Energie en Energie oordrag


  • Waarvoor het ons energie nodig?
  • Waar kom energie vandaan?

Energie vir lewe


Wetenskaplikes sê energie is die vermoë om werk te verrig

Energie is die vermoë om werk te doen of arbeid te verrig


Die idee van hierdie aktiwiteit is om pret te hê deur 'n speletjie te speel sodat die leerders daarna moeg is. Jy kan dan die idee bekendstel dat hulle energie gebruik het om rond te hardloop - energie is die vermoë om werk te doen en te beweeg

Kom ons speel 'n speletjie en geniet die pret!

INSTRUKSIES:

  1. Verdeel in groepe met ses lede, gaan buite toe en speel vir 10 minute "Wegkruipertjie".
  2. Hierdie is die spelreëls:
    1. Een persoon moet die soeker wees.
    2. Die soeker moet 'n blok ("den") uitsoek -'n boom of muur kan goed werk.
    3. Die soeker sluit sy/haar oë en tel tot 20.
    4. Al die ander moet wegkruip. Hulle is die wegkruipers.
    5. As die soeker tot 20 getel het, moet h/sy die ander gaan soek en hulle gaan blok.
    6. As die wegkruipers by die soeker se blok uitkom sonder om gesien te word, kan hulle hulself blok.
    7. As die soeker 'n wegkruiper vind, hardloop h/sy na die blok toe, raak dit aan en sê 1,2,3 blok vir wie ook al gesien is."1,2,3 Blok vir Emma!"
    8. As daar genoeg tyd oor is, kan 'n nuwe soeker gekies word en weer gespeel word.
  3. Gaan terug klas toe na 10 minute en praat in jou groep oor hoe jy voel.
  4. Elke groep moet 'n leier kies wat aan die klas terug rapporteer.
  5. Skryf die woorde neer wat gebruik word om te beskryf hoe julle na die spel gevoel het.
  6. Skryf sommige van die beskrywende woorde hieronder neer.



Hierdie spelletjie verg dat jy baie moet hardloop. Jy mag selfs moeg word daarvan. Dit beteken dat energie gebruik is om werk te doen.

Besprekingsvrae wat deur die onderwyser gevra kan word na hierdie aktiwiteit:

  • Waarom het ons energie nodig?
  • Waar kry jy jou energie vandaan?
  • Watter ander dinge het energie? (ander diere, plante, masjiene, huise en motors)
  • Waar kry hierdie ander dinge hulle energie vandaan?
  • Wat sal gebeur sonder hierdie bronne van energie?

In die vorige aktiwiteit het ons gesien dat ons moeg word van rond hardloop en deur die speletjie te speel. Ons gebruik energie vir alles wat ons doen.

So jy bedoel selfs as ek op my hande staan gebruik ek energie!

Ja, dit is reg Jojo! Alles wat jy doen benodig energie.

Energie is oral om ons.


INSTRUKSIES:

  1. Dink aan wat jy doen as jy in die oggend opstaan tot jy vanaand gaan slaap. Dink aan wat elke dag om jou gebeur.
  2. Skryf 5 dinge neer, daaraan jy gedink het, wat jy nie sou kon doen sonder energie nie.






Onderwysers kan vir leerders vra om hierdie aktiwiteit in groepe te doen. Laat elke groep 'n plakkaat maak of 'n kort aanbieding gee vir die klas.

In ons daaglikse lewe is daar baie dinge wat ons doen wat energie vereis. Omdat ons energie van kos kry, is dit belangrik dat ons ontbyt eet, want dit is waar ons ons energie vandaan kry. Leerders behoort in staat te wees om te weet waar energie vir lewe en ander prosesse benodig word. Tandeborsel, stap, hardloop, lees, skryf, alles benodig energie. Om ligte aan te skakel en kos te kook gebruik energie. Om huise in die winter te verwarm of in die somer te verkoel, om wasgoed op die wasgoeddraad te laat droog word, alles gebruik energie. Fietse, motors, motorfietse, vliegtuie en al hierdie soorte vervoermiddels benodig energie om te beweeg. Dit is die onderwyser se plig om soveel oopvrae as moontlik te vra, om leerders te kry om verskillende gebruike van energie te bespreek.


Ons benodig energie om al ons lewensprosesse uit te voer. Onthou jy dat jy van die lewensprossesse aan die begin van die jaar geleer het?


Skryf neer die 7 lewensprosesse wat deur alle lewendige organismes uitgevoer word.



Voeding, groei, voortplanting, asemhaling, uitskeiding, waarneming deur sintuie, beweging


Ek hou daarvan om rond te hardloop, maar waar kry ek die energie vandaan?

Dit is 'n goeie vraag. Dink aan redes waarom jy moet eet! Ons kry ons energie van die kos wat ons eet.

Ons eet plante en die kos wat van plante gemaak is, gee ons energie. Ons eet ook die vleis van diere om vir ons energie te gee.

Ons kry ons energie deur plante en diere te eet.

Waar kom die enrgie in die kos vandaan? Energie in ons kos kom van die Son!!


Energie van die Son


Kom ons identifiseer sommige van die nuwe woorde waarvan ons sal leer, voordat ons met die res van hierdie hoofstuk aangaan.

Woordsoek


INSTRUKSIES:

  1. Voltooi die woordsoek deur die woorde wat onderaan gelys is, te vind.
  2. Omkring hulle met 'n gekleurde pen of potlood.
  3. Sodra jy al die woorde gevind het, bespreek met jou maat wat die woorde vir jou beteken.

Woorde om te vind:

voedsel, energie, werk (arbeid) beweging, sonenergie, lig, warmte, absorbeer, weerskaats, oordrag, ketting


Ons kry omtrent al ons energie op die aarde van die Son. Ons noem hierdie soort energie: sonenergie. In Engels praat ons van "solar energy". Sol beteken Son. Ons sal volgende kwartaal in Die Aarde en die Ruimte, baie meer leer van die Son!

Die Son gefotografeer deur NASA

Die Son is die naaste ster aan die aarde. 'n Ster is 'n reuse gasbal wat energie vrystel. Sommige van hierdie energie wat van die son af kom, beweeg in strale na die Aarde. Sommige van strale is lig wat ons kan sien. Ander strale soos ultraviolet lig en X-strale kan ons nie sien nie.

Sommige van die strale wat die Aarde bereik , word weer terug die ruimte in, weerkaarts. Die aarde absorbeer die meeste van die sonenergie. Hierde hitte verwarm die aarde en die lug daarom heen.

Strale van die Son bereik die Aarde. Sommige word weerkaats en sommige word deur die Aarde geabsorbeer.

Gebruik jou woordeboek om definisies neer te skryf vir

weerkaats



Om terug te bons van 'n oppervlak bv. lig word van 'n blink oppervlak af weerkaats

absorbeer



Om iets in te neem bv. 'n spons absorbeer water, die Aarde absorbeer hitte.


Energie van die Son veroorsaak verhitting


Wanneer ligenergie van die Son op voorwerpe val, word sommige van die energie geabsorbeer. Sommige van die energie bons terug.

MATERIALE (wat jy sal benodig)

  • 4termometers
  • swart papier
  • wit papier

INSTRUKSIES (wat jy moet doen):

  1. Sit een termometer in 'n skaduplek.
  2. Sit drie termometers in 'n sonnige plek op dieselde oppervlak.
  3. Bedek die bol van een termometer met swart papier, bedek die bol van 'n ander termometer met wit papier en laat die laaste termometer in die son sonder om dit met papier te bedek.
  4. Hoe dink jy, watter termometer sal die hoogste temperatuur aandui na 10 minute?


  5. Wag vir tien minute en skryf dan die temperatuurlesing op elk van die termometers in die tabel.

Termometer

Temperatuur ( O C)

In die skadu

In die Son met swart papier

In die Son met wit papier

In die Son met geen papier

Watter termometer het die laagste temperatuur na 10 minute?


Die termometer in die skadu.

Het die termometer in die Son wat met die swart of wit papier bedek was die hoogste temperatuur gehad na 10 minute?


Die termometer wat met swart papier bedek was.

Verduidelik jou resultate.







Die kort antwoord: Swart paier absorbeer lig, dus die temperatuur op die termometer is die hoogste. Wit papier weerkaats lig, dus die termometer kry minder lig. In die skadu is die termometer afgeskerm van die Son, dus minder hitte bereik die termometer; daarom is die temperatuur laer.

'n Langer verduideliking vir hierdie resultate - 'n Termometer meet die temperatuur van lug rondom sy bol. Hoe meer energie die lugdeeltjies het, hoe hoër sal die temperatuur wees. Indien ons die termometer in die skadu plaas, is dit afgeskerm van die direkte sonstrale. Die lug rondom die bol sal minder energie besit as die lug om die termometer wat in direkte sonlig is, daarom is die temperatuur laer.

Die termometer met swart papier om sal 'n hoër lesing gee as die een met die wit papier, omdat swart papier meer energie absorbeer, maak dit die lug om die bol warmer.


Sonder die Son sal die Aarde 'n koue plek sonder lewe wees. Energie van die Son word op baie verskillende maniere gebruik.

Lig en warmte Ons gebruik die lig van die Son sodat ons gedurende die dag kan sien. Ons gebruik die energie van die son om ons te verwarm.

Mense geniet die Son op die strand. http://www.flickr.com/photos/porsche-linn/5056569434/

Plante gebruik lig van die Son om te groei: Onthou jy wat jy in die eerste kwartaal geleer het omtrent wat plante benodig om te groei?

Plante gebruik die energie van die Son om voedsel te maak, soos hierdie mielieplante.

Diere eet plante om te groei.. Die energie in plante gestoor word deur diere gebruik vir die lewensprosesse.

Hierdie koeie eet gras om energie te kry.

Die oordrag van energie van die Son na plante en mense word 'n energie-ketting of voedselketting genoem. Dit is 'n ketting, omdat elke organisme 'n skakel in die ketting vorm soos energie van die een organisme na die ander een oorgedra of deurgegee word.

Die pyltjies dui die rigting aan waarin die energie van een ding na die volgende vloei. Kyk na die voorbeeld van die voedselketting hieronder.

'n Voorbeeld van 'n voedselketting.

Vra eers die vraag: "Watter soort energie stel die Son vry?" voordat jy die volgende paragraaf lees of die begrippe aan die leerders verduidelik. Die antwoord is lig- en warmte energie. Nou kan jy verduidelik dat die ligenergie wat deur die Son vrygestel (afgegee) word deur die gras gebruik word om kos te maak. Hierdie energie word van die een organisme na die volgende deur die voedselketting oorgedra. Dit sal verseker dat jy nie die leerders se insig beperk nie; die Son stel beide lig- en warmte enrgie vry.

In hierdie voedselketting stel die Son ligenergie vry wat deur die gras gebruik word om kos te maak. Die sprinkaan eet die gras. Die muis eet dan die sprinkaan en die energie is oorgedra (beweeg) van die sprinkaan na die muis. Laastens, eet die uil die muis.

'n Beskrywing van die energie-oordrag wat plaasvind vanaf die Son.


INSTRUKSIES:

  1. Kyk na die volgende voedselketting.
  2. Beskryf in die spasie hieronder, die energie-oordrag van een organisme na die volgende.




Die son gee ligenergie af wat deur die plant gebruik word om kos te maak. Die rusper eet die blaar om energie te kry sodat dit kan groei en beweeg. Die verkleurmannetjie eet dan die rusper.

  1. Die voedselketting kan baie langer wees! Soos meer organismes die vorige organisme eet, word die ketting langer, so word die Son se energie verder, van een dier na die ander, oorgedra. Kyk na die langer voedselketting hieronder.
  1. Wat eet die muishond in hierdie voedselketting om energie te kry?


Die slang



Bome is plante, dus kry hulle energie van die Son om te groei. Soos dit groei, stoor die boom van hierdie energie in sy hout. Wanneer ons snags hitte en lig benodig en wanneer dit koud is, brand ons die hout sodat ons die gestoorde energie kan gebruik.

Ons brand hout om warmte te kry van die energie wat vrygestel word.

Lank gelede, voor die dinosourusse op aarde geleef het, het plante en diere ook die energie van die Son gebruik om te groei. Vandag het sommige van hierdie ou dooie plante en diere verander in steenkool, olie en natuurlike gas. Steenkool, olie en natuurlike gas word fossielbrandstowwe genoem. Ons myn fossielbrandstowwe sodat ons die sonenergie wat vir miljoene jare gestoor was, kan gebruik.

Wanneer ons petrol of diesel gebruik om ons motors en trekkers te laat beweeg, gebruik ons regtig energie afkomstig van die Son wat vir miljoene jare gelede gestoor is.

Ons gebruik petrol en diesel om motors aan te dryf.
  • Ons gebruik energie vir alles wat ons doen.
  • Ons kry ons energie van ons kos.
  • Energie in ons kos kom van die Son.
  • 'n Energie-ketting of voedselketting word gebruik om te wys hoe energie oorgedra word.


Wat is sonenergie?


Dit is energie wat van die Son af kom.

Verduidelik hoe diere energie vir lewensprosesse kry.



Eerstens kry die plante energie van die Son. Die plante gebruik ligenergie om kos te maak en vir groei. Diere wat die plante eet of ander diere wat die plante ge

Teken 'n voedselketting om die vloei van energie van die Son na die leeu wat pas die rooibok geeët het, te wys.




Son → gras en struike (plante) → rooibok → leeu

Noem sommige van die fossielbrandstowwe.


sommige fossielbrandstowwe is: steenkool, natuurlike gas, olie.

Waar kom fossielbrandstowwe vandaan?





Plante en diers het vir miljoene jare die energie van die Son gestoor. Hierdie plante en diere het dood gegaan en is oor tyd begrawe. Hulle was vir miljoene jare onder die grond en het in fossielbrandstowwe verander.

Teken 'n diagram en gee byskrifte om te wys waar die enrgie vandaan kom wanneer jy pap en wors eet.









pap: son → mielies → pap → persoon

wors: son → plante → koei → wors → persoon