Versterking van materiale


  • Watter vorm van die pilaar is die sterkste?
  • Watter moontlikhede is daar om materiale te versterk wat in geboue gebruik word?
  • Wat is die doel van vouing,buisvorming ens in geboustrukture?
  • Hoe kan driehoeke strukture versterk?
  • Waar in die alledaagse lewe vind ons voorbeelde van voue, buise en stutte?
  • Wat is 'n stut en waar word dit gebruik?

Maniere om materiale te versterk


EnglishSpanishAfrikaansAlpha Daar is verskillende maniere om materiaal te versterk om 'n sterker struktuur te maak. Ons kan dit doen deur die verandering van die vorm van die materiaal. Jy mag dink dat die vorm nie veel van 'n verskil kan maak nie, maar laat ons kyk.

Watter vorm is die sterkste?

Ondersoek verskillende maniere om papier te versterk


MATERIALE:

  • Tot 5 velle A4 papier vir elke groep
  • Stukkies kleeflint
  • 'n aantal identiese of soortgelyke grootte boeke vir elke groep

INSTRUKSIES:

  1. In groepe van 4, ondersoek verskillende maniere om jou papier te gebruik om 'n boek te balanseer.
  2. Kyk na die prente hier onder vir idees
  3. Gebruik 'n stukkie kleeflint as jy dit benodig
  4. Hoeveel verskillende maniere kan jy find om 'n boek meer as 10cm bokant die tafel of vloer te balanseer deur net 1 vel A4 papier te gebruik? Jy kan dit op jou eie of in 'n klein groepie probeer.
  5. As jy dink dat jy al die maniere uitgevind het, kies 'n lid van jou groep om terugvoering aan die res van die klas te gee oor die maniere wat julle gevind het.
  6. Met jou onderwyser se hulp, wys elke verskillende metode langs mekaar op 'n tafel of op die vloer voor die klas.

Onderwyser nota: Dit kan gedoen word talle maniere, deur die papier in 'n buis te rol en die boek op die top van die buis te balanseer, of deur die vel papier in verskillende vorms met verskillende kruis-afdelings te vou. Laat die kinders toe om te verken en worstel met dit, en wanneer hulle terug rapporteer, 'n voorbeeld van elke ander metode vertoon aan die voorkant van die klas.

VRAE:

Kon jy 'n boek balanseer op slegs 'n enkel vel papier?


Nee

Watter vorm van papier is die sterkste? Hoekom dink jy so?


Die ondersoek behoort te wys dat die sterkste vorm die vorm is wat gevou, of gerol word om 'n gewig te ondersteun, 'n ronde buis is.


Wat het ons geleer deur die aktiwiteit te doen? Materiale kan versterk word deur hulle vorm te verander. 'n voorbeeld hiervan is om die papier in pilare te rol. Pilare kan sirkelvormig, driehoekig of vierkantig wees. Watter een dink jy is die sterkste?

Tom het 'n hoop boeke langs sy bed by die huis. Hy wil 'n rak maak vir die boeke sodat sy kamer 'n bietjie netjieser lyk. Hy het daaraan gedink om 'n rak te maak van materiale wat hy makliker in die hande kon kry soos papier. Sy idee is om 4 pilare te maak en dan 'n vel karton bo-op te sit waarop hy sy boeke kan sit. Maar, Tom weet nie watter tipe pilaar die sterkste gaan wees nie - driehoekig, sirkelvormig of vierkantig.

Kom ons help Tom en doen 'n ondersoek om uit te vind watter vorm van pilaar is die sterkste vir hom om die boekrak te maak.

Onderwyser nota: vir die ondersoek kan die klas verdeel word in drie groepe. Elke groep vou die papier om 'n verskillende soort pilaar te maak.

Groep 1: Sirkelvormige pilare

Groep 2: Driehoekige pilare

Groep 3: Vierkantige pilare.

Elke groep ondersoek die sterkte van hul eie pilaar.

Die gevolgtrekking sal gemaak word as al drie groepe hul resultate saamvoeg.

Om die ondersoek 'n regverdige toets te maak, moet elke groep dieselfde gebruik:

  • Grootte en tipe papier
  • identiese boeke
  • platform
  • hoeveelheid kleeflint

Verduidelik dit aan die leerlinge terwyl die ekspriment gedoen word - dit sal nie 'n regverdige toets wees as elke groep verskillende papier en gewig boeke gebruik nie. In die ekspriment ontwerp stadium, moedig die leerlinge aan om vrae te vra soos: "Hoe sal ons weet dit is sterk?" Wat moet ons doen om seker te maak dit is sterk?"ens. Dit sal leerders help om te sien dat deur die boeke op die bopunt van die pilaar te sit en deur die gewig te laat toeneem, kan jy toets hoe sterk die pilare is. Moenie hulle die antwoorde vooraf gee nie. Vra liewer vir hulle eers die vra en moedig hulle aan om te dink.

Ondersoek: Watter pilaar is die sterkste?


DOEL (Wat wil jy uitvind):

Skryf neer wat jy dink die doel van die ekspriment is.



Om ondersoek in te stel na watter tipe pilaar die sterkste is: 'n driehoekige, sirkelvormige of 'n vierkantige.

APPARAAT

  • 4velle A4 papier
  • sker
  • kleeflint
  • 'n stuk kaartbord om 'n platform te vorm as 'n deksel van 'n boks.
  • 'n aantal van dieselfde tipe en grootte boeke

METODE:

  1. Elke groep sal 'n ander pilaar maak en toets, of 'n driehoekige, of 'n sirkelvormige of 'n vierkantige. Kyk na die tekening hieronder om te sien hoe om die verskillende vorms pilare te maak.
Driehoekig, sirkelvormige en vierkantige pilare.
  1. In jou groep, maak 4 van dieselfde pilare van die 4 velle van papier (een vel per pilaar)
  2. Jy kan kleeflint gebruik as jy dit benodig. Maak seker dat jy dieselfde hoeveelheid as die ander groepe gebruik, anders gaan dit nie 'n regverdige toets wees nie.
  3. Plaas 'n platform van karton op die gevoude pilare soos wat in die prent hier onder aangedui is.
'n Platform vir die boeke gebruik 4 sirkelvormige pilare.
  1. Gaan nou na elke groep as 'n klas en toets die strukture.
  2. Plaas die boeke (een-vir-een) op die platform. Ge bruik dieselfde boeke vir elke groep en plaas die boeke in dieselfde volgorde elke keer.
  3. Teken die aantal boeke wat elke struktuur kan hou voordat dit in mekaar tuimel op die tafel.

RESULTATE:

Groepe

Aantal boeke

sirkelvormige pilare

Driehoekige pilare

Vierkantige pilare

Now draw a bar graph of your results. A bar graph is used to represent your results in a different way. Your teacher will guide you through the process.









Onderwysers Nota: Op die x-as: drie tipes ondersteuning. Sirkelvormig, driehoekig en vierkantig

Op die y-as: aantal boeke

Opskrif: Die grafiek wys die aantal boeke wat deur die verskillende vorm pilare ondersteun word.

GEVOLGTREKKING:

Wat is jou afleiding van hierdie eksperiment? Watter vorm pilaar is die sterkste?



VRAE:

Watter vorm pilaar sou jy Tom aanraai om te gebruik vir sy boekrak?


Word bepaal deur die eksperiment. Dit moet wel die ronde pilaar wees.

Hoe het al die groepe seker gemaak dat die eksperiment 'n regverdige toets is? Met ander woorde, wat het julle, die leerders in die klas, gedoen om seker te maak dat die toets dieselfde is in al die groepe?




Die tipe papier, die aantal kolomme (4), die tipe en grootte van die platform, die aantal en grootte van die boeke, die hoeveelheid kleefband wat gebruik is was dieselfde vir elke groep.


Pyp-vorming en Vouing

Materiale word versterk wanneer dit in 'n pyp (pype) vervou word.

Pype word baie gebruik om rame te maak en om gewig te ondersteun. Die pype kan in 'n verskeidenheid vorme voorkom, soos ons in die ondersoek gesien het. Dit kan rond, vierkantig, driehoekig of selfs in 'n U-vorm wees.

Vierkantige en ronde pype.

Gedurende die ondersoek na verskillende maniere om die papier te versterk, het jy ook ontdek dat wanneer die papier gevou word, dit ook versterk word. Riffelkarton en borrel-plastiek is voorbeelde van materiale wat versterk is deur vouing.

Golfyster is nog 'n voorbeeld van hoe vouing 'n materiaal sterker maak. Kyk na die ondergaande prent van 'n golfyster en 'n plat plaat. Omdat golfyster baie sterker is, word dit gebruik vir dak materiaal in sekere huise.

Golfyster en 'n plat yster plaat.

Waaruit bestaan my skool?


Die Blits Kinders moet die toepassing van verskillende materiale in verskillende skole ondersoek. Hulle het jou skool genader vir hulp.

INSTRUKSIES:

  1. In groepe van 4, ondersoek die verskillende materiale wat gebruik is in geboue en strukture in en om jou skool.
  2. Kyk spesifiek vir materiale wat gevou of in pyp vorm voorkom, en waar stutte of versterkings gebruik is.
  3. Skryf jou waarnemings neer in die ondergaande tabel.
  4. 'n Voorbeeld word gegee.

Struktuur

Materiaal

Maniere om te versterk

(Vouing, Pyp-vorming, Triangulasie)

Dak

Riffel yster

vou



  • Die sterkte van strukture kan vermeerder word deur 'n verandering in hulle vorm, soos deur die pyp-vorming of vouing metodes
  • Die vorm van strukture kan rond, driehoekig of vierkantig wees.
  • Stutte versterk en verstewig hoeklasse in strukture.
  • Stutte word gebruik om strukture te versterk of te ondersteun.


Noem 'n aantal maniere om papier te versterk vir 'n meer stewige struktuur.



Vouing, pyp-vorming, samevoeging van meer dele.

Kies watter een van die ondergaande metale beter sal wees vir gebruik as dak materiaal, en verduidelik hoekom.



'n Riffel metaal plaat - dit is sterker en sal nie so maklik buig nie.

Watter stuk staal in die illustrasie sou jy bruik as 'n voetstuk vir 'n korfbal hoepel? Die plat stuk of die ronde pyp? Hoekom?



[image - 4.22]

Die plat staaf sal te maklik buig onder gewig - gebruik eerder die sterker ronde pyp.

Die regop pale van die motor afdak in die prent bestaan uit vierkantige pype. Gee twee goeie redes hoekom hulle nie net van dieselfde grootte soliede staal gemaak is nie.



Soliede staan is baie swaar, en baie duur.