Energie rondom ons


  • Watter vorme kan energie aan neem?
  • Wat is die bronne van energie?
  • Kan energie van een vorm na 'n ander oorgedra word?

Energie


Energie kom in baie verskillende vorme voor en is altyd rondom ons.

Identifiseer die enrgie rondom ons.


In ons daaglikse lewe is daar baie goed wat ons doen waarvoor ons energie benodig. Omdat ons energie kry uit die kos wat ons eet, is dit belangrik dat ons ontbyt eet, want dit is vanwaar die energie vandaan kom. Beweging vereis energie en in die prent dra sommige mense houers energie word ook hiervoor gebruik. Daar is verskillende vorme van energie in die prent.

Leerders moet al die verskillende vorme van energie ken. Daat is fietse, motors, motorfietse en 'n vliegtuig, al hierdie soorte vervoermiddels benodig energie om te beweeg. Daar is ook elektriese straatligte wat vir ons die nodige lig gee. Daar is klankenergie afkomstig van die man wat guitar speel, asook van die mense wat praat en van die verkeer. 'n Dame wat 'n sonbruin op haar dak absorbeer die Son se energie. Baie aktiwiteite gebeur in hierdie dorp. Dit is nodig dat die onderwyser soveel oopvrae as moontlik vrae om die leerders te begelei sodat hulle aan die bespreking oor verskillende gebruike van energie deelneem.

INSTRUKSIES:

  1. Kyk na die onderstaande prent.
  2. Trek 'n sirkel om al die plekke waar jy dink energie gebruik word.
  3. As jy kleurpotlode het, kan jy die prent inkleur.

VRAE

  1. Skryf vyf aktiwiteite neer wat jy omkring het.







Ons het in die aktiwteit gesien energie kom in verskillende vorme voor: soos lig-, hitte-, beweging- en klankenergie. Kom laat ons kyk die verskillende vorme van energie van naderby.

Lig


Lig is energie wat deur strale beweeg. Sommige van hierdie strale kan ons sien, dus noem ons dit sigbare lig. Sommige van die strale kan ons nie sien nie, maar ons kan die effek wat hulle op ons het voel. Ons kan nie ultraviolet strale sien nie, maar hulle brand ons vel wanneer ons sonder 'n sonblokkeermiddel in die Son is. Ons kan ook nie infrarooi strale sien nie, maar ons voel wel hoe warm hulle op ons vel is.

Lewendige dinge het ligenergie van die Son nodig om te oorleef.

Jou liggaam benodig ook sonlig om Vitamine D in jou vel te maak. Sonder Vitamine D kan jou liggaam nie kalsium absorbeer nie en jou bene kan nie groei en sterk word nie.

Lig kom van 'n ligbron. Enige iets wat lig produseer, word 'n bron van lig genoe.

  • Die son is 'n bron van lig
  • Sterre is bronne van lig
  • 'n Vuur is 'n bron van lig
  • Kers is 'n bron van lig
  • 'n Elektriese gloeilamp is 'n bron van lig

Geniet pret met skaduwees


'n Skaduwee van 'n voorwerp vorm wanneer lig nie daar deur gaan nie. Kom ons kyk hoeveel verskillende en interessante skaduwees ons kan maak!

MATERIALE

  • voorwerpe met verskillende vorms
  • 'n flits

Die onderwyser kan 'n paar interessante voorwerpe vir die klas voorsien, soos afvalstukke met verskillende vorms. Hierdie aktiwiteit kan ook as 'n onderwyser demonstrasie gedoen word as daar nie genoeg materiale beskikbaar is nie.

INSTRUKSIES:

  1. Werk in pare
  2. Vind 'n paar voorwerpe in en om die klaskamer
  3. Vra julle onderwyser om die ligte af te skakel en die gordyne in julle klas toe te trek, sodra julle almal 'n paar voorwerpe het.
  4. Staan met jou maat naby 'n muur.
  5. Een van julle moet die flits vashou en die lig so op een van die voorwerpe wat julle gevind het laat skyn dat 'n skaduwee op die muur gemaak word.
  6. Jou maat moet die vorm van die skaduwee gebruik om te raai watter voorwerp dit is. Moenie na die regte voorwerp loer nie!
  7. Eksperimenteer in julle pare met een voorwerp en beantwoord die vrae.
Kan julle 'n skaduwee maak wat die vorm van 'n hond het?!

VRAE

Hoe kan jy die vorm van die skauwee groter maak?


Hou hande/voorwerp nader aan die ligbron.

Hoe kan jy die vorm van die skaduHou hande/voorwerp nader aan die ligbronwee kleiner maak?


Hou hande/voorwerp verder weg van die ligbron.



Hitte

Geniet jy dit om op 'n warm somersdag buite te staan enom die warmte van die Son op jou vel te voel? Waarom nie jou hande op 'n koue wintersdag voor 'n vuur verhit nie? Jy kan die hitte voel! Ons het reeds bespreek dat die son vir ons lig verskaf, maar dit verskaf ook hitte vir ons.

Kyk hoe geniet die leeus dit om in die hitte van die Son te lê.

Hitte word op baie verskillenge plekke gekry. Enige iets wat aan ons hitte verskaf, is 'n bron van hitte. Kom ons bekyk verskillende bronne van hitte van naderby.

Aktiwiteit - Bronne van hitte-energie

INSTRUKSIES:

  1. Kyk hier onder na die prente van 'n paar bronne van hitte-energie.
  2. Herken jy die bron van hitte-energie in elke prent?
  3. Vul die bronne vir elke prent in.
  4. Kan jy aan nog ander bronne van hitte-energie dink uit die alledaagse lewe? Voeg 'n paar van jou eie bronne van hitte-energie in die blanko blokke.

Voorbeelde sluit in: elektriese kombers, staafverwarmer, muurverwarmer, waaierverwarmer

Kers

Hout vuur

Son

END

Brei jou denke uit


INSTRUKSIES:

  1. Kyk na die voorstelling van die dame in die prent hieronder.
  2. Beantwoord die vrae.

VRAE

Hoe help die kombers haar om warm te bly?


Dit keer (verhoed) dat die hitte van haar liggaam ontsnap

Dink jy die kombers behoort ingesluit te word in die tabel bo wat die BRONNE van hitte-energie toon? Voltooi die sin hieronder. Trek 'n lyn deur die opsie wat jy nie wil hê nie. Skryf dan 'n verduideliking vir jou keuse:

Ja ek dink dit IS 'n bron van hitte-energie / Nee, ek dink dit is NIE 'n bron van hitte-energie nie

omdat





Vrae vra om die leerders deur die denkproses te neem. Wat doen die kombers eintlik vir ons? D.i. gee dit energie af/besit dit hitte-energie? NEE. Daarom is 'n kombers nie 'n BRON van hitte-energie nie. Dit is 'n manier om hitte-energie binne in 'n plek (ruimte) te hou. Die kombers verskaf insolasie (afskerming).



Beweging

Wanneer voorwerpe beweeg het hulle beweging. Hoe vinneger die voorwerp beweeg, hoe groter is die beweging. Kyk na die voorbeelde van beweging hieronder.

Terwyl jy fiets ry het jy beweging.
'n Renmotor wat jaag met baie beweging.
'n Vuurpyl wat opstyg het 'n reuse hoeveelheid beweging.
Wanneer ek dans het ek beweging!

Kyk na die voorblad van Energie en Verandering. Drie van Thunderbolt Kids het beweging. Wie is hulle? Verduidelik waarom hulle beweging het.






Jojo het bewegingsenergie, hy hardloop terwyl hy 'n vlieër in die lug hou. Farrah het bewegingsenergie, sy swaai haar arms terwyl sy die marimba/instrument speel. Sophie het bewegingsenergie, sy beweeg haar arms en lyf deur die water, terwyl sy die kajak roei.



Klank

Het jy geweet dat klank ook 'n soort energie is?! Klank is oral.

Die waarneming van klank om ons.


INSTRUKSIES:

  1. Sluit jou oë en bly baie stil vir twee minute.
  2. Wees baie stil en luiste na jou omgewing.
  3. Skryf vyf verskillende klanke neer wat jy gehoor het.






Klank is 'n spesiale soort beweging. Klank is energie wat stowwe/dinge laat vibreer of tril. Klank beweeg as trillings of vibrasies wat ons kan hoor en soms selfs kan voel. Alle klanke word deur vibrasies van stowwe veroorsaak.


Gebruik jou woordeboek en skryf die definisie vir vibrasie neer.



'n Vinnige heen-en-weer (vorentoe en agtertoe) beweging om 'n sentrale punt wat herhaal word.


Klank kan van verskillende bronne afkomstig wees. Jy kan jou hande klap, jou voete stamp, praat, sing of 'n musiekinstrument bespeel. Verskillende vibrasies sal verskillende klanke maak.

Gebruik 'n liniaal om klank te maak


MATERIALE (Wat jy sal nodig kry)

  • 'n liniaal
  • die kant van 'n bank

INSTRUKSIES (Wat om te doen)

  1. Plaas die liniaal op die tafel sodat dit oor die kant uitsteek.
  2. Druk die liniaal af.
  3. Pluk die liniaal en luister na die klank.

VRAE

Jy kan die vibrasies van die liniaal sien soos dit beweeg. Kan jy die vibrasies hoor?

Bespreek die gevolgtrekkings uit die aktiwiteit met jou leerders:

  • Jy veroorsaak vibrasies deur energie vir die liniaal te gee.
  • Die liniaal kry vibrasie-energie van jou af.
  • Die liniaal is 'n eenvoudige musiekinstrument.


Gestoorde energie

Energie word ook in party bronne gestoor. Gestoorde energie is energie wat in ons kos, in petrol, in hout, olie en ander chemikaliee. Batterye bevat ook sekere chemikaliee wat gebruik word om energie te stoor. Die gestoorde energie kan vir verskillende redes gebruik word.

Voorbeelde:

  1. Wanneer ons kos eet, kan ons liggame die gestoorde energie in die kos gebruik.
Energie word in kos gestoor, soos eiers wat ons vir ontbyt eet.
  1. Wanneer ons hout of steenkool brand, word die gestoorde energie vrygestel as hitte-energie wat ons warm hou.
Steenkool wat brand stel gestoorde energie as hitte en lig vry. http://www.flickr.com/photos/cote/66570391/
  1. Wanneer ons gas brand, kan ons dit gebruik om ons kos te kook.
Natuurlike gasse stoor energie wat hitte vrystel as dit brand om ons kos te kook.
  1. Wanneer ons die motor aanskakel, gebruik ons die energie in die petrol om bewegingsenergie vir die motor te gee.
Waneer jou ouers die sleutel in die motor draai, word die energie wat in die petrol of diesel gestoor is, vrygestel.

Oordrag van energie

Energie kan ook oorgedra (beweeg) word van een deel van 'n sisteem na 'n ander deel.

Jy het seker al van elektrisiteit gehoor? Ons gebruik elke dag energie in ons moderne lewe. Elektriese energie kan oorgedra word van 'n bron na die toestel of die gloeilamp.


Skryf van die dinge neer waarvoor jy elektrisiteit gebruik.



Enige iets van ligte in die huis, die stoof, die yskas, om die ketel te kook, om die haardroer te gebruik.



Kyk na die prent van die gloeilamp hier onder. Elektriese energie word oorgedra van 'n bron na die gloeilamp om dit te laat gloei.

'n Gloeilamp gee ligenergie en hitte-energie af. http://www.flickr.com/photos/satoru_kikuchi/4461604877/

Het jy al 'n flits gebruik? Hoe dink jy skyn die lampie in die flits? Die batterye is die energiebron vir die flits. Wanneer die flits aangeskakel word, word energie oorgedra van die batterye na die lampie om die lig te laat skyn sodat jy in die donkerte kan sien.

In 'n flits word energie oorgedra van die batterye na die lamp toe.

Dit bring ons by die volgende afdeling. Ons kan aan die energie in die flitsbatterye as die input energie dink en die ligenergie wat deur die lamp afgegee word is die output energie.



Input en output energie.


Wanneer iets gebeur word energie oorgedra van een komponent na 'n ander een. Mense, masjiene en toestelle het 'n energie input nodig om te werk. Dit het ook 'n energie output nodig wat bruikbaar mag wees.

Kom ons kyk na 'n paar voorbeelde.

Voorbeeld 1:

'n Meisie hardloop 'n resies. Vir die meisie om energie te kry, moet sy energie van erens af kry. Haar input energie is die chemiese energie van die kos wat sy geeet het. Deur die resies te hardloop, gee sy energie in die vorm van bewegingsenergie en hitte af.

Voorbeeld 2:

Jou TV werk net as jy dit ingeprop het. Dit het energie nodig om te werk. Terwyl jy TV kyk is elektriese energie die input en lig- en klankenergie die output.

Voorbeeld 3:

'n Flits sal nie werk as jy dit aansit as dit nie batterye het nie. Die input energie vir die flits om te werk kom van die chemiese energie in die batterye wat in elektriese energie verander. Die output energie van die flits is lig en hitte-energie.

Masjiene en toestelle

Ons gebruik baie verskillende toestelle in ons lewens. Hierdie masjiene en toestelle het input energie nodig om dit te laat werk. Dit is gewoonlik elektriese energie. Die output energie (die werk wat die toestelle of masjiene doen) is iets wat bruikbaar is vir ons.

Kom ons kyk na 'n paar voorbeelde.

Ondersoek die input en output energie van die toestelle.


Nadat julle deur die aktiwiteit gewerk het om die output energie te identifiseer (en daar is gewoonlik meer as een), gaan deur die toestelle waarin daar output energie is wat per toeval gebeur en nie die hoofdoel van die toestel is nie. Die lamp byvoorbeeld, die hoofdoel is om ligenergie te kry, maar hitte-energie word ook afgegee. Hitte-energie is die toevallige energie. Baie leerders sukkel om te identifiseer wat die kernfenomeen (die output energie wat belangrik is vir die funksie van die toestel, soos ligenergie in 'n lamp), en wat die peripheral funksie is. Hierdie aktiwiteit bied die ideale geleentheid om jou leerders te leer van hierdie toestelle. Sodra jy deur al die toestelle gewerk het, kan jy miskien die konsep van die lig verduidelik aangesien dit die maklikste is om te verstaan en dan deur die ander te gan en leerders te vra wat die belangrike output energie is wat jy van die toestel wil hê en wat die insentendele energie is wat plaasvind. Byvoorbeeld, met 'n boorpunt is die belangrike output beweging en die perifirele, insentendele output energie is klank en hitte-energie. Nog 'n konsep om van kennis te neem, wat subtiel op die stadium aan die leerders bekend gestel kan word, is dat om 'n toestel meer energie-effektief te maak, jy die energie omskakeling moet verminder na die insindentele energie output en die energie-omskakeling na die essensiele output energie moet vermeerder.

INSTRUKSIES:

  1. Hier onder is prente van verskillende toestelle.
  2. Elkeen het input energie (elektrisiteit) en output energie wat oorgedra word na die omgewing, soos hitte, klank, lig of beweging.
  3. Kyk na elkeen van die prente en skryf die tipe output energie wat dit aan die omgewing oordra.
  4. Van die toestelle mag meer as een soort energie oordra aan die omgewing.

Toestel

Output energie oorgedra aan die omgewing.

Stoof

Hitte-energie

Ketel

http://www.flickr.com/photos/andybutkaj/1495901113/

Hitte-energie (en bewegingsenergie van die water)

Lamp

http://www.flickr.com/photos/54400117@N03/5069103310/

Hitte- en ligenergie

Haardroer

Hitte-, klank- en bewegingsenergie

Stofsuier

Klank en bewegingsenergie (lug)

Elektriese waaier

http://www.flickr.com/photos/wonderlane/3134754840/

Bewegingsenergie en klankenergie.

Boor

http://www.flickr.com/photos/39747297@N05/5229733311/

Beweging en klankenergie, en hitte-energie (die motor en die boorpunt word warm)


Ter opsomming kan ons sien dat, in toestelle en masjinerie, die input gewoonlik elektriese energie is en die output hang af van die toestel:

  • Hitte-energie - van die warmwatersilinder, stoof, ketel, haardroer
  • Klankenergie - boor, stofsuier, haardroer
  • Ligenergie - van 'n lamp of flits
  • Beweging - van 'n elektriese waaier en boor


  • Energie is oral om ons.
  • Energie kan beweeg in enige vorm van lig, hitte, klank en bewegende voorwerpe
  • Energy can be stored in food, wood, coal, oil and natural gas


  1. Vul die tabel in met verskillende voorbeelde van bronne van energie.

Bron van ligenergie

Bron van hitte-energie

Bron van klankenergie

Bron van gestoorde energie

son

vuur

dromme

voedsel

kers

son

gesprek voer

steenkool

flits

stoofplaat

ghitaar of instrument

petrol

lamp

ketel

radio

olie

Daar is baie korrekte antwoorde vir hierdie tabel. Soos in die geval van die vorige aktiwiteit, kan jy ook onderskei tussen die primêre (funksionele) en die sekondêre (insidentele)omsettings.

Watter sensoriese orgaan gebruik jy om klank waar te neem?


Jy gebruik jou ore.

'n Gehoorgestremde persoon kan nie musiek hoor nie. Hoe dink jy kan iemand wat gehoorgestremd is steeds op die maat van die musiek dans?



Hulle kan die vibrasies deur hulle voete of hande aanvoel. Met ander woorde, hulle kan die musiek "voel".

Watter sensoriese orgaan gebruik jy om lig waar te neem?


Jy gebruik jou oë.

Vir elkeen van die volgende toestelle, besluit wat die inset energie is, en identifiseer die uitset energie.

Toestel

Inset Energie

Uitset Energie

radio

chemiese of elektriese

klank

haardroër

elektriese

hitte en bewegingsenergie

motor wat beweeg

chemiese vanaf petrol

bewegingsenergie en hitte

fietsry

chemiese vanaf kos

bewegingsenergie en hitte

dromme speel

chemiese en bewegings

klank

ligte in jou huis

elektriese

lig en hitte

plante wat groei

lig en hitte / son

chemiese

Wat word bedoel met "energie word oorgedra"?


Energie word omgesit vanaf een vorm na 'n ander.

Lys drie stowwe was gestoorde energie bevat wat ons kan gebruik.


Die drie stowwe kan insluit: kos, hout, olie, petrol, steenkool