Stelsels wat die maan en mars verken


Hoe om hierdie onderwerp in te lei

Dit is strategies 'n goeie skuif om 'n tegnologie projek oor stelsels wat die maan en mars verken hier te plaas: indien die projek eers in die laaste 2 weke van die jaar voltooi word, sal leerders heel waarskynlik nie regtig ervaar hoe 'n tegnologie projek aangepak word nie. Hul sal dalk op hulle eie tyd, waarskynlik tuis, 'n voorwerp met wiele bou en dit is nie tegnologie nie.

Die opvoedkundige waarde in tegnologie is vasgevang in ondersoeke, denkprosesse en ontwerpe wat leerders moet doen. Tegnologie het dit ten doel om leerders meer vaardig te maak. Vaardigheid is die kind se vermoeë om dink in doen en voltooi te verander. Wanneer leerders nuwe wetenskaplike kennis opdoen het leer 'n doel: hierdie kennis moet gebruik word om goeie ontwerpe te ontwikkel. wanneer 'n leerder 'n goeie produk vervaardig moet hy of sy aan jou alle redes vir die ontwerp kan verduidelik ( selfs al kon hulle dit nie maak op die manier waarop hulle graag sou wou nie.)

Dus vind daar baie belangrike leer plaas in 'n tegnologie projek en jy moet leerders deur al die stadiums begelei. Dit is waarom tegnologie projekte nie eers in die laaste weke van die jaar gedoen moet word nie.

Indien jy as tegnologie opvoeder opgelei is, sal jy die NKV-patroon vir tegnologie projekte herken. Onthou jy oovek? jy kan leerders hieraan herinner.

"o staan vir ondersoek die probleem wat sommige mense het, ondersoek bestaande produkte, en ondersoe idees en vaardighede wat jy nodig sal hê om die probleem op te los.

die tweede O staan vir Ontwerp wat beteken jy gebruik dit wat jy uit ondersoeke geleer het om aan goeie maniere te dink om die probleem op te los.

v staan vir vervaardig - wanneer jy 'n model maak, gebruik jy materiale en gereedskap om die model mooi te laat lyk, en jy wys jou opvoeder wat jy in jou ondersoek geleer het. (let op dat meeste kindersmet hulle hande ontwerp en nie net met potlood en papier nie. Terwyl hulle met materiale werk, kry hulle meer idees en hulle ontwerpe verbeter, so dit is te wagte dat hulle sal afwissel tussen ontwerpe en vervaardiging. Dit is in wese dieselfde stadium in die ontwikkeling van 'n projek.)

e staan vir evlaueer - nadat jy jou model gemaak het wat die probleem oplos, moet jy jouself afvra of dit sal werk. Is dit wat mense wil hê? kan daarop verbeter word?

k staan vir komminikasie. Jy moet ander mense kan wys hoe jy op die oplossing van jou probleem besluit het. Jy moet jou idees kan neerskryf en teken. (die leerders behoort die heeltyd tydens die projek te teken en te skryf. Moenie al die skryfwerk vir laaste los nie, aangesien leerders dit vervelig vind op hierdie stadium. Wanneer hulle nuwe idees kry, geniet hulle dit om dit neer te skryf, aangesien hulle oor hulle eie idees skryf. Dt is 'n groot sterkpunt van tegnologie in 'n skool. 'n tegnologieprojek gee leerders goeie rde om te leer en skryf, wat baie belangrik is. Ons kan die geletterdheid probleem deur die vakke natuurwetenskappe en tegnologie aanspreek.)

  • hoe maak ons 'n voertuig wat op die maan of mars beweeg?
  • Hoe versamel ons inligting oor die klippe op die oppervlak?
  • Wat wil wetenskaplikes weet oor die maan en mars?

Voertuie wat op mars gebruik word.


Geen mens was al ooit op mars nie, maar wetenskaplikes weet al baie oor die oppervlakte van mars. Jy het in die eerste hoofstuk oor die planeet geleer. Kennis oor mars is bekom deur voertuie te gebruik wat maantuie of rovers genoem word wat inligting aarde toe gestuur het. Laat ons na van hierdie verskillende maantuie kyk en uitvind hoe dit werk.

Die "pathfinder" maantuig


In 1997 het die padvinding maantuig op mars geland. Daar was 'n kleiner tuig or rover in die binnekant; die padvinder het oopgegaan en die kleiner rover het uitgekom en foto's van mars geneem. Kyk na die prentjie hieronder. Die fotos is nie baie duidelik nie, maar onthou dat dit met 'n robot kamera geneem is en dat daardie kamera die beelde deur middel van radio seine terug aarde toe gestuur het.

Hierdie is die maantuig wat in die "Pathfinder" ruimtetuig vervoer is. Daar binne is instrumente wat bepaal waarvan gesteentes gemaak is.

Die bestuurder van die maantuig was op die aarde, miljoene kilometers weg van die tuig en het radio seinde gebruik om die maantuig te bestuur.

Die Pathfinder maantuig gebruik elektriese motors om te beweeg. Die elektrisiteit vir die motor is afkomstig van foto-voltaïese (son) panele op die boonste oppervlak. Sonpanele gebruik die energie van sonlig vir die elektriese motors. Soek die sonpanele in die foto. Die sonpanele waaroor jy in Energie en Verandering verlede kwartaal geleer het is ook foto-voltaïse panele.


Die maantuig was ongeveer 630 mm lank en 480 mm breed. Verbeel jou jy kyk van bo af na die maantuig Gebruik 'n liniaa en teken 'n reghoek met hierdie afmetings op 'n karton. Teken dan die wiele wat jy kan sien.

Laat drie groepe elk 'n leerder verteenwoordiger kies om gelyktydig 'n tekening op die bord maak; die klas sal daarin belangstel om te sien wie dit die beste kan doen. 'n Goeie antwoord sal bestaan uit 'n reghoek met afmetings 630mm x 480 mm en dan ses klein reghoekies vir die wiele. Van bo af sal die wiele nie as sirkels vertoon nie - laat leerders dit bevestig deur na 'n blikkie skoenpolitoer of 'n snuifdosie te kyk.



Die maantuie wat Spirit en Opportunity genoem is.


Hierdie twee maantuie het in 2004 op Mars geland. Soos die Pathfinder het hulle ook sonpanele gebruik wat elektrisiteit uit sonlig gemaak het. In 2010, 6 jaar later, het die maantuig Spirit in die sand vasgeval. Kort daarna het dit opgehou om boodskappe terug aarde toe te stur.

Die maantuig genaamd Oppertunity werk nog, na 9 jaar op Mars! Dit het al meer as 35 kmver gery en het al duisende prentjies terug aarde toe gestuur.

Die Opportunity maantuig gaan stukkies rots afskraap en dit dan ontleed.

Die maantuig wat Curiosity genoem is


Hierdie maantuig is so groot soos 'n kleinerige motor en sal verder kan ry en baie meer inligting oor die oppervlak van Mars kan insamel. Wetenskaplikes wil weet of daar enige lewe op ander planete voorkom. Die maantuig sal soek vir tekens dat mikro

Die Mars maantuig wat Curiosity genoem is.

Die maantuig het video kameras wat vir die bestuurder daarvan op die Aarde wys vwat voor die tuig is, en dit het 'n lang arm met 'n skopgraaf wat monsters van die grond kan optel. Dit is ook met 'n laser toegerus wat gesteentes kan verhit tot dit in damp verander. Spesiale kameras beskou dan die damp om uit te vind uit watter stowwe die damp bestaan. Kan jy die kameras in die prentjie sien?


Dink jy dat daar dalk lewe op Mars kan wees? Wat het lewende organismes nodig om te kan lewe?



Water, iets wat ge


Die wiele van die Mars maantuig.


INSTRUKSIES:

  1. Kyk na die wiele van die drie Mars maantuie hieronder
  2. Beantwoord die vrae.
Die wiele van drie Mars maantuie

VRAE:

Ons weet dat wiele rond is. Waarom lyk hierdie wiele soos reghoeke?



Dit is omdat ons dit van voor af sien en nie van die kant af nie. Leerders moet kennis neem van voor-, kant en bo-aansigte vir tekeninge in Tegnologie.

Die deursnitte vir die drie wiele is onderskeidelik 13 cm, 30 cm en 45 cm. Teken drie sirkels op 'n karton of 'n papier om hierdie deursnitte aan te dui.

Leerders kan 'n stukkie tou as 'n kompas gebruik ; hulle maak 'n knoop aan die eenkant van die tou en bind 'n stukkie kryt by die halwe van die sirkel se deursnee. Byvoorbeeld, om 'n sirkel met 'n deursnit van 30 cm te teken moet die kryt 15 cm van die knoop af wees. Hulle hou dan die knoop op een pelk op die bord en beweg die kryt al rondom die knoop. Die tou hou die kryt 15 cm weg van die knoop af. Die knoop vorm die middelpunt van die sirkel, die lengte van die tou is die radius ( dit is 15 cm) en die streep wat die kryt trek is die omtrek van die sirkel. Die afstand van die een kant tot die ander kant van die sirkel, deur die middelpunt is die straal ( twee maal die radius)

Die wiele behoort aan die maantuie, Pathfinder, Oportunity en Curiosity. Pas die verskillende wiele by die maantuie. Skryf ner die letters A, B en C onder met die naam van die gepaste maantuig langsaan.



A: Pathfinder

B: Opportunity

C: Curiosity

Waarom het die wiele verskillende deursnitte?



Dit is omdat die maantuig karre groter en groter begin word het, en hulle dus groter wiele nodig het.

Waarom het die ontwerpers sulke breë bande gekies?



Omdat die oppervlakte van Mars baie sanderig is. 'n nou wiel, soos 'n fiets wiel, sal in die sand wegraak.

Gebruik jou liniaal en werk op die prentjie met die drie wiele. Meet die deursnit en breedte van elke wiel in die prentjie en skryf dit neer. Skryf die afmetings in hierdie tabel neer.

Deursnit van 'n wiel

Breedte van 'n wiel

Pathfinder

Opportunity

Curiosity

What is the pattern that you find? Write out the whole sentence The bigger the diameter, the _____


Hoe groter die deursnit, hoe breër is die wiel. Hulle kan die patroon in die prentjie sien, maar hulle moet ook die taal aanleer om hierdie patrone te kan beskryf. Hoe groter... hoe breër.





Voertuie wat op die maan gebruik word.


Die ruimtevaarders van die Apollo 11 missie het op die maan rondgeloop. Dit was die eerste keer. Vir die Apollo 15, 16 en 17 missies het hulle 'n maantuig gehad.

Kyk na die prent van die maantuig. Hierdie voertuig is sedert 1972 op die maan. 'n Ander ruimtetuig het hierdie foto in 2011 geneem. Jy sal meer omtrent hierdie tuig uitvind wanneer jy navorsing daaroor doen in Tegnologie.

Die ruimtevaarders van die Apollo 17 het hierdie voertuig op die maan bestuur.

Hieronder is 'n foto waar ruimtevaarders die maantuig op Aarde toets voor hulle dit op die maanoppervlak gebruik.

Ruimtevaarders toets 'n maantuig op Aarde.

Ontwerp en maak 'n voertuig om rotse op die maan te versamel


Onthou jy hoe jy, in die laaste kwartaak van Gr 4, saam met die Thunderbolt Kids oppad was maan toe? Nou is jy deel van die bemanning op die Apollo wetenskaplike missie.

Ons nader nou die maan!

Ondersoek die nodigheid vir 'n maantuig

Stel die toneel op vir 'n missie om maanrotse te versamel. Hierdie volg op die Gr 4 Tegnologie projek waar hulle 'n vuurpyl na die maan moes ontwerp en bou.

Jou missie is om rotse op die maan te versamel. Wetenskaplikes terug op Aarde wil dit bestudeer om uit te vind of dit dieselfde is as rotse op Aarde. Jy moet rotse van verskillende plekke op die maan versamel, dus mot jy in staat wees om rond te beweeg op die maan se oppervlakte.

In 1972 het wetenskaplikes werklik maan toe gegaan om rotse te versamel. In die prent sien jy 'n foto van een van die rotse wat die Apollo 16 teruggebring het Aarde toe.

'n Rots van die maan

Die son verhit die maan se oppervlakte tot by kookpunt. Jy sal dus 'n spesiale pak moet dra om jou te beskerm en om jou koel te hou. Hierdie pak sal dit moeilik maak om te loop en te werk.

Die maan het nie 'n atmosfeer nie. Jy sal dus suurstof in tenks (bottels)moet saamdra. Om al hierdie werk te doen, het jy 'n voertuig nodig waarmee jy op die maan kan rondbeweeg. Ons noem hierdie voertuig 'n maantuig.

Ruimtevaarders Ceman en Schmitt oefen om rots monsters op te tel voor die Apollo 17 maan missie.
Ruimtevaarder Schmitt versamel monsters op die maan.

Jou ontwerpopdrag

'n Ontwerpopdrag vir Tegnologie is 'n kort beskrywing van wat jy gaan maak, hoekom jy dit gaan maak en waarvoor jy dit gaan maak.

Vraag:

Skryf jou ontwerpopdrag in die spasie hieronder en gebruik die volgende frases:

  • "Ek gaan 'n ..... ontwerp en maak,"
  • "wat wetenskaplikes sal help om"
  • "die maan...."





Noudat jy jou ontwerpopdrag vir jou projek gespesifiseer het, moet ons verder ondersoek instel om 'n paar vrae te kan beantwoord voor ons met die ontwerp begin.


Bestudeer die maan se oppervlak

In Hoofstuk 3 het jy van die maan geleer. Die maantuig moet in staat wees om oor die maan se oppervlak te ry. Daarom is dit nodig om die man se oppervlak te bestudeer.


Skryf een feit oor die maan neer wat jy in gedagte sal moet hou wanneer jy jou maantuig ontwerp. Skryf 'n sin oor hoekom jy dink daardie feir is belangrik.





Byvoorbeeld, die maan is bedek met 'n laag stof (dus moet die wiele nie vassit nie). Die maan het kraters (dus moet die maantuig in en uit die krater kan kom). Daar is geen atmosfeer op die maan nie, dus sal 'n petrolenjin nie werk nie.



Bestudeer maniere waarop mense en toerusting vervoer kan word

Die maantuig het vier elektriese motors gehad; een in elke wiel. dit het nie 'n stuurwiel gehad nie, aangesien die drywer die motors in elke wiel kon aan en afskakel. Dit het die tuig gestuur. Dit het twee sitplekke met sitplekgordels gehad.

Ruimtevaarders het hierdie tuig op die maan gebruik gedurende die Apollo 17 missie.

Die deel wat soos 'n sambreel lyk, is 'n lugdraad wat radio boodskappe van Aarde af opgetel het. Kan jy dit in hierdie foto sien? Dit lyk nogal soos 'n satellietskottel wat mens op party huise sien vir televisieopvangs.


Hoe dink jy het die maantuig krag gekry om die motors in die wiele te laat werk?



Dit het batterye saamgedra om krag aan die motors te voorsien.

Die maantuig was van baie ligte materiaal gemaak. Hoekom was dit noodsaaklik dat die maantuig lig is?



Eerstens, moes 'n vuurpyl in staat wees om dit van die Aarde af te lig en maan toe te dra; tweedens, kon 'n ligte voertuig met kleiner batterye werk.

Hoekom het die wiele skerms oorgehad? Die skerms is die oranje goed oor die wiele.



Die wiele kan klein klippies opskiet wat skade kon veroorsaak.

Die wiele van die maantuig was redelik wyd. Wat sou gebeur as die wiele so smal soos 'n fietswiel was?



Jy sal in die sand vassit.

Hoekom het motors op Aarde kopligte?


Om snags die pad te kan sien.

Dink jy die maantuig het kopligte nodig?


Nee, die ruimtevaarders het in vol sonlig hewerk.



Bestudeer maniere waarop krag aan die maantuig verskaf kan word.

Jou maantuig het energie nodig om te kan beweeg. Kan jy onthou dat ons in Gr 5 gekyk het na Energie en Beweging toe ons Energie en Verandering gedoen het?

Hey, dit was meer as 'n jaar gelede wat ons Energie en Beweging gedoen het! Ek kan nie veel onthou nie, so kan ons asseblief ons geheue verfris?!

Natuurlik Sophie! Hierdie is ook nogal 'n moeilike onderwerp en jy sal meer hieroor leer in ander grade, so kom ons verfris 'n paar van die terme.

Wanneer jy 'n rek uitrek, gee jy dit gestoorde energie. Ons noem dit ook potensiële energie. Dit beteken dit het die potensiaal of vermoë om werk te verrig. Met ander woorde, in die toekoms kan die uitgerekte rek iets doen.

Die Pathfinder maantuig gebruik elektriese motors om te beweeg. Die elektrisiteit vir die motor is afkomstig van foto-voltaïese (son) panele op die boonste oppervlak. Sonpanele gebruik die energie van sonlig vir die elektriese motors. Soek die sonpanele in die foto. Die sonpanele waaroor jy in Energie en Verandering verlede kwartaal geleer het is ook foto-voltaïse panele.

Wanneer jy die uitgerekte rek los, beweeg dit. Dit is bewegings energie, ook bekend as kinetiese energie. Kineties beteken beweging. Die potensiële energie wat in die rek gestoor is, word omgesit in kenetiese energie sodra die rek vrygestel word en dit dan beweeg.

Kom ons pas hierdie kennis nou toe op ons maantuig. Jy kan iets potensiële energie gee deur dit van die grond af op te lig, want dit het dan die potensiaal om terug te van grond toe. Jy kan vir jou maantuig energie gee deur dit op te lig op 'n plank, soos jy in die prent kan sien.

'n Manier om jou maantuig energie te gee om te beweeg.

Wanneer jy die plank en die maantuig oplig, gee jou hand van jou energie aan die tuig. Dit het nou potensiële energie om te beweeg.


As jy die tuig loslaat, wat sal gebeur? Gebruik die woorde "kinetiese energie" in jou antwoord.



Die maantuig sal potensiële energie verloor en kinetiese energie verkry as dit teen die plant afbeweeg. Hierdie kan dalk vir sommige leerders moeilik wees om te antwoord indien hulle steeds nie hierdie onderwerpe verstaan nie. Antwoord die vraag moontlik as 'n klasbespreking.


Die plank is nuttig om jou model se wiele te toets. Maar die maantuig moet ook teen bulte kan opbeweeg, nie net af nie.

Die tweede manier waarop jy vir jou maantuig energie kan gee om te beweeg, is deur 'n elektriese motor en battery te gebruik. Kan jy onthou dat ons verlede kwartaal na elektriese stroombane gekyk het en dat 'n sel of battery die bron van krag vir die stroombaan was? Jy kan 'n elektriese motor en battery in jou maantuig installeer. Die potensiële energie in daardie stelsel is dan in die battery.

'n Battery is 'n bron van potensiële energie vir 'n elektriese motor. http://www.flickr.com/photos/razor512/2109796582/

'n Ander manier om jou tuig op die maan te laat beweeg, is om 'n vuurpeil te gebruik. Vuurpyle sal wel op die maan werk. Binne in die vuurpyl is daar gas wat teen al die kante druk. Van die gas druk teen die wande van die ballon en van die gas druk uit deur die ballon se opening.

Kyk na die vuurpyl aangedrewe motor in die prent. Die gas wat deur die ballon se opening druk, laat die hele motor vorentoe beweeg.

Die ballon werk soos 'n vuurpyl. Jy moet dit eers potensiële energie gee.

Die vuurpyl is op rollers. Kan jy vir hierdie motor wiele gee?

Die regte maantuie het batterye en elektriese motors in elke wiel gehad. Baie elektriese motors werk op dieselfde beginsel. Hierdie motors kan energie aan jou maantuig verskaf.


Bestudeer maniere waarop 'n struktuur met wiele gemaak kan word.

`Jou maantuig moet 'n struktuur hê waarop die wetenskaplikes kan sit en waarin hulle die rotse kan vervoer. Die wiele moet stewig aan die struktuur van die voertuig vas wees.

Ons het wiele en asse in Gr 5 in Energie en Verandering bestudeer. 'n Wiel pas op 'n as wat 'n soliede staaf is wat die wiele toelaat om te draai.


Benoem die wiele en die as in die volgende diagram.


Jy weet dat daar verskillende maniere is waarop wiele aan 'n as kan draai. Die een manier is om die as aan die struktuur vas te heg, en die wile toe te laat om vrylik om die as te draai. Op watter ander manier kan die wiele draai?

1) Wiele wat aan die as vasgeheg is.

Jy kan 'n plaastiek strooitjie of die leë omhulsel van 'n balpuntpen gebruik om 'n laer vir die as te maak. Die prent toon twee maniere waarop die laers aan die struktuur vasgemaak kan word. Die lear is die hol buis waardeur die as gaan. Die laer moet groter as die as wees sodat die as maklik kan draai.

Twee maniere waarop die laer aan die struktuur vasgeheg kan word.

Op watter twee maniere word die laer in die prent aan die struktuur vasgeheg?


Kleefband en gom

Watter materiale kan gebruik word om die as in die prent hierbo te maak?


Kleiner strooitjies, tappenne, sosatie stokkies, ens.


Jy kan ook plastiese plakkaat materiaal of sterk geriffelde karton gebruik om 'n struktuur met wiele te maak. Kan jy sien hoe die as deur die gate in die karton steek?

Die karton maak laers vir die asse wat aan die wiele vasgeheg is. Die asse draai in hierdie gate.

2) Wiele draai op die as

Die volgende prent beeld nog 'n manier uit waarop jy die wiele kan laat draai. Hierdie keer draai die as nie, net die wiele draai om die as. Die as is aan die houtstruktuur vasgeheg met kabelklampe. Kabelklampe heg telefoonkabels teen die muur. Kan jy die vergrote weergawe van 'n kabelklamp sien? Die klampe hou die as styf vas, dus moet die wiele vrylik kan draai.

Hoe die kabelklampe die as kan vashou.
'n Klamp waarmee telefoonkabels teen die muur geheg word.
Noudta ons klaar navorsing gedoen het, kom ons begin met die ontwerp!

Ontwerp en Maak


Jou maantuig mag anders as die Apollo tuie lyk.

Een van die ruimtevaarders bestuur 'n maantuig.

Die Apollo ingenieurs het ander maantuie ook ontwerp, maar aan die einde op hierdie otwerp besluit. Jou ontwerp sal anders as hulle ontwerp lyk.

Ontwerp en maak jou maantuig


SPESIFIKASIES ( hoe jou maantuig moet lyk):

  1. Jou maantuig moet ballonaangedrewe wees.
  2. Jou maantuig se wiele moet maklik kan draai en ten minste 2 meter ver kan ry.
  3. Jou maantuig moet twee sitplekke hê met 'n model van jouself as die maan verkenner.
  4. Dit moet twee klein klippies 2 meter ver kan dra. Die klippies verteenwoordig die rots monsters van die maan wat jy moet terugbring Aarde toe.

BEPERKINGS:

  1. Jy moet jou maantuig in die klas bou.

ONTWERP:

  1. Maak 'n skets van die maantuig jy kan maak in die spasie hieronder.
  2. Wys die sitplekke, met 'n ruimtevaarder in een van die sitplekke. Wys die plek waarin die maanrotse vervoer sal word.
  3. Voeg al die ander dele wat jou maantuig behoort te hê, by. Skryf etikette sodat almal kan sien wat die verskillende dele verteenwoordig.
  4. Los spasie onderaan die bladsy vir 'n tweede ontwerp. Sodra jy die maantuig begin bou, sal jy met beter idees vorendag kom. Dan kan jy nog 'n skets van jou ontwerp maak. Die twee sketse sal wys hoe jou idees verander het.











MATERIALE:

Items om vir die wiele te versamel:

Items om vir die asses te versamel:

Items wat jy vir wiele en asse kan gebruik.

Gereedskap en materiaal wat jy in die klas gaan nodig hê:

  • 'n tang om die draad mee te sny en buig
  • iets om gate mee te maak (klein en groot spykers) en 'n groot skêr om die karton mee te sny
  • 'n klein hamer om die spykers mee in te kap
  • some glue or make flour glue in class
  • balonne om die snuffeltuig te laat beweeg
  • Jy kan kryte of verf gebruik om jou snuffeltuig te versier. Onthou om die wetenskaplike wat die tuig bestuur ook in te kleur.

MAAK:

Kom ons maak 'n snuffeltuig. Hier onder is 'n paar wenke wat jou sal help om jou snuffeltuig te maak. Onthou dat jy nie van die begin af 'n perfekte ontwerp hoef te hê nie. Wanneer jy jou snuffeltuig begin maak, moet jy teruggaan en jou ontwerp aaanpas as jy goed kry wat werk en wat nie werk nie.

1) Hoe om die middel van 'n wiel te kry - 'n wiel is 'n sirkel

  • Party plastiekdeksels het 'n klein dimpel of knoppie om jou te wys waar die middel is.
  • As jou deksel of skyf nie 'n dimpel het nie, kan jy 'n liniaal gebruik om deursneelyne oor die middel te drek ('n dimpel is 'n klein duikie).
  • 'n Deursneelyn is die langste lyn wat jy oor die sirkel kan trek. Waar die deursneë kruis, kry jy die middel van die sirkel.
'n Wiel is 'n sirkel. Trek drie deursneë en merk die middel. In hierdie voorbeeld is die rooi kol die middel.

2) Hoe om die regte grootte gatjie in die middel te maak.

  • As jy wil hê die wiel moet roteer op die as sit, moet jy 'n gatjie maak wat effe groter as die deursnee van die as is.
  • As jy wil hê die wiel moet styf op die as sit, moet jy 'n gat maak wat effe kleiner as die deursnee van die as is. Wanneer jy die wiel in die as instoot sal dit die as vashou.

3) Hoe om te keer dat die wiele wikkel op hul asse.

  • As die as deur net een deel van die oppervlak van die deksel gaan, kan die volgende gebeur: die wiel sal wikkel. Jy moet die deksel nog 'n oppervlak gee. Gom dus twee deksels aanmekaar vas.
  • Trek andersins die vorm van die deksel op karton, merk 'n gaatjie waar die middel van die sirkel is en sny die karton uit. Sny die karton sodat die skyf styf in die deksel pas. Gom dan die karton in die deksel vas.
Jy kan die gewikkel van 'n wiel stop deur twee deksels saam te gom.

4) Vryf die wiel teen die bakwerk van die tuig?

  • Jy het 'n spasieerder op die as nodig, hou 'n spasie tusen die wiel en die bakwerk.
  • Jy kan 'n kraal met 'n groot gat gebruik, of jy kan twee plastiek wasser van gladde plastiek maak. Melkbottels werk baie goed vir hierdie soort wasser.
  • Gebruik 'n gaatjiesdrukker en maak netjies gaatjies in 'n deel van die melkbottelplastiek. Sny dan rondom die gaatjies om die wassers te maak.
Waar om 'n spasieerder of 'n wasser te gebruik.

5) Het die wiel van sy as afgekom.

  • Druk 'n stuk sagte pyp aan die punt van die as soos wat jy in die prentjie sien.
  • Of druk 'n stuk plat kartonbord bo-op die as en plak dit met gom vas.
Sagte plastiekpyp of gom sal keer dat die wiel van die as afkom.

6) Beweeg die rover nie in 'n reguitlyn nie?

  • Jou rover se asse moet parallel wees.
  • Dis asse in die prentjie is nie parallel nie. As jou as deur die bakwerk gaan, moet die as se gaatjies dieselfde afstand van mekaar wees aan die linker- en regterkant.
  • As jy 'n gaatjie op 'n ander plek moet maak, kan jy 'n klein stukkie karton met 'n gaatjie in oor die ou gaatjie plak.
Dis asse is nie parallel nie so die rover sal nie reguit loop nie.

Toets jou rover en laat dit so goed as moontlik beweegg. Gaan terug en teken jou verbeterde ontwrp. Teken die rover wat jy gemaak het en skryf byskrifte om te verduidelik wat elke deel doen. Jy kan byvoorbeeld skryf: " Die stuk strooitjie keer dat die wiel teen die bakwerk skuur.

EVALUEER

Op hierdie stadium van die tegnologieprojek kan jy stop en vir jouself vra: "Het ons 'n goeie projek gedoen? Het ons iets gemaak wat die probleem sal oplos?"

Maak spasie in die klas om die klas se Maanrovers te toets. Wys jou groep se maanrover. Wys hoe dit op sy eie kan beweeg en hoe dit teen 'n styl plank afrol.

Bespreek hierdie vrae vir elke rover in die klas.

  1. Wat was die spesifikasies vir die maanrover?
  2. Het die rover 'n model van 'n ruimtevaarder wat op dit sit?
  3. Kan jou rover klein maanklippies terug na die maanlander vervoer?
  4. Het jou rover êrens 'n skarnier?
  5. Draai die wiele maklik?
  6. Kan jou maanrover verder as 2 meter beweeg?
  7. Wie se rover rol die verste?
  8. Rol dit in 'n reguitlyn of met 'n boog?
  9. Moes jy die bakwerk van jou rover sterker maak? WAt moes jy sterker mak?
  10. As jy regtig maan toe moes gaan, wat sou jy 'n regte rover nodig gehad het?
  11. Skryf neer hoe ver elke groep se rover kan beweeg as dit teen die plank afrol. Jy moet 'n staafgrafiek trek om die data (die inligting) te verteenwoordig. Jou onderwyser sal jou help om te begin en jy kan dit dan self klaar maak.









Neem die leerders stap-vir-stap deur die proses van 'n staafgrafiek teken. Verduidelik waarom 'n staafgrafiek en nie 'n lyngrafiek gebruik word. 'n Lyngrafiek word gebruik wanneer daar net een veranderlike teen 'n stel bekende waardes gemeet word. As leerders byvoorbeeld, soos in die geval, een rover gebruik en toets hoe ver dit beweeg as hulle verander die hoek van die plank, sal 'n lyngrafiek gebruik kan word. Jy kan dit as 'n uitbreiding van die aktiwiteit doen en die verskil tussen die grafieke wys.

'n Staafgrafiek word weer gebruik wanneer daar twee of meer goed gemeet of getel word. In hierdie geval word al die rovers gemeet. Hulle is nie verwant aanmkeaar nie, so jy kan nie 'n lyngrafiek met die punte trek nie. 'n Staafgrafiek word eerder gebruik om die afmetings van elke voorwerp te vergelyk.

Die voorwerpe wat gemeet word moet op die horisontale x-as (die onafhanklike veranderlike) gaan en die afstand wat dit beweeg moet op die vertikale y-as (afhanklike veranderlike) gaan. Jy kan vir elke groep 'n nommer gee om op die x-as te stip of hulle toelaat om hul eie name vir hul rovers uit te dink.

Teken al die resultate in 'n tabel op die bord op met die naam van die groep/of hulle nommer in die eerste kolom en die afstand wat dit beweeg het in die tweede kolom. Jy kan dan die asse van die grafiek langs die tabel trek sodat jou leerders kan sien dat die inligting uit die tabel nou as 'n grafiek voorgestel word. Dit is egter nog steeds dieselfde inligting. Jy kan die staafgrafiek vir die eerste groep teken en dan die hele klas die res van die grafiek laat teken. Maak seker dat jy in die klas rondbeweeg terwyl jou leerders dit voltooi.

Alhoewel leerder nie die konsepte afhanklike en onafhanklike veranderlikes hoef te ken nie, moet hulle die verskillende soorte grafiek begin leer aangesien hulle gewoonlik in later grade daarmee sukkel..

Na julle almal se rovers as 'n klas getoets en geevalueer het, moet jy die volgende spasie gebruik om 'n evaluering van jou eie rover te skryf. Onthou om die vrae hier bo te antwoord wanneer jy evalueer hoe suksesvol jou rover is.


















Hier onder is 'n opsomming van sommige van die goed wat ons geleer het toe ons die projek gedoen het.

  1. Asse moet parallel wees vir die karretjie om reguit te beweeg.
  2. Asse kan vas wees en die wiele kan vrylik draai of die as kan draai met die wiele wat daaraan vasgegom is.
  3. Asse kan in 'n laer draai. Laers laat asse vrylik draai.
  4. 'n Karretjie moet een of ander energiebron hê. die bron kan 'n handvatsel wees wat die karretjie na die bokant van 'n skuinste lig, of 'n gewig wat val of rekkies, of 'n opgeblaaste ballon.
  • Wetenskaplikes stuur tuie om die oppervlak van die maan en ander planete te verken.
  • Hierdie tuie het radios wat inligting terugstuur aan die wetenskaplikes op die aarde.
  • Die tuie het spesiale wiele nodig om oor die sand en klippe te beweeg.
  • Mense was al op die maan, maar niemand was nog op Mars nie.
  • Slegs tuie (robotte) wat deur mense op die aarde bestuur word, is al gestuur om Mars te verken.


Skryf drie name van tuie wat op Mars gebruik is om die oppervlak te verken.

Pathfinder, Opportunity, Curiosity, Spirit

Watter een van die tuie het die mees onlangs op Mars geland?

Curiosity

Waarom het mense maanrovers nodig wanneer hulle die oppervlak verken?

Hulle kan dan groter afstande dek. Hulle gebruik dit ook om rotsmonsters wat hulle versamel terug na die ruimtetuig te vervoer.

Wat is die grootste verksil tussen die tuie wat op die maan gebruik word en die wat Mars se oppervlak verken? Wenk: Dit het te doen met of mense al die maan of Mars besoek het.

Rovers wat op die maan gebruik word, word deur mense bestuur wat fisies op die rover sit. Mense was nog nooit op Mars nie, dus word hierdie tuie deur mense op die aarde bestuur.

Wat noem mens die naam van die soliede staaf wat twee wiele verbind?

'n As.

Verduidelik hoe jy sal seker maak dat jou maanrover reguit beweeg en dat die wiele nie afval nie.

Antwoorde hang van leerders af.

Waarom dink jy stel die mensdom so belang om ander planete en voorwerpe in ons sonnestelsel te verken?

Antwoord hang van leerders af. (Dit kan insluit om tekens van ander vorme van lewe te soek, te soek wat die aarde uniek maak, gewone wetenskaplike belangstelling ens.)