Voeding


  • Ek is baie lief daarvoor om gemorskos te eet, maar hoekom sê my ma dit is nie goed vir my nie?
  • Hoekom moet ek my groente eet as ek net proteïen, brood en paste wil eet?
  • Kan ek siek word as ek nie die regte kossoorte of genoeg van 'n sekere kossoort eet nie?

'n Gebalanseerde dieet


Nou weet ons daar is verskillende kossoorte wat in die vier voedselgroepe geklassifiseer word. Die volgende stap is om te kyk na hoeveel van elke voedselgroep ons gereeld moet eet om gesond te bly. Ons noem dit 'n gebalanseerde dieet. Wat is 'n dieet?


Bespreek die woord dieet met jou klasmaats en formuleer 'n definisie vir hierdie woord. Skryf dit hieronder neer.



Vir voedingswetenskaplikes (mense wat die effek van dieet op gesondheid en welstand bestudeer), beteken die woord dieet die tipe kos wat mense gereeld eet. Wanneer ons sê ons eet 'n gesonde, gebalanseerde dieet, bedoel ons ons eet kos wat voldoende of die regte hoeveelhede van al die voedingstowwe bevat wat ons liggame nodig het om te funksioneer.


Voedsel piramides

'n Voedsel piramide gee vir ons 'n riglyn vir 'n gesonde, gebalanseerde dieet. Dit illustreer hoe om kossoorte in verskillende vlakke te klassifiseer. 'n Gesonde, gebalanseerde dieet sal porsies uit elke vlak van die voedsel piramide, asook die korrekte hoeveelhede wat jy nodig het om te eet, insluit.

  • You need to eat a little of the food at the top (oils, sweets, etc.)
  • Die voedsel in die middel van die piramide, vrugte en groente, moet ook in redelike hoeveelhede geëet word.
  • Jy moet minder vleis, hoender, vis en ander proteïene as groente en vrugte eet.
  • Jy moet meer van die kossoorte onderaan die piramide eet (brood, pasta, rys, ens.).

Hier is 'n voorbeeld van 'n voedsel piramide.

'n Voedsel piramide.

Sommige mense eet baie ongesond - hulle draai die voedsel piramide onderstebo! Hulle eet baie meer lekkernye, koeke, ryk vetterige kos en baie minder groente en stysels!

Mmm... Ek dink ek hou be 'n baie gebalanseerde dieet en ek is mal daaroor om gesond te wees! Maar ek is nie so seker van my broer nie. Ek het vir 'n hele week 'n rekord gehou van wat hy eet.

Evaluering van 'n dieet om te bepaal of dit al die voedselgroepe insluit.


MATERIALE:

  • 'n record Farrah se broer, Rajesh, se weeklikse dieet

AANWYSINGS:

  1. Bestudeer Rajesh se weeklikse dieet noukeurig
  2. Beantwoord die vrae wat volg.

Ontbyt

Middagete

Aandete

Maandag

roosterbrood met grondboontjiebotter, koffie met melk en 3 teelepels suiker

twee-minuut noedels, cream soda, jellie (terwyl hy TV kyk)

spaghetti bolognaise (met gekapte wortels in die maalvleis) met kaas bo-oor gestrooi, vrugtesap, tee met melk en 2 teelepels suiker

Dinsdag

roosterbrood met grondboontjiebotter, koffie met melk en 3 teelepels suiker

twee-minuut noedels, Coke, roosterbrood met grondboontjiebotter, springmielies (terwyl hy TV kyk)

Ma en Pa het laat gewerk - roereier op roosterbrood met gebakte bone; koffie met melk en 3 teelepels suiker

Woensdag

laat vir skool - eet nie

2eiers en roosterbrood met kaas, tee met melk en 3 suikers, later nog roosterbrood met konfyt en grondboontjiebotter (terwyl hy TV kyk)

Hawaiise pizza, Coke, cream soda, sjokolade melkskommel

Donderdag

roosterbrood met grondboontjiebotter, koffie met melk en 3 teeleples suiker

binneshuise hokkie oefening na skool - pastei van die snoepie en Coke, sjokolade en pakkie slap chips

geroosterde hoender, botterskorsie, gebakte aartappels, slaai, vrugtesap, koffie met melk en 1 teelepel suiker

Vrydag

roosterbrood met botter (die grondboontjiebotter is klaar), koffie met melk en 3 teelepels suiker

orkes oefening na skool - pastei van die snoepie en Coke, lekkers

'n groot houer wegneem hoender, slap chips, Coke, tee met melk en 3 teelepels suiker, springmielies

VRAE:

Deur net hierdie tabel met Rajesh se weeklikse dieet deur te lees, dink jy hy volg 'n gebalanseerde dieet? Hoekom sê jy so?




Assesseer die leerder se vermoë om gevolgtrekkings te maak na aanleiding van die gegewe data. Vir verskeie redes volg Rajesh nie 'n gebalanseerde dieet nie. Hy eet baie suikers, olies en vette in die lekkers, Coke, wegneem etes en suiker in sy warm drankies. Hy eet ook baie stysel, maar nie veel vrugte en groente nie.

  1. Kom ons gebruik nou ons kennis van 'n voedsel piramide om te bepaal hoe gesond Rajesh se dieet vir die week was. Gebruik die tel metode om rekord te hou van alles wat hy geëet het: maak een vertikale strepie vir elke item wat jy tel en wanneer jy by die vyfde item kom trek 'n horisontale strepie deur die ander vier. Dit maak dit maklik om in vywe te tel en dan die origes aan die einde by te tel.

Totaal Vette en Olies

Totale Proteïene

Totale Vitamiene end Minerale

Totale Koolhidrate

Waarsku die leerders om klein tel merkies te gebruik anders mag hulle dalk te min spasie hê. Hierdie aktiwiteit is nie bedoel om wetenskaplik akkuraat te wees nie. Indien hulle egter elke keer wat 'n kossoort genoem word, en vir elke lepel suiker 1 merkie maak, werk dit goed uit om aan te dui hoe ongesond Rajesh eet.

Lys die dae en tye wat Rajesh vrugte of groente geëet het.




Maandag het Rajesh wortels in die spaghetti bolognaise gehad en Donderdag het hy slaai en botterskorsie saam met sy maaltyd gehad.

Watter belangrike voedselgroep ontbreek in Rajesh se dieet as hy nie genoeg vrugte en groente eet nie?


Hy sal nie genoeg vitamiene en minerale inkry nie.

Kan jy voorspel wat met Rajesh sal gebeur as hy met hierdie dieet aanhou?



Indien hy nie reeds oorgewig is nie, sal hy binnekort oorgewig wees en hy sal ander probleme wat hiermee gepaardgaan, ontwikkel - suikersiekte, velprobleme, seer gewrigte, ens.

Noudat jy die verskillende voedselopgroepe wat Rajesh in 'n week eet, opgetel het, dink jy hy eet 'n gebalanseerde dieet? Hoekom sê jy so?




Rajesh se dieet is nie gebalanseerd nie, want Rajesh eet nie die regte hoeveelhede kos van die verskillende voedselgroepe nie en daarom dink ek nie sy dieet is baie gebalanseerd nie.

Dink jy Rajesh is 'n baie aktiewe persoon? Hoekom sê jy so?



Hy lê meeste middae voor die TV en sy enigste buitemuurse aktiwiteit is orkes oefening wat nie veel energie vereis nie. Binneshuise hokkie een keer 'n week is waarskynlik nie genoeg oefening nie.

Wegneemetes is bekend daarvoor dat dit baie vette en olies bevat aangesien restaurante dikwels hulle kos in diep vet voorberei. Rajesh en Farrah se gesin kry twee keer per week wegneemetes en die ma kook twee keer. Vergelyk die gekookte maaltye met die wegneemetes en fokus spesifiek op die hoeveelheid olie wat gebruik is om die kos in voor te berei.





Die bolognaise en gebakte hoender is heel waarskynlik tuis voorberei terwyl die pizza en die groot houer hoender heel waarskynlik wegneemetes was. Die maaltyd met die gebakte hoender het baie groente ingesluit en die bolognaise het wortels in die maalvleis gehad wat tradisioneel in baie huise is. Hierdie maaltye is baie gesonder as die olierige hoender of pizza wat hulle gehad het omdat hulle minder olies en meer groente bevat.

Watter raad sal jy vir Farrah gee om vir haar broer te gee?



Leerders behoort iets in te sluit rakende die eet van 'n meer gebalanseerde dieet wat meer vars vrugte en groente en minder vette, suikers en olies bevat. Rajesh moet minder suiker in sy warm drankies drink, hy moet altyd soggens ontbyt eet, hy moenie haastig wees wanneer hy eet en kos by die snoepie koop nie. Rajesh moet ook meer aktief word en nie elke middag net voor die TV lê nie. Farrah en haar broer, Rajesh, moet dit ook oorweeg om met hulle ouers te praat oor die maaltye wat hulle saans eet. Hulle moenie so baie wegneemetes eet nie en die ouers moet ook verantwoordelikheid neem vir wat hulle kinders eet.

Noudat jy hierdie aktiwiteit voltooi het, verduidelik hoekom verskillende porsies van die verskillende voedselgroepe nodig is vir 'n gebalanseerde dieet.





Vergelyk maaltye


AANWYSINGS:

  1. Hieronder is fotos van verskillende maaltye vir ontbyt, middagete en aandete.
  2. Een van die maaltye is ongesond en die ander maaltyd is gesond.
  3. Beluit watter een die gesonder opsie is en skryf 'n paragraaf om te verduidelik hoekom jy so sê. Lys die voedselgroepe wat ontbreek in die ongesonde opsie in vergelyking met die voedselgroepe wat ingesluit is in die gesonde opsie.

Ontbyt:

Opsie 1: Fruit loops

Opsie 2: Vrugteslaai




Die vrugteslaai is gesonder omdat dit 'n verskeidenheid vars vrugte bevat wat 'n gedeelte van die vereiste hoeveelheid vrugte en groente vir die dag bevredig. Die fruit loops is ongesond omdat dit baie suiker, kleur- en geurmiddels bevat. Dit het geen voedingswaarde nie.

Opsie 1: Hawermout met frambose

Opsie 2: Plaatkoekies met stroop




Die hawermout met frambose is gesonder as die plaatkoekies met stroop. Hawermout het baie voedingswaarde en die frambose bevat baie vitamiene. Die plaatkoekies is ongesond vir ontbyt omdat dit baie vette en suiker bevat.

Middagete:

Opsie 1: Eierslaai

Opsie 2: Diepgebraaide aartappelskyfies




Die eierslaai is die gesonde opsie. Hierdie maaltyd bevat 'n verskeidenheid voedselgroepe aanfesien daar vrugte en groente is wat vitamiene en minerale bevat en die eier is 'n goeie bron van proteïen. Die diepgebraaide aartappelskyfies is 'n ongesonde maaltyd aangesien dit slegs uit een voedselgroep (stysel) bestaan en die diepbraai ekstra olie byvoeg.

Opsie 1: Frikkadelbroodjie

Opsie 2: Omelet met slaai




Die omelet is die gesonde opsie. Soos met die eierslaai, bevat hierdie maaltyd vars slaai en die eiers is 'n bron van proteïen. Die omelet het heel waarskynlik vleis of sampioene en kaas wat bydrae tot die voedingswaarde. Die frikkadelbroodjie is ongesond. Alhoewel dit vleis, stysel en kaas bevat, is die manier waarop dit voorberei is heel waarskynlik ongesond, aangesien die vleis in olie gebraai is. Daar is ook geen vars vrugte of groente nie.

Aandete:

Opsie 1: Hoenderstukke

Opsie 2: Beesvleis, ertjies en rys




Die beesvleis, ertjies en rys is die gesonde opsie vir aandete aangesien die maaltyd stysel (rys), vleis vir proteïen (beesvleis) sowel as groente (ertjies) bevat. Die ander maaltyd is ongesond aangesien dit slegs een voedselgroep bevat, naamlik proteïen van die hoenderstukke.




Siektes veroorsaak deur 'n ongesonde dieet


Daar is baie mense op Aarde wat nie 'n gesonde, gebalanseerde dieet volg of kan volg nie. Baie mense kies om ongesond te eet, terwyl ander nie 'n keuse het nie.

Baie mense woon in stede en kan dit bekostig om gereeld wegneemetes te koop, of om haastig voorbereide maaltye te eet wat nie altyd kosse van al 4 die voedselgroepe insluit nie.

Onthou jy die voedsel piramide wat ons vroëer na gekyk het? Hieronder is 'n prent van 'n voedsel piramide van iemand met 'n ongesonde dieet.

Die voedsel piramide van 'n ongesonde persoon se dieet.

Bespreek met jou maats waarom jy dink dat hierdie tipe voedsel piramide ongesond is. Vergelyk dit met die gesonde voedsel piramide en skryf sommige van die verskille hieronder neer.




Hierdie voedsel piramide is buite proporsie in vergelyking met die vorige een en het nie meer die vorm van 'n piramide nie. Dit is omdat hierdie persoon baie meer vette en olies eet in vergelyking met die hoeveelheid in 'n gesonde dieet. Die hoeveelhede vleis en suiwelprodukte is omtrent dieselfde. Maar, daar is 'n tekort aan vrugte en groente in hierdie dieet. Dit is baie ongesond aangesien die persoon nie genoeg vitamiene en minerale deur hierdie dieet inkry nie.


Ander gesinne moet eet wat hulle kan bekostig. Hulle het nie die voorreg om te kies hoe hulle voedsel piramide lyk nie, maar eet net wat hulle met hulle klein inkomstes kan bekostig. Dit bestaan meestal uit koolhidrate en sommige groentes en sluit selde vleis en genoeg proteïene en ander vitamiene in.

Kom ons kyk na die oorsake van 'n swak, ongesonde dieet en dan na moontlike siektes wat hieruit kan voortspruit.

Oorsake van 'n swak dieet


Daar is baie oorsake van 'n swak dieet.

  1. Siektes en infeksies: Wanneer iemand 'n kroniese siekte soos HIV/VIGS het, is hulle vir 'n baie lang tydperk siek. Hulle liggame verswak en hulle kan nie voeding inneem van die kos wat hulle wel inkry nie en dit lei tot 'n swak dieet.
  2. Dieetkundige praktyke: In baie lande het mense 'n voorkeur vir sekere kossoorte, byvoorbeeld rys, stampmielies of mieliemeel.Hulle eet baie van hierdie spesifieke kossoort en kry nie genoeg proteen of vette en olies in nie. Veral in ontwikkelende lande kan hulle dikwels nie ander kossoorte bekostig nie. Sommige families in ontwikkelde lande eet uit eie keuse nie genoeg vrugte en groente nie en eet baie verfynde koolhidrate wat ook tot siektes kan lei.
  3. Armoede en hoë kos pryse: Armoede en hoë kos pryse verhoed baie mense om kossoorte soos melk, vleis, pluimvee (soos hoender) en vrugte te geniet. Dit het dit bykans onmoontlik gemaak vir arm gesinne om sekere voedselgroepe te bekostig. sommige gesinne kan slegs een tipe voedselgroep bekostig.
  4. Voedsel tekort: In lande waar droogte voorkom, swak boerdery kennis en praktyke toegepad word, en daar 'n gebrek aan tegnologie is, word die opbrengs van boerderygewasse en kuddes diere belemmer en dit lei tot hongersnood. Dit lei tot 'n voedsel tekort in daardie land.

In sulke gevalle sal mense enigiets eet wat beskikbaar is en dit lei tot 'n ongesonde dieet.

'n Ongesonde dieet kan aanleiding gee tot baie gesondheidsprobleme aangesien die liggaam nie die regte hoeveelhede van die verskillende voedselgroepe inkry nie en die liggaam gevolglik nie behoorlik kan funksioneer nie.


Sommige siektes en toestande


Dit is nie nodig dat die leerders die veskil tussen 'n siekte en 'n toestand ken nie, maar in die algemeen verwys 'n siekte na 'n afwyking van die normale funksionering van die liggaan of orgaan. 'n Toestand, daarenteen, is 'n breër term en verwys dikwels na die toestand waarin iets is.

Dikwels kry ons siektes en toestande omdat ons liggame nie die nodige voeding inkry nie. Sommige van hierdie siektes is:

  • Tandverrotting: Wanneer jy te veel suiker eet of drink, maak die bakterië in jou mond sure wat die tandoppervlak (genoem emalje) wegvreet en gaatjies vorm.
Te veel lekkers kan gaatjies in jou tande veroorsaak.
Onthou om jou tande te borsel om tandverrotting te voorkom!http://www.flickr.com/photos/seeseecards/7209691478/in/set-72157629756301182/
  • Ragitis: Dit is 'n toestand wat meestal by babas en kinders voorkom. Wanneer kinders nie genoeg vrugte en groente en genoeg vitamien D inkry nie, kan hulle liggame nie kalsium absorbeer nie en kan hulle nie sterk bene vorm nie.
  • Hardlywigheid: Dit is 'n pynlike toestand (nie 'n siekte nie) wat voorkom wanneer ontlasting moeilik raak en dae of selfs weke uitmekaar plaasvind. 'n Ongesonde dieet is dikwels die oorsaak, maar daar is ander oorsake ook. Die beste manier om hardlywigheid te behandel is om 'n gesonde dieet met baie vesel in die koolhidrate te volg, gereeld te oefen en baie water te drink.
  • Vetsug: Dit is 'n toestand (nie 'n siekte nie) waar 'n persoon se liggaamsgewig die gemiddelde gewig van ander mense, in dieselfde ouderdomsgroep en met dieselfde lengte, met \(\text{20}\)% of meer oorskry. Die beste voorkoming vir vetsug is om 'n gesonde, gebalanseerde dieet te volg.
Vetsug is 'n toestand wat al meer algemeen oor die wêreld voorkom. http://www.flickr.com/photos/78428166@N00/4296824658/
  • Suikersiekte: Dit is 'n siekte wat die liggaam se vermo om bloedsuiker vir energie te gebruik, aantas. Die simptome van suikersiekte sluit in verhoogde dors en urinering, dowwe sig en uitermatige moegheid.
  • Anorexia nervosa: Dit is 'n lewensgevaarlike eetversteuring waar die pasiënte hulleself verhonger en sodoende hulle liggame ontneem van voeding met die doel om geweldige hoeveelhede gewig te verloor.
  • Kwashiorkor: Dit is 'n siekte wat baie kinders aantas. Daar is 'n tekort aan proteen en jodium in hulle dieet. Kinders wat aan hierdie siekte ly, kan geswelde hande en voete, en 'n baie groot buik hê, sowel as baie swere op die vel en hulle hare kan verkleur.

Watter siektes of simptome kan Farrah se broer, Rajesh, ontwikkel as gevolg van sy dieet?


AANWYSINGS:

  1. Lees Rajesh se dieet weer noukeurig deur.
  2. Evalueer ook sy middag aktiwiteite.
  3. Gebruik hierdie inligting oor siektes en toestande en stel moontlike siektes of toestande voor wat Rajesh kan ontwikkel indien hy nie sy dieet drasties aanpas nie.

Siekte

Wat in Rajesh se dieet kan hierdie siekte veroorsaak?

Antwoorde:

Siekte

Wat in Rajesh se dieet kan hierdie siekte veroorsaak?

Vetsug

Ooreet en onaktiwiteit

Ragitis

Moontlik as gevolg van die klein hoeveelhede vrugte en groente wat geëet word.

Suikersiekte

Eet hopeloos te veel suiker, onaktiwiteit

Hardlywigheid

Rajesh is baie onaktief en drink byna geen water nie!


Doen navorsing oor een van die siektes


Dit kan as 'n moontlike projek gebruik word, waar die leerders hulle plakkate aan die klas kan voorhou en hulle mondelinge vaardighede kan oefen. Hou in gedagte dat sommige kinders in die klas moontlik aan sommige van hierdie dieet-verwante siektes ly.

MATERIALE:

  • boeke van die biblioteek, inligting van die internet
  • velle papier
  • gekleurde penne en potlode

AANWYSINGS:

  1. Kies een van die siektes wat verwant is aan 'n ongesonde dieet en doen ekstra navorsing en lees 'n bietjie wyer rondom hierdie onderwerp.
  2. Jy moet 'n plakkaat maak van hierdie siekte of toestand.
  3. Jou plakkaat moet inligting bevat rakende die oorsake van die siekte, watter mense meer geneig is om hieraan te ly en hoekom, die simptome, die gesondheidsgevare, en enige moontlike behandeling.
  4. Jou onderwyser sal besluit of jy jou plakkaat aan die klas sal moet voorhou.


  • 'n Dieet verwys na die keuse van voedsel wat ons elke dag eet.
  • 'n Gebalanseerde dieet bevat voldoende hoeveelhede kos uit al 4 voedselgroepe, sowel as water en vesel.
  • Sommige siektes kan aan jou dieet toegeskryf word.


Wat verstaan jy onder die begrip "gebalanseerde dieet"? Beskryf dit hieronder.



Teken 'n voedsel piramide van die kosse wat jy eet en beoordeel of dit die korrekte vorm van 'n gebalanseerde dieet het.







(Merk die leerders se voedsel piramides individueel, gebaseer op die een in die boek.)

Rajesh glo dat hy genoeg water inkry deur Coke en koffie met suiker te drink. Verduidelik aan hom of dit waar is of nie en hoekom.