Fotosintese


  • Waarom kan 'n plant sy eie kos vervaardig, maar 'n dier kan nie?
  • Wat is nodig sodat die proses van fotosintese kan plaasvind?
  • Hoe vervaardig en stoor plante hul kos?
  • Waarom benodig plante so baie water?
  • Kan plante in donkerte lewe?
  • Waarom is plante hoofsaaklik groen?

Opvoeders word aangemoedig om 'n groot sirkel op die muur te maak en groot pyle te gebruik wat uit blou of selfs swart plastiese sakke gesny word. Sny wit letters uit om die woord "Fotosintese" in die middel van die sirkel uit te spel. Plak groot plakkate op die pyle wat sê:

  • Plante absorbeer koolstofdioksied
  • Plante stel suurstof vry
  • Diere asem suurstof in
  • Diere asem koolstofdioksied uit

Prente van plante kan miskien uitgeknip word, of leerders kan in Kuns plante en diere maak en langs die etikette plak wat hulle illustreer. Skep 'n woordelys, deur woorde wat verband hou met die onderwerp, rondom die klaskamer te plaas. Vertel aan die leerders dat hulle plantnavorsers gaan wees wat moet uitvind wat hierdie woorde beteken en hoe hierdie woorde verband hou met plante en fotosintese.

Met die inleiding van hierdie onderwerp kan die opvoeder die leerders herinner aan onderlinge afhanklikheid, wat in Graad 5 behandel is. Bespreek hoe diere en plante onderling afhanklik is van mekaar - plante produseer voedsel en suurstof vir diere, terwyl diere - sodra hulle doodgaan - verrot en voedingstowwe in die grond terugplaas vir plante en koolstof vrystel in die lug om die koolstofsiklus voort te sit.

Plante en kos


Groen plante is net soos fabrieke! Hulle maak kos vir hulleself en vir elke dier op aarde wat sonligenergie, water en die gas koolstofdioksied gebruik. Hulle hersirkuleer die lug en maak suurstof sodat ons kan asemhaal.


Wat gebeur in 'n fabriek? Waarom dink jy kan ons s plante is soos fabrieke?

'n Fabriek is 'n plek waar goedere of produkte gemaak/aanmekaargesit/geproduseer word en dan by ander plekke afgelewer word om gebruik te word. Plante word daarom as fabrieke beskou, want hulle gebruik rou materiaal om nuwe produkte (kos) te maak.

Waarom kan ons sê dat plante kos vir hulself en elke ander dier op aarde maak?

Plante maak kos vir hulself en plante is die begin van die voedselketting, daarom maak alle diere - of dit herbivore is wat plante direk eet, of karnivore wat die herbivore eet - staat op plante vir kos.


Wetenskaplikes het uitgevind presies hoe plante in staat is om al hierdie dinge te doen. Kom ons kyk van naderby hoe wetenskaplikes dit uitgevind het en kyk hoe plante vir hulself en ons kos maak.

Die proses van fotosintese


Fotosintese is die proses wat plante gebruik om die energie van sonlig te verander in energie vir voedsel. Plante verander ligenergie van die son in voedselenergie. Fotosintese vind plaas in alle groen dele van 'n plant. Blare is gewoonlik die groenste dele van 'n plant. Plante doen dit dus meestal in hul blare.

Kan jy onthou dat ons in graad 5 van fotosintese geleer het? Plante benodig sekere elemente om te fotosinteer.

Daar is 'n paar belangrike vereistes sodat fotosintese kan plaasvind:

1.Chlorofil: Chlorofil is 'n groen stof wat plante gebruik om ligenergie van die son vas te vang. Chlorofil is baie belangrik. Daarsonder kan plante nie sonligenergie gebruik om voedsel te maak nie. Suurstofvlakke in die lug sal ook daal. Indien dit gebeur, sal plante en diere versmoor.

As 'n pretaktiwiteit kan leerders buitetoe geneem word om te kyk of daar ander kleure in blare gevind kan word en nie net die groen pigment chlorofil nie. Alhoewel groen chlorofil oorheers, is daar ook geel, oranje en pers pigmente in blare, veral in die herfs wanneer die blare van kleur verander. In die liggaam is die pigment melanien die hoof bepaler van velkleur en kan ook in die hare en iris van die oog gevind word.

2.Sonlig: Sonlig bevat energie. Plante gebruik hierdie energie om suikers (koolhidrate) te maak van water en koolstofdioksied.

3.Water: Die wortels van 'n plant absorbeer water en voedingstowwe uit die grond. Water is 'n oplosmiddel in alle lewende dinge. Opgeloste stowwe beweeg deur die liggaam na waar hulle die meeste benodig word. Net soos jy het plante ook are vir hierdie beweging. Die are vervoer suikers van die blare afwaarts. Fotosintese kan slegs plaasvind in 'n wateroplossing. Water is ook belangrik, want dit verskaf ondersteuning sodat die plant regop kan bly. Net soos jy het plante ook geraamtes. Plante het egter net watergeraamtes!

In die tweede termyn in Materie en Materiale sal leerders meer leer oor mengsels, oplossings en die oplos van stowwe en dus sal hierdie proses vir hulle meer sin maak. Verwys terug na hierdie afdeling wanneer u oplossings behandel en water bespreek as 'n oplosmiddel.

4.Koolstofdioksied Die plant absorbeer of neem koolstofdioksied in uit die lug deur klein gaatjies. Hierdie gaatjies word regoor die plant gevind, meestal onder die blare

5. Grond: Die grond verskaf minerale voedingstowwe en water vir die plant wat noodsaaklik is gedurende fotosintese. Grond veroorsaak ook dat die plant geanker word, anders sal dit nie regop kan staan nie.

'n Uitstekende webwerf oor fotosintese http://www.realtrees4kids.org/sixeight/letseat.htm


Hoe vind fotosintese plaas?


Plante gebruik chlorofil, sonlig, water en koolstofdioksied om kos te maak. Hier is 'n eenvoudige illustrasie om te verduidelik hoe die proses plaasvind:

Die proses van fotosintese.
  • Chlorofil vang die sonligenergie vas.
  • Die energie verdeel die water in waterstof en suurstof.
  • Die suurstof word vrygestel in die lug in.
  • Die waterstof word saam met die koolstofdioksied gebruik om glukose (suikers) te maak.
  • Die suikers beweeg van die plante na ander dele van die plante waar hulle gestoor word.
  • Die water in die plant se are vervoer die suikers. Sodra die suikers die dele bereik waar dit gestoor word, word dit in stysel verander.
  • Plante kan stysels in die volgende plekke stoor:
    • blare (kool, spinasie, blaarslaai)
    • vrugte (appels, piesangs, perskes)
    • stingel (suikerriet)
    • sade (koring of mielies)
    • blomme (kappertjies, broccoli en blomkool)
    • wortels (wortels of beet)

Stysel is onoplosbaar in water, daarom stoor plante stysel en nie glukose, wat oplosbaar is in water, nie. Verwys terug na hierdie afdeling wanneer oplosbare en onoplosbare stowwe in die tweede termyn gedoen word.

Dink jy nie al hierdie inligting klink baie tegnies nie? Waarom probeer ons dit nie self voorstel nie?!

Dramatiseer die proses van fotosintese


Berei voor vir hierdie aktiwiteit deur die verskillende benodigde items te versamel. Die karakters het verskillende kleure nodig om te identifiseer wat hulle voorstel, waarskynlik T-hemde wat hulle oor hul klere kan aantrek, of andersins 'n serp, strik of gekleurde papier wat hulle voor op hulle klere kan vasspeld. Foelie, "glitter" en tou is nodig vir die wortels. Vir die diere kan maskers uit papierborde gemaak word. Sny gate uit vir die oë en maak om die kop vas met 'n stuk tou. Leerders kan dieregesigte op die voorkant teken.

AANWYSINGS:

  1. Jou onderwyser sal verduidelik hoe om die proses van fotosintese te dramatiseer.
  2. Karakters wat benodig word vir die dramatisering:
  • Verteller om die proses te verduidelik. Dit kan 'n onderwyser of leerder wees. Dit mag 'n goeie idee wees om kort aantekeninge te maak van die inligting hierbo, sodat die leerders kan onthou in watter volgorde die proses plaasvind.
  • Son - hierdie leerder kan geel aantrek en miskien ou foelie of blink papier gebruik om hul kop of lyf te versier om die lig en hitte-energie te wys wat die son produseer.
  • Plante - 'n paar leerders kan groen aantrek en miskien 'n paar stringe tou aan hul voete vasmaak om die wortels voor te stel. Hulle moet rys of "glitter" in hul hande vashou om aan te dui dat die water verdamp na fotosintese.
  • Reën/water - 'n paar leerders kan blou aantrek en miskien rys, "glitter", klein stukkies foelie of iets soortgelyks gebruik om die reën wat val, voor te stel.
  • Koolstofdioksied - speld tekens vas aan die leerder se bors, wat lees "Koolstofdioksied". Die leerder kan pers aantrek.
  • Suurstof - speld tekens vas aan die leerder se bors, wat lees "Suurstof". Die leerder kan oranje aantrek.
  • Glukoseenergie as vrugte en groente - trek aan soos of maak plakkate van groot wortels, appels, aartappels of iets soortgelyks.
  • Sekere leerders moet diere wees wat koolstofdioksied uitasem en die plante eet. Maak maskers van papierborde en sny die oë uit.

Die dramatisering: Wanneer die dramatisering begin, sit die glukose- en suurstofakteurs in klein groepies rondom die plante met hulle koppe gesak. Hulle moenie na die gehoor kyk nie.

Die verteller stel die toneel voor en verduidelik die verskillende prosesse soos dit plaasvind.

Die son skyn in die middel van die verhoog. Die leerders kan draai of hul arms oplig om die sonlig, wat daaruit straal, voor te stel.

Die plante staan weg van die son en die reënwater akteurs kan vir hulle water "gee" deur saggies die rys of soortgelyke klein voorwerpe oor hul koppe te gooi. Daarna kan hulle rondom die plante gaan sit.

Die koolstofdioksied akteurs hardloop weg van die diere af en maak 'n sirkel rondom die plante. Dan kan hulle rondom die plante gaan sit.

Nou staan die akteurs op wat suurstof en glukose voorstel en hardloop rondom die plante. Dan kan hulle na die diere toe hardloop om te wys dat hulle suurstof en voedsel ontvang.

Miskien kan hierdie hele toneel 'n paar keer herhaal word om te wys dat die siklus homself herhaal.

VRAE:

  1. Waarom gaan plante dood in tye van droogte?



    Daar is baie prosesse wat stop sonder water, waarvan fotosintese een is. Plante kan nie sonlig fotosinteer sonder water nie. As hulle nie kan fotosinteer nie, kan hulle nie glukose produseer wat die lewensprosesse in die plant ondersteun nie. As die plant nie sy eie lewensprosesse kan ondersteun nie, sal dit doodgaan. Die plant verloor ook sy ondersteuning van die water in die are wat as 'n "geraamte" moet dien.

  2. Ontwerp 'n plakkaat vir jou Graad 4-maats om die proses van fotosintese aan hulle te verduidelik. Jy kan sinne en kort paragrawe gebruik, maar maak seker dat jy van baie illustrasies gebruik maak.

In Graad 5 is daar gekyk na grond - veral die gronddeeltjies en watter tipes grond die beste is vir plantegroei. Dit sal egter waardevol wees om in hierdie afdeling klem te lê op grond en 'n bespreking te hê oor waaruit grond bestaan, naamlik organiese en anorganiese materiaal, water, lug, rots en sand. Waar moontlik kan voorbeelde van verskillende tipes grond na die klas gebring word (soos leemgrond, klei en seesand). Laat die leerders die grond aanraak, voel en verken waaruit grond bestaan.



Voedsel uit fotosintese


Fotosintese is die proses in plante, wat die energie van sonlig verander na 'n vorm van energie wat diere kan eet en gebruik om hulle eie prosesse uit te voer.

Plante verander glukose in stysel, byvoorbeeld mielies (mielies en mielieblom), rys (rysmeel en rys) en koring (meel).

Plante stoor hierdie voedsel in verskillende dele van die plant wat deur diere geëet kan word. Plante kan dit stoor in hul blare, stingels of wortels, blomme, vrugte of sade.


Kyk na die volgende voorstellings van verskillende plantprodukte. Identifiseer by elke voorstelling watter deel van die plant ons eet (bv.: Wanneer ons 'n appel eet, eet ons die stingel, die wortel, die vrug of die saad van die plant?) Gebruik die spasie hier onder om 'n tabel te trek van jou antwoorde.







Plant

Deel wat ons eet

Kool

Blom

Tamaties

Vrugte

Aartappels

Wortel

Broccoli

Blom

Seldery

Stingel

Wortels

Wortel

Sonneblomsade

Saad

Blaarslaai

Blaar

Suikerriet

Stingel

Haselneute

Saad

Mielies

Saad

Piesangs

Vrugte


Kool. http://www.flickr.com/photos/kewl/6471030841/
Tamaties.
Aartappels.
Broccoli. http://www.flickr.com/photos/aligraney/661789978/
Seldery
Wortels
Sonneblomsade
Blaarslaai
Suikerriet
Haselneute
Mielies
Piesangs

Ons weet dat plante glukose ('n suiker) maak, maar hulle stoor stysel. Kom ons vind uit wat die verskil is.

Verskil tussen 'n stysel en 'n suiker


BEREI VOORAF: Berei ten minste 10 verskillende soorte plantprodukte voor vir hierdie les en merk elke item van 1-10. Sny vrugte, aartappels en lekkers in byt-grootte blokkies. Plaas meel, gekookte rys ensovoorts in bakkies. Gebruik lepels om die meel, gekookte rys ens. te proe.

BELANGRIK: Voordat hierdie aktiwiteit gedoen word, moet die opvoeder eers seker maak of enige leerders allergies is vir hierdie kos en of leerders met suikersiekte toegelaat is om die vrugte of lekkers te proe of te eet.

MATERIALE:

  • mielieblom
  • meelblom
  • gekookte rys, aartappel, brood
  • glukoselekkers
  • suiker
  • suikerriet, indien moontlik
  • vars vrugte
  • blinddoek
  • klampbord

AANWYSINGS:

  1. Werk in groepe
  2. Een van die twee moet geblinddoek word.
  3. Lys die nommers op 'n stuk papier van 1-10.
  4. Die ander maat moet die geblinddoekte maat elk van die kosse, wat 1-10 gemerk is, laat proe. As dit 'n mel is, gebruik 'n teelepel om die meel in jou maat se mond te sit. As dit 'n kern is soos 'n ryskorrel of mieliepit, of 'n blokkie vrug, sit dit in die palm van sy/haar hand en laat hom/haar dit self eet.
  5. Na elke proeslag moet jou geblinddoekte maat op grond van die smaak, raai of dit 'n suiker of 'n stysel is.
  6. Teken jou maat se antwoorde aan op die stuk papier waarop die nommers 1-10 staan.
  7. Ruil om met jou maat en herhaal die toets.

Terwyl die leerders omruil met hul geblinddoekte maats, herrangskik die kos met die nommers om regverdig te wees. Die doel van die toets is nie om die presiese naam van die vrugte en kos vas te stel nie, maar om vas te stel dat smaak nie 'n geskikte metode is om te toets vir suiker of stysel nie. Gewoonlik is suikers soet en stysel nie, maar dit is nie altyd die geval nie.

VRAE:

Was dit maklik om elke keer te onderskei tussen die suiker en stysel? Watter kosse was vir jou moeilik om te klassifiseer?



Wat merk jy op oor die verskil tussen 'n stysel en suiker op grond van die smaak?



Suikers is soet, stysels is nie.


Om SMAAK te gebruik om te bepaal of voedsel 'n suiker of 'n stysel is, is nie baie betroubaar nie.

Daar is 'n spesifieke toets wat deur wetenskaplikes gebruik word om te bepaal of 'n sekere kossoort 'n stysel is of nie. Dit word die Jodium Stysel Toets genoem.

Jodiumoplossing is 'n spesiale oplossing wat gewoonlik 'n bruin vloeistof is.

Jodium is wat ons 'n indikator kan noem.

Wanneer jodiumoplossing op stysel gedrup word, kombineer die jodium en die stysel en vorm 'n blou kleur. Hierdie toets word gebruik om te bepaal of daar stysel in 'n sekere kosssort is.

Kom ons kyk hoe dit werk!

Die jodium stysel toets


Nota: Daar sal NIE geproe word in hierdie aktiwiteit nie.

MATERIALE:

  • jodium
  • dieselfde kos wat in die proetoets gebruik is (genommer 1-10)
  • sluit ook ander kossoorte soos kaas en 'n gekookte eier in.

AANWYSINGS:

  1. Skryf die kossoort of plantproduk wat jy kies in die eerste kolom hier onder.
  2. Jy gaan nou toets of hierdie kossoort 'n stysel is of nie. Wanneer die jodiumoplossing blou-swart van kleur raak, sal jy weet dat dit 'n stysel is.

Verduideliking van waarom stysel blou-swart raak wanneer jodium daarmee in aanraking kom: Stysel is saamgestel uit glukosepolimere. Lang liniêre kettings word amilose genoem. Amilose vorm 'n struktuur wat lyk soos 'n hol buis. Sekere molekules, insluitende jodium, kan binne-in hierdie buis vassit. Die samestelling van die jodium wat hier vassit, vorm die kenmerkende blou-swart kleur. Die stysel self word nie verander nie.BELANGRIK: Hierdie verduideliking is nie noodsaaklik vir die leerders nie, maar dit is nodig om te verduidelik dat die jodium met die stysel reageer om die blou-swart kleur te vorm.

  1. Gebruik 'n drupper om jodiumoplossing op elke voedselgroep te drup.
  2. Plaas 'n regmerkie langs elke voedselgroep wat blou-swart van kleur raak - dit is 'n stysel. Plaas 'n kruisie langs die voedselgroep wat bruin bly - hierdie is nie 'n stysel nie.

Name van Kossoort

Stysel of nie?

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

11

12

VRAE: VRAE:

  1. Watter toets is volgens jou die akkuraatste om te toets vir stysel - die proetoets of die jodium stysel toets?




  2. Het die diereprodukte soos die kaas en gekookte eier stysel bevat? Waarom dink jy so? ?



    Diere produseer of stoor nie stysel nie. Stysel word slegs in plantprodukte gestoor.

Diere stoor wel koolhidrate, maar nie in die vorm van stysel nie. Diere stoor glukose in die vorm van glikogeen.



Plante en lug


All animals and plants need oxygen to live and carry out their life processes.

Gedurende die dag en nag neem diere suurstof in en asem koolstof dioksied uit. Die suurstof stel energie van die voedsel in die liggaam vry vir die lewensprosesse.


Kan jy onthou wat die sewe lewensprosesse van alle lewende dinge is? Skryf hulle hieronder neer.



Beweging, voortplanting, sintuiglikheid, voeding, uitskeiding, asemhaling, groei.


Net soos enige ander lewende wese, gebruik plante suurstof gedurende die dag en nag. Die plante gebruik suurstof om te groei sowel as vir die ontwikkeling van byvoorbeeld nuwe plante, sade, blare en lote. Daarom vervaardig hulle ook koolstof dioksied as 'n afvalproduk sodra die suurstof gebruik is.

Plante fotosinteer nie gedurende die nag nie omdat daar nie sonenergie beskikbaar is om dit te doen nie. Daarom benodig hulle slegs koolstof dioksied gedurende die dag vir fotosintese.

Hierdie siklus van suurstof vervaardiging en gebruik, en koolstof dioksied gebruik en vervaardiging, is baie belangrik vir lewe op Aarde.

Die suurstof en koolstof dioksied siklus.


AANWYSINGS:

  1. Bestudeer die volgende illustrasie noukeurig.
  2. Beantwoord die vrae wat volg.
Die suurstof en koolstof siklus.

VRAE:

Maak 'n lys van lewende organismes in hierdie prent wat beide suurstof en koolstof dioksied vervaardig.



Boom, riete, waterplante, struike en op die wal

Identifiseer drie lewende organismes in hierdie prent wat nie suurstof kan produseer nie.


Vis, duiker (bok), eekhoring, naaldekoker

Voorspel wat jy dink sal gebeur indien al hierdie diere uit hierdie habitat verwyder word.




Nie veel sal waarskynlik verander nie, aangesien die blare wat verrot steeds koolstof dioksied sal afgee vir die plante om te gebruik, sowel as die koolstof dioksied wat die plante self produseer.

Watter twee lewensprosesse is betrokke by die die koolstof dioksied/suurstof siklus?


Inaseming van suurstof en uitaseming van koolstof dioksied

Voltooi die siklus deur die ontbrekende inligting vir die twee pyle aan die linkerkant van die illustrasie in te vul. Benoem pyle 1 en 2.



  • Pyl 1: Plante vervaardig suurstof
  • Pyl 2: Diere asem koolstof dioksied uit

Verduidelik waarom diere nie sal oorleef indien alle plante op Aarde skielik sou uitsterf nie.




  • Diere benodig suurstof vir hulle selle om te funksioneer en om die lewensprosesse uit te voer.
  • Indien diere nie suurstof het nie, kan hulle nie die lewensprosesse uitvoer en sal hulle sterf.
  • Plante vervaardig ook voedsel van die son wat diere nodig het om te eet vir energie sodat hulle die lewensprosesse kan uitvoer.

Hoekom sê ons dat suurstof en koolstof dioksied 'n siklus vorm?



Vir die voortbestaan van lewe op Aarde moet daar 'n onuitputbare voorraad suurstof en koolstof dioksied wees. Dit kom in 'n siklus voor om te verseker dat gelyke hoeveelhede van beide geproduseer word.



  • Plante vervaardig hulle eie voedsel (glukose) deur 'n proses bekend as fotosintese.
  • Fotosintese vind hoofsaaklik in die blare plaas.
  • Gedurende fotosintese gebruik die plant chlorofil, sonlig energie, koolstof dioksied (van die atmosfeer) en water om glukose te maak.
  • Plante verander sommige van die glukose (suiker) na stysel wat in die blare, stamme en wortels, blomme, vrugte en sade geberg word.
  • Diere neem suurstof uit die lug uit in en vervaardig koolstof dioksied wanneer hulle asemhaal.
  • Plante herwin koolstof dioksied en vervaardig suurstof tydens die fotosintese proses.


Lys die vier goed wat lewensbelangrik is vir plante en fotosintese.



Sonlig energie, water, koolstof dioksied, chlorofil.

Gebruik woorde van die woordboks om die volgende sinne te voltooi. Skryf die sinne volledig uit.

Woordboks:

  • organiese en anorganiese materiaal
  • fotosintese
  • water
  • lug
  • wortels
  • sand en rotse
  1. Die proses waardeur die groen dele van 'n plant voedsel vervaardig word __________ genoem.

  1. Water en minerale word deur die _____ van plante opgeneem.

  1. Grond is saamgestel uit _____, _____, _____, _____.




  1. Die proses waardeur die groen dele van plante voedsel vervaardig word Fotosintese genoem.
  2. Water en minerale word deur die wortels van plante geabsorbeer.
  3. Grond is saamgestel uit organiese en anorganiese materiaal, water, lugsand en rotse.

Die saailinge wat in die koerantpapier of watte geplant is, het glad nie baie goed gegroei nie, alhoewel hulle sonlig en water gehad het. Wat kon hulle nie uit die koerantpapier of watte kry wat plante normaalweg uit die grond kry nie?



Voedingstowwe en minerale

Waar vind fotosintese gewoonlik plaas? Verduidelik jou antwoord.




Fotosintese vind gewoonlik in die blare plaas. die blare is groen omdat dit chlorofil bevat. Die blare word aan die meeste son blootgestel wat die proses van fotosintese stuur.

Dink jy fotosintese vind snags plaas? Verduidelik jou antwoord.



Nee, dit sal nie plaasvind nie. Snags is daar nie sonlig energie om die proses van fotosintese te stuur nie.

Wat word die suiker wat plante gedurende die proses van fotosintese produseer, genoem?


Glukose

As wat stoor plante die glukose? Lys sommige van die plekke waar dit gestoor word.



Stysel. Gestoor in blare, stamme, wortels, blomme, sade, vrugte.