Vastestowwe


  • Watter soorte materiale word vaste voorwerpe van gemaak?
  • Wat is die verskil tussen rou en vervaardigde materiale?
  • Waar kom rou materiale vandaan?
  • Is sand regtig van glas gemaak?

In die vorige hoofstuk het ons na materiale om ons gekyk en hoe hulle 'n vastestof, vloeistof of gas kan wees. Nou gaan ons van nader na vastestowwe kyk.

In CAPS is daar 2 weke (7 uur) aan hierdie afdeling toegewys. Dit mag egter meer tyd verg - moontlik 3 weke. Die volgende hoofstuk was handel oor die "Versterking van materiale" kan moontlik in minder as die voorgeskrewe 2 weke afgehandel word - moontlik in 1 week. 'n Voorstel is dus dat meer tyd op hierdie hoofstuk en minder op die volgende een gespandeer word. Daar is ook sommige aktiwiteite in hierdie hoofstuk wat as herhaling gesien kan word, dus as daar nie genoeg tyd vir almal is nie is dit aanvaarbaar om net een te kies.

Vastestowwe is orals om ons


Amper alles om ons is van maeriale gemaak. Die skoene wat jy dra, die pen waarmee jy skryf, die glas waaruit jy drink, selfone, 'n sokkerbal, al jou speelgoed, en die stoel waarin jy sit, is almal van materiale gemaak.

Die ondersoek van materiale waarvan voorwerpe gemaak is


INSTRUKSIES:

  1. Bestudeer die voorwerp hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

VRAE:

Wat word die voorwerp genoem en waarvoor word dit gebruik?


'n Potloodsakkie word gebruik om jou skryfbehoeftes in te hou.

Watter materiaal is die voorwerp van gemaak?


Lap

Dink jy dat hierdie 'n goeie materiaal vir die maak van hierdie voorwerp is? Gee 'n rede vir jou antwoord.




Leerder-spesifieke antwoord - gaan hul vermoë na om 'n aanvaarbare rede te gee om hul antword te staaf.

Kan jy 'n ander tipe materiaal voorstel wat gebruik kan word om hierdie voorwerp te vervaardig? Dink jy hierdie materiaal sal beter werk? Gee 'n rede vir jou antwoord.




Leerder-spesifieke antwoord - 'n moontlike materiaal wat gebruik kan word om dit te maak is plastiek, wat byvoorbeeld sterker kan wees.

Die voorwerp het 'n ritssluiter. Wat is die doel van 'n ritssluiter?


Om die sakkie oop en toe te maak.

Watter materiaal is die ritssluiter van gemaak? Dink jy dat hierdie 'n goeie keuse van materiaal is? Gee 'n rede vir jou antwoord.




Die ritssluiter is van metaal gemaak. Dit is 'n goeie keuse van materiaal omdat metaal sterk is en nie sal breek wanneer jy die ritssluiter gedurig oop- en toemaak nie. Gaan na wat die leerders sê en of hulle enige ander redes gee.


In die vorige aktiwiteit behoort jy te geleer het dat:

  • Ons gebruik materiale om bruikbare voorwerpe te maak.
  • Ons kies materiale vir 'n spesifieke doel wanneer ons 'n voorwerp maak.

In die volgende afdeling gaan ons sien hoe sommige materiale gebruik word om nuwe voorwerpe te maak. Ons gaan ook kyk na waarom sekere materiale beter is as ander is om te gebruik om sekere voorwerpe te maak.


Rou en vervaardigde materiale


Elke dag gebruik ons verskillende produkte wat gemaak is van verskillende materiale. Die stoel waarop jy sit, is gemaak van 'n materiaal wat ons hout of plastiek genoem word. Hout is afkomstig van bome. Hout kom van 'n natuurlike bron. Dit kan deur mense gebruik word as 'n rou materiaal om meubels te maak.

Wat beteken "rou" en "vervaardigde"?

Waar het jy al ooit die woord "rou" gehoor? Miskien

Ons kan ook praat oor rou materiale. Dit is wanneer die materiaal in sy natuurlike vorm is. Dit is nog nie geprosesseer nie. Ons kry rou materiale in die omgewing rondom ons, soos die bome in 'n woud, of steenkool en olie ondergonds. Maar, as hierdie rou materiaal geprosesseer is, beteken dit dat mense dit verander het, dan praat ons van vervaardigde materiaal.

Voorbeelde van rou materiaal is hout en plantvesels. Wanneer die hout en vesels eers geprosesseer is, word dit in papier gemaak. Papier is 'n vervaardigde materiaal.

Hout is 'n rou materiaal. http://www.flickr.com/photos/prophetic_blogger/7194377506/
Papier is 'n vervaardigde materiaal wat gemaak is van hout en plantvesel.

Skape word aangehou vir hul wol. Wol is 'n rou materiaal, maar word geprosesseer om 'n vervaardigde materiaal te kry.Watter dinge word van wol gemaak?


lap,truie, serpe, sokkies, musse, handskoene ens.


Rou materiale in ons omgewing word gebruik om ander materiale te maak wat baie bruikbaar is. Kom ons kyk na sommige.


Voorbeelde van rou materiale wat gebruik word om ander materiale te maak

  • Diervelle is rou materiaal wat geprosesseer word in leer om skoene, handsakke en gordels te maak.
  • Dier wol word gebruik om klere soos truie en serpe te maak.
  • Sand is natuurlike rou materiaal. Dit word verhit tot uitermatige hoe temperature en gesmelt om glas te vorm.
  • Klei word in vorms gegiet en gebak om keramiek, soos teekoppies, teepotte en vase te maak.
  • Steenkool en olie word gebruik om plastiek, verf en lap te maak.
  • Hout en plantvesels word gebruik om papier te maak.

Kyk na die prente in die volgende aktiwiteit wat die rou materiaal wys en die vervaardigde materiaal waarvan elkeen gemaak is. Rou en vervaardigde materiale het verskillende eienskappe.

Beskryf die eienskappe van rou en vervaardigde materiale


Onderwysers Nota: Foto's word voorsien, maar dit sal die beste wees as u van die werklike materiale soos nat klei en 'n gebakte pot klaskamer toe kan bring.

INSTRUKSIES:

  1. Onder is daar prente van die rou materiaal en die vervaardigde produk wat gemaak is van die rou materiaal.
  2. Bestudeer die prente en vergelyk die eienskappe van die rou materiaal en daarna die vervaardigde materiaal nadat dit geprosesseer is.

Diervelle (huide) word gebruik om leer te maak.

Stewels word gemaak van leer.

Beskryf die eienskappe van koeie se huide:

Beskryf die eienskappe van die leer.

Wol van skape word gebuik om klere te maak.

Wol word gespin en gekleur om drade te maak en sal in klere omskep word deur dit te brei.

Beskryf die eienskappe van skaapwol:

Beskryf die eienskappe van geprosesseerde wol:

Klei word gevorm in potte.http://www.flickr.com/photos/kellinahandbasket/2183799236/

'n Pot wat van klei gemaak is wat geverf is.

Beskryf die eienskappe van klei:

Beskryf die eienskappe van 'n keramiek pot:

Sand word gebruik om glas te maak. http://www.flickr.com/photos/sroown/797820971/

Glas word gemaak van 70% sand wat verhit is tot baie hoe temperature.

Beskryf die eienskappe van die sand:

Beskryf die eienskappe van glas:


Onq weet dat materiale gebruik word om verskillende voorwerpe te maak. Jy het nou geleer dat sommige materiale rou of natuurlike materiale en ander vervaardigde of mensgemaakte materiale genoem word. Ons kan stowwe groepeer volgens hulle gebruik.Die groepering van stowwe word genoem klassifisering.

Klassifiseer materiaal in rou of vervaardigde materiale


INSTRUKSIES:

  1. Kyk na die prente in die tabel hieronder. Hoe kan ons se of iets 'n rou of vervaardigde materiaal is?
  2. Klassifiseer die voorwerpe in een van die volgende groepe: rou of vervaardigde materiaal deur 'n merk te maak in die korrekte kolom.

Voorwerp

rou materiaal

Vervaardigde materiaal

Waatlemoen

http://www.flickr.com/photos/jetalone/201784099/

regmerk

Glas

regmerk

vere

regmerk

muntstukke

regmerk

Diamand

Merk (Ongelooflik soos dit lyk, as 'n diamant gepoleer en gesny is, kom 'n diamant natuurlik voor)

Pot gemaak van klei http://www.flickr.com/photos/aloha75/6086355519/

regmerk

Plastiese sak

regmerk

Hout

http://www.flickr.com/photos/tuchodi/5040332553/

regmerk

Sand

regmerk



Die storie van papier


Stel die onderwerp bekend deur die rol wat papier in die allerdaagse lewe speel uit te lig. Laat die leerlinge 'n lys saamstel van voorwerpe wat van papier gemaak word. Hoe voel hulle oor geraamde foto's van hulle geliefdes? Vra hule waar papier vandaan kom. Laat hulle die storie hieronder lees en die vrae beantwoord.

Kan jy jou 'n wereld voorstel sonder papier? Daar sal geen boeke, koerante, tydskrifte en selfs 'n vel musiek wees wanneer jy 'n klavier wil speel. Geen papier beteken geen papier kosetikette of papier verpakking nie. Nie eens toiletpapier of kombuis handdoeke nie.

Boeke word gemaak van papier.
Toiletpapier is gemaak van papier. http://www.flickr.com/photos/belviso/5931888942/

Papier is 'n baie belangrike materiaal in ons lewens vandag. Kom ons vind uit hoe papier gemaak is.

Papier word gemaak van hout en plantvesel van bome wat groei in plantasies reg oor die wereld.

'n boom word geplant. http://www.flickr.com/photos/usfsregion5/3598029211/
'n Plantasie van bome om papier te maak. http://www.flickr.com/photos/soilscience/5097236984/

Watter rou materiaal word gebruik vir die maak van papier?


plantvesel



U kan as byvoeging by die volgende aktiwiteit met ander bronne van papiermeule soos Sappi en Mondi brojures oor die papiervervaardigingsproses vir die leerlinge kry.

'n Velduitstappie met die Thunderbolt Kids!

Die Thunderbolt Kids het nou van papier in hulle klas geleer. Tom wou meer weet oor hoe papier van plantvesels van bome gemaak word. Dus het die Thunderbolt Kids besluit om 'n papiermeule te gaan besoek om meer te leer van die lewensiklus van papiervervaardiging.

Hulle is elkeen 'n diagram gegee om te help om die papiervervaardigingsproses te verduidelik. Jy het ook 'n afskrif van die diagram ontvang. Die prosesse wat plaasvind by elke stadium is aan die Thunderbolt Kids by die meule verduidelik en Tom het notas daaroor afgeneem. Jy sal sy notas onder elke stadium sien. Maak seker dat jy dit ook lees!

Leerlinge sukkel oor die algemeen met 'n vloeidiagram - die konsep dat die een ding na die ander gebeur.Onderwysers moet werklik die konsep baie versigtig verduidelik en wys leerlinge dat 'n vloeidagram elkeen van die stappe in die proses kan uitwys in die volgorde wat dit gebeur. Dit sal goed wees as die leerlinge na die vloeidiagram kan kyk terwyl u deur die meegaande notas gaan. Hulle kan dan die notas self lees en elke nota pas by die prent wat dit beskryf.

Tom se notas:

  1. Plantasie

    • Bome word geplant in goed bestuurde woude. Ons noem dit plantasies.
    • Bome word toegelaat om 'n hele paar jaar te groei voordat hulle afgekap word.
    • Die hoofsoorte bome wat gebruik word om papier te maak is die Eucalyptus (Gom bome) en Dennebome.
  2. Oes

    • Wanneer die bome 'n seker hoogte bereik het, word dit afgekap. Dit word "oes" genoem.
    • Die stompe word in kleiner stukke gesny sodat dit vervoer kan word.
  3. Vervoer

    • Die stompe word almal op groot trokke gelaai en na die meule vervoer.
  4. Pulp meule

    • Die stompe word eers ontbas, bedoelende die bas word afgehaal en dan word dit in kleiner stukkies gekap. Dit word spaanders genoem.
    • Die spaanders word met water en ander chemikalie gemeng om 'n sagte pulp te vorm.
    • Pulp bestaan uit houtvesels en water
  5. Papiermeuls

    • Die pulp vloei dan na die papiermeule
    • Die pulp word by die meule gewas en skoon gemaak voordat papier gemaak word.
    • Die pulp word saamgepers en gedroog en dan in velle papier gerol of gesny.
  6. Drukkers

    • Die papier word in groot rolle na ander kopers en drukkers vervoer.
    • Die drukkers verwerk die papier in ander produkte soos boeke, tydskrifte en koerante
  7. Mense

    • Die klaargemaakte produkte word na die winkels vervoer waar dit deur kopers gekoop kan word.
    • Wanneer mense die papierprodukte klaar gebruik het, soos 'n koerant gelees het, gooi hulle dit weg in 'n asblik of herwin dit.
  8. Papier sortering

    • Al die afvalpapier word versamel nadat dit weggegooi is en gesorteer.
    • Sommige papier kan hersirkuleer word, maar ander kan nie, so word dit in twee verskillende groepe geklassifiseer.
  9. Herwinning

    • Gebruikte papier kan versamel word en weer gebruik word. Ons noem dit hersirkulering.
    • Die papier wat herwin kan word, word verander in ander produkte.
    • Of dit word verander in herwinde vesel wat weer by die papiermeule gebruik kan word.
  10. Stortingsterreine

    • Papier wat nie herwin kan word nie, word na die stortingsterreine geneem waar dit afgelaai word.
    • Stortingsterreine het 'n negatiewe inpak op die omgewing, so dit is die beste om hard te probeer om die hoeveelheid afval wat op die stortingsterreine beland tot die minimum te beperk.

Na die uitstappie was Sophie werklik geinteresseerd in hoe sy 'n herwinningsprojek by hulle skool kan begin om die impak om die omgewing te verminder. Farrah het haar kunssinnige kant gewys toe sy vir haar oorringe gemaak het en herwinde papier gebruik om haar notaboek oor te trek. Jojo was net bly dat hy sy gunsteling sport tydskrif kon lees wat van papier gemaak is en Tom was werklik gelukkig dat hy meer kon leer van die papiervervaardigingsproses.

Die Papiervervaardigingsproses


INSTRUKSIES:

  1. Lees weer deur die diagram wat die Thunderbolt Kids by die papiermeule gekry het en deur die notas wat Tom neergeskryf het
  2. Beantwoord die vrae wat volg.

VRAE:

Noem van die finale produkte wat van papier gemaak kan word.



Boeke, koerante, tydskrifte,billboards,toiletpapier

Watter soort bome word die meeste gebruik om papier van te maak?


Eucalyptus (gom bome) en Dennebome

Waarvan word pulp gemaak?


Plantvesel en water

Wat beteken "ontbas"?



Dit beteken dat die bas van die stompe verwyder word.

Wat is 'n stortingsterrein?


Dit is waar die vuilgoed in groot areas gegooi word.

Rangskik die prosesse in die proses van papiervervaardiging in die korrekte volgorde.

A. Chips go into the pulp mill.

B. Houtstompe word deur vragmotors vervoer

C. Pulp vloei na die papiermeule.

D. Papier word na die kopers vervoer wat dan ander papierprodukte vervaardig.

E. Die saamgeperste en droe pulp word opgerol of opgesny in velle as papier.

F. Hout word geoes van bome wat in 'n plantasie groei.

G. Pulp is washed, bleached and cleaned and dried.


Antwoord: F, B, A, C, G, E, D

Praat met 'n maat oor die deel van papiervervaardigingsproses wat jou die meeste interesseer. Verduidelik hoekom jy dit interessant vind.



Leerling afhanklike antwoord

Dink jy dat baie mense in die papiervervaardigings industrie werk? Verduidelik jou antwoord.



Daar word aan baie mense werk verskaf. Daar is werksgeleenthede vir werkers in die bosse by die papier meule om die produkte te vervoer ens.

Dink jy die papiervervaardigingsproses is 'n lang of 'n kort proses. Gee 'n rede vir jou antwoord.



Dit is 'n lang proses aangesien daar baie stappe betrokke is wat almal tyd in beslag neem, spesifiek die groei van die plantasies aangesien die bome 'n paar jaar vat om tot op die regte hoogte te groei.

Noem 2 van die grootste papiervervaardigingsmaatskappye in Suid-Afrika wat jy van weet.


Sappi and Mondi



Ons het genoem dat herwinning deel van die papiervervaardigingsproses is. Herwinning is 'n baie belangrike proses aangesien dit ons toelaat om ons afval te verminder en dinge te hergebruik. Nie alleen papier kan herwin word nie, jy kan ook glas, tin en plastiek herwin.

Blikke vir herwinning. Kyk uit vir die blikke in jou omgewing! http://www.flickr.com/photos/universityofscrantonlibrary/4768936904/

Is daar 'n papier herwinningsprojek by julle skool of omgewing?


Ja/nee

Hoekom dink jy het ons herwinde papier nodig?




Energie word bespaar om nuwe papierprodukte te maak wanneer herwinde papier gebruik word. Verminder die afval by die stortingsterreine wat 'n groot omgewings impak het en natuurlike habitatte vernietig.





Eienskappe van materiale


Rou en vervaardigde materiale het spesifieke eienskappe. Ons het reeds gekyk na sommige eienskappe van rou en vervaardigde materiale deur dit te beskryf. Die eienskappe van 'n materiaal help om te bepaal hoe dit gebruik word. Byvoorbeeld, plastiek is waterdig so sommige reenjasse word gemaak van plastiek om die reen weg te hou en jou droog te hou. 'n Reenjas wat gemaak word van wol of vesels is nie waterdig nie en jy sal deurnat word! Dit is omdat die wol 'n absorberende materiaal is (dit absorbeer water).

Hard of sag?

'n Materiaal word beskryf as hard as jy dit nie kan skraap nie, ook nie sny nie en dit ook nie dit duik nie. Hardheid meet hoe moeilik of maklik is om die vorm van die materiaal te verander, of deur dit in te duik, te sny of te skraap. 'n Diamant is 'n voorbeeld van 'n harde materiaal aangesien 'n diamant nie deur ander voorwerpe gekrap kan word nie. Dit is 'n feit dat 'n diamant so hard is dat dit gebruik word as boorpunte om deur rotse en baie ander materiale geboor te word.

Die teenoorgestelde van hard is sag! Dink oor die nat, rou klei van die vorige hoofstuk. Die klei is sag en kan daarom gevorm word in 'n nuwe vorm.

'n Diamant is 'n baie harde stof. http://www.flickr.com/photos/jurvetson/156830367/

Ondersoek die hardheid van materiale


MATERIALE:

  • 'n skerp staal spyker
  • 'n Was kers
  • 'n Metaal muntstuk
  • 'n Plastiese lepel of 'n hout potlood

INSTRUKSIES:

  1. Maak eerstens 'n voorspelling of jy dink of jy die voorwerp kan skraap of induik. Vul jou voorspellings in die tabel.
  2. Skraap die punt van die staalspyker oor die oppervlakte van die was, die metaal en die plastiek.
  1. Vul jou waarnemings op die onderstaande tabel
  2. Probeer om 'n duik te maak (om 'n holte te maak) in elk van die voorwerpe deur die punt van die staalspyker in elke voorwerp te druk.
  3. Vul jou waarnemings op die onderstaande tabel

Materiaal

Voorspelling - kan jy die materiaal skraap of beskadig?

Skraap waarnemings

beskadigings waarnemings

was kers

metaal munt

Plastiek staaf

VRAE:

Watter van die drie materiale is die hardste?


metaal munt

Watter van die drie materiale is die sagste?


was kers


Taai of breekbaar?

'n materiaal is Taai as dit moeilik is om te breek. Kevlar word gebruik om koeelvaste baadjies te maak. Hierdie materiaal sal nie koeels laat deurkom nie.

Kevlar is 'n voorbeeld van 'n taai materiaal.

As jy 'n metaal muntstuk met 'n hammer slaan, sal daar geen of baie min skade wees. As jy 'n stuk bordkryt met 'n hammer slaan, sal dit in stukkies breek. Die metaal muntstuk is taai in vergelyking met die bordkryt. Die bordkryt is baie breekbaar.

Taaiheid meet hoeveel energie nodig is om 'n materiaal te breek. We will test some everyday materials to decide which material is the toughest.

Hoe taai is sommige materiale?


Jy kan die Wetenskaplike ondersoek gebruik om die vraag te beantwoord wat jy op die bord geskryf het. Leerlinge moet met 'n hipotese kom en jy gee dan die apparaat terwyl hulle probeer om die metode self uit te werk om hul hipotese te toets. Moenie uit die handboeke werk nie. Wanneer die leerders 'n kans gehad het om hulle eie ondersoek te ontwerp, kan jy terugkeer na die werkboek.

DOELWIT: Om te ondersoek hoe taai verskillende materiale is.

APPARAAT (Elke groep sal benodig)

  • 1houer met 'n wye ronde opening(bv. groot konfyt blik,yoghurt houer)
  • 1 vierkantige vel (20 cm by 20 cm) van elk van die volgende materiale:
    • koerant
    • Fotostaatpapier
    • aluminium foelie
    • Waspapier
    • kleefplastiek
  • 2 dik rekbande om om die houer te pas
  • 'n meterstok of maatband
  • 'n metaal teelepel

METHODE (Elke groep sal moet):

  1. Kies 'n materiaal om te toets
  2. Plaas die materiaal oor die bek van die houer en hou die materiaal in posisie deur 'n rekband te gebruik. Maak seker dat die materiaal plat en stewig is.
  3. Hou die bedekte houer langs die meterstok.
  4. Hou die teelepel aan die handvatsel 10 cm bokant die bek van die houer
  5. Laat die teelepel regaf op die materiaal val.
  6. Teken jou waarnemings aan op die tabel hier onder (Is die materiaal beskadig of geskeur?)
  7. As die materiaal nie breek nie, herhaal die ekspriment deur die teelepel 20cm bokant die materiaal te laat val.
  8. Hou aan om die hoogte van waar af jy die teelepel laat val, met 10 cm te verhoog totdat die materiaal breek.
  9. Verwyder die gebreekte materiaal en vervang dit met 'n ander soort materiaal.
  10. Herhaal die ekspriment.

Op stel:

RESULTATE EN WAARNEMINGS:

Teken jou waarnemings aan op die tabel

Materiaal

Finale val hoogte (cm)

Waarnemings

koerant

Fotostaatpapier

Aluminium foelie

Waspapier

kleefplastiek

GEVOLGTREKKING (Wat het jy geleer):

Die energie van die teelepel wanneer dit die materiaal slaan, hang af van die hoogte van waar af die teelepel geval het. Hoe hoer die hoogte, hoe groter die energie. Die taaiste materiaal sal slegs breek by die teelepel met die grootste energie.

  1. Watter materiaal het die eerste gebreek en watter een het die laaste gebreek?


  2. Watter materiaal het die minste energie benodig om te breek?


  3. Watter materiaal het die meeste energie in geneem (geabsorbeer)voor die gebreek het ?


  4. Watter materiaal was die sterkste?


Ons sal in die kwartaal 3 Energie behandel en hierdie vrae dwing die leerlinge om die verhouding tussen die hoogte en die energie vas te stel wanneer die materiaal breek. Dit kan weer in die volgende kwartaal uitgebrei word en dit verskaf 'n baie goeie uitbreiding.



Styf of buigbaar?

Styfheid en buigbaarheid is maniere om te beskryf hoe 'n voorwerp reageer wanneer 'n krag daarop inwerk. 'n stywe materiaal sal die buig was jy 'n krag daarop laat inwerk nie (druk op dit). 'n Buigbare materiaal sal buig. Wanneer bouers materiaal kies vir gebou strukture, benodig hulle soms buigbare materiale en ander kere stywe materiale.


Vul die tabel in met jou idees van stywe of buigbare materiaal en waar dit gebruik kan word. Kyk in en om jou klaskamer of huis en vind 3 meer materiale wat jy op die lyne moet byvoeg en ook klassifiseer.

Materiaal

Styf of buigbaar

Waar sal die materiaal bruikbaar wees?

Rubber

glas

hout

Plastiese materiaal


Gevallestudie: Die buigbaarheid van liniale

Die Thunderbolt kids gebruik liniale baie in die klaskamer. Hul onderwyser hou daarvan dat hulle liniale gebruik om reguit lyne te trek sodat hulle werk netjies is. Tom benodig 'n liniaal, aangesien syne gebreek is. Tom het agter gekom dat sy en Farrah se liniale gebreek is, maar Sophie en Jojo sin was nie. Tom het ook agter gekom dat elkeen van hulle liniale het van verskillende materiale, of hout, plastiek of metaal. Tom het gedink dat dit moontlik is dat die tipe materiaal waarvan die liniaal gemaak is, bepaal het of die liniaal sal breek of nie. Tom het sy onderwyser gevra of die materiaal waarvan die liniaal gemaak is, 'n verskil sal maak ten opsigte van die breekbaarheid van die liniaal. Hul onderwyseres het voorgestel dat die hele klas 'n ekspriment doen om die buigbaarheid van verskillende liniale te toets deur 'n Wetenskaplike ondersoek te doen. Wetenskaplike ondersoeke word gebruik om vrae te beantwoord!

Onderwysers nota: Wanneer u Wetenskaplike ondersoeke doen is dit BAIE BELANGRIKT moenie slegs die stappe in die weteneskaplike metode vertel nie, aangesien leerlinge dan slegs die stappe sal memoriseer. Om slegs die wetenskaplike stappe in 'n toets te vra gaan nie bydra tot die begrip hoekom dit benodig word nie. Hulle herroep slegs die inligting. Die begrip hoekom elke stap nodig is en die logika agter elke stap, kom met die tyd en meer oefening. Wat ons wil he dat leerlinge in staat wees om te doen is ASK TESTABLE QUESTIONS, HYPOTHESISE and then DESIGN and CONDUCT EXPERIMENTS to test their hypotheses and thereby answer the question. die volgende vrae sal leerlinge help om vrae te vra, hipoteses en voorspelling te maak vir die liniaal ondersoek. Dit is nie nodig dat u slegs die ondersoeke gebruik wat in die boeke aangedui is nie, maar Onderrig leerlinge te wys hoe om 'n ondersoek te loods. Die prosedure wat in die boek gewys word sal help, maar moenie die boek gebruik vir 'n stap vir stap prosedures nie. Gebruik dit as 'n gids om die onderrig in die klas te doen terwyl die leerlinge se boeke weggepak is en hulle met hulle eie ontwerp vorendag moet kom en moet dink hoe hulle die beste 'n ekspriment kan doen met die apparaat tot hulle beskikking. Verwys later na die boeke om die ondersoek en die aangetekende resultate bymekaar te bring. Elke keer wanneer u 'n ander ondersoek loods, kan u ook fokus op 'n ander aspek soos om die korrekte ondersoekende vrae te beantwoord of om hipotesis te formuleer, of wat veranderlikes is of verteenwoordigende data. Elkeen van hierdie vaardighede sal op verskillende wyses beklemtoon word in die verskillende ondersoeke, maa kies slegs EEN om op 'n slag te fokus. Dit sal ook nie alles in een jaar plaasvind nie, maar vaardighede sal geleidelik opbou deur die jare in die skool.


Wat het Tom waargeneem? Neem waar?

Die meeste leerlinge het gebreekte liniale.

Wat was the vraag Vraag wat hy wou beantwoord?

Watter liniaal is die meeste buigbaar? 'n Liniaal gemaak van hout, plastiek of metaal?

Hoekom het die klas die ekspriment gedoen? Dit is die doelwit doelwit van die ekspriment.

Om uit te vind watter liniaal is die meeste buigbaar.

Wat dink jy is die antwoord op die vraag by nommer 2?


Afhanklik van leerling.


Kom ons probeer 'n antwoord op die vraag kry deur 'n Wetenskaplike ondersoek te doen.


Watter materiaal is die mees buigbaarste vir 'n liniaal?

Onderwysers nota: Dit is waarskynlik die beste om die ekspriment eers self te toets om te sien of die 500g massa genoegsaam is om die liniale te buig. Indien nie, mag u 'n groter of 'n kleiner massa gebruik. Indien u nie 'n klamp het nie, kan as alternatief 'n baie swaar voorwerp, soos 'n paar boeke of 'n potplant op die ander punt van die liniale gebruik word om dit vas te hou.

Apparaat (Wat benodig jy):

  • 30 cm plastiese liniaal
  • 30 cm hout liniaal
  • 30 cm metaal liniaal
  • 500 g massa
  • koord
  • klamp

Metode (Wat moet jy doen):

  1. Stel die apparaat op soos voorgestel. Die liniaal moet aan die punt van die tafel vasgeklamp word.
  2. Meet hoe ver die massa die punt van die liniaal af trek en dui die die afstand aan op die gegewe tabel.
  3. Klamp die volgende liniaal in presies dieselfde posisie vas en meet hoe ver die massa die punt van die liniaal af trek.
  4. Herhaal met die laaste liniaal.

RESULTATE (teken aan wat jy waargeneem en uitgevind het):

Tipe liniaal

Afstand afgebuig by die punt (cm)

a.

b.

c.

  1. Watter tipe liniaal het die massa die verste laat beweeg?


  2. Watter tipe liniaal het die massa die minste laat beweeg?


  3. Indien die massa in staat is om af te beweeg, beteken dit dat die liniaal moet buig. Ons het gese dat die hoeveelheid wat 'n voorwerp kan buig, is sy buigbaarheid.?




GEVOLGTREKKING(Wat het jy geleer van die resultate):

Wat het jy geleer van die ondersoek? Gee 'n antwoord vir jou oorspronklike vraag.



Uit jou eie gevolgtrekking, verduidelik aan Tom hoe jy besluit het watter liniaal die mees buigbaarste is.





Die klas was so opgewonde nadat hulle die ekspriment gedoen het om Tom raad te gee oor watter liniaal hy moet koop, dat hulle voorgestel het dat hulle 'n ekspriment doen om te toets hoe die mees buigbare liniaal reageer wanneer verskillende massas aan die punt daarvan gehang word.

Onderwysers nota: Die volgende ondersoek volg op die vorige een. Dit wys dat meer vrae kan ontstaan wanneer jy 'n Wetenskaplike ondersoek doen wat u kan probeer beantwoord deur 'n ander Wetenskaplike ondersoek te doen. Indien die tyd u nie toelaat om die ondersoek te doen nie, kan u dit uitlaat of later 'n klasbespreking doen oor hoe om 'n ekspriment te ontwerp om die volgende vraag te beantwoord oor hoe buigbaar een liniaal is. Die volgende ekspriment bied egter die geleentheid om 'n grafiek te teken, aangesien die doelwit van die ondersoek is om leerlinge te leer hoe om grafieke te teken.

Ondersoek die buigbaarheid van 'n liniaal


Apparaat (Wat benodig jy):

  • 30 cm buigbare liniaal
  • klamp
  • koord
  • enige liniaal
  • ses (6) 100g massa stukke
  • grafiek papier

METODE (Wat moet ons doen):

  • Gebruik die mees buigbare liniaal en stel die apparaat op soos in die vorige ekspriment
  • Hang 'n 100 g massa aan die punt van die liniaal. Gebruik enige ander liniaal om te meet hoeveel die punt sak. Teken die afstand gesak vanaf die begin in die tabel aan.
  • Voeg 'n ander 100g massa stuk en herhaal die prosedures. Teken die totale afstand wat die punt gesak het aan.
  • Herhaal stap 3 totdat 600 g aan die punt van die liniaal hang.

RESULTATE (Wat het jy waargeneem):

Massa (g)

Afstand gesak vanaf die begin (cm)

100

200

300

400

500

600

Gebruik die resultate van jou tabel om punte aan te dui op grafiekpapier. Ons het besluit om die massa te verander wat aan die punt van die liniaal hang. Met elke massa verander die afstand wat verskil. Wanneer 'n grafiek getrek word, word die hoeveelheid wat ons wil verander, in hierdie ekspriment die massa, op die x-as aangedui.

  • teken die x-as, merk dit en kies die skaal.
  • teken die y-as, merk dit en kies die skaal.
  • Gee jou grafiek 'n opskrif.
  • Trek 'n lyngrafiek en verbind die afgemerkte punte.

Moenie die afgemerkte punte met 'n liniaal verbind nie. 'n Geleidelike lyn getrek met die vryhand deur al die punte, is belangrik











GEVOLGTREKKING (Wat het jy geleer):

Watter massastuk het die liniaal die meeste laat buig?


die swaarste

Watter massastuk het die liniaal die minste laat buig?


Die ligste

Tot watter gevolgtrekking oor die afstand wat die liniaal beweeg (buig)en die massa wat dit aan die einde hang het jy gekom?


Hoe swaarder die massa, hoe meer sal die liniaal buig.


Verdere aktiwiteite om die eienskappe van soliede materiale , soos lig of swaar,waterdig en absorberend is om sommige van die materiale skool toe te bring en die leerlinge daarmee in die klas laat eksprimenteer. Byvoorbeeld, bring polistireenballe , albasters en metaal rollaers wat min of meer dieselfde grootte is. Laat die leerlinge dit vashou en daarmee speel om te sien hoe hulle verskil ten opsigte van gewig, hoewel hulle dieselfde grootte is. Jy kan 'n bak met water voor in die klas sit en vir die leerlinge vra watter balle hulle dink gaan dryf en watter gaan sink. Doen dan 'n demonstrasie. (Die polistireenballe sal dryf en die ander twee sal sink.). Om die waterdigtheid en absorberendheid te ondersoek, bring velle van die volgende materiale saam na die klaskamer bv. vatdoek, serp, 'n stuk plastiek (swart- of inkopiesak), 'n stuk doek, 'n stuk waterdigte materiaal wat jasse van gemaak is(indien moontlik). Stel 'n demonstrasie vir die klas op en vra die leerlinge of hulle dink die stuk materiaal sal 'n koppie water laat deur hardloop.(of dit die materiaal die water in 'n piering sal absorbeer of opdroog. As hulle jou geantwoord het, doen die demonstrasie en sien of hulle korrek is. Twee leerlinge kan die stuk materiaal vashou sodat dit 'n soort van 'n koppie of houer maak wanneer jy die water ingooi. Die res van die klas kyk toe of enige water deurkom , hoeveel en hoe vinnig dit gebeur. Hierdie soort aktiwiteite sal die idee versterk van: vra eerste 'n vraag, maak 'n voorspelling en toets dan die idee om te sien of die voorspelling korrek was.


Uitbreiding: Sterkte van spanning

Onderwyser nota: Dit is 'n UITBREIDING en kan gedoen word as tyd jou toelaat of as daar leerlinge is wat vinniger vorder as ander.

Sommige situasies vereis dat materiale sterk is indien krag daarop uitgeoefen word (moet sterk drukkrag kan weerstaan) en in ander situasies moet materiale sterk genoeg wees in spanning (moet sterk trekkrag kan weerstaan).

Die vertikale (regop) staal pale van die watertoring wat 'n groot gewig moet ondersteun, moet sterk wees in drukkrag om die gewig van die watertenk bo te hou.

'n voorbeeld van sterk wees in drukkrag http://www.flickr.com/photos/80651083@N00/1814803669/

Die tou wat die rekspronger ondersteun, moet sterk genoeg in spanning wees om te verseker die die tou nie breek en die springer sy ondervinding oorleef.

'n voorbeeld van sterk wees in spanninghttp://www.flickr.com/photos/lpiepiora/1015285438/

Aktiwiteit: Identifiseer materiale wat sterk is in spanning

INSTRUKSIES:

  1. In elkeen van die volgende voorstellings, identifiseer die materiaal wat sterk is in spanning (trekkragte).

Voorstelling

Materiaal wat sterk is in spanning

1. 'n Persoon wat 'n plastiese inkopiesak vol kruideniersware dra http://www.flickr.com/photos/yourdon/4364551103/

plastiek

2. 'n Gimnas op 'n balk

hout of metaal

3. 'n kind op 'n swaai http://www.flickr.com/photos/digitizedchaos/4898296156/

staal kabels

4. Die kabelkar is op pad na die bopunt van Tafelberg Mountain

versterkte staal kabel

5. 'n Valskermspringer val met 'n valskerm

sintetiese tou

Wanneer jy moet besluit watter materiaal gebruik moet word, is dit belangrik om die soort materiaal, die grootte van die materiaal, die vorm van die materiaal en die krag wat die materiaal sal ondervind.



Verskillende materiale vir dieselfde doel

Die gebruik van die voorwerp bepaal die tipe materiaal waarvan dit gemaak moet word. Verbeel jou 'n fiets met hout wiele. Dink jy die wiele sal draai en so goed werk soos wat staal en rubber doen? Materiale word gekies en gebruik vir die eienskappe wat hulle het.

Identifiseer verskillende materiale


INSTRUKSIES:

  1. Kyk na die verskillende stoele hier onder. Selfs stoele kan gemaak word van verskillende materiale(Plastiek, hout, metaal, seil ens) of 'n mengsel van meer as een materiaal.
  2. Identifiseer die tipes materiale waarvan elke stoel gemaak is.
  3. Teken aan waar die materiaal vandaan kom.

Stoel

Materiaal wat die meeste gebruik is.

Waar kom die materiaal vandaan

http://www.flickr.com/photos/tsakshaug/3795649157/

Hout

Van bome

http://www.flickr.com/photos/54400117@N03/5069063990/

Lap

Van katoen en wol

http://www.flickr.com/photos/sooperkuh/2862622326/

Plastiek

Van steenkool en olie

http://www.flickr.com/photos/carbonnyc/536232897/

Metaal

Van Metaal wat gemyn en geprosesseer is

http://www.flickr.com/photos/36910487@N07/4694629756/

Lap en hout

Van katoenplante


Soortgelyke voorwerpe soos balle wat in sport gebruik word, kan gemaak word van verskillende materiale, afhangende waarvoor die voorwerp gebruik word. Kom ons kyk na die volgende aktiwiteit.

Vir die volgende aktiwiteit is foto's verskaf van die twee balle, maar dit sal ideaal wees indien die leerlinge aan elkeen kan raak en voel. Bring van die balle saam klas toe indien u daarvan in die hande kan kry. Die onderliggende vaardigheid van die aktiwiteit is om te beskryf wat jy sien, met ander woorde om waarnemings te maak en dit te kan aanteken.

Aktiwiteit: Skakel verskillende materiale met die doel van die voorwerp


INSTRUKSIES:

  1. Werk saam met 'n maat om die aktiwiteit hieronder te voltooi.
  2. Bestudeer die prente van die balle en beantwoord die vrae.
  3. Indien jy van die balle het, bestudeer elkeen deur dit te vryf, druk dit en voel die tekstuur.

Bal A

Bal B

VRAE:

In watter sportsoorte word die balle gebruik?

A: Tennis, B: Krieket

A: Die tennis bal is hol en gemaak van 'n laag rubber aan die binnekant en omring deur 'n sagter feltagtige materiaal.

Elke bal word gemaak van 'n ander soort materiaal. Wat is hierdie materiale?





B: Die krieket bal het 'n soliede kurk binneste wat omrig is deur harde leer en gestik is met gare.

Neem die eienskappe van die materiaal wat in elke bal gebruik is en teken dit aan.





Tennisbal - sag,"wollerig"/ru,kan ingeduik word ( die rubber is buigbaar), lig. Krieket bal - hard, swaarder, glad en glansend.

Hoekom dink jy is die spesifieke materiaal gekies vir elke bal?






Die tennisbal moet sag wees en kan bons as dit oor die tennisbaan geslaan word. Die materiale help om dit te doen. Die rooi krieketbal is harder. Die leer is glad en hard en help die bal om vinnig en ver te kan trek.



  • Rou materiale is die materiale wat nie geprosesseer is nie en direk van natuurlike produkte af kom.
  • Vervaardigde materiale is gemaak van rou materiale
  • Rou en vervaardigde materiale het spesifieke eienskappe
  • As 'n materiaal hard is, is dit sterk en moeilik om te skraap of te breek.
  • As 'n materiaal styf is, is dit ferm en buig nie so maklik nie. Styf is die teenoorgestelde van buigbaar.
  • Ander moontlikhede om materiale te beskryf is: sterk, swak,lig, swaar, waterdig en absorberend


Pas die kolomme hier onder met die rou en vervaardigde materiaal waarmee dit gemaak is:

rou materiaal

Vervaardigde materiaal

1. Sand

A. Keramiek

2. Klei

B. Leer

3. Steenkool en olie

C. Glas

4. Dierlike wol

D. Papier

5. Hout en plantvesel

E. Plastiek

6. Diervelle

F. Materiaal

1: C

2: A

3: E

4: F

5: D

6: B

Wat is die term wat gebruik word vir 'n materiaal wat nie buigbaar is nie?


Styf

Wat is die term wat gebruik word vir 'n materiaal wat nie waterdig is nie?


Absorberend

Kies drie materiale wat jy sal gebruik om 'n hoenderhok te bou. Noem ten minste twee eienskappe van elke materiaal en noem hoe elke materiaal se eienskap sal help om jou hoenderhok veilig te hou van ander diere en weer elemente. Gebruik die spasie hier onder om 'n tabel te teken vir jou antwoorde.







Materiale

Eienskappe

ogiesdraad

Buigbaarheid, taaiheid

Houtpale

Styfheid, sterkte in spanning

Sinkdak metaalplate

hardheid, taaiheid