die aarde en die son


  • Waarom beweeg die aarde in 'n sirkel om die son?
  • Waarom moet daar 365 dae verby gaan tussen hierdie verjaarsdag en die volgende ene?
  • Wat is die sonnestelsel?

Beweeg om die son.

Vier maande terug, in die middel van die jaar, was die dae kort. Die nagte was koud en die son was laag in die middel van die dag. Ons is nou in die vierde kwartaal. Die dae is langer en die son is baie hoër in die middel van die dag. Ons gaan binnekort somer hê. Dan kom die winter weer. Die seisoene herhaal elke jaar. Ons sê die seisoene herhaal in 'n siklus.

Cycle is when things happen the same way, again and again. For example, do you remember learning about the water cycle in Term 2 in Matter and Materials? This is a cycle. Water evaporates from the oceans, lakes and rivers and becomes water vapour. Then the water vapour condenses and becomes liquid water again.

Wetenskaplikes verduidelik waarom die seisoene in siklus verander. Hulle vind dat die aarde om die son beweeg. Die aarde het 'n jaar nodig om een keer om die son te gaan en terug te kom op dieselfde plek. As die aarde om die son beweeg, ervaar ons verskillende seisoene.

Wanneer dit somer in Suid-Afrika is...http://www.flickr.com/photos/foolstopzanet/3205760827/

...is dit winter in Engeland. http://www.flickr.com/photos/12684466@N06/4251142658/

Die leerders hoef nie te weet van die helling van die aarde se as nie. Die as is 23 ½ grade van die vertikaal oorgehel. Daarom kry Suid-Afrika meer son wanneer die son die meer op die Suidelike Halfrond skyn en minder son wanneer die son meer op die Noordelike Halfrond skyn. Meer sonskyn beteken dat ons somer het en minder sonskyn beteken dat ons winter het.


Noem die vier seisoene en sit hulle in die regte volgorde. Begin by somer.


Somer, Herfs, Winter, Lente



Maak 'n model van die aarde wat om die son beweeg.


Hierdie is 'n demonstrasie waarin twee leerders op 'n slag deelneem. Een leerder moet met die bal hardloop om dit in 'n sirkel te laat beweeg. Jy het baie spasie nodig - jy moet ten minste 'n sirkel met 'n deursnee van 10 meter kan maak. Die lang tou help die leerders om te verstaan dat die aarde se wentelbaan met 'n groot radius van die son af is. Doen jou beplanning so dat hierdie aktiwiteit aan die begin van die les gedoen word aangesien leerders tyd neem om buitentoe te beweeg.

BENODIGHEDE:

  • Sterk tou wat omtrent 5 meter lank is.
  • 'n bal in 'n plastieksak
  • vier dik rekke

INSTRUKSIES:

  1. Maak die sak aan die tou vas met die vier rekke.
  2. Iemand moet met die bal in die sak begin hardloop sodat dit kan begin beweeg.
  3. Swaai dan die bal aan die punt van die tou so vinnig as wat jy kan. Die res van die klas moet die plastieksak versigtig dophou om te sien of die rekke uitrek.
  4. Jy neem waar dat die leerder die bal om homself swaai. Die leerder verteenwoordig die son en die bal verteenwoordig die aarde. As jy versigtig kyk na die rekke sal jy sien dat die bal die leerder trek terwyl die leerder die bal trek.
  5. Maak beurte om die bal te swaai; voel jy hoe hard jy moet trek om die bal te laat aanhou in die rondte beweeg.

Die bal wentel in 'n sirkelroete om die leerder.

VRAE:

Wat voel jy as jy die bal swaai?


Jy sal voel dat die tou hard aan jou hand trek.

As die bal in die sak kon voel, wat sou dit voel?


die bal sal dieselfde krag voel as die tou wat daaraan trek.

In watter rigting sal die bal aanhou beweeg as die tou breek? Wys met jou hand om jou antwoord te wys.


Gee leerders tyd om hieroor te dink en self die antwoord uit te werk. Die antwoord is dat die bal aanhou beweeg in die rigting waarin gravitasie dit trek as die tou breek. Leerders kan dit toets deur die tou te laat gaan.

Hoekom kan jy nie 'n sirkel in die prent hierbo sien nie? Beweeg die bal regtig in 'n sirkel wanneer jy dit swaai?



Vaardigheid: interpreteer 'n diagram. Leerders moet verstaan dat die bal eintlik in 'n sirkel beweeg, maar dat dit van die kant af soos 'n ellips lyk. Ons moet leerders leer hoe om diagramme te "lees".

Die bal verteenwoordig die aarde. Jy swaai redelik vinnig, maar hoe lank het die aarde regtig nodig om eenmaal om die son te beweeg?


een jaar



Die planeet Aarde wentel in 365¼ dae om die son; ons noem dit 'n jaar. Soos die aarde na nuwe posisies om die son beweeg, het ons vier seisoene: somer, herfs, winter en lente, en dan kom somer weer.

In die ruimte hou die aarde aan om, om die son te beweeg teen 100 000 kilometer per uur. Daar is geen toue wat die aarde trek nie, so wat trek die aarde?

Gravitasiekrag trek die son en die aarde na mekaar toe.

Daar is nie toue tussen die aarde en die son in die ruimte nie. Die son trek die aarde aan en die son trek die son aan deur die krag van gravitasie. Die aantrekking is so sterk dat dit oor 'n afstand van 150 miljoen kilometer kan werk. Net soos die tou die bal laat beweeg, hou gravitasiekrag die aarde jaar na jaar in sy wentelbaan om die son.


Die aarde en ander planete.


Van die helder dinge wat ons in die aand in die lug sien is nie sterre nie, hulle is planete. Venus is die maklikste planeet om te vind omdat dit so groot en helder is. Jy kan dit in die aand ook sien, net na die son gesak het, en in die oggend net voor die son opkom. Die Afrika name vir Venus is iKhwezi en Naledi ya masa

Ons kan die planeet Venus net na sonsonder sien.

Die verskille tussen sterre en planete.

Sterre is balle baie warm gas wat hulle eie lig maak. Planete kan nie hul eie lig maak nie, hulle reflekteer die lig van die son. Planete is ver van die aarde af, maar sterre is nog verder.

Die verskille tussen sterre en planete.


INSTRUKSIES:

  1. Voltooi die tabel.
  2. Kies sinne uit die raam hier onder en skryf hulle onder die hofie "Planete".

Sterre

Planete

Sterre is warm balle gas wat helder skyn en lig en hitte uitstraal.

Planete maak nie hulle eie lig nie, hulle reflekteer die lig van die son.

Ons kan duisende miljoene sterre met 'n teleskoop sien.

Ons kan net 7 planete in ons sonnestelsel sien.

Sterre is baie, baie ver weg van ons af.

Planete is nie so ver weg soos die sterre nie.

Sterre wentel nie om die son nie.

Planete wentel om die Son.

Kies die beste antwoord en skryf dit in die tabel neer.

  • Planete wentel om die Son.
  • Planete is nie so ver weg soos die sterre nie.
  • Ons kan net 7 planete in ons sonnestelsel sien.
  • Planete maak nie hulle eie lig nie, hulle reflekteer die lig van die son.


Daar is agt planete wat in 'n wentelbaan om die son beweeg.


Mars is nog 'n planeet wat jy party aande kan vind. Dit het 'n oranje kleur.

Die name van die planete is:

  • Mercurius
  • Venus
  • Aarde
  • Mars
  • Jupiter
  • Saturnus
  • Uranus
  • Neptunus

Pluto was altyd 'n planeet, maar dit is nie meer nie. Daar is nou besluit dat Pluto nie streng gesproke meer 'n planeet is nie, so daar is net 8 planete. Pluto is nou 'n "dwergplaneet". Daar is lank debatteer oor die besluit om Pluto te herklassifiseer. Van die feite wat wetenskaplike laat besluit het dat Pluto nie meer 'n planeet is nie, is dat dit baie kleiner as enige ander planeet is. Anders as die ander planete, het Pluto ook nie 'n reëlmatige wentelbaan om die son nie.

Hier is 'n wenk! Om die name van die planete te onthou, sê hierdie rympie op: Meneer V van A s My J as Jal U Nie pas. Dit is waarvoor elke woord staan.

Rym

Planete

Meneer

Mercurius

Van

Venus

As

Aarde

My

Mars

Jas

Jupiter

Sal

Saturnus

U

Uranus

Nie (pas)

Neptunus

Die planete beweeg almal in wentelbane om die son. Die roete van die wentelbane word in die diagram gewys. Die son is die ster in die middel van ons sonnestelsel.

Skets van die planete wat om die son wentel. Die planete is baie verder weg en baie kleiner as wat jy hier sien.

Die son en die planete word die sonnestelsel genoem. 'n Stelsel is 'n stel of dele wat saamwerk of stoot en trek aan albei kante. Die son en al die planete trek mekaar aan as die planete om die son beweeg.

Die planete van die sonnestelsel


INSTRUKSIES:

  1. Kyk weer na die diagram van die sonnestelsel.
  2. Beantwoord die vrae

VRAE:

Waarom hou die planete aan wentel om die son?




Die gravitasiekrag tussen die son en die planete hou hulle in hul wentelbane. Die son is so groot en swaar dat dit gravitasiekrag kan veroorsaak wat selfs die verste planeet, Neptunus, in sy wentelbaan hou.

Watter planeet is die naaste aan die son?


Mercurius

Is Venus of die aarde nader aan die son?


Venus

Skryf die name van die planete in volgorde, begin by die een naaste aan die son.



Mercurius, Venus, Aarde, Mars, Jupiter, Saturnus, Uranus en Neptunus.

Watter planeet dink jy is die koudste?


Neptunus

Waarom is die planeet die koudste?


Dit is die verste van die son af.





Die son en lewe


Daar is agt planete in die sonnestelsel. Mense wonder gereeld of die ander planete wesens, wat ons ruimtewesens noem, het wat op hulle bly. Jy het miskien al 'n fliek gesien oor wesens van ander planete. In hierdie afdeling gaan jy leer waarom die aarde die enigste planeet is waarop mense kan lewe. Ons het kos nodig en ons kos kom van plante.

Die volgende ondersoek volg op wat in die eerste kwartaal in Lewe en Bestaan gedoen is. Herinner leerders dat hulle alreeds uitgevind het wat plante nodig het om te groei. Vir hierdie eksperiment kan jy 'n potplant in die klas gebruik of jy kan 'n boom wat naby groei gebruik en jou leerders daarheen neem.

Wat gebeur met 'n plant wat sonder lig groei?


DOELWIT (Wat wil jy uitvind?):


VOORSPELLING (Wat dink jy sal gebeur?):


APPARAAT (Wat jy gaan nodig hê)

  • 'n groeiende boontjieplant in 'n pot.
  • 'n klein boksie met 'n deksel wat jy kan toemaak.
  • 'n bottel water vir die plant.

METODE:

  1. Die boontjieplant groei baie goed. Sit die plant op 'n plek waar dit lig kry en waar jy dit elke dag kan dophou.
  2. Maak 'n keep in die deksel van die boks en sit dit oor een van die takke wat blare het. Die boks moet donker aan die binnekant wees.
  3. Gee die plant elke dag 'n eetlepel water en hou die plant gesond.
  4. Maak die boksie na 'n week oop en kyk na die blare wat binne-in groei.
  5. Vergelyk die blare wat in die donkerte gegroei het met die blare wat in die lig groei.
Sit die klein boksie oor van die blare en maak seker die lig kan nie by die blare kom nie.

RESULTATE (Wat jy sien)

Teken twee sketse van die plant. Die een skets moet van die blare wees wat bedek is met die boks. Die ander skets moet van die blare wees wat aan die son blootgestel was. Gee jou sketse 'n opskrif en byskrifte.









GEVOLGTREKKING (Wat jy geleer het)

Skryf jou gevolgtrekking oor die ondersoek hier onder.



Hoe kon jy die ondersoek beter gedoen het?




Die lig van die son help plante op die aarde om te groei. Kyk na die foto hier onder. Al die blare is van dieselfde plant

Die blare kom van dieselfde plant. Die blare op die boonste tak het in die son gegroei, maar die blare aan die onderste tak het sonder lig gegroei.


Wat is die verskil tussen die blare op elke tak? Skryf twee sinne oor die blare. Begin so: "Die blare aan die bokant van die prent is..."




Die blare aan die bokant van die prent is donker groen en sterk/gesond. Die blare aan die onderkant van die prent is ligte groen en hulle lyk swak/siek. Leerders gebruik die vaardighede observeer en beskryf.

Waarom dink jy lyk die blare anders? Skryf een rede neer.




Hier moet die leerders 'n hipotese skryf. Ons weet nie wat die antwoord is nie, maar ons kan veronderstel dat die ligte groen blare in die donker gegroei het. Nog 'n hipotese kan die volgende wees: party insekte het sap uit die tak gesuig en daarom is die blare swak. Die tweede antwoord is nie verkeerd nie, en jy moet die leerders prys wat aan meer as een hipotese dink. Jy ontwikkel die vaardigheid van hipotisering. Die eerste hipotese is egter beter as die tweede een.


Waarom hou die meeste plante op groei in die winter?


In die winter en die somer lyk die gras, bome en ander plante om jou baie anders.

INSTRUKSIES:

  1. Voltooi die tabel. Die antwoorde onder die opskrif "somer" is reeds vir jou gedoen.

Vrae

somer

Herfs

Winter

Lente

in watter maand van die jaar sal ons hierdie seisoen hê?

Laat November, Desember, Januarie, Februarie

Maart, April, Mei

Junie, Julie, Augustus

September, Oktober en vroeg November

Is meeste van die dae koud, koel of warm?

Meeste dae is warm.

Dae is warm of koel.

Meeste dae is koud.

Meeste dae is warm.

Hoe hoog is die son in die middel van die dag?

Amper oor ons koppe.

Nie hoog nie, en ook nie te laag nie.

Laag in die lug.

Nie hoog nie, en ook nie te laag nie.

Hoe lank is die nag? Kort, lank of medium?

Kort

Medium

Lank

Medium

Wat gebeur met plante in hierdie seisoen?

Plante groei goed.

Plante hou op groei.

Baie plante gaan dood of hulle blare val af.

Plante begin weer groei.

Teken 'n prent om te wys watter seisoen dit is.

VRAE:

Plante hou op groei in die winter. Plante verloor hulle blare of hulle gaan dood. Waarom dink jy gebeur dit?




Vra jou leerders om 'n hipotese te maak oor hoekom plante doodgaan. Vra hulle om na die tabel te kyk sodra hulle dit gedoen het. Wanneer die son laag is, is die nagte lank en die lug koud.

In die lente begin die plante weer groei. Hoekom dink jy gebeur dit?




Die lug word warmer omdat die son langer in die lug is. Die konsep, vir onderwysers, is dat die son beide lig en hitte vir die plante gee.

Onthou jy dat jy in Kwartaal 1 geleer het wat plante nodig het om te groei? Skryf dit hier onder neer.


lig, hitte of warmte, water, lug


Hoe voorsien die son hitte en reën vir Suid-Afrika?


INSTRUKSIES:

  1. Kyk na die foto van die aarde hier onder. Jy het dit al vantevore in die boek gesien.
  2. Antwoord die vrae oor die prent.

Dit is die planeet Aarde; die foto is uit 'n ruimtetuig ver van die aarde geneem.

VRAE:

Is dit dag of nag in Suid-Afrika?


Dag: ons kan sien dat daar oral oor Afrika sonskyn is. Leer jou leerders hoe om 'n foto te interpreteer.

Is dit bewolk of skyn die son in Suid-Afrika?


In die prent is die meeste van Suid-Afrika met wolke bedek.

Waar kom die reën vandaan wat water vir die plante, mense en diere gee? Skryf twee of drie sinne neer.




Water verdamp van die see; die waterdamp kondenseer en vorm wolke; reën val uit die wolke. Hierdie stuk is ook in Materie en Materiale in Kwartaal 2 behandel toe julle die Watersiklus behandel het.


Die Thunderbolt kids het sopas geleer van die aarde en wat die son vir die aarde gee. Sophie het na klas gewonder of daar enige ander planete, behalwe die aarde is, waar mense kan bly.

Dink jy dat mense op ander planete kan bly? Gee 'n rede vir jou antwoord.






Die aarde is die enigste planeet in ons sonnestelsel wat die regte temperatuur het vir ons om op te bly; dit is nie te warm of te koud nie. Die aarde is presies die regte afstand van die son af om die perfekte temperatuur te wees om lewe te onderhou.


Some of the planets are too close to the Sun and they are too hot for anything to live on. Two very hot planets are:


Mercurius en Venus

Die meeste van die planete is so ver van die son af dat hulle baie koud is. Hulle is so koud dat niemand op hulle kan bly nie. Vyf voorbeelde van koue planete is:



Mars, Jupiter, Saturnus, Uranus, Neptunus.



  • Die aarde beweeg om die son.
  • Die roete wat die aarde volg word die wentelbaan van die aarde genoem.
  • Ons het die tyd wat dit die aarde neem om 'n omwenteling te voltooi gedefinieer as een jaar.
  • Van die helder goed wat ons in die nag in die lug sien is planete, nie sterre nie.
  • Die aarde is een van die agt planete in ons sonnestelsel.
  • Die aarde is die enigste planeet waarop ons kan lewe.


Wat is in die middel van ons sonnestelsel?


Die son.

Noem die 8 planete in ons sonnestelsel.



Mercurius, Venus, Aarde, Mars, Saturnus, Jupiter, Neptunus en Uranus.

Wat kry plante van die son wat hulle nodig het om te groei.


lig en hitte

Watter vorm is die aarde se roete om die son?


'n Sirkel, of amper 'n sirkel, 'n ellips.

Wat noem ons die aarde se roete om die son?


Sy wentelbaan.

Waarom beweeg die aarde in 'n sirkel om die son?




Die gravitasiekrag tussen die son en die aarde trek die aarde na die son toe aan; andersins sou die aarde in 'n reguit lyn weg van die son die ruimte in beweeg het.