Planeet Aarde


  • Hoekom lyk dit asof die Son deur die lug beweeg?
  • Hoe lank neem dit vir die Aarde om rondom die Son te beweeg?
  • Hoe lank vat dit vir die Aarde om een keer om sy eie as te roteer?

Hoe om hierdie onderwerp bekend te stel

Herinner hulle aan die lesse in die laaste kwartaal van Graad 4, toe hulle van die Aarde, Son, Maan en planete geleer het. Gebruik Figuur 1 om hulle te laat dink wat is op die oppervlakte van die Aarde en onder die oppervlakte van die Aarde.

Begin "Aktiwiteit: Begin om grond te maak. (maak kompos), in die eerste week van die kwartaal, aangesien die kompos tyd nodig het om af te breek. Jy benodig kompos uit die hoop gedurende week 3 of week 4.

Jy benodig 'n aardbol in die klaskamer en atlasse wat Suid-Afrika op 'n groot genoeg skaal aandui sodat die name van stede daarop aangedui word. Die kognitiewe ontwikkelling is dat die leerlinge die vaardigheid moet aanleer om verstandelik te beweeg van die fisiese plek waar hulle op die planeet is na 'n ander plek op die planeet en dit beteken dat hulle in staat moet wees om modelle van die plekke in die vorm van bolle en kaarte te hanteer. Lees ook deur al die "Wat jy benodig" gedeeltes vandag, omdat sommige van die dinge 'n ruk neem om bymekaar te maak. Leerlinge kan ook help om van die items wat jy benodig bymekaar te maak.

Die Aarde beweeg


In Graad 4 leer ons dat die Aarde op twee maniere beweeg. Die Aarde wentel om die Son en wentel ook om sy eie as. Kom ons hersien hierdie konsepte weer.

Die Aarde draai, en daarom het ons dag en nag

In Graad 4 het jy geleer dat die aarde om sy eie eie as roteer. Maar wat beteken dit? Verbeel jou 'n lemoen met 'n potlood deur dit gesteek. Kyk na die prent. As jy die potlood tussen jou vingers hou, kan jy die lemoen in die rondte laat tol. Die potlood is die as van die lemoen.

Die Aarde het nie werklik 'n potlood deur dit nie, maar dit roteer in die rondte. Ons kan ons verbeel dat daar 'n baie groot potlood deur die middel van die Aarde is.

Die Aarde is soos 'n lemoen en die potlood is soos die as. Die gebuigde pyle wys in watter rigting die Aarde roteer.

Ons is op die Aarde. Kom ons verbeel ons dat ons op die punt is waar jy die rooi "X" op die lemoen sien:

Gebruik die lemoen en doen dit as 'n demonstrasie. Jy kan 'n spieel of 'n groot vel wit papier opstel buite die klaskamer om die Son in die klaskamer te laat skyn.

  • Die Son skyn op die aarde en dus sien ons op X, die Son. Ons noem dit dag.
  • Maar die aarde hou nie op roteer nie. So ons, op X, beweeg rond in die skadu gedeelte van die Aarde. Dan kan ons nie meer die Son langer sien nie en is dit nag vir ons X.
  • Die Aarde roteer om sy eie as in 24 uur, so dit sal vir ons 24 ure neem om op dieselfde posisie te kom wat jy in die prent sien.
  • Ons noem 24 uur 'n dag. Wanneer ons praat van "'n dag" bedoel ons eintlik dag-en-nag; saam duur dit 24 uur.

As ons op die posisie is X, Beweeg ons verby die Son. Maar vir ons lyk dit asof die Son beweeg. Dit lyk asof die Son van Oos na Wes beweeg. Dit kom in die Ooste op (= kom op)beweeg deur die lug by etenstyd en beweeg na die Weste waar dit sak.(= sak).

Die Aarde het 'n as vanaf die Noordpool tot by die Suidpool

wie het daglig?


Wat benodig jy

  • Die klaskamer aardbol van die Aarde
  • die foto's van die Aarde onder die oppervlakte
Dit is 'n klaskamer aardbol. 'n Aardbol is 'n model van die Aarde.

INSTRUKSIES:

  1. Daar is twee beelde van die Aarde.
  2. Kyk versigtig na die foto's en gebruik hulle en die aardbol om die vrae te beantwoord.
Prent A.
Prent B.

VRAE:

Prent A

  1. Jy is in Suid-Afrika. Vind Suid-Afrika op die aardbol.
  2. Vind Suid-Africa in Prent A.
  3. Was dit gedurende die dag in Suid-Afrika wat die ruimtetuig die foto geneem het?


    Ja, die Son het oor Suid-Afrika geskyn.

  4. Was dit dag in Saudi Arabia? Wenk: Jy gebruik jou aardbol om Saudi Arabie te soek en vind dit in Prent A om te sien of dit dag of nag is.

    Ja, daar is sonskyn oor Saudi Arabie

  5. Was dit gedurende die dag in Argentina toe die foto geneem is? Gebruik die aardbol om jou te help om uit te vind waas Argentinie is. Verduidelik jou antwoord.



    Nee, dit was nag in Argentinie op die foto. Argentinie is in die donker kant van die Aarde en daar is ligte wat wys.

  6. Die bopunt van Brasilie is in die Son op Prent A. Is dit oggend of aand in Brasilie? Hoekom?



    Dit is oggend, aangesien Argentinie beweeg Oos en na 'n gedeelte van die Aarde wat in die lig is.

Prent B

Kyk na prent B. Watter gedeelte van die Aarde is in die prent gewys?


Europa en die bo-punt van Afrika.

Kan jy die ligte sien in Italie? Wanneer dit donker is in Italie, is dit steeds lig in Spanje?


Ja

Is dit laat in die middag of oggend in Spanje in Prent B?


Dit is laat die aand.


Noudat ons gekyk het na sommige foto's van die Aarde soos dit verander van dag na nag soos die Aarde roteer, kom ons maak 'n model van die Aarde in ons kop om dit te verduidelik.

Jou kop kan 'n model van die Aarde wees


MATERIALE:

  • Jouself
  • sonlig kom van een kant

INSTRUKSIES:

  1. Die model sal jou help om te verstaan hoekom ons sien dat die Son deur die lug beweeg. Doen dit vroeg in die oggend wanneer die Son steeds laag sit.
  2. Ons se dat jou neus is Afrika. Jy is op Afrika. Kyk na die prent hier onder.
Gebruik jou kop as 'n model van die Aarde.

Onderwysers nota: Hulle moet hul hele liggaam beweeg en nie net hul koppe nie.

  1. Staan nou so dat die skerp lig van die Son oor jou regterwang skyn.
  2. Draai stadig na jou links. Draai jou oe na die helder plek waar die Son is. Jy sal sien dat die Son na jou regterkant beweeg terwyl jy na die linkerkant beweeg.
  3. Beweeg jou voet en draai verder; jy sal sien die Son "gaan onder" oor jou regter wang.
  4. Wanneer jy jou rug na die Son gedraai het, kan jy nie die helder lig enigsins sien nie. Dit is soos nag tyd in Afrika.
  5. Draai verder na jou linkerkant en jy sal die Son sien "opkom" oor jou linkerwang. Dit is soos sonopkoms en sononder in Afrika.

VRAE:

Watter van jou wange is soos die weste? Dit is waar die Son lyk of hy onder gaan.


Die leerling se regterwang; dit is waar sy die Son sien ondergaan het.

Watter wang is soos die ooste waar die Son opkom?


Hulle linker wange is soos die ooste. Jy kan 'n "E" op hulle wange om hulle te herinner



Ons sien die Son skyn en beweeg deur die lug elke dag. Die Son beweeg nie werklik nie, dit lyk net of hy beweeg. Die Aarde roteer om en om en ons beweeg om saam met die Aarde. Die Aarde neem 24 uur om een volle rotasie te voltooi.

Kan jy sien hoe die lig van die son slegs een helfte van die Aarde bereik soos dit roteer?

Die Aarde beweeg in 'n wentelbaan om die Son

Die Aarde beweeg om die Son. Die Aarde beweeg om die Son terwyl dit roteer. Dit roteer 365 keer terwyl dit een wentelbaan om die Son voltooi. Dit wil se 365 dae gaan verby en ons noem dit 'n jaar.

Die Aarde word 'n planeet genoem. Daar is 7 ander planete wat ook om die Son beweeg. Jy kan een van die ander planete soms vroeg oggende of saans sien. Hierdie planeet word genoem Venus of iKhwezi of Naledi ya Masa. Dit is nie 'n ster.

Jy kan die planeet Venus net na sonsondergang of net voor sonsopkoms onder die maan sien.

Venus beweeg ook rondom die son, maar sy wentelbaan is 'n kleiner sirkel as wat die Aarde s'n is. Venus neem 225 Aard dae om een keer om die Son te beweeg.

Die dae wat hier na verwys word is Aarde dae; Venus het sy eie daglengte, maar dit is baie langer as 'n Aarde dag.

Mars is 'n ander planeet wat jy sommige nagte kan sien. Mars lyk soos 'n klein oranje kol in die lug. Dit neem Mars 687 Aarde dae om een keer om die Son te beweeg.

Jy kan ook Mercurius, Jupiter en Saturnus in die lug sien, maar hulle is moeiliker om te sien as Venus en Mars. Al die planete lyk asof dit saam dieselfde pad as die Son en die Maan beweeg.

Die planete beweeg in wentelbane om die Son. Die wentelbane is op dieselfde vlak asof dit op 'n groot plat plaat le.

Verduidelik aan leerlinge deur na die prent hierbo te verwys dat al die planete op dieselfde vlak le - asof hulle almal op 'n bord le. Dit beteken 'n plat oppervlakte soos die blad van jou tafel of 'n groot plat bord. Maak ook seker dat hulle die volgende konsep van die diagram verstaan dat dit nie volgens skaal geteken is nie - die wentelbane van die 4 buitenste planete is baie groter as wat hier aangetoon word, maar dit is moeilik om 'n skaalvoorstelling te maak in 'n tekening in 'n boek, aangesien die buitenste ringe nie op die bladsy gaan pas nie.

Die wentelbane van die buiteplanete is in werklikheid baie groter as wat dit voorgestel is in die figuur. Maar as ons sou probeer om die wentelbane op skaal voor te stel, sou dit definitief nie op die bladsy ingepas het nie!

My model van die Sonnestelsel is nie op skaal. As ons een op skaal wil voorstel, sal ons werklik 'n groot area benodig.

In die figuur van Sophie, moet haar model van die Sonnestelsel al die planete op dieselfde vlak he om reg te wees. Miskien moet jy vir jou leerlinge vra wat Sophie moet doen om die model reg te maak as hulle haar model met die vorige diagram van die Sonnestelsel vergelyk. Sy kan die ringe so roteer dat dit almal op dieselfde vlak le.

Kom ons maak 'n skaalmodel van die Sonnestelsel deur ons liggame te gebruik om te verstaan wat dit beteken om rondom die son te wentel!

'n Skaalmodel van die Sonnestelsel


Die aktiwiteit is handig om leerlinge te help om die struktuur en skaal van die Sonnestelsel te verstaan, meer spesifiek hoe ver die planete vanaf die son is. Die aktiwiteit benodig 'n groot oop spasie soos 'n skoolveld. Die model gebruik 9 leerders op 'n keer, so ruil die leerlinge sodat elkeen 'n kans kry om een van die hemelse liggame te wees. Die onderwyser kan die son in die middel wees en die leerlinge kan in 8 groepe gedeel word. Elke groep kry 'n planeet. Die onderwyser moet kennis neem dat as elk leerling/planeet rondom die Son beweeg, hy/sy ook moet roteer! Dit is selfs moeiliker om dit reg te kry, maar laat die leerlinge probeer om dit te doen.

MATERIALE:

  • 100m swaar tou
  • 9 stukke dik karton
  • skere
  • permanent merker

INSTRUKSIES:

  1. Leerders word in 8 groepe gedeel en elke groep kry 'n planeet.
  2. Elke groep moet 'n stuk tou gebruik wat die afstand wat die planeet vanaf die Son voorstel deur die lengtes te gebruik wat in die tabel hier onder aangedui word. Die werklike afstand van die planete vanaf die son word aangeduik in kilometers (km) en die lengte van die tou in meters(m). 1 kilometer is 1000 meters.

Planeet

Werklike afstand van die Son (km)

Lengte van die tou (m)

Mercurius

58

0.4

Venus

108

0.7

Aarde

150

1.0

Mars

228

1.5

Jupiter

779

5.2

Saturnus

1434

9.6

Uranus

2873

19.2

Neptunus

4495

30.0

  1. Elke groep moet 'n sirkel uit karton sny en die naam van hulle planeet en die werklike afstand vanaf die son daarop skryf
  2. Maak 'n gat aan die een kant van die karton en bind die lengter van tou daaraan vas.
  3. Nou is dit tyd om buitentoe te gaan na 'n groot oop spasie, soos 'n skoolveld!
  4. Jou onderwyser sal die son in die middelpunt wees. Sy beweeg nie, aangesien die son nie beweeg nie.
  5. Een lid van die groep moet die punt van die tou aan die "Son" gee en dan die tou uitstrek tot aan die punt.
  6. Doen dit een vir een vanaf Mercurius tot by Neptinus. Julle hoef nie 'n reguit lyn te wees nie, maar kan in verskillende posisies rondom die "Son" wees.
  7. Plaas die toue op die grond, almal uitgestrek in verskillende rigtings.
  8. Loop rond sodat jy die skaalmodel van die Sonnestelsel kan sien.

Verduidelik aan die leerlinge dat op hierdie skaal, die naaste ster (anders as die Son), so ongeveer 2748 km weg is!

  1. Nou kom die moeilike deel - om die planete om die son te laat wentel.
  2. Kies een leerling van elke groep om die planeet te wees.
  3. Hy/sy moet die planeet optel en in 'n sirkel om die onderwyser loop, almal in dieselfde rigting. Probeer om teen dieselfde spoed te loop.

Hou al die toue in een hand bokant jou kop sodat jy soos 'n "maypole" en die leerlinge sal rondom jou beweeg.

  1. Ruil met ander leerlinge in jou groep sodat elkeen 'n beurt kry om om die Son te wentel.

Maak 'n punt daarvan om aan die leerlinge die tyd uit te wys wat elke leerling om die son beweeg. Wanneer Neptinus 'n omwenteling voltooi het, sal Mercurius baie meer voltooi het, aangesien dit soveel nader aan die son is. Verwys na die groot afstand tussen Mars en Jupiter - die spasie tussen die binne- en buiteplanete. Noem ook aan die leerlinge dat daar in werklikheid 'n ring van asteroiedes (groot rotse) in die spasie is wat ook om die son wentel in die spasie.



  • Die Aarde spin om sy eie as. Dit is die rede hoekom ons dag en nag het.
  • Die Aarde beweeg ook deur die Ruimte, rondom die Son.
  • Die Aarde se pad deur die Ruimte rondom die Son, word 'n wentelbaan genoem.


Hoeveel ure is daar in 'n dag?


24 uur

Hoeveel ure is verby van die sonsopkoms na die volgende sonsopkoms?


24 uur

Hoeveel dae het verby gegaan vanaf jou 10 de verjaardag tot jou 11 de verjaardag?


365 dae.

Onderwysers nota: Die antwoord is in werklikheid 365.25 dae. Wanneer 'n dag gedefinieer word in terme van die wenteling van die Aarde sal die leerlinge die kwart van 'n dag ook begryp en dus die ekstra dag gedurende skrikkeljaar. "365 dae" maak dinge slegs op die korttermyn beheerbaar.

Hoeveel keer moet die Aarde om sy eie as wentel tussen jou verjaarsdae?


365 keer

Watter planete het kleiner wentelbane as die Aarde?



Mercurius en Venus.

Skryf die hele paragraaf uit en voltooi dit. Gebruik sommige van die woorde in die woordboks.

Woordboks. Gebruik van die woorde om die sinne te voltooi. Dit is nie nodig dat jy al die woorde gebruik nie.

  • Die wentelbaan van Mars
  • die Wentelbaan van die Aarde
  • 687 Aarde dae
  • 365 dae
  • Son
  • Aarde

As ek op Mars geleef het, sou ek baie langer moes wag vir my verjaardag. Die rede daarvoor is is dat ________ is baie groter as ________, en Mars neem ________ om rondom die ______ een keer te gaan.





As ek op Mars gebly het. sou ek baie langer moes wag vir my verjaarsdag. Die rede is dat Die wentelbaan van Mars is baie groter asdie Wentelbaan van die Aarde, en Mars neem 687 dae om een keer om die Son te gaan.