Energie en elektrisiteit


  • Wat doen selle en batterye?
  • Wat is 'n elektriese stroombaan?
  • Waar kom die energie van 'n kragstasie vandaan?
  • Hoe kom die elektrisiteit van die kragstasie tot waar dit benodig word?
  • Hoe kan ons elektrisiteit veilig gebruik?

Selle en batterye


Batterye kom voor in allerhande vorms en groottes. Batterye word benodig vir verskillende doele. Meestal flitsligte, radio's, optelmasjientjies, selfone, sommige speelgoed en selfs motorvoertuie, pasaangeers en gehoortoestelle het batterye nodig om te werk.

Tipiese batterye.

Batterye is bruikbaar, aangesien dit chemiese energie kan stoor. Wanneer die battery gekoppel is aan 'n elektriese apparaat en dit aangeskakel word, verander die gestoorde energie in die battery na elektriese energie wat gebruik word sodat die apparaat kan werk.

Ondersoek die bron van elektrisiteit in 'n flitslig.


MATERIALE :

  • 'n werkende flits
  • 'n ou gebreekte flits

INSTRUKSIES:

  1. Skakel jou flits aan en af. Kan jy sien hoe die lampie verlig word?
  2. Skakel jou flitslig af en maak dit oop en haal die batterye uit (onthou dat 'n "sel" die wetenskaplike benaming is vir wat die meeste mense 'n battery in die daaglikse lewe noem.).
  3. Skakel dit nou weer aan.

VRAE:

Gaan die lig van die flits aan indien daar geen battery in is nie?


Nee

Wat vertel dit vir jou van die behoefte vir batterye om in jou flits te gebruik in die donker?


Jy benodig batterye vir die gloeilamp om aan te kom. Dit is omdat die selle die bron van elektriese energie is.

Onthou jy wat jy geleer het in Gr 4 oor die oordrag van energie? Wanneer die gloeilamp aangeskakel word, in watter vorm van energie verander die chemiese energie?



Chemiese energie in die batterye word omgeskakel in elektriese energie. Elektriese energie word dan omgeskakel in lig energie in die gloeilamp.

Bring 'n ou gloeilamp, wat uitmekaar gehaal kan word na die skool. Kyk versigtig na al die dele van die flits en maak 'n lys van dit wat jy kry. Elke deel van die flits is nodig om die flits reg te laat werk.




Batterye, gloeilamp, drade, skakelaar, glas of plastiek voorkant.


Chemiese energie in die battery in die flits word omgeskakel na elektriese energie wat omgeskakel word in lig.

Wanneer die elektriese energie oorgedra word waar dit benodig word, noem hulle dit 'n stroombaan. 'n Stroombaan is 'n sisteem en bestaan uit verskillende dele.

Maak 'n eenvoudige stroombaan


Materiale

  • 2flits batterye
  • 1 gloeilamp
  • Elektriese drade

Deel 1

INSTRUKSIES:

  1. Stel die stroombaan op soos wat dit in die diagram gewys word.
  2. Maak seker dat al die drade gekonnekteer is om 'n geslote kring te vorm.
'n Eenvoudige stroombaan

VRAE:

Wat neem jy waar?


Gloeilamp brand

Wat gebeur wanneer een van die punte van die drade losmaak?


Die lig gaan dood

Die een end van die battery is positief gemerk en die ander end negatief. Teken 'n diagram van die battery en merk die punte as positief of negatief.





Deel 2

  1. Stel 'n nuwe stroombaan op met 2 batterye en 1 gloeilamp.
  2. Verduidelik hoe jy die batterye sal verbind sodat die lig steeds sal aanskakel.



    Batterye moet so gekonnekteer word dat die positiewe kant die negatiewe kant van die ander battery raak.

  3. Verduidelik of die gloeilamp dieselfde of flouer brand as in ekspriment 1?


    helderder

  4. Verduidelik jou antwoord op vraag 2.



    Twee batterye bevat meer gestoorde energie as 1 battery, meer gestoorde energie verander in meer ligenergie

  5. Beskryf 'n elektriese stroombaan.



    'n Elektriese stroombaan is die pad wat elektrisiteit toelaat om te vloei, of 'n sisteem wat elektrisiteit toelaat om te beweeg


As jy toegang het tot internet, is daar 'n wonderlike webwerf wat jou toelaat om stroombane te bou en om eksprimente te doen. Gaan na en kyk of jy 'n paar stroombane kan bou. Eksprimenteer om te sien hoe die gloeilampe helderder en flouer brand.

Twee meer selle kop aan kop gekoppel word 'n battery genoem word. Een sel berg 'n klein hoeveelheid energie. As ons 'n groot hoeveelheid energie moet stoor, gebruik ons 'n battery.

'n Motor benodig energie om die engin aan te skakel. Een sel het nie genoeg gestoorde energie nie. 'n Motor battery is eintlik ses selle wat punt teen punt aan mekaar gekoppel is aan die binnekant van die batteryhouer. Daar is ses keer meer energie wat gestoor word in die battery as in die enkel sel. Dit gee die motor genoeg energie om die engin aan te skakel.

'n Motorbattery bevat 6 selle.
Mmm...so 'n flits benodig twee batterye om aan te skakel. Ek wonder hoeveel batterye benodig word om ons huis te verlig ?!

Goeie vraag Jojo! Kom ons vind uit in die volgende gedeelte.


Hooflyn elektrisiteit


'n Battery het gestoorde energie wat omgeskakel kan word in elektriese energie, maar ons huise, skole, winkels en fabrieke kan nie met batterye werk nie. Elektrisiteit doen baie werk vir ons en word baie keer per dag gebruik. Die hoofbron van energie kom van kragstasies. Ons noem dit "hoofstroom" elektrisiteit".

'n Kragstasie.

Kragstasies benodig 'n bron van energie

Kragstasies gebruik verskillende maniere om krag op te wek. 'n Kragstasie benodig 'n bron van energie. In Suid-Afrika brand die meeste kragstasies steenkool om die energie te gebruik wat in die steenkool gestoor word om energie op te gebruik.


Steenkool is nie die enigste bron van energie vir kragstasies nie, daar is ook ander tipes kragstasies. Vind uit wat dit is en skryf die bron van energie wat elkeen van hulle gebruik.



Hidroelektrisiteit (water), geotermiese (stoom), en kernkragstasies (kernsplitsing).




Elektrisiteit word in 'n masiewe stroombaan na ons huise oorgedra

Vanaf 'n kragstasie word elektrisiteit deur transmissie kabels,wat deur reuse kragpale ondersteun word oorgedra. Die transmissiekabels vorm deel van die stroombaan wat die kragstasies verbind met die plekke waar elektrisiteit benodig word.

Onthou jy dat julle in Graad 4 in oor die strukture van kragpale in Materie geleer het? Onthou dat dit van driehoekige vorms en stutte het om dit sterk en stabiel te maak!

Massiewe kragpale steun die transmissielyne regoor die land.

Die transmissielyne dra groot hoeveelhede elektrisiteit na die substasies in die stede en dorpe.

Van 'n substasie word elektrisiteit in kleiner hoeveelhede na 'n elektrisiteitboks vir ons huis gedra. Vanaf die elektrisiteitsboks beweeg die elektrisiteit deur drade na die sokpunte en ligskakelaars en ligte in ons huise.

Die oordrag van energie vanaf kragstasies na ons huise, skole en winkels

Die diagram hier bo wys vir ons hoe die elektrisiteit oorgedra word vanaf die kragstasie na jou huis.Voltooi die diagram (gebruik die spasie hier onder) om die pad van die elektrisiteit te teken vanaf die oomblik wat dit in jou huis is en deur die drade , muurprop en kragproppe na 'n apparaat , soos die TV gaan.









Hierdie gedeelte is om die leerling se vermoe te toets om 'n vloeidiagram te teken en woorde in prente en teks te omskep.





Veiligheid en elektrisiteit

Ons gebruik elektrisiteit elke dag. Elektrisiteit kan gevaarlik wees, so dit is belangrik dat ons dit veilig gebruik. Elektrisiteit kan vir jou 'n elektriese skok gee. 'n Elektriese skok kan jou baie seer maak en jou selfs doodmaak.

Hoe spanning is baie gevaarlik. Kyk uit vir waarskuwingstekens soos hierdie!

Elektrisiteit kan vure en besering, selfs dood veroorsaak. Hier is 'n paar reels om elektrisiteit veilig te gebruik.

  1. Moenie enige iets in 'n kragsok sit behalwe 'n kragprop nie.
  2. Moenie aan die koord trek om die apparaat se kragprop uit te trek nie, hoe aan die prop vas en trek.
  3. Droog jou hande af voordat jy 'n kragprop insit, of uittrek.
  4. As 'n kragprop gebreek is of die koord is gesny of beskadig, moet dit nie gebruik word nie.
  5. Moenie te veel koorde aan een muursok sit nie.
  6. Hou apparaat weg van water. Moenie 'n haardroer gebruik as daar water naby is nie.
  7. As daar 'n elektriese storm (met weerlig) skakel af en diskonnekteer die elektriese apparaat soos die TV en die rekenaar.
  8. Moenie enige kragdrade aanraak nie.
  9. Sommige kragdrade word ondergronds begrawe. Indien jy spit en 'n draad kry, moenie daaraan raak nie.
  10. Moenie 'n vlieer vlieg of 'n boom klim naby 'n kraglyn nie.

10 Veiligheidswenke vir elektrisiteit


INSTRUKSIES:

  1. Kyk na die prente.
  2. Elkeen van die prente wys die VERKEERDE gebruik van elektrisiteit of elektriese apparaat.
  3. Gebruik die prent om 'n "Veiligheidswenk" vir die situasie in die prent te skryf.
  4. Die eerste voorbeeld is vir jou gedoen.

Prente

Veiligheidswenk

Moet nooit 'n apparaat gebruik wat 'n gebreekte kabel het of waarvan daar metaal drade by die kabel omhulsel uitsteek nie.

Antwoorde:

  1. Moet nooit 'n apparaat gebruik wat 'n gebreekte kabel het of waarvan daar metaal drade by die kabel omhulsel uitsteek nie.
  2. Moenie buite speel wanneer daar donderweer en weerlig is nie. As hierdie kragtige natuurlike elektrisiteit naby jou slaan, sal dit probeer om deur jou tot by die grond te kom.
  3. Moet nooit naby of op elektriese heinings of kraglyne speel nie. Dit het lewende elektrisiteit hardloop deur dit sodat jy geskok kan word, selfs deur net daaraan te raak!
  4. Moet nooit elektriese apparaat buite in die nat weer of as jy nat is gebruik nie. Water gelei elektrisiteit baie goed, dus SAL jy skok as jy aan 'n apparaat raak en die water drup in die kragprop, koord of motor. Dra toe skoene met rubber sole wanneer jy elektriese apparaat gebruik. Moet nooit elektriese apparaat gebruik as jy kaalvoet is nie.
  5. Moet nooit elektriese apparaat in die badkamer gebruik nie. Onthou, elektrisiteit kan deur water vloei.
  6. Elektrisiteit kan van een persoon na die volgende vloei. Moet NOOIT probeer om iemand wat geskok het weg te trek van 'n apparaat nie. Jy sal ook skok! Gebruik 'n plastiek/nie-metaal voorwerp om die persoon van die elektriese bron te skei.
  7. Never put lots of appliances into one socket. Too much electricity flowing to one plug is dangerous. One multi-plug adapter is safe, but do not put adapters into each other. Rather use 2 different plug points.
  8. Moet nooit 'n metaal mes in 'n broodrooster steek wanneer dit aangeskakel is nie. Skakel eers die broodrooster af, haal die prop uit die kragpunt uit en gebruik 'n hout of plastiek mes. "Onthou, elektrisiteit kan deur metale vloei"


  • Energie kan gestoor word in selle en batterye.
  • Die selle of batterye is 'n bron van elektriese energie vir 'n elektriese stroombaan.
  • 'n Elektriese stroombaan is 'n sisteem wat elektriese energie oorgeplaas word waar dit benodig word.
  • 'n Kragstasie benodig 'n bron van energie.
  • Elektrisiteit van 'n kragstasie word oorgedra na 'n stroombaan in ons huise.
  • Elektrisiteit kan gevaarlik wees en moet veilig gebruik word.


Hoekom benodig flitse selle(batterye) om te werk?




Selle(batterye) is 'n bron van energie vir die flits. Chemiese energie word gestoor in die battery wat omgeskakel word in elektriese energie en dan ligenergie as die gloeilamp brand.

Wat is 'n elektriese stroombaan?



'n Elektriese stroombaan is die pad wat elektrisiteit toelaat om te vloei, of 'n sisteem wat elektrisiteit toelaat om te beweeg

Hoe verskil 'n sel van 'n battery?



'n battery is twee of meer selle wat aan mekaar verbind is punt teen punt.

Teken 'n diagram van 'n eenvoudige stroombaan wat een sel en een gloeilamp bevat sodat die gloeilamp sal brand.







diagram soos in werkboek

Hoe is dit moontlik dat elektrisiteit opgewek kan word in 'n kragstasie, 'n televisie in die huis kan bereik wat ver weg is van die kragstasie? Verduidelik hoe die energie oorgedra word van die kragstasie na jou huis.








Kragestasie deur kraglyne word ondersteun deur kragpale na die substasie. Vanaf die substasie deur verspreidings kabels na die elektrisiteits boks in jou home. Van die elektrisiteits boks deur drade in ons huis na kragpunte en ligte en apparaat.

Wanneer mag jy NIE elektrisiteit of elektriese apparaat hanteer nie?



Wanneer jy kaalvoet is, nat hande het of in die badkamer is.

Kies die korrekte antwoord: As iemand deur 'n elektriese bron geskok is, moet ek:
  1. Probeer om hulle weg te trek van die bron van elektrisiteit.
  2. Gooi water op hulle om die skok te verlig.
  3. Skakel die kragbron so vinnig as moontlik af en gee dan aandag aan hulle.
  4. Gee aandag aan hulle en skakel die kragbron so vinnig as moontlik af sodra hulle veilig is.

Antwoord: C

Gee 'n rede vir die volgende stelling: Moenie onder of naby kraglyne of elektriese drade speel nie.



As die elektriese velde lewendig is, kan ek skok deur net naby die elektriese bron te staan.