Strukture vir diereskuilings


  • Hoe kry 'n klein wewervoël of 'n swaeltjie dit reg om so 'n ingewikkelde nes te bou? Ek dink nie ek kan dit doen nie!
  • Watter soorte diereskuilings kry mens?
  • Hoe bou ek 'n diereskuiling?

Natuurlike en mensgemaakte skuilings.


natuurlike skuilings


Jy het vroeër met lewende en nie-lewende dinge gewerk. Lewende dinge het skuiling nodig om hulle teen sleg weersomstandighede te beskerm.

Party diere bly in natuurlike habitatte as huise. Ander diere bou hul eie huise. Party diere bly selfs in ander diere se huise. 'n Natuurlike skuiling is 'n huis wat 'n dier vir homself gemaak het. Diere bly in verskillende soorte huise:

  • gate in die grond
  • grotte
  • neste
  • bome

Kyk na die prent van 'n paar plekke waar diere bly.

Kom ons kyk na 'n paar van die skuilings wat diere gebou het en die materiale wat hulle gebruik.

Neste word deur voëls en ander diere in bome, op die grond en selfs in geboue gebou. Dit is hulle (en veral hul eiers se huis). Neste lyk gewoonlik soos bakke en word van takkies, blare en gras gemaak wat met modder of spoeg aanmekaar gehou word.

Swaeltjies bou hulle neste met modder. Hulle bou dit gereeld onder dakke wat hulle beskerm teen reën. http://www.flickr.com/photos/hisgett/5873506408/

Bye bly in groot kolonies. Die byekorf bestaan uit klomp seskantige selle (heksagone) wat aan mekaar vassit. Die koninginby lê al die eiers in die korf en elke eier word in 'n sel gesit.

'n Natuurlike byekorf in 'n boom. http://www.flickr.com/photos/minicooper93402/4903577782/

Klein knaagdiere soos eekhorings, hase, muise en molle grawe gate in die grond of onder stompe en rotse vir skuiling. Hierdie gate vorm 'n ondergrondse netwerk van tonnels waarin die diere bly.

Miere en erdwurms bly ook in die grond.

Meerkatte grawe ook gate en groot netwerke tonnels onder die grond waarin hulle bly. http://www.flickr.com/photos/freedom-studios/6587449041/

Spinnekoppe spin webbe van sy wat hulle in hul liggame maak. Die web is nie net hul huis nie, maar help ook die spinnekop om sy prooi te vang.

'n Spinnekop se web tussen die takkies van 'n plant. http://www.flickr.com/photos/mikebaird/3885633425/

Mensgemaakte skuilings

Ander diere bly in skuilings wat mense gemaak het. Hierdie skuilings is gewoonlik vir ons troeteldiere of diere wat op die plaas bly.


Hier onder is die name van drie soorte diere wat troeteldiere is of op 'n plaas bly. Ons moet vir hulle skuilings bou. Skryf die naam van die skuiling van elkeen van die diere neer en beskryf die skuiling.

Hond:



Bye:



Varke:



Hondehok. 'n Klein huis wat gewoonlik uit hout gemaak is, met 'n ingang aan die voorkant.

Korf. 'n Boks, gewoonlik van hout gemaak, met lae vir die bye om hul heuningkoeke te maak.

Varkhok: 'n Kamp vir varke, gewoonlik met 'n area aan die buitekant met modder en 'n bedekte area binne waar hulle kan slaap.


Beskryf mensgemaakte diereskuilings


INSTRUKSIES:

  1. Kyk na die volgende voorbeelde.
  2. Voltooi die tabel deur die antwoorde in te vul.

http://farm5.staticflickr.com/4006/4449854125_3bd74d012b.jpg

http://farm5.staticflickr.com/4135/4849263348_ebd8eedd6a.jpg

http://www.flickr.com/photos/ell-r-brown/5970399027/

Diere wat in hierdie skuiling sal bly.

Materiale waarvan die skuiling gemaak is.

Hoekom sal dit `n goeie skuiling vir hierdie dier maak?

http://farm5.staticflickr.com/4006/4449854125_3bd74d012b.jpg

http://farm5.staticflickr.com/4135/4849263348_ebd8eedd6a.jpg

http://www.flickr.com/photos/ell-r-brown/5970399027/

Diere wat in hierdie skuiling sal bly.

Vlermuise of voëls

katte of honde

bye

Materiale waarvan die skuiling gemaak is.

hout

hout

hout

Hoekom sal dit `n goeie skuiling vir hierdie dier maak?

Dit word hoog op 'n paal gesit waar roofdiere nie die vlermuis of die voël kan bykom nie en dit veilig is; die boks is donker aan die binnekant sodat die vlermuis deur die dag kan slaap.

Dis is waterdig sodat die kat nie nat word as dit reën nie; die kat kan kom en gaan soos hy wil; die boks het seker 'n lekker sagte kussing binne-in vir die kat.

Dit beskerm die bye teen reën en wind; die bye kan in en uitkom soos hulle wil; die dak kan uitgelig word om die heuning uit te haal.




Strukture en materiale vir diereskuilings


Ons bou strukture deur verskillende dele met mekaar te verbind. Verskillende materiale word gebruik om die strukture te maak. Hierdie strukture kom in verskillende groottes en vorms.

Strukture het vier funksies (werke). Hulle moet primêr:

  • beskerm
  • inhou
  • ondersteun
  • 'n opening toespan

Elkeen van die strukture in die volgende prente verrig een of meer van die funksies of werke van strukture. Hulle word van verskillende materiale gemaak. Kyk versigtig na die verskillende vorms wat in strukture gebruik word.

'n Ondersteuningstruktuur wat 'n watertoring regop hou. http://www.flickr.com/photos/80651083@N00/1814803669/
Die vorm van 'n eierdop is 'n voorbeeld van 'n beskermende dopstruktuur. http://www.flickr.com/photos/free-stock/4900327148/
'n Brug is 'n voorbeeld van 'n struktuur wat 'n opening toespan. http://www.flickr.com/photos/wouterpostma/335640248/
'n Voëlhok is 'n voorbeeld van 'n struktuur wat 'n voorwerp (die voël) inhou. http://www.flickr.com/photos/frogbelly/1316829110/

Hoe 'n struktuur aanmekaar gesit word of gebou word hang af van die tipe materiaal wat gebruik word.

Ondersoek strukture


INSTRUKSIES:

  1. Werk in pare.
  2. Kyk na die foto's van strukture hierbo.
  3. Bespreek elke foto met jou maat.
  4. Kyk na die vorm, grootte van die struktuur en die materiale wat gebruik is om dit te bou. (Gebruik S, M, L en XL om die groottes te beskryf soos jy in die vorige aktiwiteit met diere gedoen het.)
  5. Teken jou bevindinge in die tabel wat voorsien is aan.

Grootte van die struktuur.

Vorms in die struktuur gebruik.

Materiale in die struktuur gebruik.

Watertoring

Eier in 'n dop

Brug

Voëlhok

Grootte van die struktuur.

Vorms in die struktuur gebruik.

Materiale in die struktuur gebruik.

Watertoring

L

Driehoeke, reghoeke

metaal

Eier in 'n dop

Liggaamsbedekking

ovaal

kalsium neerslag (leerders hoef dit nie te weet nie, die onderwyser sal hier moet help)

Brug

XL

boog, driehoeke, kolomme

metaal en beton

Voëlhok

B

reghoeke

metaal en plastiekbasis


Kom ons leer meer oor verskillende strukture.

Dop- en raamstrukture


Dopstrukture hou meesal goed in en/of beskerm die inhoud. 'n voëleier beskerm die klein kuikentjie wat binne-in groei. 'n Motor beskerm sy passasiers. 'n Pot hou kos binne.

'n raam struktuur gee ondersteun. Daar is 'n raamstruktuur binne-in jou liggaam. Jou geraamte ondersteun jou liggaam. Jou knieë en elmboë is plekke waar bene bymekaar kom.

'n Raamstruktuur moet 'n gewig op die regte plekke dra sodat dit nie ineenstort of omval nie.

Rame word van verbindingsbalke en lasse gemaak. Die verbindingsbalke is lang dele en die lasse is waar die verbindingsbalke bymekaar kom. Soms kan langer buise verbind om driehoeke te vorm. Die buise word verbindingsbalke genoem. Waar die buise bymekaar kom word die las genoem.


Noem drie soorte strukture.




Wat is die verskil tussen 'n dop- en 'n raamstruktuur?



Watter soort funksies verrig dop- en raamstrukture?
  1. Funksies van dopstrukture



  2. Funksies van raamstrukture





Ontwerp 'n dierskuiling.

Leerders moet navorsing doen, 'n ontwerp en 'n skets maak vir 'n dierskuiling. Dit is die eerste keer wat leerders 'n Tegnologie-aktiwiteit doen waar hulle die Tegnologiese Ontwerpsproses moet volg. Hulle voltooi egter nie die hele proses nie (bv maak en evalueer) aangesien dit baie moeilik vir 'n eerste keer sou wees. Later in die jaar sal hulle in ander afdelings die proses verder neem en hul produkte maak. Vir elke Tegnologie projek bou jy op die stadium aan hul vaardighede en versterk jy die proses en die stappe wat hulle moet volg. Dit is dalk die beste as leerders in groepe werk sodat hulle kan bespreek wat hulle moet doen, veral aangesien dit hul eerste keer is wat hulle iets moet ontwerp.

Die opvoedkundige waarde van Tegnologie lê in die navorsing, oorweging en ontwerp wat kinders moet doen. Tegnologie het as doel om leerders bevoeg te maak; bevoegdheid beteken dat leerders se vermoë om te dink en oorweeg omgesit word in iets doen en iets voltooi. Wanneer hulle nuwe wetenskaplike kennis aanleer, het die leer 'n doel: hulle moet die kennis gebruik om goeie ontwerpe te maak. Wanneer hulle 'n goeie produk gemaak het, moet hulle vir jou kan verduidelik waarom hulle die produk op daardie manier ontwerp het (selfs al kon hulle dit nie maak soos hulle beplan het nie).

Daar vind dus baie belangrike leer tydens 'n Tegnologie projek plaas, en jy moet jou leerders deur al die stadiums van leer lei. As jy 'n opgeleide tegnologie onderwyser is, sal jy die NCS patroon van tegnologie projekte herken - onthou jy IDMEC?

O staan vir Ondersoek - as jy die probleem wat mense het moet ondersoek, bestaande produkte moet ondersoek en ook die konsepte en vaardighede wat jy sal nodig hê om die probleem op te los te ondersoek.

Die tweede O is vir Ontwerp - dit beteken dat jy dit wat jy geleer het uit jou ondersoek moet gebruik om aan goeie maniere te dink om die probleem op te los.

(Vir hierdie projek sal die Tegnologiese proses stop na die Ontwerp en die skets, maar jy kan vir leerders sê wat volgende sou kom sodat hulle later in die jaar wanneer julle wel die stappe gaan toepas, reeds vertroud is daarmee.)

M is vir Maak - wanneer jy jou model maak, gebruik jy materiale en gereedskap, jy laat jou model mooi lyk en jy wys vir jou onderwyser wat jy deur jou ondersoek geleer het.

E is vir Evaluering - nadat jy jou model gemaak het om die probleem op te los, moet jy 'n paar vrae vra: werk dit? Is dit wat mense wil hê? Kon ek 'n beter een gemaak het?

K is vir Kommunikasie - jy moet vir ander mense wys hoe jy besluit het op die oplossing vir jou probleem. Jy moet jou idees neerskryf en sketse maak. Wanneer leerders nuwe idees kry, wil hulle dit graag neerskryf - dit is 'n groot voordeel van tegnologie in skole. 'n Tegnologie projek gee kinders 'n rede om te lees en te skryf. En so - en dit is belangrik - kan ons die geletterdheidsprobleem deur wetenskap en tegnologie aanspreek.

Die Tegnologiese proses

Wanneer ons produkte en strukture ontwerp en maak, is daar 'n spesiale manier om dit te doen. Ons noem dit die Tegnologiese proses. Die Tegnologiese proses help jou om produkte te ontwerp en te maak.

Ons gebruik die Tegnologiese proses om 'n spesifieke probleem te ondersoek. Ons gebruik dan hierdie inligting om 'n ontwerp te maak en iets te maak om die probleem te probeer oplos. Terwyl ons aan die ontwerp werk en die produk maak, moet ons dit die heeltyd evalueer om te kyk of dit werk en of dit doen wat ons wil hê dit moet doen. Ons praat ook met ons vriende en ander mense wat saam met ons werk. Ons vertel vir hulle wat ons beplan en verduidelik hoe ons dit wil ontwerp en die produk wil maak.

Baie mense gebruik elke dag die tegnologiese proses. As jy iets wil ontwerp of maak om 'n probleem op te los, kan jy dit ook gebruik.

Die Tegnologiese Proses het 5 stappe:

  1. Ondersoek
  2. Ontwerp
  3. Maak
  4. Evalueer
  5. Kommunikeer

Wanneer ons 'n Tegnologie projek in Natuurwetenskap en Tegnologie doen, sal ons hierdie stappe volg.

Kom ons gebruik die Tegnologiese Proses om 'n paar voëls in jou area te help! Onthou jy moet begin deur eers die probleem te identifiseer en dan kan jy begin ontwerp en 'n oplossing maak.

@@CAPTION Dit klink na pret! Ek is klaar opgewonde om te leer hoe om die Tegnologiese Proses te volg om iets te ontwerp en te maak.

Ontwerp en maak 'n skuiling vir wilde voëls.


HELP! DIE VOëLS HET JOU NODIG!

Baie van die bome in jou dorp is afgekap om plek te maak vir huise en ander geboue. Die voëls wat altyd hul neste in die bome gemaak het, het nou nêrens om hul eiers veilig te lê nie! Daar is baie meer rotte, muise en ander peste in die stad omdat daar minder en minder voëls is om hulle te vang! Dit is omdat baie voëls weggetrek het om veilige plekke te soek waar hulle hul neste kan bou en hul kuikens kan grootmaak. Party voëls het agtergebly en hul nesse op huise se dakke gemaak. Die mense het nie van die gemors wat hulle op hul geboue maak gehou nie, en het die neste vernietig. Ander voëls het op hoë radio- en televisietorings hul neste gemaak, maar dan kon die mense se televisies of radios nie ordentlik werk nie, so hulle het die neste vernietig en die voëls weggejaag. Die mense kla oor al die peste in die stad en die voëls wil terugkom, maar het nie 'n veilige plek om neste te bou nie - hulle het jou hulp nodig!

In die vorige afdeling het ons van diere se huise geleer. Ons moet hierdie voëls help deur vir hulle 'n huis of 'n plek te maak waar hulle op stok kan gaan, maar ons moet dit ook laat goed lyk vir die mense.

ONTWERPSOPDRAG:

'n Ontwerpsopdrag is 'n kort beskrywing van wat jy beplan om te doen. 'n Voorbeeld van so 'n ontwerpsopdrag vir die projek kan "Ontwerp en maak 'n diereskuiling wat deur wilde voëls gebruik kan word."

ONDERSOEK:

Die volgende stap in die ontwerpsproses is om te ondersoek en om navorsing oor die skuiling wat jy wil maak te doen. Ons het dit eintlik alreeds in vorige aktiwiteite in die hoofstuk gedoen toe ons na verskillende mensgemaakte skuilings gekyk het.

So kom ons begin ontwerp!

ONTWERP:

Ons moet nou 'n dierskuiling ontwerp. Bespreek die volgende vrae wat jou sal help om jou skuiling te beplan en te besluit hoe jou voëlskuiling sal lyk, in jou groep.

  1. Wat is die doel van die voëlskuiling?




  2. Watter vorm en grootte sal die skuiling wees?




  3. Hoe sal die voëls inkom?



  4. Wat is die beste materiaal om die skuiling mee te maak?



  5. Sal daar 'n plek wees waar die voëls kos en water kan kry?



Wanneer ons iets ontwerp is daar sekere goed wat die produk of struktuur wat jy maak moet kan doen of wat dit nie kan doen nie. Hierdie goed word spesifikasies (wat dit moet kan doen) en beperkinge (wat dit nie kan doen nie) genoem.

Ons moet eers die spesifikasies van die goed wat jou produk moet kan doen of moet hê vasstel voor ons dit kan ontwerp of begin maak. Jy moet 'n lys maak met al die spesifikasies anders gaan jy dalk 'n fout maak wanneer jy die produk maak.

Wanneer ons spesifikasies en beperkinge neerskryf moet ons sekere vrae beantwoord. Jy het reeds van hierdie vrae hier bo beantwoord.

Spesifikasies

  1. Doel van 'n voëlskuiling.


  2. Grootte van 'n voëlskuiling.


  3. Materiale gebruik om die voëlskuiling te maak.


Beperkinge

Sommige beperkinge vir jou voëlskuiling kan die volgende wees:

  1. Die materiaal moet die weer, soos wind en reën, kan weerstaan.
  2. 'n Beperking kan selfs die feit dat jy dit in die klas moet ontwerp en maak wees.

Onderwysers moet leerders aanmoedig om herwinde materiale te gebruik. 'n Maklike ontwerp is om 'n voëlskuiling van herwinde 2 liter plastiek sapbottels te maak. Hulle kan tou deur 'n gaatjie in die doppie druk en die bottel in 'n boom hang. Hulle maak dan gate in die kante en steek 'n tappen deur vir die voëls om op te sit. Hulle kan ook 'n klein klappie oop sny sodat die voëls kan ingaan en daar spasie is om 'n nes te bou. Die klap moet omtrent 15cm van die onderkant wees. Hulle kan die bottels verf om saam te smelt met die boom wat die habitat is sodat roofdiere dit nie kan sien nie.

Teken die ontwerp vir die voëlskuiling.

In hierdie stap gaan jy 'n skets maak van hoe jy wil hê jou voëlskuiling moet lyk. Jy gaan dalk 'n paar sketse maak totdat jy besluit het watter ontwerp jy wil gebruik. Dit is 'n goeie idee om rofwerkpapier vir dit te gebruik. Maak byskrifte vir elke deel van jou ontwerp en sê ook van watter materiaal elke deel gemaak is.

Verduidelik vir leerders dat die sketse mag verskil van die produk wat hulle op die ou end gaan maak. Daar is verskeie redes daarvoor, soos dat die materiaal nie so goed werk as wat hulle beplan het nie, of hulle 'n beter idee gekry het. Dit is die eerste keer wat leerders 'n kans kry om self te ontwerp en iets te maak; hulle sal daarom baie van plan verander en deur die proses leer. Hulle moenie gepenaliseer word omdat hulle iets verander nie - dit is deel van die proses. Gebruik miskien eerder rofwerkpapier waarop hulle kan eksperimenteer en verskillende ontwerpe teken. Sodra hulle 'n ontwerp het waarmee hulle tevrede is, kan hulle dit in die spasie wat voorsien is teken.





















(whole page)

EVALUEER

Sodra jy 'n ontwerp het waarmee jy tevrede is, kan jy begin om jou skuiling te maak. Ons gaan dit nie nou doen nie. Jy sal later in die jaar kans kry om van die ontwerpe wat jy gemaak het, te bou.

Vir nou, gaan ons jou ontwerp evalueer. Dit beteken dat jy moet besluit of jou produk die probleem wat jy aan die begin identifiseer het sal oplos.

Om dit te doen moet jy teruggaan na die probleem en die volgende vrae beantwoord:

  1. Het my ontwerp die probleem opgelos? Hoe?





  2. Het ek by die spesifikasies en beperkinge gehou? (Vra die vraag oor elkeen van jou spesifikasies)





  3. As jy van die spesifikasies verander het, soos grootte of die materiale, waarom het jy dit gedoen?





  4. Is daar enige manier waarop jy jou ontwerp kan verbeter?




As jy tyd het in die klas kan julle die voëlskuilings maak, moedig andersins jou leerders aan om dit die naweek by die huis te probeer. As iemand 'n skuiling gemaak het, kan jy dit erens by die skool opsit en kyk of die voëls dit gebruik. Moenie bekommerd wees as jy nie tyd het om die skuiling in die klas te bou nie, dit word nie in CAPS vereis nie.



@@CAPTION Dit was pret! Ek gaan probeer om my eie voëlskuiling by die huis te maak en dit buite ons huis opsit!

  • Natuurlike strukture word deur diere gemaak soos nesse en doppe.
  • Mensgemaakte strukture word deur mense gemaak.
  • Daar is verskillende soorte strukture soos raam- en dopstrukture.
  • Strukture kan verskillende vorms en groottes hê.
  • Strukture kan van verskillende materiale gemaak word.
  • Mense kan skuilings maak vir diere, veral vir troeteldiere en voëls.


Hersieningsvrae


Noem vier soorte natuurlike diereskuilings.

Nesse, doppe, korwe, hol bome, spinnekoppe.

Verduidelik die verskil tussen mensegemaakte en natuurlike skuilings.

Natuurlike skuilings is wanneer diere self die skuiling maak uit materiale wat hulle in hul habitat gevind het. 'n Mensgemaakte skuiling word nie deur die dier gemaak nie, maar word deur die dier gebruik. Mense maak mensgemaakte skuilings vir diere.

Gebruik die tabel om die skuilings van hase, duiwe en tunavisse te vergelyk.

Kriteria

Hase

Duiwe

Tunavis

Waar sal ek die skuiling kry?

Hoe sterk 'n eierdop is (video).

Moet die dier die skuiling maak?

Gebruik die dier 'n natuurlike skuiling?

Kriteria

Hase

Duiwe

Tunavis

Waar sal ek die skuiling kry?

ondergrond

in bome

in die see

Hoe sterk 'n eierdop is (video).

Grond

stokke en gras

Water

Moet die dier die skuiling maak?

ja

Ja, dit is 'n nes, andersins sit dit net in die bome

Nee

Gebruik die dier 'n natuurlike skuiling?

Nee

Nee, as dit 'n nes moet maak.

ja

Waarom het hase, duiwe en tunavisse verskillende habitatte en skuilings?

Daar is verskeie redes: Die eerste is dat dit afhang van watter omstandighede die dier aangepas is vir oorlewing. Visse moet in water leef en kan daarom nêrens anders bly nie. Die water is alreeds daar en die vis hoef daarom nie 'n skuiling te maak nie. Hase moet skuilings maak om hul kleintjies in groot te maak, in die nag te slaap en weg te kruip vir roofdiere. Hulle moet gate in die grond grawe aangesien dit nie natuurlik voorkom nie. Duiwe slaap gewoonlik in die bome wat natuurlik voorkom, maar hulle het skuiling nodig wanneer hulle eiers lê en kuikens het, daarom moet hulle neste bou.

Dink jy dit is reg om 'n troetelhasie in 'n hok te hou waar dit nie gate kan grawe nie? Gee 'n rede vir jou antwoord.

Antwoord hang van leerders af.