Prosesse om die water te suiwer


  • Hoekom is 'n skoon watertoevoer so belangrik?
  • Hoe kan water skoongemaak word?
  • How word water deur munisipaliteite gesuiwer om seker te maak dat ons skoon water in ons huise het?

Skoon water


Het jy al ooit 'n teken soos die een in die prent gesien? Hierdie teken is 'n waarskuwing dat die water nie skoon is nie, en dat mense dit nie moet drink nie, aangesien dit sleg is vir jou gesondheid. As dit ongeskik is vir gebruik, is dit ook onveilig om in te swem.

'n Waarskuwing teen die drink van besoedelde water.

Wat beteken 'skoon water' vir jou?

Skoon water is water wat geen besoedelstowwe bevat nie.

Kan jy onthou wat besoedelstowwe is? Skryf dit hoeronder neer.

Besoedelstowwe is dinge wat nie in die water hoort nie. Onoplosbare stowwe (oil, vullis en afval), oplosbare stowwe (chemikalieë en giwwe) en kieme, is almal besoedelstowwe.


Ons het ook geleer dat die natuur spesiale metodes het om besoedelde water skoon te maak. Watersuiwering gebeur in spesiale natuurlike omgewings wat vleilande genoem word. Vleilande is baie effektiewe natuurlike 'watersuiweringsaanlegte', maar hulle werk stadig. Mense, diere en plante het elke dag vars water nodig, en om hierdie rede moet ons ons vuil water skoonmaak sodat dit hergebruik kan word. Die skoonmaak van vuil water is die onderwerp van hierdie afdeling.

Waarom het ons skoon water nodig?


Hoekom is dit so belangrik vir mense, plante en diere om skoon water te hê?

  • Ons liggame bevat baie water. Om die waarheid te sê, jy is meestal van water gemaak! Ons benodig elke dag water omdat ons elke dag water deur uitskeiding van afvalstowwe verloor. Die water wat ons drink moet skoon wees om te voorkom dat ons siek of vergiftig word.
  • Plante en diere het ook skoon water nodig, sodat hulle kan groei en gesond kan wees. Ons het gesonde plante en diere in ons omgewing nodig, omdat hulle 'n ekologiese balans en voedsel veskaf.
  • Water word ook vir pret gebruik. Watersport is 'n baie gewilde ontspanningsaktiwiteit en sluit dinge soos swem, branderplank ry en waterski in. Ons wil skoon water in ons oseane en mere hê sodat ons dit kan geniet om in die water te wees sonder om siek te word.

Hoe kan water skoongemaak word?

Verbeel jou jy is in 'n plek sonder skoon water. Die enigste water naby jou is 'n modderige stroom. Hoe kan die vuil water skoon genoeg gemaak word om te drink? Wanneer ons dink oor hoe om water te suiwer, moet ons dink oor wat ons nodig het om die kontaminerende deeltjies van die water te skei. Die modderige water is eintlik 'n mengsel van sand en water, en moontlik ander kontaminante.


Onthou jy dat ons aan die begin van die termyn na die verskillende maniere gekyk het om mengsels te skei? Wat is 'n paar van hierdie metodes?




Filtrering/filtrasie, hand-sortering, sifting, verdamping, distillering/distillasie, dekantering, koking.

Watter metodes dink jy sal gebruik kan word om die groot onsuiwerhede van die vuil water te skei?


Filtrering, sifting (moontlik hand-sortering)

Watter metodes sal bruikbaar wees om die onoplosbare onsuiwerhede van die water te skei?


Verdamping, koking, distillering.



Kon ons ondersoek 'n paar verskillende maniere om water by die skool of huis te suiwer.

Suiwering van water in 'n distillasie-apparaat


MATERIALE

  • skoon, droë pot/houer
  • modderige water
  • groot, diep kookpot
  • liniaal
  • 1 albaster of skoon klip
  • plastiek kleefoortreksel ('cling wrap')

INSTRUKSIE S:

  1. Gooi die modderige water in die groot pot totdat dit omtrent 5 cm diep is (jy kan die liniaal gebruik om die waterdiepte te meet).
  2. Plaas die kleiner pot/houer binne-in die groter pot.

Die rand van die kleiner pot/houer moet laer wees as die rand van die groter pot sodat die water wat op die plastiekvel kondenseer ruimte het om na die middel af te loop (waar die klippie/albaster die plastiek aftrek), en in die kleiner pot/houer te drup.

  1. Bedek die groter pot met plastiek kleefoortreksel ('cling wrap')
  2. Plaas 'n albaster of klippie in die middel van die plastiek kleefoortreksel sodat dit bo die klein pot/houer is wat in die pot is. Jy het nou 'n distillasie-apparaat vir die suiwering van water gemaak.
  3. Laat die distillasie-apparaat vir 'n dag in die son staan.

Jy moet met hierdie aktiwiteit aanhou, totdat die distillasie-apparaat vir 'n geruime tyd buite in die son was.

  1. Kyk mooi na die distillasie-apparaat en beantwoord die vrae hieronder.
  2. As jy 'n foon met 'n kamera het, kan jy foto's van die distillasie-apparaat neem en dit aan jou klas wys.

VRAE:

Wat let jy op oor die binnekant van die kleiner houer? Is dit nat of droog?


Die klein houer is nat aan die binnekant.

Wat let jy op oor die plastiek kleefoortreksel? Is dit nat of droog?


Die plastiek kleefoortreksel is nat.

Skryf 'n paragraaf om te verduidelik hoe die water aan die binnekant van die houer gekom het. Jy kan woorde uit die volgende lys gebruik, maar jy kan ook jou eie woorde byvoeg:

energie, son, verdamp, water, waterdamp, kondenseer, drup, skoon







Leerders mag skryf:

Energie vanaf die Son veroorsaak dat die water in die pot verdamp. Aangesien die pot met kleefoortreksel geseël is, het die water teen die plastiek van die oortreksel gekondenseer. Die albaster veroorsaak dat die kleefoortreksel in die middel afgetrek word. Die gekondenseerde water het afgeloop na die middel toe en in die klein houer gedrup. Die water in die houer was skoon.

Hoekom is daar geen grond in die klein houer/pot nie?


Grond verdamp nie.

Waar was die grond aan die einde van die eksperiment?


Die grond het in die pot agtergebly.

Maak 'n plakkaat van die proses. Jy kan prente teken of foto's gebruik wat jy van die eksperiment geneem het.


Kan jy onhou watter metode ons in hierdie aktiwiteit gebruik het om sand uit water te verwyder:Die vermenging van 'n vaste stof en 'n vloeistof in the chapter Mengsels?



Ons het die water en sand deur 'n papierhanddoek gefiltreer om die sand te verwyder.


Filtrering is 'n goeie manier om onoplosbare stowwe uit water te verwyser. Groot stukke onoplosbare stowwe kan ook uit die water gesif word.

Ontwerp, maak en evalueer 'n filter


Hierdie is die eerste keer hierdie jaar dat leerders 'n Tegnologieprojek doen, in Gr 6, dus sal u waarskynlik nodig hê om hulle aan die Ontwerpproses wat in Tegnologieprojekte gevolg word, te herinner. Die eerste deel is om die behoefte te identifiseer, en in hierdie projek is 'n scenario geskep waar die Thunderbolt Kids 'n kampeeruitstappie beplan en die Gr 6 klas genooi het om saam te kom. Maar daar is geen skoon drinkwater by die kampeerterrein waarnatoe hulle wil gaan nie. Hulle kan ook nie genoeg water vir almal saamdra nie. Gebruik hierdie scenario om die behoefte vir die ontwerp van 'n filter te skep, wat hulle saam met hulle op die kampeeruitstappie kan neem.

Ons volg die OOMEK-stappe in die ontwerp-proses.

Ostaan vir Ondersoek die probleem wat sommige mense het, deur bestaande produkte, sowel as konsepte en vaardighede wat nodig is om die probleem (naamlik om water te suiwer), te ondersoek. Moedig leerders aan om filtreringsmetodes soos die gebruik van sand, watte, wol en houtskool, te ondersoek.

Ostaan vir Ontwerp Dit beteken om te gebruik wat jy geleer het uit die ondersoek, om aan goeie maniere om 'n filter te ontwerp te dink.

Mstaan vir Maak Wanneer die filter gemaak word, word materiale en gereedskap gebruik om dit te maak volgens die ontwerp. Let op dat meeste kinders met hulle hande ontwerp, en nie net met potlood en papier nie. Soos hulle met materiale werk kry hulle meer idees, en hulle ontwerpe verbeter. Dus kan ontwerp en maak as twee dele van dieselfde stadium van die proses gesien word.

Estaan vir Evaluering. Nadat die filter gemaak is om die probleem op te los moet ons vra of dit werk. Kan ons 'n beter een maak? Gedurende hierdie fase, neem al die leerders na buite en laat hulle hul filters ophang en toets deur 'n koppie modderwater deur te gooi. NB. Maak seker dat die leerders nie die water drink nie. Vergelyk die water voor en na filtrering om te sien of dit gesuiwer is. Berei 'n groot emmer modderwater voor waaruit koppies water geskep kan word om te suiwer. Op hierdie manier sal daar modderwater oorbly om met die gesuiwerde water te vergelyk, om te sien of leerders se filters wel gewerk het.

Kstaan vir Kommunikeer Jy moet aan ander mense wys hoe jy besluit het op jou oplossing vir die probleem. Jy moet jou idees neerskryf en teken. (Die leerders moet dwarsdeur die projek teken en skryf. Moenie die skryfgedeelte tot op die einde laat nie, omdat leerders dit teen daardie tyd vervelig vind. Wanneer hulle nuwe idees kry geniet hulle dit dikwels om te skryf omdat hulle oor hul eie idees skryf; hierdie is 'n groot sterkpunt van Tegnologie op skool. 'n Tegnologieprojek gee aan leerders redes om te lees en te skryf. Op hierdie manier kan ons die leesvaardigheidsprobleem met behulp van Natuurwetenskap en Tegnologie aanspreek.)

Die Thunderbolt Kids beplan 'n kampeeruitstappie en het jou en jou klasmaats genooi om saam met hulle te kom. Hulle het al die kampeertoerusting, soos tente, slaapsakke en slaapmatte. Die enigste probleem is dat daar geen skoon drinkwater by die kampeerterrein is nie. Vir só 'n groot groep kan die Thunderbolt Kids nie genoeg bottels met skoon water saamdra nie. Dus het Tom besluit dat die groep 'n filter moet bou om die modderige water van die nabygeleë stroom te suiwer. Maar hulle weet nie hoe nie! Ons moet hulle help om 'n filter te ontwerp en te bou om water op die kampeeruitstappie te suiwer.

ONTWERPOPDRAG:

Skryf 'n kort stelling neer waarin jy sê wat jy gaan ontwerp en hoekom.



Jou filter het die volgende spesifikasies:

  • Die filter moet daartoe in staat wees om 'n koppie modderige water te filtreer, sodat die water wat uitkom skoner moet wees as die water wat ingaan.
  • Die filter moet opgehang kan word, byvoorbeeld vanaf 'n tak van 'n boom.
  • Jy moet dit buite kan gebruik.

Jou filter het die volgende beperkinge:

  • Jy mag nie die filter by die huis maak nie - dit moet in die klas gemaak word.
  • Jy is beperk tot die gebruik van soveel herwinbare materiale as moontlik, byvoorbeeld 2 liter plastiekbottels, plastieksakke ens.

ONDERSOEK:

Ons het nou nodig om ondersoek in te stel na hoe water gesuiwer kan word. Ons het gesien hoe om water te suiwer deur van 'n distillasie-apparaat gebruik te maak, of deur verdamping. Maar hoe kan water gesuiwer word deur 'n filter te gebruik? Doen navorsing op die internet en in boeke en beantwoord die volgende vrae:

  1. Watter tipes filters kan jy maak?



  2. Van watter tipe materiale maak hierdie filters gebruik?




  3. Wat is die doel van elkeen van die materiale wat in die filter gebruik word? Byvoorbeeld, is party materiale daar om groot deeltjies te filtreer, en ander om klein deeltjies te filtreer? Indien wel, watter een is watter een?





ONTWERP:

Kom ons begin nou om die filter te ontwerp! Beantwoord hierdie vrae voordat jy begin om jou ontwerp te teken.

  1. Watter tipe filter gaan jy ontwerp?


  2. Wat sal die vorm en grootte van jou filter wees?




  3. Watter herwinbare materiale kan jy gebruik?




  4. Hoe gaan jy dit ophang, byvoorbeeld van die tak van 'n boom af?



  5. Hoe sal jy die water wat gefiltreer is versamel?



Gebruik die spasie hieronder om jou filter te ontwerp en teken. Onthou om die verskillende dele van byskrifte te voorsien, en wys watter materiale jy gaan gebruik. Laat spasie oop om 'n tweede tekening te maak, aangesien jy dalk met 'n beter ontwerp vorendag mag kom soos jy jou filter maak en maniere om dit te verbeter raaksien.



















MAAK:

Noudat jy 'n ontwerp het, is dit tyd om jou filter te maak volgens die spesifikasies en beperkings. Wanneer julle almal julle filters gemaak het, moet julle hulle uittoets om te sien of hulle werk.

Doen die toetsing buite. Wys die klas hoe jou filter werk en gooi 'n koppie modderwater deur die filter. Versamel die water wat aan die ander kant uitkom.

MOENIE HIERDIE WATER DRINK NIE aangesien jy nie weet of jy hierdie water volledig gesuiwer het nie. Om die water na filtrering nog verder te suiwer, kan jy ook 'n sondistillasie doen deur gebruik te maak van jou distillasie-apparaat wat jy in die vorige aktiwiteit gemaak het om die vaste stowwe te verwyder, en dan laastens kan jy die water kook.

EVALUEER:

Nadat jy jou filter gemaak het, moet jy vra of dit werk en of jy 'n beter een kan maak.

  1. Vergelyk die water voor en na filtrering. Was die water skoner na filtrering?


  2. Watter onsuiwerhede het jou filter verwyder - groot of klein of beide?



  3. Hoeveel gefiltreerde water kon jy vanaf jou filter versamel? Was dit dieselfde hoeveelheid as wat jy ingegooi het?



  4. Het jou filter enige-plek gelek? Indien wel, hoe kan jy verhoed dat dit lek?



  5. Dink jy jy kan die water verder skoonmaak deur dit weer deur jou filter te gooi? Probeer dit en kyk of dit 'n verskil maak.



  6. Hoe kan jy jou ontwerp verbeter?





  7. Watter verdere stappe kan jy neem om die water wat uit jou filter kom te suiwer.



Jy kan 'n distillasie doen deur die distillasie-apparaat wat jy in die vorige aktiwiteit gebou het te gebruik, en daarna die water te kook.

KOMMUNIKEER

Die laaste deel van die Ontwerpproses is om dit wat jy geontwerp en gemaak het aan ander te kommunikeer, sodat hulle kan leer wat jy gedoen het, en van jou kan leer. Skryf 'n paragraaf hieronder waarin jy vir Tom vertel oor die filter wat jy ontwerp en gemaak het om op die kampeeruitstappie saam te neem om die modderige stroomwater te suiwer. Vertel vir Tom wat jy gevind het wat werk, en enige-iets wat jy sou verander.












Hoe word water deur munisipaliteite gesuiwer?


Het jy lopende water in jou huis? As jy het, is jy baie bevoorreg, want baie Suid-Afrikaners het nie.

Skoon water wat uit 'n kraan kom. http://www.flickr.com/photos/wwarby/4916577404/

Suid-Afrikaanse munisipale water is oor die algemeen skoon en vars, en veilig om te drink. Hoe word dit so? Hierdie afdeling vertel die storie van hoe water gesuiwer word.

Die water vanuit 'n kraan is nie aanvanklik skoon en vars nie. Dit mag uit 'n rivier of dam kom, of mag dalk selfs afvalwater wees wat deur 'n gemeenskap of fabriek gebruik is.

Die proses om water skoon te maak word watersuiwering genoem, en die plek waar dit gebeur word 'n watersuiweringsaanleg genoem.

So wat presies gebeur by 'n tipiese watersuiweringsaanleg?

Daar is vyf stappe (of prosesse) in die suiwering van water. Die vyf prosesse wat algemeen gebruik word om water te suiwer is sifting ('screening'), sedimentering, deurlugting, uitsakking, and ontsmetting.

Kom ons kyk om die beurt na elkeen.

STAP 1:SIFTING

Die ongesuiwerde water wat by die aanleg aankom, mag grond, visse, vullis, plante en selfs riool in hê.

Hierdie dinge word dan uitgesif soos die water in die aanleg invloei. Dit beteken dat die water deur 'n groot sif ('screen') gaan, en die vaste materiale bly dan op die sif agter.

Na die siftingstap is die water steeds vuil, maar die groter stukke gemors is verwyder.

STAP 2: UITSAKKING

Gedurende hierdie stap word die vuil water toegelaat om in 'n tenk, wat 'n uitsakkingtenk genoem word, te staan.


Wat gebeur met die grond as modderige water vir 'n lang tyd stilstaan?


Dit sink na die bodem.



Wanneer die deels-gesuiwerde water in die tenk staan, sak die medium-grootte deeltjies van vaste materiale (wat slik genoem word) neer na die bodem van die tenk.

Die water is steeds vuil, maar bevat nou net klein deeltjies vaste stof materiaal. Die stukkies vaste stof materiaal wat oorbly is klein genoeg vir klein organismes (soos bakterieë) om te eet. Dit is wat gebeur in die volgende stap van die suiweringsproses.

STEP 3: BELUGTING

Die

Aangesien bakterieë suurstof nodig het om aan die lewe en gesond te bly, word lug deur die water geborrel. Hierdie proses word belugting genoem.

STAP 4: FILTRERING

Vervolgens vloei die water deur 'n spesiale filter, gemaak van lae van sand en gruis, net soos die een wat jy ontwerp het, maar net baie groter. Die gruislaag van die filter is omtrent 30 cm diep, en die sandlaag is omtrent 1 m diep! Die filtreringstap verwyder enige oorblywende deeltjies en meeste van die bakterieë wat nog in die water oor is.

Na hierdie stap is die water helder, maar sommige kieme en bakterieë van STAP 3 mag nog in die water wees. Onthou dat kieme en bakterieë klein genoeg is om tussen die gapings tussen sand en gruis deur te gaan.

STAP 5: ONTSMETTING

Tydens ontsmetting, word chemikalieë bygevoeg om enige oorlewende kieme dood te maak.

  • Skoon water is belangrik vir mense, plante en diere.
  • Water kan skoongemaak word deur middel van prosesse soos sifting, filtrering, uitsakking, dekantering, koking en deur byvoeging van chemikalieë om kieme dood te maak.
  • Die water wat ons in ons huise gebruik word gesuiwer voor en na ons dit gebruik.


Wat beteken dit om water te suiwer?



Dit beteken om water te suiwer; om besoedelstowwe vanuit water te verwyder.

Wat is skoon water?


Skoon water bevat geen besoedelstowwe nie.

Hoekom het mense, plante en diere skoon water nodig? Skryf 'n paragraaf waarin jy sommige van hierdie behoeftes beskryf.


Leerder-afhanklike antwoord. Water is nodig vir lewe. Ons het skoon drinkwater nodig vir metaboliese prosesse in ons liggame, en om water wat verlore gaan deur urinering en uitskeiding te vervang. Ons gebruik water vir was en kook, en benodig skoon water sodat ons nie siek word nie. Baie diere skep hul tuistes en skuilings in en naby water, en het skoon water nodig sodat hulle nie siek word nie.

As jy nie seker was van die water wat uit die kraan kom nie, en jy het 'n ketel gehad, wat sou jy aan die water doen om dit te suiwer.



Jy kan die water kook. Dit sal enige lewende mikro-organisme of bakterieë in die water doodmaak.

Die vrou in die prent drnk water van die kant van die dam af. Watter moontlike gevare kan sy aan blootgestel word deur hierdie water te drink sonder om dit eers te suiwer?



Die water kan bakterieë wat siektes veroorsaak, soos cholera, haakwurm, bilharzia, tifus ens. bevat, en dit kan ook chemikalieë of bemestingstowwe van omliggende plaaslande bevat, ens.

Noem die 5 stappe in die watersuiweringsproses.




Die vyf stappe is sifting, sedimentasie, belugting, uitsakking, en ontsmetting.

Dink jy dit is belangrik om water te bespaar? Waarom dink jy so? Skryf 'n paragraaf om jou antwoord te staaf.









Leerderafhanklike antwoord.