Stelses om probleme op te los.


  • Hoe kan ons elektriese stroombane gebruik om nuttige toestelle te maak?
  • Wat gebeur met energie wanneer ons elektriese toestelle gebruik?

Hierdie eenheid is meestal toepassing van wat van te vore geleer is. Ontwikkel sommige van die wetenskaplike proses vaardighede: neem waar, ontwerp, evalueer en kommunikeer. Gee die leerders 'n projek om 'n model van 'n huis wat elektriese bedrading insluit te bou. Dit word gedoen om denkvaardighede en motoriese vaardighede te ontwikkel.

Gebruik van elektriese stroombane.


Elektriese stroombane word oorals om ons gebruik, byvoorbeel in die ligte in ons huis, strate en winkels. Laat ons ons wereld van vandag indink sonder elektrisiteit!

'n Wereld sonder elektrisiteit.


Laat die leerders in groepe van 2-4 werk. Daar is geen spesifieke reg of verkeerde antwoorde hier nie, behalwe as die antwoorde niks met elektrisiteit te doen het nie. Die leerders gee hulle opinies en persepsies. Die aktiwiteit verskaf 'n begin punt daar voor om te leer oor die gebruik van stroombane.

INSTRUKSIES:

  1. Skryf 'n kort paragraaf oor hoe ons wereld sou gewees het sonder elektrisiteit.







  1. Beskryf die drie dinge wat vir jou die ergste sal wees as daar geen elektrisiteit was nie.







  2. Sal daar enige voordele wees daar aan om nie elektrisiteit te he nie? Bespreek dit met jou klasmaat en skryf jou antwoord hier onder neer.







  3. Jou groep moet nou die voor en nadele van elektrisiteit vergelyk. Wat is die groep se slotsom, 'n ja of 'n nee vir elektrisiteit? Skryf jou groep se redes vir ja of nee antwoord neer.





Stroombane word gereeld gebruik om 'n probleem op te los waar ons energie nodig het. 'n Battery of 'n muur prop is bronne van energie. Die energie word na 'n toestel gelei met die gebruik van elektriese drade. Die toestel verander dan die elektriese energie na 'n ander vorm van energie, byvoorbeeld lig energie, klank energie, hitte energie of bewegings energie. Ons noem hierdie proses energie transformasie. Een vorm van energie word in 'n ander vorm van energie in verander. Elektriese toestelle kan hierdie proses vir ons doen.

'n Stelses is iets wat uit verskillende dele bestaan wat saam werk om 'n geheel te vorm. In 'n elektriese stelsel is daar 'n invoer (elektriese energie) en 'n uitvoer (iets soos lig, hitte, bewegings of klank energie.) Kom ons kyk na 'n paar voorbeelde van elektriese stelsels waar ons die uitvoer energie gebruik om iets nuttigs te doen.

Stroombane beinvloed ons lewens.


INSTRUKSIES:

  1. Kyk na die fotos of prentjies hier onder.
  2. Skryf die naam van die toestel neer.
  3. Beskryf wat dit voor gebruik word en wat die energie in verander word (lig, klank, hitte of beweging)? Soms kan dit meer as een ding wees!

http://www.flickr.com/photos/andybutkaj/1495901113/

Naam:

Gebruik:

Energie verander van _____ energie na _____ energie.

http://www.flickr.com/photos/54400117@N03/5069103310/

Naam:

Gebruik:

Energie verander van _____ energie na _____ energie.

http://www.flickr.com/photos/wonderlane/3134754840/

Naam:

Gebruik:

Energie verander van _____ energie na _____ energie.

Naam:

Gebruik:

Energie verander van _____ energie na _____ energie.

http://www.flickr.com/photos/39747297@N05/5229733311/

Naam:

Gebruik:

Energie verander van _____ energie na _____ energie.

Naam:

Gebruik:

Energie verander van _____ energie na _____ energie.

Naam:

Gebruik:

Energie verander van _____ energie na _____ energie.

Naam:

Gebruik:

Energie verander van _____ energie na _____ energie.

Naam:

Gebruik:

Energie verander van _____ energie na _____ energie.

(Scalextric http://www.flickr.com/photos/magickevin/7161372557/)

Naam:

Gebruik:

Energie verander van _____ energie na _____ energie.

http://www.flickr.com/photos/tonythemisfit/3052219034/

Naam:

Gebruik:

Energie verander van _____ energie na _____ energie.

Hierdie is 'n redelike lang aktiwiteit met 'n klomp voorbeelde, maar dit verskaf 'n inleiding tot die Tegnologie Projek 'n bietjie later. Hier sal leerders gebruik moet maak van 'n stroombaan om lig, beweging, klank of hitte te produseer. Hierdie aktiwiteit tree as 'n stimulus vir idees vir die projek op.


Elke een van die voorbeelde in die vorige aktiwiteit gebruik 'n stroombaan om energie te voorsien waar ons dit benodig, of dit is om die straat te verlig, klank aan ons radio te verskaf of om 'n gebou te verhit. Selfs in sekere speelgoed en modelle soos byvoorbeeld 'n motorren speletjie of 'n elektriese model trein stel! Ons kan se dat elektriese toestelle vir ons probleme kan oplos. Hulle is in staat om elektriese energie in ander nuttige vorms van energie in te verander.


Wees 'n elektriese ingenieur of 'n tegnikus


Teen hierdie punt het leerders konsepte in verband met elektrisiteit geleer om vir hulle 'n Tegnologie Ontwerp projek te gee om te doen. Hulle kan individueel of in groepe van 3-4 werk. Ideaal gesproke moet elke leerder sy eie stelsel ontwerp en bou om homself ten volle by die taak te betrek. Leerders sal toepas wat hulle geleer het deur eers 'n plan te bespreek, te ontwerp en te teken oor hoe om 'n stroombaan te gebruik om beweging, lig, klank of hitte te produseer. In die algemeen is dit moeiliker om hitte energie te produseer met die gebruik van selle, maar dit kan deur leerders ondersoek word as hulle voel hulle is reg daar voor. Hierna sal hulle hulle ontwerp implementeer en 'n struktuur bou en aan die klas voorle. Kommunikasie is 'n baie belangrike vaardigheid en vorm deel van die Tegnologie ontwerp proses. Kommunikasie kan of skriftelik of mondelings wees, maar in hierdie geval moet die leerders hulle ontwerp mondelings aan die klas voorle. Die modelle wat die leerders bou hoef nie op skaal te wees nie. Moontlike ontwerpe is 'n bestendige hand speletjie, 'n huis (moedig hulle aan om meer as een kamer te he of 'n deurklokkie stelsel), 'n vuurtoring, of een of ander tipe speelding wat klank of beweging produseer. Moedig leerders aan om alles wat hulle oor stroombane geleer het te gebruik en om verskillende komponente in hulle projek in te sluit, soos byvoorbeeld skakelaars.

Gestel jy wil 'n elektriese ingenieur of 'n tegnikus word. Een van die dinge wat jy sal doen is om stelses te ontwerp wat stroombane gebruik om probleme vir mense op te los, of dit die bedrading in 'n huis is, 'n voordeur klokkie, 'n vuurtoring op die kus of om speelgoed te bou wat elektrisiteit nodig het om te funskioneer.

Sjoe, ek sal graag 'n elektriese ingenieur wil wees!

Ontwerp, bou en le 'n stelsel voor wat 'n stroombaan gebruik.


Ontwerps opdrag:

Jy is 'n elektriese ingenieur en jy moet 'n ontwerp uitdink vir 'n elektriese stelses wat 'n probleem op los. Jy moet 'n stelses ontwerp en bou wat 'n stroombaan gebruik om beweging, lig, klank of hitte te produsees. Skryf 'n Ontwerps uitlyn waar jy identifisee wat jy gaan bou en hoekom dit 'n stroombaan benodig.




Ondersoek:

Die volgende stap in die Ontwerp Proses is om navorsing te doen oor die instrument wat jy gaan bou / maak. Jy kan boeke en die internet gebruik vir jou navorsing.

Beantwoord hierdie vrae tydens jou navorsing oor die elektriese sisteem:

  1. Hoe word hierdie stelsel normaalweg gebou?



  2. Watter komponente word benodig?



  3. Watter tipe energie sal vervaardig word vanuit die elektriese energie?



  4. Hoekom benodig mense so 'n stelsel? Wat is die probleem wat daardeur opgelos word?




ONTWERP:

Noudat jy 'n bietjie meer weet oor die sisteem wat jy wil bou, is dit nodig om die bou-ontwerp te doen.

Jou stelselhet die volgende spesifikasies / vereistes:

  • Die stelsel moet gebruik maak van 'n elektriese stroombaan.
  • Die stelsel moet beweging, klank, lig of hitte voortbring.
  • Die stroombaan moet gebruik maak van sekere van die komponente waarvan jy geleer het, soos selle, gloeilampe, skakelaars, gonsers, drade, etc.
  • stelsel moet gebruik maak van 'n skakelaar om di taan en af te skakel.

Jou stelsel het die volgende beperkinge:

  • Jy moet dit in die klaskamer bou.
  • Jy mag nie 'n volwasse elektrisiën vra om jou ontwerp vir jou projek te doen nie! Jy moet met jou eie ontwerp vorendag kom.
  • Jou stelsel is nie lewensgrootte nie, maar wel 'n model.

Beantwoord hierdei vrae:

  1. Watter materiale word benodig om dit te maak? Byvoorbeeld, watter elektriese komponente gaan jy nodig hê? Watter ander materiale gaan jy nodig hê, soos 'n karton boks om die stelsel in te sit, kleefband of "prestik", duimdrukkers of verf vir die boks?
  2. Watter gereedskap gaan jy benodig? Items soos knyptange, 'n skêr om karton te knip. Maak 'n lys en versamel van hierdie items uit jou huis, of andersins vra jou onderwyser of hy/sy enige het.
  3. Hoeveel selle (batterye) gaan jy benodig vir jou stroombaan?
  4. Waar gaan jy die skakelaar plaas? Watter tipe skakelaar gaan jy bou?

Nou moet jy 'n paar ontwerpe vir jou stelsel teken. Gebruik stukkies afval papier om jou eerste ontwerpe te doen. Wanneer jy gelukkig is met jou ontwerp, gebruik die ondergaande spasie om jou ontwerp te teken. Benoem jou tekening en dui aan watter materiale jy gaan gebruik vir die verskillende dele.

Terwyl jy jou sisteem bou mag jy dalk met nog idees vorendag kom om die ontwerp te verbeter soos jy dit toets om te sien of dit die verlangde resultate lewer. Maak seker om na die tyd terug te kom en teken op die onderstel helfte van die bladsy wat jy in werklikheid gemaak het.



















BOU:

Bou nou jou stelsel! Nadat jy jou stelsel klaar gemaak het, loop miskien rond en kyk wat die ander gedoen het. Vra gerus vrae om te sien wat julle van mekaar kan leer. Jy sal ook 'n voorlegging aan jou klas moet doen so gebruik hierdie tyd om idees te kry oor hoe jy jou idee en produk voor te stel.

EVALUASIE:

Voordat ons by die voorlegging van die projekte kom, moet jy eers jou eie projek evalueer. Dan kan jy hierdie evaluasie in jou voorlegging gebruik om aan die ander te wys wat gewerk het en wat nie.

  1. Lyk jou stelsel soos jou oorspronklike ontwerp?



  2. Vervaarding jou stelsel beweging, klank, lig of hitte?


  3. Waar sou mense die stelsel wat jy ontwerp het gebruik om 'n probleem in hulle daaglikse lewens op te los?




  4. Is daar enigiets wat jy anders sou doen om jou ontwerp te verbeter?




KOMMUNIKASIE:

Ingenieurs moet hulle ontwerpe aan ander kan voorlê om te kan wys waarmee hulle vorendag gekom het en om idees te kommunikeer. Ingenieurs kan 'n geskrewe verslag voorlê en ontwerp tekeninge ingee. Maar, dikwels moet ingenieurs ook 'n voorlegging van die ontwerp en projek doen deur toesprake en mondelingse verslae.

Jou opdrag in hierdie Ontwerp Projek is om jou stelsel aan die klas voor te lê.

Hier volg jou instruksies:

  1. Gee 'n mondelingse verslag aan die res van die klas om hulle te vertel van die stelsel wat jy gebou het.
  2. Jy moet jou stelsel voor by jou in die klas hê om te wys hoe dit werk.
  3. Jy moet die elektriese stroombaan wat gebruik is verduidelik en watter tipe energie vervaardig word.
  4. Vertel die klas hoe jou stelsel gebruik gaan word en hoekom hulle jou ontwerp mag waardeer. byvoorbeeld, hoe kan dit gebruik word in 'n huis of hoe dit mag deel vorm van 'n nuwe speelgoed item op die mark?
  5. Ter slotte, vertel die klas wat jy geleer het met die uitvoer van hierdie projek en enige uitdagings of moeilikhede of wat jy sou verander indien jy dit weer moes doen.

Elke leerder moet gemerk word na aanleiding van die werklike stelsel wat hulle gebou het en hulle ontwerpe, tekeninge en beplanning. Elke leerder moet gemerk word op die aard van hulle mondelingse projek voorlegging. Gee spesifiek aandag aan die leerders se vermoë om hulle stemme toe projekteer en om die klas te betrek, hulle vermoë om te verduidelik wat hulle gedoen het en of hlle die vrae beantwoord het wat in die instruksies uitgelê is.



  • Elektriese stroombane addresseer probleme soos om elektriese beligting te verkry.
  • There are many instances in the world around us where electric circuits are used, such as street lighting, alarms, electric gates, traffic lights fans and heaters, some models and toys.


Noem vyf dinge wat ons nie sonder elektrisiteit sal kan doen nie. Verduidelik waarom jy dink hierdie dinge vir ons belangrik is.









Antwoorde hang van leerders af. Maak seker dat hulle hul antwoorde motiveer.

Jojo bou 'n elektriese stroombaan, wat 'n gloeilamp en 'n battery bevat, vir sy bedliggie sodat hy in die aand kan lees. Die gloeilamp wil egter nie brand nie. Skryf drie goed neer wat dalk verkeerd kan wees.





Hy kon die batttery verkeerd ingesit het, die battery is pap, daar is êrens 'n onderbreking in die konneksie, een van die drade is nie ordentlik gekoppel nie of is stukkend, die gloeilamp het dalk "geblaas" wat beteken dat die gloeidraadjie in die lampie stukkend is.

Jojo wil nie hê dat die battery in sy bedliggie se energie opraak nie. Wat kan hy doen?



Hy kan 'n skakelaar insit om die liggie aan en af te skakel en die battery te spaar.

Skryf drie elektriese toestelle neer wat energie van 'n battery gebruik.



Flits, selfoon, "walkman" ens

Skryf drie elektroniese toestelle neer wat energie van die hooftoevoerkabel gebruik.



Mikrogolf, stoof, yster, haardroër, yskas ens.

Teken 'n elektriese stroombaandiagram vir die sisteem wat jy ontwerp en gemaak het in die Ontwerpprojek.