Beweging en energie in 'n sisteem


  • Hoe maak musiekinstrumente musiek?
  • Is daar verskillende tipes musiekinstrumente in verskillende dele van die wêreld?

Hierdie hoofstuk bou op die vorige hoofstuk in dat dit bewegingsenergie verder bestudeer, en kyk hoe bewegingsenergie klankenergie voortbring deurdat dele van die instrument beweeg en vibrasies veroorsaak.

NB :'n Voorstel is om eerder eers die volgende hoofstuk ("Energie en klank") te doen voor hierdie hoofstuk ("Beweging en energie in 'n sisteem"), m.a.w. andersom as in CAPS aangedui. Daar is baie konsepte in die hoofstuk getiteld "Energie en Klank" wat gebruik kan word wanneer leerders in hierdie hoofstuk musiekinstrumente maak. Logies en konseptueel maak hierdie voorstel meer sin, aangesien klank as 'n vorm van energie in die vorige hoofstuk ("Energie rondom ons") bekendgestel word, waarna dit in "Energie en klank" verder ondersoek word, en dan eers toepassing vind in die maak van musiekinstrumente. Dit is natuurlik aan die einde van die dag u keuse as onderwyser hoe u deur hierdie hoofstukke wil werk.

Beweging en musiekinstrumente


Kyk na die foto van die orkes. Daar is baie verskillende instrumente wat almal musiek maak. Al die klanke word saam gekombineer om 'n wonderlike geluid te maak.

'n Orkes bestaan uit baie musiekinstrumente wat saam speel.
Kom ons maak musiek!

Die vreugde van klank - die maak van 'n ligaamsorkes


INSTRUKSIES:

  1. Werk in groepe van 4 - 5.
  2. Jy kan musiek met jou liggaam maak. Jy kan jou hande klap of jou voete stamp. Jy kan klikgeluide met jou tong maak, of jou wange opblaas en hulle tik. Jy kan 'n ritme op jou dye slaan.
  3. In jou groep, vind interessante maniere om julle liggame te gebruik om 'n kort (1 minuut) musiekstuk te speel.
  4. Wees kreatief. Demonstreer julle "liggaamsorkes ritme" aan die klas.
  5. Sommige van julle kan selfs dans terwyl die ander musiek maak!


Beweging veroorsaak klank


In julle liggaamsorkes het julle baie verskillende klanke gemaak. Elke klank wat julle gemaak het, het 'n deel van julle liggame behels.

Baie musiekinstrumente gebruik beweging om klank voort te bring. Kom ons kyk na 'n paar bekende musiekinstrumente.

'n Man pluk die snare van 'n ghitaar

Wanneer 'n ghitaarsnaar gepluk word, vibreer die snaar en veroorsaak 'n klankgolf. Die klank word versterk (harder gemaak) deur die lug wat vibreer in die hol binnekant van die ghitaar. Ons kan dan maklik die klanke hoor wat deur die ghitaar gemaak word.

A groep dromspelers. http://www.flickr.com/photos/kretyen/6904463913/

'n Drom het 'n dun membraan of vel wat styf oor die opening van iets hol gespan is. Die dromspeler slaan hierdie membraan, die membraan vibreer en maak die klank wat ons hoor.

'n Trompetspeler in 'n marsjerende orkes.http://www.flickr.com/photos/fitzharris/7592615270/

Die trompetspeler blaas deur geslote lippe in die trompet in. Dit maak 'n gonsgeluid wat die lug in die trompet laat vibreer. Die vibrerende lug veroorsaak die klank wat ons hoor.

Baie musiekinstrumente werk omdat beweging vibrasies veroorsaak wat klank voortbring.


Inheemse musiekinstrumente in Suid-Afrika

Musiek en musiekinstrumente is baie belangrik in baie kulture en gemeenskappe. Verskillende kulture het verskillende musiekinstrumente wat deel van hulle tradisies uitmaak. Die instrumente wat deur 'n groep mense ontwikkel is en in 'n spesifieke area gebruik word, word inheemse instrumente genoem. Inheemse instrumente is eie aan 'n spesifieke gemeenskap of kultuur.

Alhoewel die instrumente verskillend is, werk hulle almal omdat beweging vibrasies veroorsaak wat klank voortbring.

Afrika het 'n ryk musikale kultuur en baie unieke instrumente. Sommige voorbeelde word hieronder getoon.


Op die voorblad van Energie en verandering speel een van die Thunderbolt Kids 'n instrument op die strand. Wie is dit en watter instrument word gespeel?


Farrah speel die marimba



Kom ons kyk na voorbeelde van Westerse en Afrika intrumente. Ons sal kyk na musiekinstrumente wat 'n mens blaas, en na musiekinstrumente waar jy snare pluk. Daar is baie ooreenkomste in die instrumente van hierdie twee kulture.

Musiekinstrumente van twee verskillende kulture


Die idee agter hierdie aktiwiteit is nie om die verskille tussen die instrumente van die Afrika en Westerse kulture te beklemtoon nie, maar eerder om die ooreenkomste te wys, asook dat beide kulture soortgelyke instrumente het wat op soortgelyke wyses gespeel word, maar van verskillende materiale gemaak is. 'n Voorstel is om die aktiwiteit te begin met 'n klasbespreking van wat kultuur is, en hoe verskillende leerders kultuur en wat dit vir hulle beteken verstaan; en ook om die baie kulture wat ons in Suid-Afrika het uit te lig. Moedig leerders aan om hulle opinies en idees met die klas te deel deur direkte vrae te vra. Gaan daarna aan met die aktiwiteit hieronder.

INSTRUKSIES:

  1. Bestudeer die voorbeelde van musiekinstrumente wat in die volgende tabel gewys word.
  2. Let veral op hoe elkeen gespeel word en watter materiaal dit van gemaak is.
  3. Antwoord die vrae wat volg.

Westerse kultuur

Afrika kultuur

Fluit

Kwela fluit

Franse horing

Koedoehoring

Harp

Krar

Viool

Tradisionele musikale booginstrument

VRAE

Vergelyk die instrumente deur die tabel hieronder in te vul.

Musiekinstrument

Hoe word dit gespeel?

Waarvan is dit gemaak?

Fluit

Kwela fluit

Franse horing

Koedoehoring

Harp

Krar

Viool

Tradisionele musikale booginstrument

Musiekinstrument

Hoe word dit gespeel?

Waarvan is dit gemaak?

Fluit

deur te blaas

Silwer geplateerde metaal

Kwela fluit

deur te blaas

Hout

Franse horing

deur te blaas

Brons

Koedoehoring

deur te blaas

Koedoehoring, krale om te versier

Harp

pluk

Hout en nylonsnare

Krar

pluk

Hout, lap en tou

Viool

pluk

Hout en metaalsnare

Tradisionele musikale booginstrument

pluk

Stokke, kalbas, snare gemaak van diervel



Onthou jy dat ons gepraat het van inset- en uitset energie? Wat dink jy is die inset- en wat is die uitset energie vir meeste musiekinstrumente?



Die inset is beweging en die uitset is klank.


Kom ons maak nou ons eie musiekinstrumente!

Ontwerp en maak jou eie musiekinstrument


Leerders moet 'n musiekinstrument navors, maak en evalueer. Voorbeelde wat hulle kan oorwweg sluit in: guitar, panfluit, fluite. Die atmosfeer word hieronder geskep met die Thunderbolt Kids wat musiekinstrumente moet maak vir 'n plaaslike fees. Die klem is op inheemse musiekinstrumente, alhoewel nie hiertoe beperk nie. Die leerders behoort aangemoedig te word om een van die karakters te identifiseer om te help om 'n musiekinstrument te ontwerp en maak volgens die Ontwerpsproses.

Die opvoedkundige waarde van tegnologie is in die navorsing, denke en en ontwerp wat leerders moet doen. Tegnologie maak leerders bekwaam; bekwaam verwys na doe leerders se vermoë om denke om te sit in dade en afhandeling. Wanneer hulle nuwe wetenskapskennis opdoen het hierdie kennis 'n doel, naamlik dat hulle dit moet gebruik om goeie ontwerpe te skep. Wanneer huille die finale produk gemaak het, behoort hulle daartoe in staat te wees om aan u al die redes waarom hulle dit juis so ontwerp het te verduidelik (selfs al kon hulle dit nie maak presies soos hulle wou nie).

Dus vind baie belangrike leerontwikkeling plaas tydens 'n Tegnologieprojek, en u moet dus leerders deur al die betrokke stappe begelei. Indien u as 'n tegnologie-onderwyser opgelei is, sal u die NCS patroon van tegnologieprojekte herken - onthou u OOMEK (IDMEC in Engels)? U kan die leerders hieraan herhinner:

O staan vir Ondersoekdie probleem was sommige mense ondervind, en ondersoek konsepte en vaardighede wat jy sal nodig hê om die probleem op te los.

O staan vir Ontwerp - dit beteken om dit wat jy uit jou ondersoek geleer het te gebruik om oplossings vir die probleem te ontwerp.

M staan virMaak - wanneer jy jou model maak, gebruik jy materiale en gereedskap, jy probeer om jou model mooi te laat lyk, en jy wys jou onderwyser wat jy in jou ondersoek geleer het. (Let op dat meeste kinders met hulle hande ontwerp, nie net met potlood en papier nie. Soos hulle met materiale werk kry hulle meer idees, en hulle ontwerp verbeter. Ons sal dus verwag dat hulle heen-en-weer tussen Ontwerp en Maak sal beweeg. Hierdie is eintlik maar dieselfde fase van die project.)

E staan vir Evaluering - nadat jy jou model gemaak het om die probleem op te los, moet jy jouself vra of dit werk. Is dit wat die mense wou hê? Kan ons 'n beter een maak?

K staan vir Kommunikasie - jy moet aan ander mense kan verduidelik hoe jy besluit het op jou oplossing vir die probleem. Jy het nodig om jou idees op te skryf en te teken. (Die leerders moet dwarsdeur die projek opskryf en teken. Moenie die opskryf tot die einde los nie, omdat hulle dit op daardie stadium vervelig sal vind. Wanneer hulle nuwe idees kry geniet hulle dit gewoonlik om te skryf omdat dit oor hulle eie idees gaan; hierdie is 'n groot pluspunt van tegnologie op skool. 'n Tegnologieprojek gee die leerders redes om the skryf en lees. En dus kan ons die geletterdheidsprobleem deur middel van wetenskap en tegnologie aanspreek.)

Die Thunderbolt Kids wil aan die plaaslike Kunsfees, wat na die skoolvakansie gehou word, deelneem. Hulle wil 'n orkes van vier vorm, en in die kategorie vir Inheemse Orkeste deelneem. Enige musiekinstrumente wat gebruik word moet handgemaak en inheems wees.

Die Thunderbolt Kids wil 'n verskeidenhied van instrumente hê. Sophie kan die dwarsfluit speel, en dus wil sy 'n instrument hê was sy kan speel deur dit te blaas, soos 'n fluitjie of panfluit. Tom hou daarvan om sy elektriese kitaar te speel, maar hy kan dit nie gebruik nie omdat die instrumente tradisioneel en handgemaak moet wees. Dus benodig hy 'n instrument wat gespeel kan word deur sy snare te pluk. JoJo hou daarvan om dromme te speel, en Farrah hou daarvan om met 'n handratel te dans!

Kyk na die foto hieronder wat hulle geneem het vir hulle plakaat om vir die fees te adverteer!

Die probleem is dat nie een van die Thunderbolt Kids 'n instrument het om te speel nie. Dus moet jy een van hulle help om 'n musiekinstrument te ontwerp en maak.

ONTWERP OPDRAG:

Jy moet vir een van die Thunderbolt Kids 'n musiekinstrument ontwerp en maak. Skryf 'n ontwerp opdrag hieronder, waarin jy aandui watter een van die Thunderbolt Kids jy gaan help en watter tipe instrument jy gaan maak.



ONDERSOEK:

Die volgende stap in die Ontwerpsproses is om ondersoek in te stel en navorsing te doen oor die instrument wat jy gaan maak. Jy kan boeke en die internet gebruik vir jou navorsing. Miskien weet jy van iemand wat hierdie instrument speel?

Ons het alreeds gekyk na sommige instrumente, sowel as waarvan hulle gemaak word en hoe hulle gespeel word.

Antwoord hierdie vrae wanneer jy jou instrument navors.

  1. Hoe speel 'n mens die instrument?


  2. Waarvan word dit gewoonlik gemaak?



  3. Is hierdie instrument deel van enige kultuur of hulle tradisionele seremonies?



  4. Watter ander interessante feite het jy omtrent hierdie instrument uitgevind?





ONTWERP:

Nou dat jy 'n bietjie meer van die instrument weet, moet jy jou eie een ontwerp.

Jou instrument het die volgende spesifikasies:

  • Dit moet 'n geluid maak wanneer daarin geblaas word of snare gepluk word.
  • You must be able to play at least two different sounds

Jou instrument het die volgende beperkings

  • Jy moet dit in die klas maak

Antwoord hierdie vrae:

  1. Watter vorm en grootte sal jou instument wees?
  2. Watter materiale sal jy benodig om dit te maak?
  3. Watter gereedskap sal jy benodig om dit te maak?

Nou moet jy ontwerpe vir jou instrument teken. Gebruik afval stukkies papier om jou eerste ontwerpe op te teken. Waneer jy met jou ontwerp tevrede is,gebruik die spasie hieronder om jou ontwerp op te teken. Benoem jou tekening om aan te toon watter materiale jy vir die verskillende dele gaan gebruik.

Jy mag dalk beter idees kry hoe om jou instrument se klank te verbeter terwyl jy dit maak. So kom terug na die tyd en teken op die onderste helfte van die bladsy wat jy regtig besluit het om te maak.



















MAAK:

Maak nou jou instrument in die klas! Nadat almal hulle instrumente klaar gemaak het, neem beurte om

Waneer leerders klaar hulle instrumente in die klas gemaak het, gaan om en evalueer of elke leerder se instrument gespeel kan word. Jy kan n hele lesperiode daarvoor gebruik waar elke leerder n kans het om hulle instrument aan te bied, te verduidelik wat dit is, en dan poog om twee verskillende klanke te speel. Indien tyd dit toelaat, kan jy die klas in groepe verdeel om musiekgroepe te vorm waar hulle n liedjie saamstel en dit dan vir die klas aanbied.

EVALUEER:

Beantwoord die volgende vrae aangaande jou musiek instrument nadat jy dit voltooi het en getoets het of dit speel.

  1. Lyk jou musiek instrument soos jou oorspronklike ontwerp?



  2. Hoe bespeel jy jou instrument?


  3. Kan jy 2 verskillende klanke (note) op jou instrument speel? Indien nie, hoekom nie?



  4. Hoe sou jy jou ontwerp kon verander sodat jou instrument beter klank kon maak of makliker was om te speel?





KOMMUNIKEER:

Moenie uit die oog verloor dat ons probeer om die "Thunderbolt Kids" te help om n musiek instrument te ontwerp en maak vir hulle plaaslike kunste fees!

Skryf n paragraaf hieronder waar jy die "Thunderbolt Kid" wie jy besluit het om te help, vertel van die musiek instrument wat jy gemaak het. Vertel hulle wat het gewerk en wat nie sodat hulle ook kan leer uit wat jy gedoen het en sodoende n goeie instrument kan maak om in hulle musiekgroep te speel!




Sjoe, dankie dat jy ons gehelp het met ons musiekgroep! Ons sou dit nie sonder jou kon gedoen het nie!
  • Baie musiek instrumente gebruik beweging insette energie om te werk.
  • Baie musiekinstrumente het dele wat kan beweeg of vibreer
  • Klank is die hoofuitsetenergie van musiekinstrumente


Wat het meeste musiekinstrumente in gemeen wat hulle toelaat om musiek te maak?


'n Bewegende dele wat vibrasies veroorsaak

Klank word deur vibrasies veroorsaak. What is 'n vibrasie?


'n Vibrasies is 'n baie vinnige beweging op een plek (heen-en-weer) van 'n voorwerp of sy dele.

Hoe maak jy 'n klank op 'n ghitaar? En hoe dink jy help die vorm van die kitaar om die klank harder te maak?



Jy maak klank deur die snare te pluk. Die klank word versterk (harder gemaak) deur lug wat vibreer in die hol kas van die ghitaar

Wat beteken die woord "inheems"?



oorspronklik vanaf en karakteristiek aan 'n spesifieke plek of groep mense

Wat is jou geliefkoosde musiekinstrument? Verduidelik hoe dit lyk, hoe jy dit sou speel, en hoekom jy so baie daarvan hou.