Voedselkettings


  • Waarom word ek honger?
  • Word plante honger?
  • Wat is voedselkettings?
  • Wat sal gebeur indien al die plante op die planeet doodgaan?
  • Waarom moet 'n roofdier jag en doodmaak - kan dit nie maar net gras eet nie?

Voedsel en voeding in plante en diere


Hoe om die onderwerp in te lei.

Lees die volgende storie aan die klas.

  • Bespreek hoe die verskillende diere gedink het dat 'n ander soort dier beklangriker sou wees.
  • Bespreek wie of wat hulle gedink het is belangriker in die wêreld.

Kom ons lees die volgende storie saam.

Wie is die belangrikste?

'n Paar diere het eendag op die sagte groen gras om die watergat rondgestaan, besig om die goeie werk wat die Skepper gedoen het te bewonder!

Die skilpad het stadig en versigtig gesê: "Van die hele skepping dink ek ek hou die meeste van die flaminke! Hulle pragtige pienk en wit vere, hulle grasieuse nekke en lang bene - hulle is net ongelooflik! Hule is so mooi - miskien is hulle die belangrikste."

Vlakvark het net gesnork en in die sagte bruin modder gerol terwyl hy aan 'n paar wortels kou.

"Daardie flaminke is veels te pieperig!" sê die honger springbok. "Kyk na daardie sterk, vreeslose buffel - niemand mors ooit met hom nie! Sy horings is só skerp dat hy 'n rots kan deurboor. Ek dink hy is die belangrikste in die hele skepping!"

Vlakvark het net gesnork en op die koel groen gras gesit terwyl hy 'n groot, sappige hap gras neem.

Die bobejaan het vanuit sy sitplek in 'n boom daar naby gespring, terwyl hy "Hahahaha" en Kwahkwahkwah". "Julle is almal só verkeerd! Kyk na die arend - sy sweef oor almal en kan alles sien. Sy is altyd veilig hoog in die kranse en hoef nooit na hierdie morsige ou watergat te kom nie. Sy het ons nie nodig nie - sy is die belangrikste van almal!"

Vlakvark he net gesnork en sy rug teen die rowwe, harde bas van 'n kremetartboom geskuur.

Die miskruier het bo-op sy misbal gaan staan, sy kop op sy hand laat rus en gesê: " Julle het geen benul nie - die miere, hulle is 'n belangrike klomp! Sonder daardie klein outjies sou die hele wêreld onder dooie goed toegegooi gewees het! Die reuk sou on-ge-loof-lik gewees het! Hulle is verreweg die belangrikste!"

Vlakvark het weer gesnork , maar hierdie keer was dit baie hard - GESNORK hy gesnork weer. "Sonder plante is ons almal daarmee heen!" en daarmee het hy aan 'n bos riete gestamp en gekou aan die klein insekte wat besig was om te onstnap.

Nadat die storie gelees is, vra aan die leerders waarom die vlakvark gesê het: "Sonder plante is ons almal daarmee heen!"? Bespreek die verskillende dinge wat ons vanaf plante kry - gebruik hierdie gellentheid om leeders se bestaande kennis van plante en fotosintese te assesseer.

Het jy al ooit gewonder of plante honger word?

Plante het nie nodig om voedsel te EET nie - hulle maak self hulle voedsel in hulle eie 'fabrieke'. Plante maak voedsel deur 'n proses wat fotosintese genoem word, as volg:

  • Hulle absorbeer water en voedingstowwe deur hulle wortels.
  • Die water beweeg na die blaar of stam waar die plant die voedsel produseer
  • Die plante gebruik ook koolstofdioksiedgas wat dit uit die lug kry.
  • Hulle gebruik ook sonligenergie afkomstig vanaf die son vir hierdie proses.
  • Die plante gebruik die water en koolstofdioksiedgas saam met die sonligenergie om 'n soort voedsel te maak wat ons suikers noem.
  • Die plante gee suurstofgas af as 'n byproduk van hierdie proses.
  • Die plant kan dan die voedsel(suikers) wat dit vervaardig het gebruik om sy lewensprosesse aan die gang te hou.
  • Oor die algemeen maak plante baie meer voedsel as wat hulle nodig het om aan die lewe te bly. Hulle stoor die oortollige voedsel wat hulle maak in verskillende dele van die plant.
  • Diere eet dan hierdie gedeeltes van die plante (of die hele plant) om voedsel te kry.
Plante maak hulle eie voedsel deur middel van 'n proses wat fotosintese genoem word.

Waarom het diere die voedsel nodig wat plante maak? Bespreek hierdie onderwerp met 'n maat en lewer verslag aan die klas.



Diere benodig die voedsel wat plante maak om hulle lewensprosesse aan die gang te hou. Indien hulle nie voedsel of suurstof het nie sal hulle doodgaan. Fasiliteer hierdie bespreking sodat die gevolgtrekking wat bereik word is dat diere nie sal oorleef sonder plante nie.


In hierdie opsig was die vlakvark heeltemal reg: "Sonder plante is ons almal daarmee heen!" Ons sou nie voedsel gehad het om te eet nie, en ook nie suurstof om in te asem nie.


Wat sou jy bereid wees om te betaal vir genoeg suurstof vir 'n dag? Plante maak genoeg suurstof vir ons almal - heeltemal verniet!




Die Son is 'n bron van energie vir alle lewende dinge op Aarde. http://www.flickr.com/photos/naturegeak/6188885203/

Aan die begin van hierdie termyn het jy geleer dat diere en plante interafhanklik is - dit beteken dat hulle mekaar nodig het en afhanklik van mekaar is om te oorleef. Alle lewende plante en diere het voedsel nodig om hulle nergie te gee ten einde te oorleef.

Plante kan hulle eie voedsel deur middel van fotosintese maak. Lewende dinge wat hulle eie voedsel kan maak word produseerders genoem, omdat hulle hul eie voedsel produseer.


Saam met 'n maat, maak beurte om te verduidelik watter 'bestanddele' 'n plant gebruik om gedurende die proses van fotosintese, en wat die plante hieruit maak of produseer. Skryf jou antwoord hieronder.



'n Plant gebruik sonligenergie, water en koolstofdioksied gedurende fotosintese en maak voedsel (suikers) en suurstof.


Indien 'n dier energie wil hê kan dit nie sonligenergie, water en koolstofdioksied gebruik om voedsel te maak soos wat 'n plant doen nie. Diere moet plante eet om die energie nodig om hulle lewensprosesse aan die gang te hou te kry. Lewende dinge wat hul energie bekom deur òf 'n plant òf 'n dier te eet, word verbruikers genoem.

handig klein stukkies papier uit ('post-its' werk goed), en laat die leerders die naam van hul geliefkoosde dier daarop neerskryf. Maak drie kolomme op die bord en skryf as kolomopskrifte die volgende:(Planteters) → (Herbivore, Vleiseters) → (Karnivore) → (Omnivore). Vra leerders om na te dink oor hulle dier en wat hy eet. Laat die leerders hulle 'post-its' of klein stukkies papier met prestik in die korrekte kolom plaas. Bespreek die aanpassings, ooreenkomste en verskille tussen die drie groepe met die klas.

  • Baie diere eet plante om energie te bekom. Ons noem hierdie diere herbivore.
  • Sommige diere eet ander diere om energie te bekom. Ons noem hierdie diere karnivore.
  • Ander diere eet plante en diere. Voorbeelde is bobejane en mense. Ons noem hierdie diere omnivore.
  • ons vind ook spesiale diere wat aasdiere en ontbinders genoem word. Hulle eet dooie diere en breek hulle liggame op in klein deeltjies wat in die grond ingaan as kompos. Hierdie deeltjies moet klein genoeg wees vir plante om hulle te kan absorbeer.
'n Koei is 'n herbivoor.
'n Bobejaan is 'n omnivoor.
Leeus is karnivore.

VOORBEREIDING: Versamel en stal soveel moontlik boeke en leesstowwe wat oor diere handel uit, en waar moontlik vertoon inligting spesifiek tot die diere in die aktiwiteit.

Identifiseer herbivore, omnivore, karnivore, aasdiere en ontbinders


MATERIALE:

  • Boeke en leesstof wat handel oor alle soorte diere word in die klas tentoongestel.
  • Doen navorsing in jou plaaslike biblioteek of op die internet en bring inligting oor een van die diere in die prentjie hieronder na die klas.

INSTRUKSIES

  1. Identifiseer die verskillende diere in die prentjie hieronder. Kyk of jy saam met 'n klasmaat soveel as moontlik van die diere kan uitken.
  2. Identifiseer wat die diere eet.
  3. Klassifiseer die diere as herbivoor, omnivoor, karnivoor, aasdier of ontbinder
  4. Kies 3 van elk en skryf jou keuses in die tabel hieronder neer.

Naam van dier

Voedsel wat dit eeet

3karnivore is:

3herbivore is:

3omninivore is:

3aasdiere is:

3ontbinders is:

Antwoorde:

Naam van dier

Voedsel wat dit eeet

3karnivore is:

krokodil

Diere wat kom water drink

dolfyn

vis

muskiet

warmbloedige diere

haai

visse, seeleeus, pikkewyne ens.

leeu

diere

luiperd

diere

arend

knaagdiere, hase, slange, visse ens.

seeleeu

visse, krappe, slakke ens.

3herbivore is:

olifant

blare, vrugte vanaf bome

perd

buffel

springbok

springkaan

eekhoring (dit is bekend dat sommige eekhorings klein insekte, voëls ens. sal eet wanneer kos skaars is)

sebra

renoster

koei

3omninivore is:

vark

kakkerlak

flamink

filtervoeders - klein stukkies plant- en dieremateriaal

3aasdiere is:

jakkals

aasvoël

krap

3ontbinders is:

erdwurm

vlieg

slak



Voedselkettings


Hoe om die onderwerp in te lei.

Vra die vraag: As al die diere afhanklik is van plante vir voedsel, wat van 'n dier wat NOOIT plante eet nie, soos 'n krokodil, 'n leeu, of miskien 'n haai? Is hulle afhanklik van plante vir voedsel? Bespreek hierdie onderwerp breedvoering, sonder om die antwoord 'weg te gee', sodat u die leerders se begrip van die voorafgaande werk kan toets.

Bespreek roof- en prooidiere en laat die leerders roof- en prooiverwantskappe identifiseer, en hulle keuses staaf deur aanpassings in die roofdier te lys wat dit toelaat om sy prooi te vang. Waar moontlik identifiseer eienskappe in prooidiere wat hulle help om roofdiere te ontwyk.


hoe kry 'n leeu of haai hulle energie? Hulle eet nie plante nie.



Die leerders behoort 'n baie beter idee te hê van hoe hierdie roofdiere hul energie kry - gevolglik hierdie vrae hier. Dit sal gepas wees om hulle toe te laat om oor hulle eie groeiende kennis en insig na te dink deur gebruik te maak van hierdie vraag/antwoord, ter voorbereiding vir die volgende werk oor voedselkettings.



Daar is 'n voedingsverwantskap tussen produseerders en verbruikers. Ons noem hierdie verwantskap 'n voedselketting.

  • Plante is produseerders.
  • Diere is verbruikers.

'n Voedselketting beskryf hoe elke lewende ding voedsel kry, en hoe energie van een organisme na 'n ander oorgedra word.

'n Baie groot en algemene miskonsepsie is dat die son deel is van die voedselketting. Dit is verkeerd. Die Son is wel die bron van energie, maar is nie 'n bron van voedsel vir die plant nie. Die Son is nie voedsel vir die plant nie. Dus begijn die voedselketting nie met die Son nie, dit begin met die PLANT, wat die PRODUSEERDER van voedsel is. Die leerders moet verstaan dat die Son die bron van energie is, maar NIE van VOEDSEL nie, anders sal plante nie daartoe in staat wees om hulle eie voedel te produseer nie. Die VOEDSELKETTING beging altyd met die PLANT (VOEDSELPRODUSEERDER). Ontbinders word gewoonlik ook nie by die voedselketting ingesluit nie. Ontbinders kan aan beide eindpunte inpas. Hulle presiese posisie kan nie werklik bevestig word nie, aangesien hulle aan beide kante inpas. Die ontbinder verskaf voeding aan die gras. Die gras kan dan deur 'n herbivoor soos 'n haas (of 'n ander herbivoor of omnivoor)geëet word, wat dan deur 'n karnivoor geëet word. Wanneer die karnivoor sterf, speel die ontbinder weer 'n rol deur die karnivoor se ligaam af te breek en so weer voeding aan die gras te verskaf, en dus die kringloop te voltooi. Die onbinder kan ook op enige ander punt waar 'n skakel in die voedselketting doodgaan 'n rol speel deur die dooie skakel op te breek.

  • Wanneer ons 'n voedselketting teken gebruik ons 'n pyl ( → )tussen die organismes om aan te dui dat een die ander eet en dat energie oorgedra word vanaf een organisme na die volgende.
  • 'n Eenvoudige voedselketting is: gras → koei → mens → ‰wurms.
  • Baie voedselkettings wat interafhanklik is en gekoppel is, word voedselwebbe genoem.
'n Eenvoudige voedselketting. Kan jy die herbivore, omnivore, karnivore, en ontbinders opnoem?

Versamel boeke en leesstof oor habitatte

  • Voor die volgende aktiwiteit aangepak word, laat die leerders toe om deur hierdie te gaan en 'n spesifieke habitat soos die savanna, woude, akwatiese of arktiese gebiede ens.
  • Hulle moet die diere en plante in hulle spesifieke habitat probeer identifiseer.
  • Laat hulle nota's of afvalpapier maak onder die volgende opskrifte: PRODUSEERDERS en VERBRUIKERS

Die rede waarom ons die volgende aktiwiteit doen:

  • Om leerders te help om die vloei van energie in 'n voedselketting te verstaan
  • Om leerders te help om die interafhanklikheid van organismes in die voedselketting raak te sien. Hulle het aan die beginn van hierdie termyn van interafhanklikheid geleer, en hierdie is 'n goeie manier om hierdie kennis te versterk.
  • (Om hulle te leer dat voedselkettings wat gekoppel is word voedselweb.)

Om voedselkettings te maak


MATERIALE:

  • Jou onderwyser sal 'n groot geel son maak en dit aan die middel van jul klasplafon vasmaak.
  • 3 verskillende gekleurde stukke papier of dun karton (groen vir plante end twee ander kleure, NIE geel nie, want die son is alreeds geel)
  • Krambinder en krammetjies, of kleeflint en spelde. As jy gom moet gebruik, hou die twee punte saam met wasgoedpennetjies totdat die gom droog is.
  • Afvalpapier, inkleurpotlode, en/of kokis, of uitgeknipte prentjies van diere of insekte
  • Hier groei baie min plante omdat water skaar is.
  • Gom
  • Duimspykers en/or Prestik

INSTRUKSIES

  1. Sny die papier in lang repe, 3 cm wyd.
  2. Gebruik kleure soos hierdie:
    1. GROEN repe vir die produseerders - die plante
    2. Een kleur vir die verbruikers - die diere wat die plante eet. (Jy kan selfs twee kleure hier gebruik - een vir herbivore en een vir karnivore/omnivore)
  3. Ontwerp jou eie voedselketting in die spasie hieronder. Onthou om te begin met die produseerders, en voeg dan die verbruikers by. Om die vloei van energie te toon, moet jy 'n pyl gebruik ( → ).




  4. Versamel uitgeknipte prentjies van die diere in jou voedselketting, teken jou eie prentjies op afvalpapier en knip hierdie versigtig uit.
  5. Sit jou ketting as volg aanmekaar:
    • Begin met 'n groen papierreep vir die plante - kram die twee punte aammekaar om 'n skakel van die ketting te vorm. Plak die prentjie van die plant in jou voedselketting hier.
Twee skakels in die ketting sover - 'n groen plant, en 'n die eerste verbruiker ('n herbivoor).
  • Gebruik dieselfde aantal 'verbruiker-gekleurde' papierrepe as die aantal verbruikers in jou voedselketting. Plak die prente van jou verbruikers in volgorde op hierdie repe.
'n Langer ketting - onthou dat jou ketting prentjies van plante en diere op elke skakel sal hê!

Sit jou ketting aan die plafon vas. Wanneer die hele klas se kettings op is, behoort dit soos 'n groot spinnekopweb te lyk.

Wanneer die leerders hulle voedselkettings bring om op te sit, is dit belangrik om soortgelyke habitatte saam te groepeer. (En om daardie dag 'n broek te dra!)

Wys uit dat verskillende roofdiere vannuit dieselfde habitat opverskillende prooi in ander voedselkettings kan voed, bv. die jakkals wat 'n haas in een voedselketting eet, kan ook die hoender, rot of muis in ander kettings eet, of selfs 'n dooie skaap in 'n ander.

Gebruik tou/wol om hierdie interafhanklikheid aan te wys, en lei die leerder om tot die slotsom te kom dat voedselwebbe die manier wys waarop voedselkettings gekoppel is.


Die organismes wat die voedselkettings uitmaak kan nie in enige volgorde wees nie. Hulle moet in die spesifieke volgorde wees waarin energie tussen hulle binne-in 'n ekosisteem oorgedra word. Kom ons kyk na die herordening van voedselkettings wat gebreek is.

Ordening van plante en diere in voedselkettings.


INSTRUKSIES

  1. The volgende lys diere en plante in die verkeerde volgorde.
  2. Jy moet hulle in volgorde plaas sodat hulle 'n behoorlike voedselketting uitmaak waarin energie van een organisme na die volgende oorgedra word.
  3. Maaks eker dat jy 'n pyl van een organisme na die volgende teken om die rigting aan te dui.
  4. Jy kan selfs 'n paar prentjies van diere teken as jy wou.

Sprinkaan, Valk, Slang, Gras





Gras → sprinkaan → slang → valk

Garnaal, Seeleeu, Vis, Alge





Alge → garnaal → vis → seeleeu

By, Madeliefieblom, Laksman, Spinnekop.





Madeliefieblom → by → spinnekop → laksman

Muis, Jakkals, Luiperd, Gras.





Gras → muis → jakkals → luiperd


Is mense ook deel van 'n voedselketting?

Meeste mense is omnivore wat daarvan hou om plant- en diereprodukte te eet.


Wat noem 'n mens 'n menslike herbivoor?


Vegetariëer


Kom ons kyk waar mense in voedselkettings inpas.

Die rede waarom hierdie aktiwiteit gedoen word is om die kennis, vaardighede en konsepte wat oor voedselkettings opgedoen is, toe te pas. Leerders sal 'n bietjie huiswerk voor hierdie aktiwiteit moet doen, so maak seker dat u hulle inturksies in hierdie verband die dag voor die aktiwiteit gee. Huiswerk: Maak 'n lys van al die dinge wat jy eet en drink, vandat jy opstaan, totdat jy in die aand gaan slaap.

Ontdek jou plek in die verskillende voedselkettings


MATERIALE:

  • 'n Lys van alles wat jy geëet en gedrink het vandat jy gisteroggen opgestaan het totdat jy laasnag gaan slaap het.

INSTRUKSIES

  1. Orden alles wat jy geëet en gedrink het in die volgende kategorieë

Plante wat ek geëet het was:

Ek het sap van plante gedrink toe ek die volgende gedrink het:

Ek het diereprodukte geëet toe ek die volgende geëet het:

Ek het diereprodukte gedrink toe ek die volgende gedrink het:

Ek het 'n kombinasie van plant- en diereprodukte geëet toe ek die volgende geëet het:

VRAE:

  1. Ontwerp nou die voedselketting van sommige van die plant- en dierlike voedselprodukte wat jy geëet het.







  2. Waarom dink jy dat mense sê dat die mens "aan die bopunt van die voedselketting is"?




Sjoe! Ek voel regtig oorweldig as ek dink aan ons posisie op die voedselketting. Alhoewel ons "aan die bopunt" is, beteken dit ook dat ons 'n groot verantwoordelikheid het om bewus te wees van wat ons eet.

Skryf van 'n voedselketting-gedig


MATERIALE:

  • Die habitat- en diereboeke in jou klas tentoongestel.
  • Afvalpapier vir beplanning en rofwerk.

INSTRUKSIES

  1. Skryf 'n voedselketting-gedig
  2. The heading of your poem must describe or label the type of habitat in which the food chain is located.
  3. Die hoofgedeelte moet die vloei van energie in die voedselketting veduidelik.
  4. Die einde moet 'n herhaling van die titel en jou naam wees.
  5. Gebruik 'n woordeboek om jou te help om verskillende werkwoorde te vind, in plaas van dat jy aanhoudend die woord "EET" gebruik.

Hier volg 'n voorbeeld van 'n voedselkettinggedig wat Farrah geskryf het.

Die Savanna

Daar is leeuwelpies

gevoed deur die grasieuse leeuwyfie

wat die sebra gevang het

wat gras gekou het

wat groei op die sanvanna waar Thumi Nxoko bly!











  • Groen plante maak hulle eie voedsel wat hulle gebruik om hulle takke en stamme mee op te bou.
  • Groen plante gebruik water, koolstofdioksied en sonligenergie om voedsel te maak.
  • Plante word produseerders genoem.
  • Diere benodig voedsel om te groei en hul lewensprosesse aan die gang te hou.
  • Diere kan nie hul eie voedsel maak nie, en moet pante of ander diere eet om voedsel te bekom. Diere word verbruikers genoem.
  • Voedselkettings beskryf die voedigverwantskappe tussen diere en plante.
  • Energie word vanaf die Son na groen plante en dan na diere in die voedselketting oorgedra.



Lees die inligting en kyk na die prentjies hieronder, en beantwoord dan die vrae wat volg.

Skryf 'n vyf-skakel voedselketting neer deur gebruik te maak van die inligting en prentjies hieronder.


blaarslaai - slak - kewer -knaagdier - arend

Watter organismes is herbivore?.


slak

Watter organismes is karnivore?.


kewer, knaagdier en arend

Die energievloei in hierdie voedselketting begin by die hoofbron van energie. Watter energiebron het hierdie energie verskaf?


son

Verduidelik die interafhanklikheid van hierdie voedselketting.





Diere is afhanklik van mekaar vir voedsel. Indien 'n dier uit die ekosisteem verwyder word, sal die dier na hom in die voedselketting nie 'n bron van voedsel hê nie. Hierdie dier sal dan daaronder ly en uiteindelik uitsterf, wat daartoe sal lei dat die volgende dier in die ketting ook sal uitsterf. Elke dier is afhanklik van al die ander organismes wat voor hom in die voedselketting is, al eet hy hulle nie direk nie.

Wat sou gebeur indien die arend uit hierdie voedselketting verwyder sou word?




Daar sou niemand wees wat die knaagdiere eet nie. Die knaagdiere sou dan gedy en in getalle toeneem. Dit sou dan druk op die kewers plaas, aangesien daar meer knaagdiere sou wees wat die kewers eet. Gevolglik sou die kewerbevolking dan begin afneem. Die hele ekosisteem sal uiteindelik ongebalanseerd raak.

Die arend het oud geraak en doodgegaan. Verduidelik hoe die arend se liggaam opgebreek is en deel van die grond geword het. Gee voorbeelde van diere wat hierdie proses aangehelp het.




Ontbinders, soos erdwurms en mikrobes, breek die liggaam van die arend af. Die liggaam ontbind en voedingstowwe en minerale daarin keer terug na die grond.

Kyk na die volgende prentjie van die voedselketting. Noem die produseerder, die herbivoor en die karnivore.



Produseerder: Gras

Herbivoor: Sprinkaan

Karnivore: Muis en uil

Die muis eet ook ander plantprodukte, soos sade en neute. Dus is die muis nie slegs 'n karnivoor nie. Wat is hy?


'n Omnivoor