Verwerk stowwe


  • Hoe kan ons nuwe stowwe maak?
  • Hoe affekteer die hoeveelheid van 'n stof waarmee ons begin die hoeveelheid van die nuwe stof wat ons kan maak?

Bekendstelling van die eenheid

Die eenheid behandel die verskillende maniere waarop stowwe verwerk kan word. Die belangrikste boodskap is dat nuwe stowwe, nuwe eienskappe het en dat daar altyd 'n rede vir verwerking is. Ons wil stowwe in beter stowwe verander soos om metaal (staal) te maak wat nie sal roes nie, maar wat al die ander goeie eienskappe van yster het (krag en duursaamheid). Hierdie eenheid lê die basis dat leerders Mengsels kan verstaan, wat in Gr 6 behandel word. Materie en Materiale.

Wanneer ons stowwe kombineer, maak ons nuwe stowwe. Die eienskappe van die nuwe stowwe is anders as die eienskap van die stof waarmee ons begin het.

Daar is baie maniere om stowwe te verwerk om nuwe stowwe te vorm. Daar is ook baie redes waarom ons stowwe sal wil verwerk om nuwe stowwe te maak.

Wanneer ons koek bak, verwerk ons meel, eiers en ander bestanddele (wat dalk nie baie lekker proe op hul eie nie) tot 'n koek wat regtig lekker proe!

Ons verwerk stowwe om hulle sterk en meer duursaam of waterdig te maak of selfs om hulle mooier of interessanter te maak. Nuwe stowwe wat vorm na ons verskillende stowwe gemeng het word mengsels genoem.

Mmmmm, lekker! Ek dink ek gaan van hierdie hoofstuk hou as ons gaan koeke maak!

Ons gaan pret hê, Tom, en ter selfdertyd leer oor verskillende maniere om stowwe te kombineer.

Kombineer stowwe


Verwerk(werkwoord): Om stowwe te verwerk beteken om dit met ander stowwe te kombineer of te meng en/of om dit in iets nuut te verander deur die aan een of meer prosesse bloot te stel (verhitting, afkoeling, ontbranding, smelting, onder druk plaas ens).

Ons het geleer dat yster oor tyd roes, en dat die proses vinniger gebeur wanneer dit in kontak kom met water. Het jy al roes gesien op die messe en vurke by julle huis? Seker nie, né. Dit is omdat hulle nie van yster nie, maar van vlekvrye staal gemaak is. Wat is vlekvrye staal?

'n Navorsingsprojek om meer te leer oor vlekvrye staal.


Hierdie projek kan of individueel of in pare gedoen word. As toegang tot 'n biblioteek of die internet 'n probleem is, moet ensiklopedieë, boeke en tydskrifte in die klas beskikbaar gestel word. Dit is dalk 'n goeie idee om die volgende skakel uit te druk en vir jou leerders beskikbaar te stel: http://encyclopedia.kids.net.au/page/st/Stainless_steel. Leerders kan die projek voltooi terwyl julle die res van die aktiwiteite en inhoud in die klas behandel.

Vlekvrye staal word gemaak deur yster en ander metale te kombineer om dit sterker te maak en roes te voorkom. Deur yster met ander metale te verwerk om dit in vlekvrye staal te verander kan ons dit in nat omgewings gebruik. Waterkrane en pype is soms van staal gemaak. Sommige instrumente wat dokters gebruik om mense te opereer is van staal gemaak en so ook baie van die potte en panne wat ons gebruik as ons kook.

Vlekvrye staal krane in die bad.
Kyk na die blink pot wat van vlekvrye staal gemaak is. http://www.flickr.com/photos/dinnerseries/5884182567/

AANWYSINGS

  1. Jou opdrag is om so veel moontlik oor vlekvrye staal uit te vind.
  2. Jy mag boeke of die internet gebruik. Jy kan ook mense in jou familie of gemeenskap vra wat hulle van vlekvrye staal weet.
  3. Die proses om goed uit te vind oor 'n onderwerp word Navorsing genoem.
  4. Jy kan die volgende vrae gebruik om jou navorsing te rig:
    1. Wat is vlekvrye staal?
    2. Wat is die hoofkomponent van vlekvrye staal?
    3. Watter ander metale is in vlekvrye staal?
    4. Hoekom word ander metale bygevoeg om vlekvrye staal te maak?
    5. Is daar verskillende soorte vlekvrye staal?
    6. Waarvoor word vlekvrye staal gebruik?
  5. Sodra jy al jou inligting bymekaar gemaak het, moet jy 'n kortverhaal met die titel: Vlekvrye Staal skryf.
  6. Jy kan prente gebruik om jou storie interessanter te maak en dit as of 'n pamflet of 'n plakkaat aanbied.

Kom ons kyk na nog maniere om stowwe te kombineer en te verwerk.

Jy hoef nie al die aktiwiteite in hierdie afdeling te doen nie, maar leerders moet ten minste 2 verskillende maniere van stowwe verwerk en meng ervaar. CAPS het egter 3.5 weke uitgesit vir hierdie afdeling, so jy mag vind dat jy genoeg tyd het om 'n hele paar aktiwiteite te doen en leerders die kans gee om eerstehands die meng van stowwe te ervaar. Die volgorde van hierdie aktiwiteite is effe anders as wat in CAPS voorgestel word, sodat een aktiwiteit op 'n vorige volg.

Meng

Wanneer ons stowwe met mekaar meng, verskil die eienskappe van die nuwe stof of produk van die eienskappe van die stowwe waarmee ons begin het. Onthou jy wat die woord eienskappe beteken? Jy het in die vorige hoofstuk daarvan geleer toe jy na die eienskappe van metale en nie-metale gekyk het. Kom ons maak wondergom en leer meer hieroor.

Maak gom


Hierdie is 'n vinnige en maklike aktiwiteit om die bogenoemde konsep oor die verskil in eienskappe tussen die eindproduk en die stowwe waarmee jy begin te demonstreer. Sit die meel en water in aparte bakke en laat leerders toe om hulle hande daarin te sit en die eienskappe te beskryf. Dit mag dalk 'n bietjie morsig word as leerders elkeen hul eie stowwe meng, so jy kan dit as 'n demonstrasie voor in die klas doen.

MATERIALE:

  • meel
  • water
  • 2 bakke vir die meel en die water
  • 'n bak om in te meng
  • stukke papier

INSTRUKSIES

  1. Ons gaan 'n wondergom maak deur meel en water te gebruik.
  2. Jy moet eers na die eienskappe van meel en water kyk voordat ons hulle meng. Beskryf die eienskappe van meel en water.
  3. Eksperimenteer nou met verskillende hoeveelhede water en meel om 'n taai deeg te maak.
  4. Kyk of jy stukke papier aan mekaar kan laat vassit met die gom wat jy gemaak het!
  5. Beskryf die eienskappe van die deeg/gom wat jy gemaak het.

VRAE

Hoe het die meel gevoel voor dit met die water gemeng is?
.

Droog, poeierig, sag

Hoe sal jy die eienskappe van gewone water beskryf?
.

Nat, vloeibaar, kan skink, vul die houer waarin dit gegooi word ens.

Wat is die eienskappe van die deeg/gom wat jy kry nadat jy die meel en water gemeng het?

.

Taai, nat, meer solied as water ens.

Onthou jy dat jy geleer het van die fases van materie? In watter fase is die meel en die water voor jy dit gemeng het?
.

Meel is 'n vastestof, water is 'n vloeistof.

In watter fase van materie is die deeg/gom?

.

Afhangend van die konsistensie van die deeg/gom wat gemaak is, kan dit meer neig na 'n vloeistof as daar meer water is, of meer soos 'n vastestof wees as daar meer meel is. As die deeg/gom droog word, word dit 'n vastestof.


Het jy enige van die deeg/gom wat jy in die aktiwiteit gemaak het op jou vingers gekry? Dit het miskien al begin droog en hard word? Partykeer wanneer ons stowwe kombineer moet ons dit laat hard word/stol.


Meng en stol.

Het jy al jellie geproe? Jellie kom in verskillende kleure en geure? Wat is jou gunsteling?

Om jellie te maak moet ons die jelliepoeier in warm water oplos. Wanneer die oplossing van jelliepoeier in water afkoel gebeur iets baie spesiaal. Die oplossing stol en verander in 'n heerlike, drillerige soet bederf! Die jelliepoeier is verwerk na iets nuut! Dit is waaroor die volgende aktiwiteit gaan.

Jellie maak.


Jellie moet oornag in 'n koel plek stol - hou dit in gedagte wanneer julle hierdie aktiwiteit begin doen. Dit sal beter wees as die onderwyser self met die warm water werk eerder as dat die leerders dit doen. Party leerders kan jellie skool toe bring en ander kan vrugte bring om in die jellie in te sny voor die jellie stol. Dit kan ook meer higiënies wees om 'n klein bietjie droë jellie eenkant te sit vir die leerders om aan te vat en te proe, eerder dat hulle hul vingers in die jellie druk wat jy gaan aanmaak. Jy kan die jellie ook in klein joghurthouertjies of ysbakkies laat stol sodat die leerders dit die volgende dag kan geniet.

MATERIALE:

  • 'n pakkie jelliepoeier
  • 'n bak
  • 'n koppie vir afmetings
  • warm en koue water
  • lepel om mee te meng

AANWYSINGS

  1. Lees die instruksies op die pakkie.
  2. Gooi die jelliepoeier in die bak.
  3. Kyk mooi na die jelliepoeier. Hoe lyk dit?
  4. Raak aan die jelliepoeier met jou vinger. Hoe voel dit?
  5. Sit 'n paar korrels jelliepoeier op jou tong. Hoe proe dit?
  6. Skryf jou bevindinge in die tabel hier onder neer.
  7. Volg die instruksies op die pakkie om die jellie te maak.
  8. Laat die jellie afkoel tot dit gestol het.
  9. Beskryf die eienskappe van die voorbereide jellie soos jy die stowwe waarmee jy begin het beskryf het.

Hier is 'n paar woorde wat jy dalk kan gebruik. jy mag ook jou eie woorde gebruik.

vloeibaar, helder, soet, taai, deurskynend, drillerig, solied, gelatienagtig (jellie-agtig)

Tabel met observasies

Eienskappe

Droë jelliepoeier (voor jy dit meng)

water

(voor jy dit meng)

Voorbereide jellie

(na dit gestol het)

Hoe lyk dit?

Hoe voel dit?

Hoe proe dit?

VRAE

Met watter stowwe het jy begin? (Hierdie word die beginstowwe genoem).

Jelliepoeier, water, vrugte (opsioneel)

Wat gebeur met die jelliepoeier wanneer jy dit met water meng?



Leerders mag dalk iets skryf soos: Die jelliepoeier meng met die water en "verdwyn".

Jy moet leerders aanmoedig om mooi te dink oor die gebruik van die woord "verdwyn". Het die jelliepoeier regtig verdwyn of het dit net van vorm verander? Watter bewyse is daar dat dit nog bestaan? Die jelliepoeier het die water verkleur wat bewys dat dit nog bestaan.

Waarom is die water nou 'n ander kleur?

Die jelliepoeier het met die water gemeng en dit verander die kleur van die water.

Die volgende vrae kan eers beantwoord word nadat die jellie gestol het, verkieslik in die volgende Wetenskaples.

Hoe het die jelliemengsel verander toe dit afgekoel het?

Die jelliemengsel was eers vloeibaar en het toe styf geword toe dit afgekoel het.

Skryf 'n kort paragraaf waarin jy beskryf hoe die proses die eienskappe van die jellie verander het.

Probeer so veel as moontlik van die volgende woorde in jou paragraaf gebruik.

ondersoek, poeier, poeierig, sand, water, verdwyn, kleur, verander, mengsel, styf.






Leerders mag iets skryf soos: Toe ons die ondersoek begin het was die jellie poeierig, soos sand. Toe ons dit met water gemeng het, het die jelliepoeier gelyk of dit verdwyn het, maar ons het geweet dit is nog daar omdat dit die kleur van die water verander het. Toe die jelliemengsel afgekoel het, het dit styf geword.



Aarbei jellie http://www.flickr.com/photos/kfoodaddict/6119407106/

In die prent hier bo het ons aarbeie by die jellie gegooi nadat dit met water gemeng is, maar voor dit afgekoel is om te stol. Dit lyk heerlik! Ons kan sê dat die aarbeie in die jellie vasgelê is.

Die woord vasgelê gaan weer later gebruik word wanneer die konsep van stowwe, in byvoorbeeld beton, vaslê om dit te versterk bespreek word. Dit is die moeite werd om hier te verduidelik wat dit beteken.

In die vorige aktiwiteit het ons gesien dat jellie stol. Jellie is nie die enigste stof wat stol nie. Ons gaan binnekort ander stowwe ondersoek wat stol.

Het jy al gekyk hoe bouers beton meng wanneer hulle 'n muur of 'n huis wil bou? Kyk na die mense in die prent hier onder. Wat doen hulle?

Die mense in die prent is besig om sand en water te meng met bou sement. Die mengsel van sand, water en sement word beton genoem. Beton is soos modder wanneer dit nat is, maar sodra dit uitdroog word dit 'n sterk, harde stof. Beton kan ook gebruik word om bakstene en plaveisel te maak en om mure te pleister.

In die eerste prent gebruik mense grawe om die beton te meng. Hulle gebruik grawe soos ons lepels sal gebruik om suiker in 'n koppie tee te meng. Die mense gebruik hul spiere om die werk te doen om die beton te meng.

Meng sement deur grawe te gebruik.

Jy kan maklik verwys na ander areas in die kurrikulum wat verband hou met Energie en Verandering en Lewe en Leefwyse.

In die tweede prent word die masjien aan die regterkant 'n sementmenger genoem. Hierdie masjien meng al die bestanddele deur hul meganies te draai, soos 'n elektriese voedselmenger. Elektriese energie doen al die werk wat nodig is om die beton te meng.

Meng sement met 'n menger
'n Sementmenger

In die volgende aktiwiteit gaan ons bakstene maak deur sand en water en bietjie gips te gebruik ('n stof wat baie dieselfde as sement is.)

Maak bakstene


  • Gips kan by die meeste apteke of hardeware winkels gekoop word. Soek 'n ou ysbakkie wat as gietvorm vir die bakstene gebruik kan word en later weggegooi kan word of weer volgende jaar vir dieselfde doel gebruik kan word.
  • As jy nie naby 'n strand of sanderige area is waar jy sand vir jou "bakstene" kan kry nie, kan jy kyk of daar nie 'n bouperseel naby is nie en daar vra of jy 'n emmer sand vir jou wetenskapklas kan kry.
  • 'n Merkpen (koki) sal handig wees wanneer jy moet merk hoeveel gips in die houer is.
  • Wanneer stowwe wat nie kos is nie ondersoek word, is dit belangrik om te beklemtoon dat chemikalieë nooit geproe moet word nie.
  • In die 4e kwartaal gaan leerders 'n model van 'n fossiel uit gips of Polyfilla maak. Jy kan dan terug verwys na hierdie aktiwiteit en hulle herinner aan die eienskappe van gips.

MATERIALE:

  • gipspoeier
  • water
  • skoon sand (of sanderige grond) (sand van die strand of bousand sal goed werk)
  • 'n leë ysbakkie
  • roomysstokkies of plastiek teelepels om mee te meng en te skep
  • 2 leë 1 liter joghurthouers: een om in af te meet en een om in te meng.

AANWYSINGS

Kyk na die stowwe waarmee jy begin en voel dit tussen jou vingers. Skryf hulle eienskappe in die tabel hier onder. MOENIE enige van die stowwe proe nie! (Mens proe NET kos.)

Eienskappe

Gips

Sand

water

Hoe lyk dit?

Hoe voel dit?

Maak sandstene:

  1. Meng van die sand met water om 'n stewige modder te maak. Maak drie of vier van die holtes in jou ysbakkie vol modder.
  2. Wanneer hierdie bakstene droog is, sal hulle sandbakstene wees.
  3. Dink jy hulle sal sterk en duursaam wees?

Maak "beton" bakstene:

Gips word gou hard en gee 'n redelike groot hoeveelheid hitte in die proses af. Maak seker dat leerders kennis neem van die observasie dat die mengsel warm word wanneer dit hard word. Help hulle om hul idees te formuleer deur vrae soos: "Waarom raak die mengsel warm" en "Wanneer word goed warm?" te vra. Jy wil hê hulle moet besef dat goed warm voel wanneer hulle energie/hitte vrystel. Wanneer jy dit meng moet die gips en die sand in die verhouding 1:2 wees.

  1. Gooi al die gipspoeier in die maathouer. Meet die hoeveelheid poeier in die houer deur 'n merkie aan die buitekant van die houer met 'n pen te maak. Gooi die gips in die menghouer.
  2. Gooi sand in die menghouer, tot by die merkie wat jy in stap 1 gemaak het.
  3. Gooi die sand by die gips in die menghouer.
  4. Herhaal stap 2 en 3 een keer.
  5. Gooi water in die maathouer tot by die merkie wat jy in stap 1 gemaak het.
  6. Gooi die water by die sand en die gips en meng goed met 'n stok. Jy het nou nat "beton" gemaak. Jy moet vinnig werk - dit word gou hard.
  7. Skep die nat "beton" in die leë holtes van die ysbakkie. Maak hulle almal ewe vol sodat jou bakstene almal dieselfde grootte is. Maak seker die bokant van elke baksteen is plat sodat jy hulle later maklik op mekaar kan pak.
    1. Wanneer hierdie bakstene droog is, sal hulle "beton" bakstene wees. Dink jy hulle sal sterk en duursaam wees?
  8. Was jou hande ordentlik.
  9. Los al die bakstene om oornag hard te word. Wanneer die bakstene hard is kan hulle uit die ysbakkie gehaal word en vir 'n paar dae op 'n sonnige plek gesit word om uit te droog.
  10. Wanneer die bakstene droog is kan jy hulle gebruik om iets interessant te bou.
  11. Bestudeer albei soorte bakstene en skryf jou observasies in die tabel hier onder neer.

Eienskappe

Nat sand

Sandbaksteen

Nat "beton"

"Beton" baksteen

Hoe lyk dit?

Hoe voel dit?

Is it strong and durable? (Yes or No)

VRAE

Watter materiale het jy mee begin?

Sand, gips en water.

Hoe het die 'betonmengsel' gevoel nadat jy dit gemeng het? Het dit warmer of kouer geword?

Die mengsel het warmer gevoel.

Moedig leerders aan om te dink in terme van die konsep van temperatuur: "Dit beteken dat die temperatuur hoër was (verhoog).

Waar dink kom die hitte vandaan?

Leerders mag sê: "Vanuit die rou-materiale".

Onderwysersnota: Hierdie is 'n geleentheid om leerders te kry om te besef dat wanneer materiale gemeng word, hulle somtyds verander.

U kan dan vra: "Het die rou-materiale warm gevoel?", waarop leerders behoort te antwoord: "Nee."

Dan: "Wanneer het dit begin om warm te voel?". "Wanneer die materiale gemeng is."

"Wat dink julle het gebeur toe die materiale gemeng is wat veroorsaak het dat hulle warm geword het?" Van die leerders mag nou woorde soos "reageer" of "reaksie" begin gebruik. U kan dan noem dat dit energie is wat vrygestel word wanneer die rou-material met mekaar reageer. Ons neem hierdie energie waar as hitte/warmte wat ons voel.

Dink jy dat sand en water alleen goeie materiaal sal wees om bakstene van te maak? Sê hoekom (of hoekom nie).

As sandbakstene swak was en maklik platgedruk kon word, mag leerders antwoord: "Sand en water is nie 'n goeie genoeg materiaal nie omdat die stene nie sterk genoeg sal wees nie".

Het die toevoeging van gips tot die sand die stene beter gemaak. In watter opsig?

Onderwysersnota: hier is dit belangrik om die idee oor te dra dat die gips as bindmiddel dien om die sandkorrels aanmekaar te hou.

Die sand-en-gips bakstene behoort sterker te wees as die bakstene wat slegs van sand gemaak is, en dus mag leerders antwoord dat die bakstene wat van sand en gips gemaak is sterker is as die sandbakstene.

Kan jy dink aan ander materiale wat ons by die mengsel van gips en sand kan byvoeg om die bakstene selfs sterker te maak?


Hier kan u die leerders toelaat om hulle verbeeldings te gebruik: sommige materiale wat genoem kan word mag insluit: sement, klippe, rots, ens. Hierdie vraag is 'n ideale inleiding tot die bekendstelling van die konsep van versterking. U kan die betekenis van die woord 'krag' gebruik om die idee van 'sterker' en om iets 'sterker te maak' in die gesprek in te bring.


Regte bakstene word eintlik gemaak deur die bakstene in 'n oond te verhit om hulle te bak en hard te maak. 'n Pottebakker is iemand wat voorwerpe soos potte uit nat klei uit maak. Sodra die potte uitdroog het en verhit is, raak die klei hard.

Hierdie kleipotte is uitgedroog en hulle is nou-net in 'n oond geplaas om verhit te word. http://www.flickr.com/photos/bptakoma/3402706921/

Ons het geleer dat ons somtyds materiale sterker kan maak as ons ander materiale by hulle voeg. Wanneer ons materiale sterker maak deur ander materiale by hulle te voeg, sê ons ons versterk dit. In die aktiwiteit wat jy nou-net voltooi het, was die stene wat van 'beton' (sand en gips) gemaak was, sterker as die stene wat van sand alleenlik gemaak was. Die gips dien as bindingsmiddel om die sandkorrels aanmekaar te hou.

In die volgende aktiwiteit sal ons kyk na prente wat wat voorbeelde toon van hoe beton versterk kan word. Daar sal 'n paar vrae wees om jou te help dink oor elke proses.

Die versterking van beton


AANWYSINGS

Kyk na die prent hieronder wat 'n stuk betonmuur toon.

Die beton lyk asof daar klein klippies daarby ingemeng is.

'n Naby-foto van 'n betonblad.http://www.flickr.com/photos/mrfussyfont/4858831798/
  1. Kan jy sien daar iets in die beton ingemeng is?

  2. Hoe het die klippies binne-in die beton gekom?

    Die klippies is in die beton ingemeng toe dit nog nat was.

  3. Hoekom dink jy is die beton saam met klein klippies vermeng? (Leidraad: Is klip 'n sterk materiaal?)

    Die klippe is in die beton ingemeng om dit sterker te maak. (Hier mag u die gebruik van die woord 'versterk' aanmoedig).

  4. Wat word die proses genoem waarin ons 'n materiaal sterker maak deur dit te vermeng met 'n ander materiaal?

    Versterking.

Kyk na die prent hieronder. Dit wys hoe 'n vloer voorberei word vir versterking met staalstawe.

'n Gedeelte van 'n vloer wat voorberei word.
Die vloer in die prent is binne 'n motorhuis. Hoekom dink moet die beton met staalstawe versterk wees? (Leidraad: Hoekom sou dit nodig wees vir die motorhuisvloer om ekstra sterk te wees?)

Die vloer moet sterk wees omdat die motorhuis gebruik mag word om 'n motor of 'n vragmotor of swaar toerusting in te stoor.

Die volgende prent toon 'n gebou wat onder konstruksie is.

'n Nuwe gebou.
Kan jy die staalstawe wat in die lug opsteek sien? Wat dink jy sou hul doel wees?

Die staalstawe is daar om die mure te versterk.

Hoekom benodig die gebou 'n struktuur wat ekstra sterk is?

(Die doel van geboue is om mense en dinge te beskerm. Hierdie lyk asof dit 'n groot gebou mag wees, bedoel om baie mense en dinge soos toerusting,rekenaars en meubles, te bevat). Leerders mag skryf: "Die gebou moet ekstra sterk wees om die mense en dinge te beskerm, en om stabiel genoeg te wees om in een stuk te bly en nie om te val nie."



Om te meng en te kook

Kos kook is ook 'n vorm van prosessering. Het jy al ooit gesien hoe 'n rou eier lyk? Daardie selfde eier lyk baie anders nadat dit gekook is. Let op hoe die rou eierwit deurskynend is, maar wit is nadat dit gekook is.

'n Rou eier. http://www.flickr.com/photos/artbystevejohnson/5513243322/
'n Gebakte (gekookte) eier.

In die volgende aktiwiteit gaan ons 'n paar plaatkoekies ('flapjacks') maak. Hulle is soos pannekoeke, maar net kleiner en dikker. Ons gaan kyk hoe die rou bestanddele verander as hulle eers gemeng word, en daarna gekook word.

Kies vir my om die plaatkoekies te proe!

Kom ons maak pret met die maak van plaatkoekies!


  • Vir hierdie aktiwiteit benodig u 'n paar bestanddele, maar ook 'n eenvoudige elektriese plaatstoof of gasstoof om die plaatkoekies op te kook. 'n Elektriese handmenger sal handing wes om die bestanddele vinning te kan meng, maar 'n handklitser sal net so goed werk.
  • Plaatkoekies is baie maklik om te maak en relatief 'flaterbestand'. Hulle kan ook onmiddelik gekook word; die deegmengsel hoef nie voor die tyd te 'rus' nie.
  • Die mag meet higiënies wees om 'n klein gedeelte van die bestanddele en van die rou deegmengsel eenkant te hou vir die leerders om te raak en proe, eerder as wat hulle hul vingers voor die tyd in die materiale druk. Klein jogurtbakkies of papierglasies sal goed werk vir hierdie doel.
  • U kan die proses demonstreer eerder as wat die leerders dit self maak. Terwyl u demonstreer, kan leerders se aandag op die proses gehou word deur hulle te betrek by tel-aktiwiteite. Laat hulle die plaatkoekies tel, of eenvoudige berekeninge maak, byvoorbeeld: "As ons plaatkoekies in groepe van vier kook, hoeveel groepe sal ons nodig hê indien ons 20 plaatkoekies benodig?", of: "As ons 6 groepe plaatkoekies kook, en elke groep bevat 3 plaatkoekies, hoeveel plaatkoekies sal ons hê?" Hierdie mag 'n goeie manier wees om die natuurwetenskaps-kurrikulum met die leerders se wiskundeklasse te integreer, en dien ook om leerders voor te berei vir die aktiwiteit wat hierop volg, waarin van leerders vereis word om te dink oor hoe die hoeveelheid rou-materiaal die hoeveelheid nuwe materiaal wat gevorm word, beïnvloed.
  • Aan die einde van die aktiwiteit word van leerders vereis om 'n vloeidiagram te teken. Die teken van vloeidiagramme is handig om leerders te help om die konsep van 'n 'proses' te visualiseer.

MATERIALE (in hierdie geval bestanddele en kookapparate)

  • 2koppies meel
  • 2 1/2 teelepels bakpoeier
  • 3 eetlepels suiker
  • 1/2 teelepel sout
  • 2 groot eiers
  • 1 1/2 tot 1 3/4 koppies melk
  • 2 eetlepels gesmelte botter
  • kookolie
  • 2 mengbakke
  • bakpan
  • roerspaan
  • warmplaat om op te kook

AANWYSINGS

  1. Kyk om die beurt versigtig na elke bestanddeel. Hoe lyk elkeen?
  2. Raak aan elke bestanddeel met jou vinger. Hoe voel elkeen??
  3. Plaas 'n klein bietjie van elke bestanddeel op jou tong. Hoe proe elkeen?

Moenie woorde soos lekker, sleg, smaaklik, snaaks of eienaardig gebruik nie. Die blokkie hieronder bevat 'n paar beskrywende woorde wat jy kan gebruik:

poeierig, bruisend, soet, souterig, smaakloos, sanderig, krakerig, olierig, glad, vloeierig, melkerig, glibberig, droog, korrelagtig, bitter, skuimerig, loperig

  1. Sif die kernbestanddele saam. Die droë bestanddele is die meel, bakpoeier, suiker, en sout.
  2. In 'n afsonderlike bak, roer die eiers saam. Voeg 1 1/2 koppies melk by die eiers en meng goed.
  3. Voeg die melkmengsel by die droë bestanddele. Roer die deegmengsel totdat die klontvry is.
  4. Voeg die gesmelte botter by die deegmengsel en meng.
  5. Indien die deegmengsel te dik is om te giet, voeg 'n bietjie meer melk by.
  6. Die deegmengsel is nou gereed vir die maak van platkoeke.
  7. Kyk mooi na die deegmengsel. Skep daarvan uit die mengbak uit en raak daaraan. Lek nou jou vinger. Skryf die eienskappe van die deegmengsel in die tabel hieronder neer. (Onthou om na die blokkie hierbo te verwys vir 'n paar beskrywende woorde).
  8. Verhit die pan op die warmplaat en voeg 'n bietjie kookolie by.
  9. Wanneer die pan warm is, gebruik 'n groot lepel om skepsel van die deegmengsel in die pan te plaas. Jy moet die skepsels so plaas dat hulle nie aan mekaar raak nie.
  10. Wanneer die plaatkoeke borrelrig en 'n bietjie droog om die rante is, moet jy hulle met die spaan omdraai.
  11. Beskryf die eienskappe van die voorbereide plaatkoeke in die tabel hieronder.
  12. Nou kan jy hulle geniet, besprinkel met suiker of met stroop bedek! Lekker!

Eienskappe

Rou deegmengsel

Gebakte plaatkoek

Hoe lyk dit?

Hoe voel dit?

Hoe proe dit?

'n Stapel plaatkoeke!

VRAE

wat is die aanvangsmateriale vir hierdie aktiwiteit? Skryf hulle in die tabel hieronder neer:

Aanvangsmateriale

meel

suiker

eiers

gesmelte botter

bakpoeier

sout

melk

kookolie

Skryf 'n kort paragraaf om te beskryf hoe die proses die eienskappe van die deegmengsel verander het. Hoe het die deegmengsel verander toe dit gekook is? (Sê hoe die deegmengsel gelyk, geproe en gevoel het voor en na dit gekook is.)





Leerders mag skryf: Die deegmengsel was lopering met 'n ligte roomkleur toe dit rou was, en styf met 'n ligte bruin kleur en donkerbruin rante toe dit gaar was. Voor dit gekook is, het die deegmengsel soet en rou (melerig) geproe, maar nadat dit gekook is het dit soos koek geproe. Voordat dit gekook was die deegmengsel koud, glibberig en vloeibaar, maar na dit gekook is het dit warm, sag en rubberig gevoel.

Teken 'n vloeidiagram om te verduidelik hoe jy plaatkoeke vanuit die bestanddele (aanvangsmateriale) gemaak het. Jy moet byskrifte insluit om die proses te verduidelik. Jy kan die volgende vloeidiagram wat wys hoe om 'n koppie tee te maak vir inspirasie gebruik.

















Dit was so lekker! Ek wil die ander Thunderbolt Kids hierdie naweek na my huis toe nooi en vir ons plaatkoeke maak!

Goeie idee, Tom. Jou vriende sal mal daaroor wees! Maar weet jy hoeveel van die deegmengsel jy sal moet maak?

Hoe affekteer die hoeveelheid van 'n stof waarmee ons begin die hoeveelheid van die nuwe stof wat ons kan maak?


Die doel van hierdie aktiwiteit vir leerders om 'n begrip dat die hoeveelheid nuwe materiaal wat ons kan maak direk deur die hoeveelheid aanvangsmateriaal wat ons het bepaal word.

Tom maak plaatkoeke vir sy vriende, Sophie, Farrah en Jojo. Hy gebruik die resep van die vorige aktiwiteit. Hy is versigtig om nie enige deegmengsel te vermors nie. Sodra al die deegmengsel opgebruik is, tel hy die aantal plaatkoeke wat hy gemak het. Daar is 12 groot plaatkoeke. Hy is baie trots op homself omdat dit beteken dat elkeen van hulle 3 groot plaatkoeke kan eet.

VRAE

Hoeveel plaatkoeke kan Tom maak as hy slegs helfte van die deegmengsel sou gebruik?

Tom sou slegs 6 plaatkoeke kon maak as hy helfte van die deegmengsel sou gebruik.

Tom besluit om nog 4 vriende te nooi om plaatkoeke te eet. Dit beteken dat daar 'n totaal van 8 mense sal wees. Hoeveel plaatkoeke sal hy moet maak as elke persoon 3 plaatkoeke eet?

Tom sal 24 plaatkoeke (3 x 8 = 24) moet maak.

Tom het genoeg deegmengsel nodig vir 24 plaatkoeke. Help hom om uit te werk hoeveel van elke bestanddeel hy nodig het. Skryf die hoeveelhede in die tabel heronder:

Bestanddele

Hoeveelheid benodig vir 12 plaatkoeke

Hoeveelheid benodig vir 24 plaatkoeke

Meel

2koppies

4 koppies

Bakpoeier

21/2 teelepels

5 teelepels

Suiker

3teelepels

6 teelepels

Sout

1/2 teelepel

1 teelepel

Eiers

2

4

Melk

11/2 koppies

3 koppies

Gesmelte botter

2teelepels

4 teelepels



In die volgende gedeelte word die idees wat ontwikkel is rondom die konsep van voedselbereiding (prosessering) na ander kontekste uitgebrei. Dit mag nuttig wees om die nuwe idees te aan die voorbeelde van voedselprosessering te koppel, omdat hierdie beter by die leerders se alledaagse ervarings inpas.

  • Materiale kan op baie verskillende maniere geprosesseer word om nuwe materiale en produkte te maak.
  • Wanneer ons materiale prosesseer, mag die nuwe materiale se eienskappe anders as die rou-materiale wees.
  • Die doel van die meeste prosesseringsmetodes is om matriale meer bruikbaar te maak.


Lys drie redes waarom ons materiale prosesseer.


Ons prosesseer materiale om hulle sterker, meer duursaam, waterdig, vuurvas, mooier, ens. te maak (enige redelike antwoord is korrek).

Gee 'n voorbeeld van 'n oplossing uit die alledaagse lewe.

Tee, koffie of enige ander drankie, soutwater, suikerwater of enige ander redelike voorbeeld.

Wat is vlekvrye staal?

Vlekvrye-staal is yster gemeng met ander metale om dit sterker en roesbestand te maak.

Hieronder is twee prente. Beskryf die eienskappe van die materiale in beide prente, en ook die prosesse wat plaasvind van Prent 1 tot Prent 2

Prent 1

Prent 2





In Prent 1 is die klei nat en sag. Dit is met water gemeng sodat dit gevorm kan word. In Prent 2 is die klei hard en droog. Maar dit is ook bros - as jy dit op die vloer laat val sal dit breek. Om van die klei in Prent 1 na die pot in Prent 2 te kom, is die klei in 'n spesifieke vorm gevorm, en toegelaat om droog te word. Na droging is dit in 'n oond gebak om hard te word en te set. Laastens is dit geverf.

Die seun in die prent hieronder het sy arm gebreek en het 'n gipsvorm om sy arm. Hoekom dink word die ondersteuning vir 'n gebreekte arm van gips gemaak? (Leidraad: Dink aan die eienskappe voor en na vermenging en verharding).
'n Afgietsel van gips gemaak. http://www.flickr.com/photos/daquellamanera/2709815541/




Die ondersteuning vir 'n gebreekte arm word gewoonlik van gips gemaak, omdat die aanvanklike nat mengsel wat verkry word wanneer die poeier met water gemeng word sag is en perfek om die vorm van die arm gevorm kan word. Later egter, wanneer die vorm hardgeword en geset het, word dit baie hard en sterk. Hierdie eienskap is handig omdat die gipsvorm die arm moet beskerm en stil hou totdat die bene weer aangegroei het.

Bakstene word gemaak deur klei in reghoekige vorms te druk, en dan in 'n oond te bak. Wat is die eienskappe van bakstene na hulle verhit is, en wat is sommige van die plekke waar hulle gebruik?


Bakstene is hard en duursaam, wat beteken dat hulle sterk huise sal bou. Bakstene word gebruik om huise en ander geboue soos skole, winkels ens. te bou. Bakstene kan ook gebruik word om 'n pad of vloer of oprit te maak.