afsettingsgesteentes


  • Waarom het die aarde berge en valleie?
  • Het berge altyd gelyk soos hulle nou lyk?
  • Waarom kan jy soms verskillende kleure "lae" in 'n rots sien? Hoe het hierdie lae gevorm?

In hoofstuk 3 behandel ons een soort rots - afsettingsgesteentes. Dit laat mens wonder watter ander soorte rots daar is. Die vernaamste ander soort rots is vulkaniese rots. Dit is klippe wat warm en gesmelt was, en opgestoot het uit die mantel uit. Dit word meestal onder die grond hard en ons sien dit miljoene jare later wanneer erosie die grond bo-oor dit verwyder het. Soms breek dit deur die kors as vloeibare lawa en dan het ons 'n vulkaan. Die bokant van die Drakensberge is die oorblyfsel van 'n groot uitbarsting lawa wat baie lank terug gebeur het. Die natuur is konstant besig om rotse af te breek en te verweer, so berge verander die heeltyd. Hulle verander so stadig dat mens dit nie in jou leeftyd gaan agterkom nie, maar die veranderinge gebeur die heeltyd.

Ons het in Hoofstuk 2 gesien dat die oppervlak van die aarde uit rotse en grond bestaan. Daar is verskillende soorte grond, maar het jy besef dat daar ook verskillende soorte rots is? Ons klassifiseer rotse op grond van hoe hulle gevorm is.

Ons gaan net na afsettingsgesteentes kyk in hierdie hoofstuk en uitvind hoe dit gevorm en gebruik word.

Hoe vorm afsettingsgesteentes


In hoofstuk 2 het ons gesien hoe rotse in kleiner en kleiner stukkies opbreek totdat ons sandkorrels het. Ons gaan nou kyk wat met sand gebeur.

Die rotse breek eers in kleiner stukkies op totdat die stukkies sandkorrels is. Daarna word sand en modder deur wind en vloeiende water weggevoer. Die wind en water mag dalk die sand en modder op een plek deponeer. Die sandkorrels kan uiteindelik weer aan mekaar vassit en nuwe rotse vorm. Hierdie nuwe rotse noem ons afsettingsgesteentes.

Erosie en afsetting

Wanneer wind of water deeltjies van die rots wegbeweeg, noem ons dit erosie. Die wind en die water erodeer die rots omdat hulle die sand wegvoer.

'n Groot vallei word deur gronderosie gevorm. http://www.flickr.com/photos/42244964@N03/4467294790/
Gronderosie deur water. http://www.flickr.com/photos/jgphotos95/6914965980/

Wanneer die water en wind die sandkorrels neersit, noem ons dit neerslag. Die wind en die water afsetting die sand.

Die wind sit die sand in die hoek van die skool neer. Afsetting is besig om hier te gebeur.

sediment

Wanneer die sandkorrels bo-op mekaar versamel vorm dit sediment. Oor tyd word nuwe lae modder en sand bo-op die vorige lae neergesit. Hierdie sediment word oor 'n lang tyd kompak en hard en vorm afsettingsgesteentes. Dit gebeur omdat die sandkorrels aanmekaar vassit en ander swaarder sediment afdruk op die sandkorrels. Sediment lê bo-op mekaar. Ons kan die lae sien in die afsettingsgesteentes, hulle is ook partykeer verskillende kleure. Soek die sediment in die prent hier onder.

Sandsteen in die Sederberge in die Weskaap. (Megan se foto)
Lae kalksteen in die afsettingsgesteentes.
Kan jy die verskillende gekleurde lae in die afsettingsgesteentes sien? http://www.flickr.com/photos/st_a_sh/478485443/
Kyk na die lae in die afsettingsgesteentes wat skalie genoem word. http://www.flickr.com/photos/old_dog_photo/4028600091/

Kom ons kyk na hoe sediment oor 'n tydperk afgeset word. Ons het nie duisende jare om dit te doen nie, so ons gaan maak of 'n week 'n 1000 jaar is.

Afsetting van sediment.


MATERIALE:

  • 'n Groot deurskynende fles. Jy kan 'n 2 liter koeldrankbottel gebruik.
  • Verskillende plekke vir die groepe om sand en grond bymekaar te maak.

Verdeel die klas in 5 groepe - een vir elke dag van die skoolweek (Maandag tot Vrydag). Elke groep moet sand en grond van verskillende plekke versamel sodat die verskillende lae duidelik is teen die einde van die week. Aan die begin van elke les kan jy die dag se groep vra om hul sediment in te gooi en dan met die res van die les aangaan. Aan die einde van die week moet julle na die lae sediment kyk wat elke groep bygevoeg het. Verduidelik vir die leerders dat jy die proses vinniger maak.

INSTRUKSIES:

  1. Sit die fles erens waar almal dit kan sien.
  2. Groep 1 moet 'n groot konfytblik vol sand versamel en dit Maandag in die fles gooi.
  3. Groep 2 moet sand of grond van 'n ander plek kry en dit Dinsdag in die fles gooi.
  4. Groep 3 gooi Woensdag hulle sand of grond van 'n ander plek af in die fles.
  5. Teen Vrydag sal die fles verskillende lae hê.

VRAE:

Watter sand sediment is Dinsdag ingegooi?


Die sediment wat tweede van onder af is.

Watter sediment is die oudste?


Die onderste sediment.


Watter sediment is die oudste?


Mense wat gate in riviere grawe om by die water uit te kom, sien soms sandsediment. Die Thunderbolt Kids het besluit om 'n gat in die rivierbedding naby hul skool te grawe. Kyk na die prent hier onder waar jy Sophie se voete op die boonste laag en die sediment wat onder haar is kan sien.

Dit is wat jy sal sien as jy in die rivierbedding grawe.

Die rivier is nou droog, maar verlede jaar is sediment afgeset. Die rivier deponeer elke jaar sediment wanneer die reën afkom.

INSTRUKSIES:

  1. Vind die sediment van die sand wat verlede jaar afgespoel is. Lees die nommer langs dit.
  2. Vind die sediment wat die jaar voor verlede jaar afgespoel het. Lees die nommer langs dit.
  3. Voltooi die byskrif op die prent. Sediment van verlede jaar, 2012
  4. Waar moet jy Sediment van 2011 op die prent skryf? Skryf dit daar neer.
  5. Skryf Ek was .... jaar oud toe die rivier hierdie sediment gebring het. langs sediment 5 op die prent.

Sediment 5 is in 2008 afgeset. Laat leerders terugtel tot 2008 en uitwerk hoe oud hulle was.

In sediment 4 vind ons die bene van 'n voël. Hoe kon 'n voël in hierdie sediment beland het? Skryf of vertel 'n kort storie oor die voël. Verduidelik waarom ons die bene onder vier lae sediment gekry het. Probeer uitwerk wanneer die voël in die modder geval het.







Nota aan die onderwyser: Byvoorbeeld: "Die voël het gesterf en in die water geval. Dit sink dan in die water in en die modder bedek dit. Dit het vyf jaar gelede gebeur. Die volgende jaar het die sand afgekom en die rivier het dit dieper begrawe." As Sophie op die 2012 sediment staan, het die voël in die 2009 sediment geval. Ons gebruik die voorbeeld van die jaarlikse vloede wat sand in die rivier afbring, want die nommers van die jare is klein. Herinner egter jou leerders dat erosie en afsetting nie net vir hierdie paar jaar gebeur het nie, maar al vir miljoene jare aangaan. Vandat die eerste rotse vanuit vulkane op die aarde gevorm het, het verwering, erosie en afsetting begin gebeur. Ons kan dus afsettingsgesteentes kry wat duisende miljoene jare oud is.

Wat sal jy kry as jy dieper as die sediment grawe? ?

Rots. Hierdie laag rots wat so diep lê word die rotsbodem genoem.



Kyk na die prent hier onder van die Grand Canyon-

Kyk na die lae van die afsettingsgesteentes in die Grand Canyon. _:link-1/> http://www.flickr.com/photos/grand_canyon_nps/6050775941/

Wys met jou vinger watter laag van die rotssediment die oudste is.

Die laagste sediment/laag van die rots wat jy in die foto kan sien.

Wys waar jy grond kan kry in die prent.

Bo-op die meeste sediment, waar die plante groei.


Afsettingsgesteentes verweer ook en breek ook af in korrels sand.

Die afsettingsgesteentes in die Grand Canyon is 'n lang tyd terug gevorm. Die lae sediment is eens op 'n tyd in die warm, vlak see gedeponeer en oor miljoene jare het hulle saamgepers om 'n rots te vorm. Die wind en reën het dit verweer totdat dit so lyk.

Kyk na die diagram hier onder wat opsom hoe afsettingsgesteentes gevorm word. Dit vorm meestal onder die see, of in mere en riviere.

Die vorming van afsettingsgesteentes

Gebruik die diagram om 'n opsommende paragraaf te skryf oor hoe afsettingsgesteentes gevorm word.








Herbou die berg soos hy was.


INSTRUKSIES:

  1. Kyk na die diagram hier onder. Dit wys berge wat verweer word.
  2. Die berg het nie altyd so gelyk nie.
  3. Beantwoord die vrae hier onder.
Dit is hoe die berge nou lyk . Teken op die prentjie hoe jy dink die berge miljoene jare gelede gelyk het.

VRAE:

Die rots en sand word van die berge af verwyder. Hoe gebeur dit?


Dit is as gevolg van erosie deur reënwater en wind wat oor baie miljoene jare gebeur het.


Waarheen gaan die rots en sand?

Dit spoel van die berg in die riviere af en gaan lê op die oewer laer af of in die see.

Teken 'n diagram wat wys hoe die berg jare gelede sou lyk voor die rots en sand erodeer het.

Leerders moet 'n hoër berg teken sonder valleie en rotse wat verbrokkel en afval.



Verskillende soorte afsettingsgesteentes.


Daar is baie soorte afsettingsgesteentes. Hier is drie soorte:

  1. Sandsteen word van sandkorrels wat hard geword het en aan mekaar vassit gemaak.
  2. Skalie word van korrels klei gemaak wat hard geword het en aan mekaar vassit. Skalie is redelik sag en jy kan dit soos 'n stuk bordkryt gebruik om te skryf.
  3. Kalksteen word van lae skulpe of seediere wat gesterf het en afgesak het na die seebodem gemaak. Ander soorte kalksteen word van seewater wat verdamp gemaak.


Gebruike van afsettingsgesteentes


Jy het sopas gesien dat daar verskillende soorte afsettingsgesteentes is. Hierdie rotstipes word op verskillende maniere gebruik.

Kalksteen

Kalksteen is 'n baie algemene afsettingsgesteente en het baie gebruike, meestal vir boumateriaal.

Kalksteen wod in blokke gesny en in geboue gebruik. Kyk na die prente hier onder van verskillende geboue wat uit kalksteen gemaak is.

Kan jy die blokke kalksteen sien wat in die gebou gebruik is? http://www.flickr.com/photos/editor/4914295602/
Die ou gebou is van kalksteenblokke gemaak en lyk of dit enige iets kan weerstaan. http://www.flickr.com/photos/nathanmac87/5824306467/

Kalksteen word fyngedruk en gebruik om sement te maak. Kalksteen word ook gebruik om standbeelde te maak, omdat mens dit maklik kan kerf.

'n Standbeeld wat van kalksteen gemaak is. http://www.flickr.com/photos/takomabibelot/1044959169/

Glas word van gesmelte sand gemaak en word met kalksteen gemeng om die glas sterker te maak. Boere gebruik kalksteen om hul grond beter te maak as die grond te suur is.

Kalksteen word selfs in sommige medisyne en skoonheidsprodukte gebruik en as 'n wit pigment in tandepasta, verf en plastiek.


Sandsteen

Sandsteen is al sedert antieke tye 'n gewilde boumateriaal, veral in huise en katedrale die wêreld oor. Dit is omdat dit redelik sag is en maklik is om te kerf. Huise in Lesotho en die Vrystaat is van sandsteenblokke gebou.

'n Katedraal in Engeland wat van sandsteen gemaak is. http://www.flickr.com/photos/ell-r-brown/5870376807/

Sandsteen kom in baie verskillende kleure voor en word gereeld dekoratief gebruik, soos in die dekoratiewe stene in 'n vuurherd, dekoratiewe pilare in geboue en katedrale en om standbeelde en fonteine te maak. Aangesien sandsteen maklik kerf, maar nie verweer nie, word dit gereeld as plaveisel gebruik om paadjies te maak.

Sierlike pilare van sandsteen in Indië. http://www.flickr.com/photos/archer10/2214268419/
Sierlike snywerk en pilare van sandsteen voor 'n gebou. http://www.flickr.com/photos/shinythings/440512646/
Plaveiselblokke van sandsteen. http://www.flickr.com/photos/garden_and_landscape_design_products/3425879229/

Skalie


Skalie word ook in geboue gebruik, veral as roumateriaal om bakstene te maak. Skalie verdeel ook maklik in dun lae/plate en kan daarom as teëls vir vloere en dakke gebruik word. Skalie in sommige huise in Suid-Afrika vir vloere gebruik.

Skalie verdeel maklik in dun teëls wat vir vloere en dakke gebruik kan word.http://www.flickr.com/photos/amerune/52827189/

Sement word ook van skalie gemaak. Die skalie word verpoeier en verhit in 'n droogoond. Swart skaliesteen is ook 'n baie belangrike bron van olie en ander natuurlike gasse oral oor die wêreld.

  • Afsettingsgesteentes vorm wanneer klein korrels van 'n rots, modder en sand lae vorm en oor tyd saamgepers word.
  • Rotse breek in klein korrels op deur 'n proses wat verwering genoem word.
  • Afsettingsgesteentes kan deur hulle verskillende sigbare lae identifiseer word.
  • Voorbeelde van afsettingsgesteentes is skalie, sandsteen en kalksteen.
  • Daar is verskillende gebruike vir afsettingsgesteentes.


Voltooi die volgende sinne deur die woorde uit die woordraam te gebruik. Skryf die sinne volledig uit.

Woordraam: gebruik van hierdie woorde om die sinne te voltooi

  • korrels
  • wind
  • water
  • sediment
  • sandsteen
  • kalksteen
  • skalie
  • verweer

Verwering breek korrels van die groot rotse af ______en ____laat lê hierdie korrels bo-op mekaar in lae. 'n Laag rotskorrels word ___ genoem.




wind,water, sediment.

Oor baie jare het die __________ aan mekaar begin vassit en kry ons afsettingsgesteentes. Daar is drie soorte afsettingsgesteentes. Hulle is ________. ____________ en ___________




korrels, sandsteen, kalksteen en skalie

Verduidelik hoe jy afsettingsgesteentes in die natuurlike wêreld om jou kan identifiseer.



Afsettingsgesteentes het sigbare lae wat gewoonlik verskillende kleure het, so mens kan dan rots soek waarin hierdie lae is.

Verduidelik die verskil tussen erosie en afsetting. Maak 'n skets om jou antwoord duideliker te maak.









Erosie is wanneer iets, gewoonlik rots, geleidelik verweer deur wind, water of diere. Afsetting is wanneer wind of water sand meesleep en dit dan erens ander neersit (afset) waar dit dan oor tyd begin opbou.

Gebruik die spasie hier onder om 'n reeks sketse te maak wat wys hoe 'n rots oor tyd afgebreek word. Maak byskrifte by jou skets om die prosesse wat plaasvind te verduidelik.









Leerders se sketse sal verskil, maar daar moet meer as een skets wees. Die eerste skets moet 'n groot rots wees en in die volgende sketse moet die rots kleiner en kleiner word tot daar net growwe korrels is. Byskrifte kan woorde insluit soos: erosie deur wind, erosie deur water, verwering as gevolg van wind en water, verwering as gevolg van diere.