Mengsels


  • Wat is 'n mengsel?
  • Wanneer is 'n mengsel 'n oplossing?
  • Hoe kan mengsels in verskillende materiale geskei word?

Mengsels van materiale


Wat is 'n mengsel? 'n Mengsel is twee of meer verskillende materiale wat saamgemeng is.

In sommige mengsels is die verskillende materiale duidelik sigbaar na vermenging. 'n Mengsel van grondbone en rosyne is 'n voorbeeld van so 'n mengsel. Hoe kan ons die grondbone en rosyne skei? Wel, ons kan eenvoudig die rosyne tussen die grondbone uithaal!

'n Mengsel van grondbone en rosyne.

Kan jy dink aan ander mengsels waarin die verskillende materiale duidelik sigbaar is na vermenging? Kyk na die prente hieronder vir 'n paar idees.

'n Mengsel van verskillende kleure jellieboontjies.
'n Mengsel van verskillende vrugte in 'n vrugteslaai.
'n Mengsel van swane en eende op 'n meer.
'n Mengsel van rooi, groen, geel en oranje rissies.
'n Mengsel van pienk, geel en wit blomme.
'n Mengsel van verskillende skulpe op die strand.

In ander mengsels is die materiale so goed vermeng dat dit lyk asof die een materiaal in die ander 'verdwyn' het. Sulke mengsels word oplossings genoem. Ons sal binnekort meer oor oplossings leer.

Die maak van mengsels

Eerste gaan ons 'n bietjie pret hê met die maak van mengsels.

Die vermenging van vaste stowwe


MATERIALE

  • 500g sak vol gars (boontjies of lensies sal ook werk)
  • 500g sak vol rys
  • Klein pakkie suiker
  • Skoon sand (van die strand of van 'n bouterrein)
  • Plastieklepels om mee te skep
  • Klein jogurtbakkies of papierbekers om mee te meng
  • Sif (die soort wat gebruik word om meel mee te sif)

Die sif wat benodig word moet grof genoeg wees om al die suiker deur te laat. 'n Voorstel is dus om die suiker vooraf te sif. Wat ook al deur die sif gaan kan dus in die klas gebruik word.

INSTRUKSIES (Deel 1):

  1. Plaas 10 skepsels gars in die mengbak.
  2. Plaas 10 skepsels rys in die mengbak.
  3. Roer die gars en rys totdat dit goed gemeng is.
  4. Beantwoord die vrae hieronder.

VRAE:

Kan jy nog die individuele rys- en garskorrels sien?


Ja.

Teken 'n prent van die mengsel.





Skei die mengsel in 'n hoop ryskorrels en 'n hoop garskorrels. Skryf 'n sin neer om te verduidelik hoe jy die mengsel geskei het.



Die leerders mag antwoord: 'Ek het die garskorrels een-vir-een tussen die rys uitgehaal', of 'Ek het die ryskorrels een-vir-een tussen die gars uitgehaal'.

Het die gars- en ryskorrels enigsins verander, of lyk hulle nog dieselfde as voordat hulle vermeng is?


Die korrels lyk dieselfde.

INSTRUKSIES (Deel 2):

  1. Plaas 10 skepsels rys in die mengbak.
  2. Plaas 10 skepsels suiker in die mengbak.
  3. Roer die suiker en rys totdat dit goed gemeng is.
  4. Beantwoord die vrae hieronder.

VRAE:

Kan jy nog die individuele rys- en suikerkorrels sien?


Ja.

Teken 'n prent van die mengsel.





Skei die mengsel in 'n hoop ryskorrels en 'n hoop suikerkorrels. Skryf 'n sin neer om te verduidelik hoe jy die mengsel geskei het.



Die leerders mag antwoord: 'Ek het die ryskorrels een-vir-een tussen die suiker uitgehaal'

Kan jy aan 'n vinnige manier dink om die mengsel te skei deur van 'n sif gebruik te maak? Beskryf wat jy sal doen om die mengsel te skei. Beskryf wat met die mengsel sal gebeur.



Ek sal die mengsel in die sif plaas. Die suikerkorrels sal deur die sif val, en die ryskorrels sal agterbly.

Het die suiker- en ryskorrels enigsins verander, of lyk hulle nog dieselfde as toe voor hulle vermeng is?


Die korrels lyk dieselfde.

INSTRUKSIES (Deel 3):

Onderwysersnota: Hierdie deel van die aktiwiteit moet goed deur die onderwyser beplan word. Die suiker en sand moet van dieselfde gemiddelde korrelgrootte wees, en moet vooraf gesif word om seker te maak dat dit wel die geval is. Die impak van die onbruikbaarheid van die sif in hierdie geval sal andersins verlore gaan.

  1. Plaas 10 skepsels sand in die mengbak.
  2. Plaas 10 skepsels suiker in die mengbak.
  3. Roer die suiker en die sand totdat hulle goed vermeng is.
  4. Beantwoord die vrae hieronder.

VRAE:

Kan jy nog die individuele sand en suikerkorrels sien?


Ja.

Teken 'n prent van die mengsel.





Kan jy die mengsel in 'n hoop sandkorrels en 'n hoop suikerkorrels skei? Hoe lank sal dit neem om die sandkorrels een-vir-een tussen die suikerkorrels uit te haal?



Die leerders mag antwoord:'Dit sal moontlik wees, maar dit sal 'n baie lang tyd neem.'

Dink jy dat dit moontlik sal wees om die mengsel met 'n sif te skei? Hoekom dink jy so?



Dit sal nie moontlik wees om die mengsel met 'n sif te skei nie, want die suikerkorrels en sandkorrels is beide klein genoeg om deur die sif te val.


In die vorige aktiwiteit het ons vaste materiale met verskillende korrelgroottes vermeng, en geleer dat:

  • wanneer die korrels groot genoeg is, ons hulle met die hand kan skei; en
  • wanneer twee materiale korrels van verskillende groottes het, kan hulle deur sifting geskei word.

In die volgende aktiwiteit gaan ons mengsels van vaste stowwe en vloeistowwe ondersoek.

Die vermenging van 'n vaste stof en 'n vloeistof


MATERIALE:

  • skoon sand (vanaf 'n strand of vanaf 'n bouterrein)
  • plastic spoons for scooping
  • klein jogurtbakkies of papierkoppies vir vermenging
  • sif (van die soort waarmee meel gesif word)
  • kombuiswaslap of papierhandoek

INSTRUKSIES

  1. Plaas 5 skepsels sand in 'n mengbak
  2. Gooi water in die mengbak totdat dit halfvol is.
  3. Roer die sand en water totdat dit goed gemeng is.
  4. Beantwoord die vrae hieronder.

VRAE:

  1. Kan jy nog die individuele sandkorrels sien?


    Ja.

  2. Teken 'n prent van die mengsel.





  3. Kan jy die mengsel skei in 'n hoop sandkorrels en water? Hoe lank sal dit neem indien jy die sandkorrels een-vir-een uit die water haal?



    Die leerders mag antwoord: 'Dit sal moontlik wees maar dit sal baie lank neem'.

  4. Sal dit moontlik wees om die sand van die water met 'n sif te skei? Sê hoekom of hoekom nie.



    Nee, dit sal nie moontlik wees nie, omdat die sand en water beide deur die sif sal gaan.

  5. Sal dit moontlik wees om die sand van die water te skei deur 'n papierhanddoek te gebruik? As jy dink dat dit moontlik is, verduidelik wat jy sal doen.




    Ja, dit sal moontlik wees. Ek sal die mengsel deur die handdoek gooi. Die sand sal agterbly, terwyl die water daareur sal gaan.

  6. Dink jy dit sal moontlik wees om suiker en water op dieselfde manier te skei (deur die mengsel deur 'n handdoek te filtreer)? Sê hoekom of hoekom nie.



    Ek dink dit sal nie moontlik wees nie, omdat die suiker in die water sal oplos en ook deur die handdoek sal gaan.


In die vorige aktiwiteit het ons 'n vaste materiaal (sand) met 'n vloeistof (water) vermeng, en geleer dat 'n mengsel van 'n vloeistof en 'n vaste stof soms deur middel van filtering geskei kan word. In hierdie aktiwiteit was die handdoek as filter gebruik.

Is dit moontlik om vloeistowwe te vermeng? Kan jy dink aan voorbeelde van mengsels van vloeistowwe? Kyk na die prent hieronder vir 'n paar idees.

Sap is 'n mengsel van vloeistowwe. http://www.flickr.com/photos/horiavarlan/4268285083/
So, wanneer ek koeldrank-konsentraat by water voeg om my geliefkoosde drankie te maak, is ek besig om 'n vloeistofmengsel te maak?

Dis reg, Tom. Kom ons kyk na 'n paar vloeistowwe wat nie so maklik is om saam te meng nie.

Vermenging van vloeistowwe


MATERIALE

  • water
  • kookolie
  • plastic spoons for scooping
  • klein glas of deurskynende plastiekbekertjie vir vermenging

INSTRUKSIES

  1. Plaas 10 skepsels water in die mengbak.
  2. Plaas 10 skepsels kookolie in die mengbak.
  3. Roer die olie en water totdat hulle goed gemeng is.
  4. Laat die mengsel vir 'n paar minute staan, en beantwoord dan die vrae hieronder.

VRAE:

  1. Het die vloeistowwe vermeng? Beskryf waarna die mengsel gelyk het.



    Die twee vloeistowwe het nie vermeng nie. Daar is twee lae vloeistof.

  2. Teken 'n prent van die mengsel.





  3. Dink jy dit sal moontlik wees om al die olie uit die water te skep? Hoe lank dink jy sal dit neem?



    Die leerderes mag antwoord: 'Dit sal moontlik wees om van die olie uit te skep, maar dit sal 'n baie lang tyd neem. Ek dink nie dit sal moontlik wees om al die olie uit die water te kry nie.'

  4. Sal dit moontlik wees om die vloeistowwe te skei met behulp van 'n sif of filter? Sê waarom of waarom nie.



    Nee, dit sal nie moontlik wees nie, omdat die olie en die water beide deur die sif en filter sal gaan.

  5. Kan jy aan 'n ander manier dink om die mengsel in olie en water te skei? Indien jy dink dat dit moontlik sal wees, verduidelik wat jy sal doen.


    Leerders mag voorstel dat die olie van die water afgegiet (gedekanteer) word.

  6. Dink jy dit moontlik sal wees om 'n mengsel van sap en water te skei met enige van die metodes wat ons tot dusver gebruik het (hand-skeiding, sifting, filtrering of dekantering)? Sê hoekom of hoekom nie.




    Ek dink nie dit sal moontlik wees nie, omdat sap en water te deeglik vermeng sal wees.

Die regte rede is dat die sap in water opgelos sal wees, wat beteken dat die twee stowwe op die vlak van individuele deeltjies vermeng is, maar leerders hoef hierdie nog nie in woorde te stel nie.


In die vorige aktiwiteit het ons twee vloeistowwe (water en olie) vermeng, en geleer dat twee vloeistowwe somtyds deur dekantering geskei kan word.


Die skeiding van mengsels

In die volgende afdeling gaan ons die verskillende maniere om megsels te skei opsom. Ons het verskillende mengsels gemaak, en hulle probeer skei deur gebruik te maak van verskeie metodes. In hierdie afdeling gaan ons hierdie skeidingmetodes hersien.

Die skeiding van mengsels


INSTRUKSIES (Deel 1)

Die tabel hieronder bevat prente van mengsels.

  1. Vir eke mengsel in die tabel, skryf in die middelste kolom neer watter materiale dit uit bestaan.
  2. Skryf in die regterkantste kolom neer hoe jy dit sou skei.

Prent van 'n mengsel

Materiale in die mengsel

Hoe die mengsel geskei kan word

Grondbone en rosyne

Haal die rosyne een-vir-een uit die mengsel. Die grondbone sal agterbly.

Spaghetti en frikadelle

Haal die spaghetti uit die sous, wat sal agterbly.

Perske, pruim, piesang en bessies

Haal die bessies uit, gevolg deur die piesangstukke ens., totdat al die bestanddele geskei is.

Seuns en meisies

Vra die seuns om aan die een kant van die klas te staan, en die meisies aan die ander kant.

INSTRUKSIES (Deel 2)

Die tabel hieronder bevat beskrywings van mengsels.

  1. Vir elkeen van die mengsels op die tafel, skryf in die middelste kolom neer uit watter toestande (vaste stof, vloeistof of gas) dit bestaan.
  2. Skryf in die regterkantste kolom neer hoe jy dit sou skei.

Beskrywing van mengsel

Toestande in die mengsel

Hoe die mengsel geskei kan word

Water en olie

Vloeistof en vloeistof

Dekanteer die olie van die bokant af

Water en sand

Vloeistof en vaste stof

Dekanteer die water van die sand af, of filtreer die mengsel.

Suiker en rys

Vaste stof en vaste stof.

Haal die rys tussen die suiker uit, of sif die mengsel deur 'n sif waarvan die gaatjies klein genoeg is om die suiker deur te laat, maar nie die ryskorrels nie.



Dit is moontlik om materiale in baie verkillende kombinasies te vermeng. In 'n mengsel verander die materiale wat vermeng is nie. Hulle behou hulle individuele eienskappe. Soms is dit moontlik om 'n mengsel weer in sy afsonderlike materiale terug te skei.

  • 'n Mengsel bestaan uit twee of meer verskillende materiale wat vermeng is.
  • Somtyds kan mengsels weer in die afsondelike materiale geskei word.
  • Sommige van die maniere wat gebruik kan word om mengsels te skei is: sifting, filtrering, hand-skeiding, en afsakking gevolg deur dekantering
  • Wanneer 'n materiaal vanaf 'n vaste stof na 'n vloeistof verander, word dit smelting genoem.
  • Wanneer 'n materiaal 'n oplossing in 'n ander materiaal vorm, word die proses oplossing genoem.
  • Smelting en oplossing is twee verskillende prosesse.


Wat is 'n mengsel?


'n Mengsel word gemaak wanneer ons twee of meer materiale vermeng.

Lys ses verskillende maniere waarop vaste stowwe, vloeistowwe en gasse gekombineer kan word om mengsels te vorm.







Kombineer 'n vaste stof met 'n vaste stof.

Kombineer 'n vaste stof met 'n vloeistof.

Kombineer 'n vaste stof met 'n gas.

Kombineer 'n vloeistof met 'n vloeistof.

Kombineer 'n vloeistof met 'n gas.

Kombineer 'n gas met 'n gas.

Het jy geweet dat die lug wat ons inasem eintlik 'n mengsel van gasse is? Die sirkeldiagram hieronder toon al die verskillende gasse in skoon lug.
  1. Gebruik die inligting in die sirkeldiagram en maak 'n lys van al die gasse wat in skoon lug gevind word.



  2. Watter gas is die volopste in lug? (Watter gas word in die grootste hoeveelheid in lug gevind?) Watter persentasie van hierdie gas is teenwoordig in skoon lug?


  3. Watter persentasie suurstof is teenwoordig in skoon lug?


  4. As jy 5000 lugdeeltjies het, hoeveel van hierdie deeltjies sal suurstofdeeltjies wees?




  1. Stikstof, suurstof, argon, koolstofdioksied, en ander gasse.
  2. Stikstof, 78%.
  3. 20.9%
  4. 20.9% uit die 5000 deeltjies is suurstofdeeltjies.

    Daarom is die aantal suurstofdeeltjies = 20.9 % van 5000

    = (20.9 / 100) x 5000

    = 1045 suurstofdeeltjies.