarde en die Maan wat om die Son wentel.


MATERIALE:

  • 'n wit bal
  • twee mense wat die model beoefen het in die vorige aktiwiteit.

INSTRUKSIES:

  1. Gebruik julle liggame en die wit bal om hierdie model van die Aarde en die Maanse se beweging om die Son uit te beeld.
  2. Werk in klein groepe saam om te besluit hoe julle hierdie model gaan uitbeeld.
  3. Julle moet die beweging van die Maan om die Aarde van die vorige aktiwiteit en die beweging van die Aarde met die Maan om die Son uitbeeld.
  4. Voer dan hierdie bewegings vir die klas uit.
  5. Die model wat julle gaan uitvoer moet dus soos die diagram lyk.
Uitbeelding van die Maan en Aarde se beweging om die Son.


  • die maan beweeg in 'n wentelbaan om die aarde in ongeveer 28 dae.
  • die maan draai op sy eie as wat ook ongeveer 28 dae neem.
  • ons sien altyd net die een kant van die maan
  • saam draai die Aarde en die Maan om die Son.


Voltooi die sinne deur al die woorde in die woord-boks te gebruik. Skryf die sinne voluit op die ondergaande lyne en nommer elke sin.

  1. die Son bly in _____
  2. die Aarde draai / roteer op sy eie _____
  3. die Maan draai _____
  4. die _____ wentel saam in 'n groot sirkel om die Son
  5. ons sien altyd net _____ van die Maan

woord-boks:

  • Maan en die Aarde
  • rondom die Aarde
  • een kant
  • as
  • dieselfde plek





  1. die Son bly in dieselfde plek.
  2. die Aarde draai /roteer op sy eie as.
  3. die Maan draai om die Aarde
  4. die Maan en Aarde beweeg saam in 'n groot sirkel om die Son.
  5. ons sien altyd selgs een kant van die Maan.

Voltooi die tabel wat die Son, Aarden en Maan vergelyk. Sekere antwoorde is alreeds vir jou ingevul.

vraag Son Aarde Maan

as wat word die voorwerp geklassifiseer?

'n maan

wat is die vorm?

wat is die grootte met betrekking tot die ander voorwerpe wat hier bespreek word?

die Son is die grootste

wat is die beweging met betrekking tot die ander voorwerpe?

die Aarde draai / wentel om die Son.

what is the object made of?

klip

kan hierdie voorwerp lig voortbring?

nee, die maan weerkaats die son se strale

Is daar water teenwoordig?

vraag Son Aarde Maan

as wat word die voorwerp geklassifiseer?

ster

planeet

'n maan

wat is die vorm?

rond

rond

rond

wat is die grootte met betrekking tot die ander voorwerpe wat hier bespreek word?

die Son is die grootste

de aarde is groter as die maan en baie kleiner as die son

die maan is die kleinste

wat is die beweging met betrekking tot die ander voorwerpe?

die Aarde draai / wentel om die Son.

what is the object made of?

warm gasse ( meestal waterstof en helium)

vaste rots, magma, water en gasse in die atmosfeer

klip

kan hierdie voorwerp lig voortbring ( straling)?

ja

nee, dit weerkaats die son se lig

nee, die maan weerkaats die son se strale

Is daar water teenwoordig?

nee

ja

nee