Opgegaarde energie in brandstowwe


  • Wat is brandstowwe?
  • Wat nodig is om brandstowwe te verbrand?
  • Hoe kan ons brandstowwe veilig verbrand?
  • Hoe kan ons vure verhoed en wat moet ons doen as 'n vuur ontbrand?

Wat is brandstowwe?


In Graad 4 het ons geleer van die baie verskillende tipes van energie wat bestaan. Hierdie jaar sal ons van opgegaarde energie leer en hoe ons dit kan gebruik om iets nuttigs te doen.


Wat beteken die woord "brandstof"? Bespreek hierdie woord met jou maat en skryf jou eie definisie hieronder.



Leerder afhanklike antwoord (Stowwe soos steenkool, gas en olie wat verbrand word om energie te produseer.)


Daar is verkillende definisies vir brandstof. Daar is drie hoof kategorieë wat jy kan gebruik om branstowwe te ondersoek.

Sommige brandstowwe kan verbrand word om hitte en lig to produseer.


Hout word dikwels versamel en verbrand om hitte en lig te produseer. Dit is wonderlik om op 'n koue aand rondom om 'n vuur te sit om jy en jou vriende warm te maak en verhale te vertel.

Hierdie man het 'n vuur gemaak om warmte en lig te produseer.
Vleis kook op 'n vuur gemaak van hout in Khayelitsha.

Hout kom uit plante, veral bome. Plante gebruik ligenergie van die son sowel as koolstofdioksied en water om te groei. Plante gebruik die energie en stoor dit in hul blare, wortels en al die ander dele van die plant. Hout bevat hierdie energie ook. Die verbrand van hout verander die gestoorde energie na lig en hitte wat nuttig vir ons is.

Energie van die son word in die boom se hout gestoor en word vrygestel as lig en hitte wanneer on hout verbrand.

Steenkool is 'n tipe van fossielbrandstof wat ook verbrand word om hitte te voorsien wat ons kan gebruik. Die hitte van steenkool kan ook gebruik word om kos te kook en ons huise te verwarm.

Warm steenkool wat brand.

Fossielbrandstowwe soos steenkool is van prehistoriese plante gemaak. Die plante het hul energie van die son gekry en dit in hul liggame gestoor. Miljoene jare gelede was die aarde met water gedek. Die plante wat gesterk het het tot die ondekant van die water gesink. Oor miljoene jare is die lae van plante bedek met lae van sand en is afgedruk deur die sand se gewig. Die plantaardige materiaal is dieper en dieper onder die grond begrawe waar dit warmer as die oppervlak van die aarde is. Oor miljoene jare word die plantaardige materiaal in fossielbrandstowwe verander.

Fossielbrandstowwe kry die naam "fossiel" omdat hulle van plante en diere geskep is wat lank, lank gelede lewendig was.

Aasdgas en olie is ander tipe fossielbrandstowwe. Wetenskaplikes besef dat klein see organismes ook gesterf het, tot die onderkant van die see gesink en begrawe is onder die sand. Oor miljoene jare het die dooie see diere in olie an aardgas verander.

Was in 'n kers is verbrand om lig te verskaf. Was bevat gestoorde energie en as ons dit aan die brand stel kan ons die gestoorde energie in lig verander.

Kerswas is 'n alledaagse brandstof wat ons gebruik om lig te produseer.

Paraffien is ook 'n brandstof wat gestoorde energie bevat. Paraffien word in in paraffienlampe en paraffienstowe verbrand om bruikbare energie in die vorm van lig en hitte aan ons te voorsien.

'n Paraffienlamp. http://www.flickr.com/photos/caitlinator/90510565/

Kos is die ligaam se brandstof

Mense en diere benoodig energie om te lewe. Ons kry ons energie van die kos wat ons eet. Kan jy onthou dat jy van voedselkettings geleer het in die begin van die jaar in Lewe en Lewensgang?


Kies een van die kosse wat jy vandag sal eet vir middagete en teken 'n ​​voedselketting, insluitend hierdie kos, en eindig dit met jou.




Enige voedselketting wat met die son begin en met 'n mens (die leerder) eindig. As dit 'n stukkie vrugte is, sal dit net 'n 3 skakel voedselketting wees. As dit is 'n vleis produk is, dan sal dit 'n vier skakel voedselketting wees.


Herinner die leerders omtrent voedselkettings en ​​hoe die rigting van die pyle die oordrag van energie van die son en dan van een organisme na die volgende toon.

Kos bevat gestoorde energie wat ons liggame in bruikbare energie verander wat ons benodig wanneer hardloop, spring, asem te haal, leer en enigiets anders wat ons doen.

Dus kan ons sê dat kos brandstof is vir ons liggame! Ek moet baie brandstof benodig vir my liggaam as ek lief is om aktief te wees!

Die energie waarde van kos word dikwels aangedui op die verpakking van die kos wat ons koop. Die energie van voedsel word in kalorieë óf (Kal) of in joules (J) gemeet. 'n pakkie skyfies gee jou ligaam duisende joule energie. Daarom praat ons van kilojoules van energie wanneer ons van die energie in kos praat.

Spandeer 'n bietjie tyd aan die skakel tussen eenhede van meting en die gebruik van "kilo" want dit dikwels 'n groot probleem met die leerders in die hoër grade is. Byvoorbeeld, skryf 'n paar van hierdie op die bord, 1000 gram (g) = 1 kilogram (kg), 1000 meter (m) = 1 kilometer (km), en skryf dan 1000 joules (j) = ..... en vra die leerders vir die antwoord.

Kyk na die foto van die kant van 'n pakkie ​​mieliemeel hieronder. Die kant van die pakkie het baie inligting oor wat mieliemeel bevat. Die heel boonste lyn vertel ons dat 100 g mieliemeel sal jou liggaam met 1368 kJ energie voorsien.

Die voedingkundige inligting op 'n pakkie van mieliemeel.

Die energie waarde van 'n voedsel vertel ons hoeveel energie daai kos werd is as brandstof vir ons liggame. 'n gemiddelde volwasse man benodig ongeveer 2500 kcal of 10 000 kJ per dag. Kinders en volwassenes wat nie baie aktief is het minder energie nodig. Mense wat baie aktief is het meer energie nodig. Hierdie getalle is net 'n benadering van die hoeveelheid energie jou liggaam nodig het as brandstof elke dag.

Dit is belangrik om 'n gebalanseerde dieet te eet. In die volgende aktiwiteit sal ons kyk na hoeveel energie die verskillende voedsels voorsien. Volgende jaar in graad 6 sal ons meer leer oor voeding en wat jy moet eet om gesond te wees!

Energie vanaf voedsel


Vra die leerders om die voedsel verpakkings van die kosse wat hulle eet, byvoorbeeld, graan bokse, botter verpakkings, eier bokse, lekker verpakkings, koekie boks, skyffie pakkies, rys pakkies, brood pakkies, ens. klas toe te bring. Hoe groter die verskeidenheid van pakkies hoe beter. Maak seker dat die leerders verstaan ​​dat hulle die inligting in die tabel op die verpakking moet kan lees. Wyk die leerders 'n paar voorbeelde sodat hulle weet wat hulle op soek is. LW: Die voedsels sal nie al 'n kJ per 100g toon nie. Vra die leerders om sommige van die omsettings self probeer doen.

Materiale

  • verskillende kos verpakkings wat versamel is

INSTRUKSIES:

  1. Werk saam met 'n maat.
  2. Daar is 'n versameling van pakkies van verskillende voedsels in jou klaskamer.
  3. Kyk mooi na die energie-inligting wat op die pakkies staan en gebruik hierdie inligting om die tabel te voltooi.
  4. Dit is belangrik om die getal en die eenheid in jou tabel aan te teken.

Voedselsoort

Energie per 100g

VRAE:

  1. Watter voedselsoort bevat die meeste energie per 100g?


  2. Watter voedselsoort bevat die minste energie per 100g?




Sommige brandstowwe is energiebronne vir enjins en kragstasies.


Brandstowwe kan ook gebruik word om ons ander vorms van bruikbare energie te gee.

Petrol or Diesel is in motors en vragmotors gebruik om hulle te laat werk. Die gestoorde energie in die brandstof word in bewegingsenergie vir die motor of vragmotor verander.

'n Motor wat met petrol by 'n vulstasie gevul word.

Petrol en diesel is van fossielbrandstowwe gemaak. Kan jy sien dat selfs energie vir motors en die opwekking van elektrisiteit van die son kom?

Energie van die son is in plante en diere wat plante eet gestoor. Hul oorblyfsels het in fossielbrandstowwe oor miljoene jare verander wat dan gemyn is en gebruik word om petrol en diesel vir motors te maak.

Steenkool is nie net vir kos kook en warmte in ons huise verbrand. Dit is ook in groot hoeveelhede verbrand om elektrisiteit te produseer. 'n Kragstasie is 'n groot fabriek waar steenkool in groot hoeveelhede verbrand word om elektrisiteit te genereer.

n' Kragstasie. http://www.flickr.com/photos/l2f1/6970703527/

Ons kan ook 'n ondersoek uitvoer om uit te vind hoeveel energie in brandstowwe gestoor word.

Hoeveel energie kan ons van verskillende brandstowwe kry?


Die onderwyser moet die apparaat soos per die instruksies in die metode maak. Hierdie ondersoek moet uitgevoer word deur die onderwyser of deur 'n leerder onder die toesig van die onderwyser as gevolg van die brandgevaar. Indien moontlik, kyk na die video in die om 'n idee van die eksperiment te kry. As jy die eksperiment in jou klas nie kan uitvoer nie, wys dan die video. Hierdie ondersoek gebruik eenvoudige toerusting soos blikkies en kurkproppe. As jy toegang tot 'n wetenskaplaboratorium het, kan jy 'n metaal retortstaander, proefbuis en Bunsen-brander gebruik. Maar die idee van hierdie ondersoek is om te wys dat jy nie spesiale wetenskaplikse apparate nodig het om 'n eksperiment uit te voer.

DOEL: Om te bepaal watter brandstof die mees bedrag van energie bevat

MATERIALE EN APPARATE:

  • 'n kurkproppie
  • 'n naald
  • grondbone (ander brandstowwe soos 'n stuk hout, kerswas of 'n stuk beskuit)
  • 'n groot metaal blik (bv. 'n koffieblik)
  • 'n klein metaal blik (bv. 'n sopblik) sonder die etiket
  • 'n blikoopmaker
  • 'n hamer
  • 'n groot spyker
  • 'n metaal pen langer as die groot blik
  • 150ml water
  • 'n termometer
  • 'n sigaretaansteker

Die doel van hierdie ondersoek is om die bedrag van die energie wat afgegee word deur 'n grondboon te ondersoek. NB. Leerders kan dalk met die koppeling van 'n brandende voorwerp met energie wat afgegee is, wat dan water verhit, wat dan 'n ​​lesing op 'n termometer gee sukkel. Verduidelik hoe 'n brandende grondboon 'n verskillende lesing op 'n termometer kan gee, en dat ons op soek is na die energie wat afgegee is n nie die lesing op die termometer. Die termometer se lesing is 'n aanduiding dat meer energie vrygestel is. Die eksperiment kan uitgebrei word om verskillende brandstowwe te vergelyk. Jy kan ook gebruik maak van 'n stukkie hout, kerswas of 'n stukkie beskuit (gebruik ongeveer dieselfde gewig). Dit is belangrik om die dieselfde gewig van elke brandstof te verbrand, sodat jy kan die bedrag van die energie wat afgegee word per gram gewig direk vergelyk.

Metode:

  1. Stoot die oog van die naald versigtig in die kleiner kant van die kurkproppie. Druk die skerk kant van die naald liggies in 'n grondboon. As die grondboon breek gebruik 'n nuwe grondboon.
Stel jou grondboon en kurkproppie op soos hier gewys word.
  1. Verwyder beide kante van die groot blik. VWees versigtig van die skerp kante.
  2. Gebruik die hamer en spyker om gate al om die onderkant van die groot blik te maak. Die is luggate.
  3. Maak twee gate presies teenoor mekaar in die klein blik naby opperkant van die blik.
  4. Gly die metaal pen deur die twee gate in die klein blikkie.
  5. Gooi die 150 ml water in die klein blikkie.
  6. Gebruik die termometer om die temperatuur van die water te meet en teken dit in die resultaat tabel.
  7. Sit die kurk en grondboon op 'n oppervlak wat nie kan verbrand nie. Gebruik die aansteker om die grondboon aan die barand te sit. Die grondboon kan moeilik wees om aan die brand te sit dus moet jy aanhou probeer. Dit sal uiteindelik begin brand.
  8. Sodra die grondboon aan die brand is, plaas die groot blik versigtig oor die grondboon. Balanseer die klein blik binne-in die groot blik soos getoon. Die klein blik moet 'n kort afstand bo die grondboon sit.
Stel van jou apparaat op soos getoon.
  1. Laat toe die grondboon om die klein blikkie met die water te verhit totdat die grondboon uitbrand. Roer die water en meet die temperatuur en teken dit in die resultaat tabel.
  2. Herhaal die eksperiment met twee verskillende brandstowwe. Jou onderwyser sal besluit watter brandstof te toets. Vul die resultaat tabel in vir die ander brandstowwe wat getoets word. Onthou om die selfde hoeveelhede van die brandstowwe te gebruik en begin altyd koue water.

RESULTATE:

Brandstof 1: Grondboon

Brandstof 2: _______

Brandstof 3: _______

Temperatuur van die water voor verhitting (oC)

Temperatuur van die water na verhitting (oC)

Verskil in temeratuur (oC)

GEVOLGTREKKING:

Skryf 'n gevolgtrekking vir jou ondersoek.



Die energie wat in die grondboon gestoor is is in hitte-energie verander wat ons gebruik het om die water te verwarm.

Onderwyser nota: Op hierdie stadium vra vrae soos as die grondboon 'n groter hoeveelheid van energie gestoor het sou die finale temperatuur van die water groter of kleiner gewees het. Lei die klas 'n bespreeking or watter brandstof die mees bedrag van energie bevat. Verseker dat die leerders verstaan ​​dat om 'n billike vergelyking oor die hoeveelheid gestoorde energie in elke stof te maak moet moet die brandstowwe die dieselfde massa weeg in elke eksperiment. Daarbenewens kan jy 'n metaal bottelprop gebruik en dit met paraffien of 'n ander vloeibare brandstof vul om die gestoorde energie te vergelyk.

VRAE:

Watter brandstof het die mees bedrag van energie bevat en hoe het jy dit bepaal?



Die brandstof wat die meeste hoeveelheid energie bevat sou die langste verbrand het en dus die grootste verskil in die temperatuur van die water veroorsaak.

Waar het die energie in die grondboon oorspronklik vandaan gekom?


Die energie kom van die son.

Bespreek wat gebeur het met die energie wat in die grondboon, of ander brandstowwe wat gebruik is, gestoor is.



Soos die grondboon verbrand het is die gestoorde energie vrygestel as hitte en lig.

Wat was die inset-energie wat nodig was om die grondboon (en die ander brandstowwe) te verbrand?


Hitte-energie

Wat was die uitset-energie van die brandstof?


Hitte- en ligenergie

Bespreek hoe jy die bedrag van energie gestoor in grondboone vergelyk met die bedrag van energie wat in 'n gestoor word in 'n ​​kasjoeneut.




The experiment (peanut or cashew nut) that produces the biggest increase in temperature has used the fuel with the most stored energy.

Herhaal die eksperiment met 'n grondboontjie en dan met 'n kasjoeneut van dieselfde massa. Leerders kan in detail verduidelik hoe om die eksperiment op te stel. As hulle dit nie doen nie, gaan hulle nie kan voorspel watter een die meeste opgegaarde energie het nie. Hulle kan egter die volgende gevolgtrekking maak:


Om die brandstof aan te steek, moes jy 'n klein bietjie energie insit. Die brandstof gee egter baie meer energie af as wat ingesit is. Die verskil tussen die energie wat jy insit en die energie wat die brandstof afgee is die hoeveelheid energie wat in die brandstof opgegaar is.

Die LEWERINGSENERGIE wat uit brandstof verkry word is GROTER AS die TOEVOERENERGIE wat die brandstof laat brand.



Verbrand brandstowwe


Ons het geleer dat brandstof wat brand vir ons energie gee wat ons kan gebruik. Wat het brandstof nodig om te brand?

Brandstof wat brand het energie nodig om te begin brand. Brandstof het suurstof nodig om te brand. Brandstof kry suurstof vanuit die lug. Daar is ander gasse ook in die lug, maar hulle brand nie.

Die volgende sirkeldiagram illustreer hoeveel van elke soort gas in die lug om ons is.

Die sirkeldiagram wys die persentasie gasse in die lug om ons.

  1. Hoeveel van die lug om ons, bevat suurstof?


21% van die lug is suurstof.



Wanneer iets brand sê ons dit gaan deur 'n proses van verbranding. 'n Ander woord vir brand is dus verbranding.

Wat gebeur met 'n vlam wanneer ons een van hierdie dinge, soos die suurstof, wegvat? Wanneer ons iet wegvat, sê ons, ons ontneem dit. Kom ons kyk wat gebeur as 'n vlam van suurstof ontneem word.

Wat gebeur wanneer 'n vlam van suurstof ontneem word?


DOEL: Om uit te vind hoe lank 'n kers sal brand as dit verskillende hoeveelhede suurstof kry.

MATERIALE EN APPARATE:

  • 1kers
  • 4 glasbottels (klein, medium, groot en ekstra-groot)
  • vuurhoutjies
  • 1 platboombak

METODE

  1. Steek die kers aan.
  2. Drup 'n bietjie was in die middel van die bak om 'n kers in die was te laat staan.
  3. Gooi 'n klein bietjie water rondom die kers in die bak waarin die glasvlesse kan staan.
  4. Wanneer die kers stewig regop staan, steek die kers met die vuurhoutjies aan.
  5. Sit die klein bottel oor die kers en kyk hoe lank dit neem tot die kers doodgaan. Teken die resultate in die tabel op.
Maak die kers met elkeen van die verskillende groottes bottels toe soos hier gewys word.
  1. Herhaal die eksperiment met elkeen van die verskillende glashouers en kyk hoe lank dit neem vir die kers om dood te gaan.

RESULTATE EN OBSERVASIES

Grootte van die glasfes

Hoe lank dit geneem het vir die kers om dood te gaan.

klein

medium

groot

ekstra-groot

In watter glasfles het die kers die langste gebrand.


Die ekstra-groot fles

In watter glasfles het die kers die vinnigste uitgebrand?


die klein fles

GEVOLGTREKKING:

Skryf 'n gevolgtrekking vir die ondersoek.



Hoe meer lug die kers kry, hoe langer kan die kers brand.

VRAE:

Identifiseer die hittebron wat die toevoerenergie en die brandstof voorsien wanneer jy 'n kers aansteek.



Hittebron is die vuurhoutjie, die brandstof is die was.

Waarom het die kers doodgegaan toe jy die glasfles oor die kers gesit het?



Die kers het al die suurstof opgebruik. Verbranding kan nie sonder suurstof plaasvind nie en die kers het doodgegaan.

Waarom dink jy het dit verskillende tye geneem vir die kers om dood te gaan?





Die klein fles het minder lug in en daarom minder suurstof as die groter flesse. Hoe minder suurstof, hoe vinniger word dit opgebruik en gaan die kers dood.

'n Kers wat toegelaat word om vrylik in lug te brand, sal uiteindelik uitbrand. Waarom hou die kers in hierdie geval op brand?

Die brandstof het opgeraak.



Wat ons tot dusver geleer het, is dat as jy die brandstof of die suurstof wegneem, verbranding sal stop.

Vir verbranding om moontlik te wees, het jy 'n hittebron, brandstof en suurstof nodig. Sonder een van die drie sal verbranding nie plaasvind nie. Jy kan dit onthou deur die Vuurdriehoek te gebruik. Al drie sye van die driehoek is nodig vir verbranding.

Die verbrandingsdriehoek

Veiligheid by vure


Nooi iemand van die plaaslike brandweer om met die kinders in jou skool te kom praat. Vra dat hulle van hul toerusting saambring en met hulle gesels oor veiligheid tydens brande. Die brandweer is gewoonlik baie gewillig om skole te besoek en hulle is kenners op die gebied. As die brandweer nie beskikbaar is nie, kan 'n lid van die gemeenskap ook gevra word om met die leerders te praat.

Ons het nou al baie oor vuur en verbranding in die hoofstuk gepraat. Vuur is 'n groot bron van hitte-energie vir baie mense wat dit gebruik om warm te bly, kos te kook of vir een of ander ander rede. Alhoewel vuur nuttig is, is dit ook gevaarlik. Jy moet baie versigtig wees wanneer jy vuur maak. Vuur kan ons gemeenskappe bedreig.

Dit is 'n veldbrand wat buite beheer geraak het. http://www.flickr.com/photos/38449766@N03/3602997918/
Hierdie is 'n waarskuwing in 'n natuurreservaat tydens die droë somermaande wanneer vure maklik kan opvlam.

Hier is 'n paar veiligheidsreëls wat almal moet ken.

  1. Moet nooit met vuurhoutjies en aanstekers speel nie. Maak seker dat vuurhoutjies en aanstekers buite bereik van jong kinders gehou word wat nie weet hoe om ordentlik daarmee te werk nie.
  2. In die geval van 'n brand - bly weg. As daar 'n brand in jou huis is, moenie wegkruip nie, gaan eerder so gou moontlik buitentoe.
  3. Leer die telefoonnommer van die plaaslike brandweer en bel in geval van nood.
  4. Julle moet 'n noodplan vir julle huis hê en dit met jou familie oefen. Julle moet 'n bymekaarkomplek buite hê sodat julle weet dat almal veilig is as daar 'n brand is.

Gevaarlike situasies wat te doen het met vuur.


INSTRUKSIES:

  1. Hier onder is vier verskillende situasies.
  2. Elkeen van hulle is potensiaal gevaarlik en het te doen met vuur.
  3. Skryf 'n beskrywing langs elke prent oor hoekom die situasie gevaarlik is.

Situasie

Waarom is dit gevaarlik?


Brandalarms is baie belangrik om mense te waarsku in 'n gebou waar 'n vuur ontstaan het.

Daar moet brandblussers in jou skool wees. Kyk of jy hulle kan kry.

'n Lekker ekstra aktiwiteit is om die gebruik van 'n brandblusser te demonstreer en dan vir die leerders te verduidelik hoekom dit die vuur blus. Het die brandblusser die vuur uitgeblaas? Het dit die suurstof van die brandende materiaal weggeneem? Het dit hitte van die vuur weggeneem? Het dit verhoed dat suurstof by die vuur uitkom? Dit kan lei tot baie interessante vrae, wat weer tot belangrike besprekings kan lei. Jy moet nie/hoef nie koolstofdioksied te noem tensy die idee al reeds vroeër geopper is.

Praat oor vuur in ons gemeenskap.


  1. Werk in groepe van vier.
  2. Praat oor jou ervarings van vuur in jou gemeenskap. Lys van die goeie en slegte ervarings in die tabel hier onder.

Goeie ervarings met vuur.

Slegte ervarings met vuur.

  1. Watter oorsake van brande kan jy in jou gemeenskap identifiseer?






  2. Hoe kan jy elkeen van hierdie oorsake van brande wat jy bespreek het voorkom?






Die antwoorde op die vrae is uniek tot die gemeenskap waarin jy woon. Bespreeek elke groep se antwoorde met die klas. Stel voor dat elke groep 'n plakkaat oor vuur en veiligheid maak na die klasbespreking.


Partykeer onstaan brande en dit is belangrik dat ons dan weet wat om in so 'n geval te doen.

Doen 'n opvoering van wat jy in die geval van 'n brand moet doen.


INSTRUKSIES:

  1. Beplan en voer 'n toneelstuk op wat jou klas leer wat om te doen as daar 'n brand is. Werk in groepe van 5.
  2. Maak seker dat die opvoering die belangrikste inligting oor
    1. Hoe om uit 'n brandende gebou te ontsnap.
    2. moenie 'n deur oopmaak wat brand nie
    3. wat om te doen as jou klere aan die brand is
    4. wat om te doen as jou vriend in die brandende gebou vassit.
    gee.

Die volgende aksies moet in die opvoerings gewys word.

Om uit 'n gebou te onstnap - val en kruip

Wanneer jou klere aan die brand is - stop, val en rol of maak toe met 'n kombers of 'n mat.

As 'n vriend in die gebou vassit - leerders moet wys dat hulle NOOIT self in 'n brandende gebou sal ingaan nie, maar eerder om hulp roep.

Assesseer die groepe se opvoerings op grond van hoe duidelik hulle praat en die aksies met hulle liggame demonstreer.


Het jy al brandplakkate in jou skool gesien wat vir jou sê wat om te doen as daar 'n brand is? Het die plakkaat jou aandag getrek en jou bewus gemaak van die gevare wat vuur inhou vir jou skool? Miskien is daar nie brandplakkate in jou skool nie. Kom ons maak ons eie plakkate om in die skool op te sit.

Maak 'n plakkaat oor vuur.


Materiale

  • Stukke papier en karton
  • Kleurpotlode en penne
  • Ou tydskrifte
  • Skêre
  • Gom

INSTRUKSIES:

  1. Ontwerp 'n plakkaat wat vir almal in die skool sê wat om te doen as daar 'n brand is.
  2. Plak prente om die stappe te wys wat hulle moet volg. Jy kan prente teken of uit ou tydskrifte of koerante knip.
  3. 'n Paar dinge om te oorweeg wanneer jy jou plakkaat maak:
    • Het jou skool 'n brandalarm?
    • Indien wel, wat is die teken?
    • Is daar 'n veilige plek waar groot hoeveelhede mense bymekaar kan kom?
    • Hoe gaan jy seker maak dat niemand in die geboue agterbly nie?
    • Is dit veilig om die hyser of die trappe te gebruik as daar 'n brand is?
    • Watter ekstra maatreëls kan jy toepas om die brand te stop? (Wenk: Onthou vuur het suurstof nodig om te brand. Wat kan jy met jou klaskamer doen om die vuur te stop en die suurstoftoevoer te verminder?)

Ekstra maatreëls sal wees om die vensters en deure toe te maak.



  • Energie word in brandstof opgegaar.
  • Brandstof is bronne van nuttige energie.
  • Brandstowwe word gebrand sodat ons hul energie as hitte en lig kan gebruik.
  • Vuur kan gevaarlik wees.


Lys drie soorte brandstof wat jy in jou gemeenskap gebruik.



kos, steenkool, enige brandstof wat leerders al ervaar het

Wat is nodig vir verbranding?


hitte, brandstof en suurstof

Jou pa kook met warm olie op die stoof. Die olie slaan aan die brand. Wat kan hy doen om die vuur te blus? Hoekom sal dit werk?




Sit die deksel op die pot. Dit sal die suurstof afsny wat dit nodig het om te brand en die vuur sal doodgaan. Moenie water gebruik om die vuur te blus nie.

'n Entosiastiese Wetenskap leerling het besluit om 'n ekspriment te doen om uit te vind hoe lank verskillende hoeveelhede aanstekers sal hou. Elke aansteker is in ewe groot blokke gesny. Die ekspriment is gedoen onder volwasse toesig en die volgende resultate is gelewer:

'n Paar aanstekers

Tyd wat die neem om te brand (min)

2

6,0

4

11,5

6

18,6

8

23,8

12

37,0

16

48,0

  1. Teken 'n grafiek met die hoeveelheid aanstekers op die horisontale (x)as en die tyd wat dit brand op die vertikale (y)as.
  2. Trek 'n lyn wat die beste inpas op jou grafiek.











Lyn moet NIE die punte verbind nie. Die lyn moet met 'n liniaal getrek word en so na as moontlik aan die data punte wees. Daar moet net soveel data punte onder die lyn wees as bo die lyn.

Beskryf die verwantskap tussen die tyd van brand en die aantal aanstekers.



Hoe groter die aantal aanstekers, hoe langer brand dit

Gebruik jou grafiek om uit te vind hoe lank tien aanstekers sal brand.


30 min

Jou ma los die strykyster aan en dit is langs 'n venster met 'n gordyn wat in die wind waai. Verduidelik aan haar hoekom dit gevaarlik is en wat sy liewer moet doen.




Die gordyn waai teen die warm strykyster en raak aan die brand en brand die hele huis af. Die wind wat deur die venster waai, sal ook help om die vuur te versprei. Sy moet liewer die strykyster afsit wanneer sy dit nie gebruik nie en die venster toemaak sodat die gordyn nie teen die strykyster kan waai nie.