Oppervlakte van die Aarde


  • Wat sal jy vind as jy 'n baie diep gat kan graaf?
  • Waar kom die grond vandaan?
  • As jy 'n plaas gaan koop, watter tipe grond sal jy voor soek?

Hoofstuk 2 behandel die rotsagtige oppervlakte van die Aarde; on doelwit is om leerlinge te leer waar grond vandaan kom: grond is afgebreekte rots en organiese materiaal van plante en diere. Hoewel ons nie net kan leer van die kors nie, aangesien dit 'n hangende vraag sal laat - die kors van wat? So ons spandeer 'n rukkie tyd aan waarmee die kors bedek is en so kyk ons ook na die struktuur van die Aarde.

Rotse


Jy het die foto van die Aarde aan die begin van hoofstuk 1 gesien.Wat is op die oppervlakte van die Aarde? Benoem al die kenmerke (dele) wat jy aan kan dink.




Answers may include Land, sea, forests, rivers, deserts, air, clouds. Learners may correctly include animals and people though they cannot see them in the picture.

Wat dink jy is onder die oppervlak?



Antwoorde kan grond, rotse, myne, bene, wortels, afvoerpype en baie meer insluit. Moedig hulle aan om aan so veel moontlik idees te dink.



Wat gaan jy kry as jy so diep as wat jy kan gaan 'n gat in die grond grawe?


Kyk na die prent van 'n grawer en verbeel jou jy bestuur dit.

Verbeel jou jy het 'n baie sterk grawer.

Die doel van hierdie sketstaak is om leerders te laat worstel met die idee dat hulle op 'n balvormige aarde bly. Meeste leerders het nie 'n probleem daarmee om te sê dat die aarde soos 'n bal gevorm is nie, en baie het al prente gesien van die aarde wat soos 'n bal lyk figuur 1. Die konsep is egter nie so maklik om te begryp as jy op die bal staan nie. Die vraag "wat kry jy as jy 'n gat regdeur die bal kon grawe?" forseer hulle om in hulle gedagtes tussen die grond wat hulle kan sien en die beeld van die aarde wat soos 'n bal uit die ruimte lyk te beweeg.

VRAE:

Wat is onder die vloer van hierdie klaskamer?


Hierdie vraag is oop vir bespreking.

Verbeel jou dat die masjien so diep kan grawe as wat jy wil hê dit moet. Jy dryf dit onder die grond in. Wat gaan jy kry as jy afgaan?




Laat die leerders dit eers bespreek voor hulle iets neerskryf. As hulle nie kan skryf nie, laat hulle prente teken van wat hulle dink hulle onder die aarde sal kry.

Maak 'n skets van jouself, die grawer en die gat. Wys in jou skets waar (a) die aarde, (b) die grawer met jou binne-in, (c) die gat en (d) wat jy by die diepste deel van die gat gaan kry.







Gee leerders genoeg tyd om te dink terwyl hulle hul skets maak.

Kyk na die leerders se sketse maar moet hulle nie korrigeer nie. As jy vir hulle die regte antwoorde gee, gaan hulle ophou dink oor die probleem. Aan die einde van die hoofstuk gaan hulle kans hê om hulle idees te verander - sien AktiwiteitWat is onder ons voete?

Party leerders se sketse mag dalk die gat wys wat deur grond en rotse en ondergrondse water en vulkane gaan. Ander leerders se sketse mag geen van hierdie dinge hê nie - dit hang af hoeveel algemene kennis hulle teen Graad 5 opgedoen het. Akkuraatheid is nie op hierdie stadium belangrik nie: ons wil eerder hul belangstelling prikkel deur die vraag "wat is diep onder die grond onder ons voete?"

As hulle oor die vraag nadink sal die volgende afdeling meer sin maak.



Wat gaan ons kry as ons dieper grawe?


As ons begin grawe, moet ons eers deur die bogond grawe. Goeie bogrond is gewoonlik 'n donker kleur.

Bogrond is gewoonlik donkerder as die grond onder dit.

Bogrond is baie belangrik vir lewe. Soos jy in die prent kan sien, is plante en diere afhanklik van die bogrond.

Plante en diere is afhanklik van bogrond.

As ons dieper grawe, kry ons die ondergrond. Die laag is gewoonlik sanderig en oranje-kleurig. Wanneer ons nog dieper grawe kom ons by rots uit. Die laag rots onder die grond word die rotsbodem genoem. Kyk na die illustrasie en soek die bogrond. Soek dan die ondergrond onder die bogrond en die rotsbodem onder dit.

Wanneer ons deur die rots grawe, 'n paar honderd meter diep, kan ons verskillende lae rots kry. Ons mag selfs op party plekke water in die rotskrake kry. Ons kan op party plekke steenkool kry.

Nog dieper af, omtrent 'n kilometer diep, kan ons olie en gas kry. As ons selfs nog dieper gaan, sal ons baie harde rotse kry en die rotse sal warm wees as jy daaraan raak. Op 'n paar plekke in Gauteng en die Vrystaat, kan ons rotse kry wat goud in het. Kyk na die prent hier onder. Kan jy die hand sien wat 'n stuk uit die aarde sny?

Verbeel jou ons kon 'n stuk uit die aarde sny.

Die volgende prent wys jou hoe die aarde aan die binnekant lyk.

As ons 'n stuk uit die aarde sou sny, sal die aarde so aan die binnekant lyk.

Die oppervlakte van die aarde is die kors.

Mense het nog nie regtig baie diep in die aarde ingegaan nie. Ons is maar in die rotse wat die kors van die aarde genoem word. Die kors is die buitenste laag van die aarde se oppervlak. Soek die kors in die prent hier bo. Die kors bestaan uit rots en grond.

Die kors is omtrent 70km dik, so ons kon nog nie baie ver gegaan het nie. Mense het nog net 5 kilometer diep gegaan en die gat is so klein dat jy dit nie eers in die kors kan sien nie.

Myners in die diep goudmyne kry baie warm. Hoe dieper hulle gaan, hoe warmer is die rotse. http://www.flickr.com/photos/mjtmail/3823526817/

Is die kors onder die see ook? Kom ons kyk na 'n prent van die rotse en die see in die prent hier onder.

Dit is waar die oseaan en die land ontmoet. Gaan die land onder die oseaan in? http://www.flickr.com/photos/wyrdo/3911919025/

As jy 'n gat op die strand sou grawe, wat gaan jy kry as jy baie diep grawe?


As jy baie diep grawe gaan jy rotse kry. Kinders wat al gate in die sand gegrawe het sal ook vir jou sê dat die seewater deur die sand syfer en in die gat instroom as hulle 'n gat grawe.

As jy onder die seewater sou afgaan, wat sou jy daar kry?


Sand naby die strand, maar verder uit sal jy fyn modder kry en onder dit rotse.


As jy ver van die strand af gaan, is die see baie diep. Die see kan kilometers diep wees.

Die diepste deel van die see word die Mariana-trog genoem. Dit is naby die Mariana-eilande, suid van Japan. Jy kan die plek op die aardbol in die klas of op 'n kaart soek. Die diepste deel van die oseaan is hier. Dit is 'n trog (soos 'n vallei met styl kante) wat 11 kilometer diep is. Die son se lig kan nie die bodem bereik nie en dit is pikdonker. Die water druk met so 'n groot krag af dat dit voel of die gewig van drie busse op jou duim druk.

Dit moet 'n vreeslike interessante wêreld in die dieptes van die oseaan wees. Ek wonder hoe is dit daar?

Drie wetenskaplikes het al in klein duikbote daar afgegaan en foto's geneem en rotse versamel. Die duikbote het helder ligte gehad en die wetenskaplikes was verstom oor die diere wat hulle daar sien lewe het. Jy kan 'n dier, wat 'n anemoon genoem word, wat daar bly in die foto sien.

Die mense in die duikbote het anemone soos die een in die diepste deel van die oseaan gesien. http://www.flickr.com/photos/chris_e/693822380/

Hulle het rotse gekry wat lyk soos die in die foto. Die kors se rotse lê dus onder die oseaan en onder ons voete. Die kors is 'n laag rots reg rondom die aarde, soos die dop van 'n hardgekookte eier.


Die mantel en die kern lê nog dieper onder die kors.

As ons dieper as die kors gaan, gaan ons in die rots wat die mantel genoem word. Die mantel is die laag wat onder die kors lê. Mantelrotse is baie warmer as die rotse wat in die kors gevind word. Die rotse is so warm dat hulle op party plekke sag is, soos tandepasta. As daar 'n swakplek in die kors is, stoot die warm rots boontoe en mag dit uitbars. Dit is hoe 'n vulkaan gebeur. Die mantel is 2 900km dik, so ons het nog 'n lang pad om af te gaan.


Soek die mantel op die diagram van die aarde wat oopgesny is. Merk dit met jou potlood. Hoe kan jy by die mantel uitkom? In watter rigting moet jy gaan?


Jy moet 'n baie diep gat af na die middel van die aarde grawe.


Die kern is nog dieper as die mantel. Dit is baie warm, so warm soos die son se oppervlak en dit is meestal uit yster gemaak.

Yster smelt by daardie temperature, maar die yster word so styf gedruk deur die mantel rondom dit dat dit nie kan smelt nie.

Dink oor die lae van die aarde.


VRAE:

Wat is die deursnee van die aarde?


Dink aan die aarde as 'n sirkel: dan beteken die deursnee die afstand oor die middel van die aarde. Die deursnee is 12 900km. Jy kan dit van die diagram aflees.

Die aarde is regtig 'n bal, so hoe diep kan die gat wees?


Net 12 900km, want daarna sal die gat aan die ander kant van die aarde uitkom!

Wat is die laaste laag waardeur die grawer kan grawe as dit so diep gaan as wat dit kan gaan?



Dit sal deur die kors grawe, maar van onder af en dan sal dit in die lug uitkom.

Watter is die beste model van die aarde - 'n brood, 'n appel of 'n avokadopeer? Kyk na die drie prente hier onder. Watter van die is die meeste soos die aarde? Verduidelik jou antwoord. Onthou dat die aarde 'n harde kors, 'n warm, taai mantel en 'n warm kern.



Drie verskillende moontlike modelle van die lae van die aarde.

Die brood het 'n kors, maar nie 'n kern nie. Die appel het 'n skil en 'n kern, maar die kern is nie 'n soliede ding nie. Die avokadopeer het 'n harde vel of skil, en 'n soliede kern. Dit is dus 'n goeie model van die aarde.

Alhoewel die model wat jy gekies het die meeste soos die aarde is, is dit nie heeltemal dieselfde nie. Hoe is die model nie soos die aarde nie?



Die avokadopeer se pit is, byvoorbeeld, nie warm nie, maar die kern van die aarde is baie warm.



Grond, lug, water en sonlig onderhou lewe op die aarde.

Lewe op aarde bestaan op 'n baie dun laag om die planeet - die kors. Die grond is 'n dun laag en alle plante het grond nodig om in te groei. Die plante gebruik energie van die son om te groei en hulle maak suurstof wat ons en al die diere nodig het om asem te haal. Jy het alreeds hieroor geleer in Lewe en Lewenswyse.

Wat is onder ons voete?


INSTRUKSIES:

  1. In die eerste aktiwiteit aan die begin van die hoofstuk het jy prente geteken van jouself wat 'n gat in die grond grawe. Jy het jou verbeel dat jy die gat so diep as moontlik maak.
  2. Jy voel miskien jou prent is reg, of miskien het jy van plan verander oor die aarde.
  3. Kyk nou weer na daardie sketse en doen die aktiwiteit oor.

VRAE:

  1. As jy 'n gat in die aarde deur die vloer van jou klaskamer kon maak, wat sou jy onder in die aarde kry?


  2. Verbeel jou jy het'n masjien wat so diep kan grawe as wat jy wil. Jy kan hierdie grawer so diep dryf as wat dit kan gaan. Was sal jy kry?


  3. Maak 'n nuwe skets van jouself, die grawer en die gat. Jou skets moet die gat wat die masjien maak wys as jy dit laat aangaan tot dit nie meer kan verder kan nie.





Die gat sal aan die ander kant van die aarde uitkom.

  1. Dink jy nog soos jy aan die begin van die hoofstuk gedink het? Het jy jou idee oor die aarde verander?



  2. Gebruik die klas se aardbol om die vraag te beantwoord: As jy 'n gat reguit af in die aarde begin grawe in Suid-Afrika, en jy deur die kern van die aarde gaan, waar sal die gat uitkom? Teken 'n prent in die spasie hier onder.





Antwoord: In die Stille Oseaan, naby Hawaii, omtrent 26 grade noord van die ewenaar en omtrent 150 grade wes van die Greenwich meridiaan. Toets self die antwoord op die aardbol. Laat die leerders met die aardbol werk totdat hulle self die antwoord uitgewerk het. Hulle moenie toegelaat word om gate in die aardbol te steek nie!

'n Voorbeeld van die prent wat die leerders moet teken.

Dit is hoe die gat sou lyk . Laat die leerders eers hul eie idees skets voor jy die skets op die bord maak.




Grond kom van rotse


Rotse hou nie vir ewig nie! Hulle mag dalk hard en onbreekbaar lyk, maar kom ons kyk bietjie nader.

Kan harde goed soos rots en klip verweer?


Klippe is hard. Mense sê dat goed wat van klip gemaak is vir ewig sal hou. Is dit waar?

MATERIALE:

  • twee klippe (stukke rots)
  • 'n stuk papier

INSTRUKSIES

  1. Soek 'n sementtrap wat almal in die skool gebruik. Vee die trap skoon en kyk dan mooi na die trap.
Waarom verweer die trap?
  1. Kan jy sien waar mense hulle voete neersit? Wat het hier gebeur?


  2. Soek 'n stuk sement onder 'n buite-kraan. Kyk mooi na die sement waar die water daarop val. Jy mag dalk oplet dat die sement growwer is waar die water daarop val. Die sement het klein stukkies verloor.
Kyk na die plek waar die water die sement tref. Hoe het die sement verander?

Vind uit hoe lank die sement al daar lê. Dit is miskien al ingesit toe die skool gebou is. Hoeveel jaar het die gevat om die sement te verweer?


Die leerders moet uitvind wanneer die skool gebou is.

Soek nog 'n voorwerp wat verweer het. Kom vertel môre vir jou klas wat jy gevind het en skryf dit hier onder neer.


Die leerders kan rapporteer dat hulle die hoek van 'n deur of 'n gebou; 'n potloodpunt, 'n stuk bordkryt, die onderkant van 'n lepel of die sool van 'n skoen gekry het.

Wat dink jy is besig om die voorwerp te verweer?


Baie skoene verweer die trap,baie skouers wat teen 'n voorwerp vryf kan dit verweer. Die papier wat die papier vryf verweer die potlood.

Waarheen dink jy gaan 'n klein deeltjie van 'n voorwerp wat afbreek?


Leerders mag dalk nie besef dat klein deeltjies afbreek nie. Vind uit of hulle regtig so dink.

Dink jy die klein deeltjies lê dalk erens?


As hulle dink dat klein deeltjies afbreek, mag hulle dalk glo dat die deeltjies nie meer bestaan nie. Ons het hier te doen met die behoud van materie, wat 'n gedagtegang is wat leerders moet ontwikkel.

Vryf nou die twee rotse vir drie minute teen mekaar. Laat al die klein deeltjies op die papier val.

Maak 'n hopie met die deeltjies en kyk mooi na hulle. Dit lyk soos 'n hopie sand.

Jy verander die twee rotse in sand!

Vryf rotse teen mekaar om sand te maak.


In die natuur verander rotse in sand. Hoe gebeur dit?

Groot rotse breek kleiner rotse op.


Ons weet dat ons groter rotse in kleiner rotse kan opbreek. Wanneer ons kleiner rotse op die grond sien lê, is dit egter moeilik om aan hulle te dink as rotse wat opgebreek is.

In die natuur breek roste op verskillende maniere op. Ons gaan net na drie maniere kyk.

1. Groter rotse breek kleiner rotse op.

Mettertyd kan rotse krake op hul oppervlak kry. Water kom in die krake en maak dit nog groter. Dele van die rots breek af as die krake groter word. Kleiner en kleiner dele rots vorm soos die rots al meer opbreek.

Kan jy die krake in hierdie rots sien vorm wat uiteindelik kleiner dele rots sal vorm?

2. Water breek die oppervlakte van rotse op.

Ons kry min water in die grond. Die wortels van plante kan hierdie water so verander dat die water suur word. Asyn het suur in dit en dit is waarom asyn so suur proe.

Suur kan op klippe inwerk en hulle opbreek. Die suurwater breek die oppervlak van die klip en dan breek die klip makliker.

Reënwater kan ook die oppervlakte van klippe opbreek en verweer wat veroorsaak dat klein deeltjies afbreek. Ons het 'n voorbeeld hiervan gesien toe ons na die water uit die kraan gekyk het wat die sement opbreek.

Reënwater verweer rotse en veroorsaak dat klein deeltjies afbreek.

3. Klippe vryf teen mekaar en hulle oppervlaktes breek op.

Klippe vryf teen mekaar wanneer water hulle beweeg of wind hulle teen groter klippe waai. Mense en diere wat op 'n paadjie loop en klippe skop, breek klein stukkies af. Klein klippies word nog kleiner en die klein deeltjies word sand.

Mense en diere breek klippe in kleiner klippe op wanneeer hulle oor hulle loop.
In hierdie aktiwiteit gaan jy die stadige proses begin om grond te maak. Jou klas het miskien al hul komposhoop die eerste week van die kwartaal begin.
Die wortels van plante veroorsaak ook dat die klippe in die grond teen mekaar skuur en opbreek in kleiner dele.

Maak 'n model van suurwater wat rotse opbreek.


In regte grond vat hierdie verandering baie jare. Ons kan dit binne 'n week in die klas laat gebeur. Kyk na die prent hier onder. .

MATERIALE:

  • 'n sementbaksteen (nie die blink, donkerrooi of oranje stene nie)
  • 'n groot plastiekhouer (soos die onderste helfte van 'n plastiek koeldrankbottel)
  • 'n bottel witasyn
Suurasyn werk op die oppervlak van die sement baksteen in. Dele van die baksteen val af.

INSTRUKSIES:

  1. Sit die sementbaksteen in die houer.
  2. Gooi genoeg asyn in die plastiekhouer om die helfte van die baksteen te bedek.
  3. Sit die houer erens waar almal dit vir twee weke elke dag kan sien.
  4. Bedek die houer en maak seker dat die mengsel nie verdamp en die baksteen droog laat nie.

VRAE:

Teken die baksteen soos dit op Dag 1 lyk.







Teken die baksteen soos dit op Dag 14 lyk.







Watter veranderinge het in die baksteen plaasgevind?



Het die deel van die baksteen wat bo die asyn was op dieselfde manier verander as die deel wat onder die asyn was?




Die asyn beweeg op teen die baksteen en reageer met die stof in die baksteen. Jy kan dalk 'n paar wit deeltjies van 'n nuwe stof wat tydens die reaksie tussen die baksteen en die asyn gevorm het vind.

Het enige dele van die baksteen afgeval na die onderkant van die houer?


Skryf die hele sin in jou boek en voltooi dit met woorde uit die woordraam.

This equipment is a model of rock, not the real rock. The brick ______ a real rock and the vinegar ______ water around the roots of plants.

woordraam: Gebruik van die woorde

  • verteenwoordig
  • verteenwoordig die regte
  • is nie

Verteenwoordig...verteenwoordig die regte



Maak grond

Rotse breek af en vorm stadig maar seker sand. Die verandering het duisende jare nodig om plaas te vind omdat grond, wind en water dit baie stadig doen. Sand is egter nie grond nie. Daar moet nog veranderinge aan sand gemaak word, voor dit grond kan wees.

Kyk na verskillende soorte grond.


MATERIALE:

  • 'n metaalblikkie halfvol klam bogrond (klam beteken dit is nie droog nie)
  • 'n handlens of een of ander vergrootglas
  • 'n stuk wit papier
  • tandestokkies, vuurhoutjies of stukkies droë gras waarmee jy die klein deeltjies grond kan beweeg.

INSTRUKSIES

  1. Ruik aan die grond in die blikkie. Het dit 'n reuk?
  2. Sit 'n teelepel van die bogrond op die wit papier en versprei dit.
  3. Gebruik jou stok om die klein deeltjies grond wat jy daar sien te beweeg. Kyk na die grond met die vergrootglas. Maak hopies met die dele wat dieselfde lyk.
Kyk mooi na die grond. Watter deeltjies kry jy daar?
  • Een hopie sal rotskorrels wees. Jy sal klein stukkies rots en 'n paar dele wat nie so klein is nie kry. Daar sal ook korrels wees wat amper te klein is om te sien.
  • Nog 'n hopie sal klein deeltjies van plante wees. Jy sal klein stukkies stokke, blare en wortels kry.
  • Nog 'n hopie sal klein deeltjies van diere wees. Jy sal klein deeltjies van 'n besie se dop of bene kry of selfs die vlerke van vlieë.
  • Jy kan selfs 'n klein lewende diertjie kry. As jy wel een vind, maak 'n skets daarvan en laat dit dan buite in die grond los.

VRAE:

Watter kleur is jou grond. Gebruik woorde soos "donkerbruin", "grys", "oranje" of "geel"


Teken van die rotskorrels (sand) wat jy vind. Teken enige klein deeltjie van 'n plant of dooie dier wat jy in die grond sien. Teken enige klein lewende diertjie wat jy in die grond gekry het. Laat hulle dan buite los.











Voltooi die sin: Grond het sand, maar dit het ook...


Rotsdeeltjies, organiese materie soos dele van plante en dooie diere ens.


Ons kan binne 'n paar weke grond maak, maar nie baie nie.

Begin grond maak.


Die klas behoort hierdie aktiwiteit op die eerste dag van die 4e kwartaal te begin, omdat dit omtrent 3 weke vat om te voltooi.

In hierdie aktiwiteit gaan jy die stadige proses begin om grond te maak. Jou klas het miskien al hul komposhoop die eerste week van die kwartaal begin.

MATERIALE:

  • 3groot koeldrankbottels soos die in die prent
  • 'n ou sykous
  • 'n sterk rubberband
  • veltpenne wat op plastiek sal skryf
  • 'n groot naald
  • 'n skêr
  • stukkies groente en vrugte, oorskiet pap, gesnyde gras, genoeg om 'n groot bottel tot bo te vul.
  • 'n koppie water
Sny en las die 3 koeldrankbottels so aanmekaar.

INSTRUKSIES:

  1. You need the plastic bottles that you see in the picture. Cut them as you see and join them together as in the picture.
  2. Sny 'n stuk van die sykous af om oor die nek van die bottel wat onderstebo is te pas. Die sykous sal keer dat die groenteskille deur die gat val, maar dit sal nog steeds die water deurlaat.
  3. Voeg die groenteskille, ou brood en blare by.
  4. Gooi nou stadig 'n koppie water by. Laat die water deur die sykous loop en in die onderste houer val.
  5. Gebruik nou die naald om luggate in die boonste bottel te maak, soos hulle in die prent gedoen het.
  6. Merk die hoogte van die kompos op die plastiek. Skryf die datum langs die merkie neer.
  7. Merk elke Vrydag die hoogte van die kompos en skryf die datum op die bottel.
  8. Haal dan die onderste houer met die water uit en gooi die water 'n 'n blik.
  9. Gebruik dan die blik om die water weer stadig terug in die kompos te gooi. Dit sal keer dat die kompos uitdroog.
  10. Begin 'n joernaal waarin jy als opteken wat op 'n dag gebeur. Kyk na die voorbeeld hier onder van Sophie se joernaal wat sy gemaak het toe die Thunderbolt Kids die eksperiment in hulle klas gedoen het.
Jy kan die volgende in Sophie se joernaal sien:

Aan die begin lyk die kompos dalk lelik - net 'n klomp verrottende kos en blare. Dit mag dalk sleg ruik ook. Soos die weke verby gaan sal jy sien hoe die kleur en die grootte van die klein stukkies verander. Jy sal sien dat daar goed in die kompos begin groei. Die reuk sal ook verander. Jy kan dalk insekte in die kompos sien.

VRAE:

Het jy enige veranderinge aan die kompos gesien? Het jy iets sien groei in die kompos?



Afhangend van die aktiwiteit - moontlik fungi.

Wat het met die kleur van die water gebeur wat jy elke week teruggooi?


Dit behoort donkerder en meer "modderig" te lyk.

Wat dink jy is in die water?


Moontlik klein stukkies organiese materiaal wat afgebreek het van plante en ander materie.

Hoekom moet jy elke week dieselfde water teruggooi en nie vars water gebruik nie?



Dit is sodat jy nie die nutriënte uit die water verloor nie. As jy vars water gebruik was jy die meeste uit en verloor jy die klein deeltjies wat opgebreek het en reeds begin kompos vorm het.

Waarom word die kompos minder soos die dae verby gaan?



Die organiese stowwe word opgebreek in kleiner deeltjies wat stywer teenmekaar kan lê en minder spasie opneem. Die kompos verloor dus hoogte.

Waar dink jy kom die insekte vandaan?


Moontlik van eiers of larwes wat in die organiese materiaal was voordat jy dit in die komposhoop gesit het.


Die grys harige goed wat jy op die groenteskille sien groei is muf (fungi); dit help om die skille af te breek. Daar is baie verskillende soorte muf (fungi) wat almal verskillende kleure het.

As jy insekte in die kompos sien kan dit dalk vrugtevlieë wees wat deur die luggate ingekom het, maar dit kan ook uitgebroei het van eiertjies wat insekte in die skille of blare gelê het voor jy hulle in die plastiekbottels gesit het. Onthou jy dat ons in die eerste kwartaal in Lewe en Lewenswyse geleer het van die lewensiklus van die vrugtevlieg.

Na omtrent 4 weke sal jou kompos 'n donker kleur wees en die groot dele sal almal in kleiner deeltjies opgebreek wees. Jy kan die kompos uitgooi en gelyke hoeveelhede sand met jou kompos meng. Jy het nou grond gemaak.

Regte grond is meer kompleks as die mengsel. Die lewende dinge in die grond maak stowwe wat die sandkorrels aanmekaar bind, of die korrels afbreek in kleiner deeltjies. Vir Graad 5 is dit genoeg dat die leerders verstaan dat grond nie net sand is nie.


Mikro-organismes in die grond.

Wanneer jy mikro-organismes aan jou klas bekendstel, begin die bespreking deur hulle te vra of hulle dink mikro-organismes lewend is of nie.

Toe jy na die sand gekyk het, het jy sandkorrels en klein deeltjies plante en diere gevind. Daar was nog 'n ander groep dinge wat jy nie kon sien nie, omdat hulle te klein is. Hulle is mikro-organismes. Hulle is lewendig en hulle werk in die grond. Hulle verander dooie plant- en diermateriaal in stowwe wat plante kan gebruik en deur hul wortels opneem.

As ons hard werk kan ons 'n klein hoeveelheid bogrond hierdie kwartaal maak. 'n Boer het goeie bogrond oral oor sy plaas nodig. Die natuur werk oral oor die aarde, maar dit werk baie stadig. Die natuur het 'n 1000 jaar nodig om net 10cm bogrond te maak. As die reën die bogrond wegspoel, kan die boer nie goeie gewasse op die grond laat groei nie. Kyk na die prent hier onder.

Die bogrond is weggespoel van die land en die boer kan nooit weer hier kos groei nie. http://www.flickr.com/photos/soilscience/5097649628/

Selfs as die boer erosie kan keer, gaan dit omtrent 'n 1000 jaar vat voor die natuur nuwe bogrond maak om die grond wat weg is te vervang.

As daar te min bogrond is, sal daar te min plante wees vir die diere om te eet. Al die diere is dus afhanklik van die bogrond, selfs diere soos die leeu wat net vleis eet.


Ons kan sê dat leeus afhanklik is van die bogrond vir hulle kos alhoewel hulle nie die bogrond eet nie. Waarom is leeus afhanklik van die bogrond vir hulle kos? Verduidelik jou antwoord. Wenk: Dink terug aan wat jy in die eerste kwartaaal in Lewe en Leefwyse oor voedselkettings geleer het.




Leeus eet ander diere soos impalas, sebras, kameelperde ens. Hierdie diere is almal herbivore wat gras en ander plante eet. Die plante wat die diere eet het bogrond nodig om te groei. Die leeu is dus indirek afhanklik van die bogrond as gevolg hul voedingsverhoudings.




Grondsoorte


Het jy al gesien hoeveel verskillende kleure en teksture grond daar is? Selfs al loop jy net op jou skoolgronde rond, kan jy baie verskillende soorte grond sien.

Dit is omdat daar verskillende deeltjies is waaruit die grond bestaan. Hierdie deeltjies kan in verskillende hoeveelhede teenwoordig wees,daarom is daar verskillende soorte grond.

Party deeltjies is groter as ander en daar is ook deeltjies wat erens tussen die grotes en die kleintjies is. 'n Grondmonster het gewoonlik 'n klomp deeltjies wat of groter, kleiner of tussen-in is en 'n klein hoeveelheid wat ander groottes is .

Gronddeeltjies - sand, slik, klei

Daar is 3 hoofdeeltjies waaruit grond bestaan

  1. Klei
  2. Slik
  3. Sand

As die grond van baie hard rots gemaak was, sou dit groter deeltjies gehad het. As dit van sagte rots gemaak was, sou die deeltjies baie kleiner wees.

Verskillende hoeveelhede sand, slik en klei


DOEL:

Om uit te vind hoeveel sand, slik en klei daar in die grond op twee verskillende plekke is.

VOORSPELLING (wat jy dink jy sal vind):

Die grond van ____________ sal meer ______________hê, en die grond van ___________ sal meer ______________ hê.

STOWWE EN APPARAAT

  • Grond van twee verskillende plekke, soos naby die bokant van 'n heuwel/skuinste en naby die onderkant. Of grond van onder 'n boom en ander grond in 'n area met wilde gras. Die grond moet anders lyk.
  • Koerantpapier om die banke skoon te hou
  • twee groot deurskynende flesse dieselfde grootte.

INSTRUKSIES:

  1. Versamel twee blikkies grond van die plekke wat jy gekies het. Hierdie is monsters van 'n soort grond ('n monster is 'n bietjie van iets wat mens bestudeer).
  2. Voel die twee monsters in jou hand. Voel hulle anders? Ruik hulle anders?

Vra vir mondelinge, nie geskrewe antwoorde nie.

  1. Smeer 'n teelepel van die verskillende grond op die wit papier en kyk na elkeen - hoe lyk hulle anders?

Vra leerders om hul antwoorde mondeling te doen. Maak seker jy kry antwoorde van verkillende leerders en dit is nie dieselfde leerder wat heeltyd antwoord nie.

  1. Sit dan jou grondmonsters in die glas flesse. Gooi water in om die fles amper vol te maak, sit die deksel op en skud elke fles om die grond en die water te meng.
  2. Los nou die twee flesse oornag. Die water mag nie beweeg nie.
  3. Jy sal die volgende oggend iets sien wat lyk soos die prentjie hier onder. Die water in elke fles het die groot korrels aan die onderkant laat lê en die klein korrels bo-op, die kleikorrels is egter so klein dat hulle nog met die water gemeng is. Jy mag dalk plantdeeltjies sien wat bo-op die water dryf.
  4. Jou twee flesse sal verskillende lae hê. In een fles mag jy 'n klomp sand sien en in die ander fles dalk minder.
Jy sal twee flesse soos hierdie hê. Die dele van jou grond het in lae gaan lê.

OBSERVASIES

Teken die twee flesse en wys die lae in jou twee grondmonsters. Maak byskrifte vir jou sketse en gee dit 'n opskrif.











Hoe kon jy die ondersoek beter gedoen het?



GEVOLGTREKKING (wat jy geleer het):

Die verskil tussen ons twee grondmonsters is dat...




Jy sal sien dat jou grond party korrels het wat sandkorrels is, sommige wat kleiner is en ander wat so klein is dat jy dit nie kan sien nie.

  • Sand, wat jy weet hoe dit tussen jou vingers voel.
  • Slik het baie kleiner korrels, maar jy kan nog voel dat die slik bietjie growwer is.
  • Klei het korrels wat soveel kleiner is dat wanneer jy dit tussen jou vingers vryf, dit soos verf voel. Jy kan inderdaad daarmee verf. Wanneer klei droog word, word dit hard.

Kan jy potte met sand maak?
Watter soort grond is goed vir potte maak?


Grondsoorte - sand, klei en leem

Soos ons vroeër gesien het, het die verskillende soorte grond van die verskillende plekke verskillende groottes deeltjies. Verbeel jou jy hardloop langs die strand en voel die sand onder jou voete. Verbeel jou nou jy hardloop deur die woud oor die grond. Kan jy sien dat daar 'n groot verskil is tussen hierdie soorte grond?

Die mengsel van deeltjies en die grootte van die deeltjies bepaal die grondsoort. Daar is 3 verskillende soorte grond:

  1. Klei
  2. leem
  3. Sand

Kom ons kyk na die eienskappe van die grondsoorte.

Die soorte grond

_:emphasis-1/> is die grond wat jy by die strand kry. Dit bestaan uit groot sanderige deeltjies en baie klein deeltjies rots wat ons sandkorrels noem. Die sandkorrels is grof en die grond is los.

Kan jy in die prentjie van die sanderige grond sien hoe die korrels deur jou hand val? Dit hou nie kunsmis nie. Dit word maklik weggewaai of weggewas. Dit word maklik warm op 'n sonnige dag. Plante groei nie goed in sanderige grond nie.

Sanderige grond het baie growwe korrels sand. http://www.flickr.com/photos/sroown/797820971/

Waarom dink jy groei plante nie goed in sanderige grond nie?



Sanderige grond bevat nie nutriënte nie. Dit word maklik weggewaai en plante kan nie wortels vorm nie of die wortels word oopgewaai. Sanderige grond hou nie water terug nie.


Het jy al 'n pot probeer maak uit klei? As jy gelukkig genoeg is om dit al te gedoen of gesien het, sal jy 'n bietjie weet van die eienskappe van klei.

Klei kan gevorm word. Dit is omdat dit meestal uit klein, fyn deeltjies bestaan wat aanmekaar klou. Klei raak taai wanneer dit nat word. Dit hou kunsmis vir 'n lang tyd. Dit is moeilik vir klei om weg te waai of te was. Dit word nie so warm soos sanderige grond nie.

Kleigrond bestaan uit baie fyn korrels klei en kan in potte gevorm word.

Dink jy plante sal in klei groei?



Nee, nie as die grond net uit klei bestaan nie. Dit is omdat klei deurweek kan word en dit te styf om die wortels pak.


leem is 'n baie vreemde woord. Dit is ook 'n soort grond. Leem is eintlik 'n mengsel van klei, sand en humus. Humus is organiese materiaal van plante en diere wat verrot.

Leem is redelik los en vrugbaar. Dit hou kunsmis langer as sanderige grond. Dit word nie maklik weggewaai of weggeblaas nie. Dit is baie koeler as sand of kleigrond. Leemgrond is die beste soort grond vir plante om in te groei.

Leemgrond het baie humus in. http://www.flickr.com/photos/misskei/137166251/

Wat is die verskil tussen leem en sandgrond? Noem drie dinge wat jy in leem kry, maar nie in sand nie.



Plantmateriaal, dieremateriaal, lewende organismes (mikro-organismes)



Elke grondsoort bevat lug en water, soms is daar ook die oorblyfsels van dooie organismes en klein lewende organismes.


Hoe lewe party plante as daar nie reën val nie?

Ons weet dat baie plante deur die droë seisoen kan bly lewe, selfs al val daar vir agt maande geen reën nie. Hoe doen hulle dit?

Grond hou water terug


MATERIALE:

  • 'n graaf
  • 'n groot stuk helder plastiek
  • 'n paar bakstene

INSTRUKSIES:

  1. Kyk na die prent hier onder
  2. Grawe 'n gat soos hierdie een buite in die grond.
  3. Maak die gat met 'n stuk helder plastiek toe en pak dit vas met 'n paar bakstene.
  4. Na 'n kort tydjie sal jy 'n paar druppels water op die plastiek sien.
Grawe 'n gat in die grond en maak dit met helder plastiek toe.

VRAE:

Is die druppels aan die bokant of onderkant van die plastiek?


Aan die onderkant, naaste aan die grond.

Waarvandaan kom die water?


Uit die grond.

Hoe het die water in die grond gekom?


Van die reën.

Party plante kan lewe selfs al val daar geen reën nie. Hoe doen hulle dit?



Hulle wortels absorbeer water uit die grond. Sommige plante het wortels wat dit baie goed doen, daarom kan hulle in droë plekke groei.


Boere weet dat nie alle grond dieselfde is nie. Hulle weet dat sommige grond water goed hou en ander grond glad nie.

'n Maklike manier om te sien hoe goed grond water hou is om water in grond te gooi en dit deur 'n bottel te laat hardloop. Kyk na die eerste prent hier onder. Hierdie twee bottels is ewe groot. Kyk na die volgende prent, die water word in die fles gegooi wat grond in het. Kyk na die laaste prent - het al die water deur die grond geloop?

Sit die grond in 'n tregter soos die een. Gebruik twee flesse wat dieselfde grootte is.
Gooi stadig die water oor die grond en wag 5 minute.
Het al die water deur die grond geloop?

Kom ons doen 'n ondersoek om te kyk hoeveel water verskillende soorte grond kan hou. Vir hierdie ondersoek het jy twee verskillende soorte grond van twee verskillende plekke nodig. Kom ons noem dit Grond A en Grond B.

Probeer verskillende grondsoorte kry - bv sand, klei en leemgrond. Vir hierdie ondersoek moet leerders self dele van die ondersoek beplan en gaan hulle nie stap-vir-stap gesê word wat om te doen nie. As jy wil, kan jy al die verskillende grondsoorte in die ondersoek gebruik - as jy voorbeelde van elkeen kan kry. Jy sal dan Grond A, B en C hê.

Beplan 'n ondersoek om Grond A, Grond B en Grond C te vergelyk en doen dan die ondersoek. Jy moet ten eerste die vraag Watter grond hou meer water beantwoord.

Watter grondsoort hou meer water, Grond A of Grond B?


Wanneer jy twee dinge vergelyk moet jy regverdig wees. Wanneer jy byvoorbeeld twee naellopers in Graad 5 se atletiese vermoë wil vergelyk, moet ons dat hulle op dieselfde baan hardloop. Dit is nie regverdig as ons die een deur die bosse laat hardloop en die ander een op 'n gelyke baan laat hardloop nie. Ons moet al die naellopers op dieselfde manier hanteer, dan sal dit regverdig wees as ons hulle vergelyk.

Stel die grondmonsters op soos in die prent hier onder: in tregter A sal die grond van die water wat jy ingooi terughou. In tregter B sal die grond ook van die water wat jy ingooi terughou. Sal hulle dieselfde hoeveelhede terughou?

Stel die twee tregters so op.

Wat sal jy doen om seker te maak dat jy regverdig is?



Nota aan die onderwyser: Die leerders moet besef dat die hoeveelheid water en die hoeveelheid grond in elke geval dieselfde moet wees om dit 'n regverdige toets te maak.

DOEL (wat jy wil uitvind):



VOORSPELLING/HIPOTESE (Wat jy dink gaan gebeur):



MATERIALE EN APPARAAT (wat jy gaan nodig hê):

Kyk na die prente hier onder om jou te help om 'n lysie in die spasie hier onder te skryf.





METODE (wat jy moet doen):

Skryf instruksies vir die uitvoer van die ondersoek hier onder. Onthou om die stappe te nommer.









RESULTATE EN OBSERVASIES

Wat het jy observeer toe jy die eksperiment gedoen het?



Gebruik die spasie hier onder om 'n staafgrafiek te trek om jou resultate uit die eksperiment voor te stel. Onthou om die asse van jou grafiek te benoem en 'n opskrif vir jou grafiek te gee.











'n Staafgrafiek is iets wat ons gebruik wanneer ons twee dinge vergelyk (grond A en B) en hulle nie verband hou met mekaar nie. Die "grondsoort" sal op die x-as gaan en die "hoeveelheid water teruggehou deur die grond" sal op die y-as gaan, heel moontlik in millimeters afgemeet.

Hoe kan jy die ondersoek verbeter?




GEVOLGTREKKING (wat jy geleer het):

Skryf 'n sin waarin jy 'n gevolgtrekking maak oor wat jy uit die ondersoek geleer het. Kyk of jy kan identifiseer watter soort grond Grond A en B is?




Byvoorbeeld: Ek het geleer dat grond wat van die onderkant van die heuwel af kom meer water hou as grond van die bokant. Vra ook vir leerder om die soort grond te identifiseer wat hulle dink Grond A en B is.


Sanderige grond hou nie baie water nie. Kleigrond hou te veel water. Kleigrond hou water omdat dit baie klein korrels het. Die korrels is styf teen mekaar. Leemgrond het 'n mengsel van sand en klei asook verrotte plant en diermateriaal. Leemgrond sal daarom water goed hou, maar nie deurweek word soos kleigrond nie.


Waarom laat sand die water vinnig deurhardloop?



Jy vra jou leerders om 'n hipotese te maak gebasseer op die inligting wat hulle het oor die grootte van die korrels. Sandkorrels is baie groter as kleikorrels en daarom pas hulle nie so styf teenmekaar nie en is daar meer spasie vir die water om deur te loop.



In watter soort grond groei plante die beste?

Nou dat ons gekyk het hoe verskillende grondsoorte verskillende hoeveelhede water hou, kan ons vergelyk hoe goed plante in verskillende grondsoorte groei. In Lewe en Leefwyse het jy gesien hoe saailinge groei, maar kom ons probeer weer die eksperiment doen en die keer fokus op die soort grond.

Vergelyk hoe goed plante in verskillende grondsoorte groei.


DOEL (





STOWWE EN APPARAAT

  • 3groot konfytblikke
  • pakkie radyssade
  • bietjie sand, genoeg om een blikkie vol te maak.
  • bietjie leemgrond, genoeg om 'n blikkie vol te maak. Jy kan leemgrond in 'n groentetuin kry.
  • bietjie kleigrond, genoeg om 'n blikkie vol te maak (as jy toegang het tot kleigrond)
  • 'n liniaal
  • 'n maatbeker
  • 'n eetlepel

Ons gebruik radyssade omdat hulle vinnig ontkiem. Hulle is ook so klein dat hulle binnekort stowwe uit die grond gaan nodig hê om aan te hou groei. In die blik sand sal hulle nie daardie stowwe kry nie en sal hulle begin doodgaan. In die leemgrond mag jou leerders 'n paar mooi radyse kry. 'n Radys is 'n wortelgroente wat 'n skerp, warm smaak het. As jy nie kleigrond kan kry nie, kan jy net die ondersoek met sand en leemgrond doen wat makliker is om in die hande te kry.

METODE:

  1. Maak vyf klein gaatjies aan die onderkant van die blikkie sodat die water kan dreineer en daar nie te veel water in die blikkie is nie.
  2. Maak een blikkie vol sand, een vol leem en die laaste een vol kleigrond.
  3. Plant 10 radyssade in elke blikkie. Maak die sade met 'n bietjie van die sand of grond toe.
  4. Gooi 'n koppie water in elke blikkie. Onthou om die hoeveelheid water konstant te hou om dit 'n regverdige toets te maak.
  5. Laat die saadjies nou begin groei. Op die vensterbank is 'n goeie idee om seker te maak hulle het 'n ligbron.
  6. Gee hulle elke dag 'n teelepel water.
  7. Observeer die radyssade se groei vir 'n week en vergelyk hulle.
  8. Meet die hoogte van die radysplante wat in elke soort grond groei. Bereken die gemiddelde hoogte van die saailing vir elk grondsoort.
  9. Teken jou resultate in 'n tabel op.

Om die gemiddelde hoogte te bereken moet leerders die hoogte van elke saailing van 'n grondsoort meet, die hoogtes bymekaar tel en verdeel deur die hoeveelheid saailinge wat in die grondsoort gegroei het. Hulle moet dit vir elke grondsoort doen.

RESULTATE EN OBSERVASIES

Gebruik die spasie hier onder en teken 'n tabel om die resultate van jou afmetings van die hoogte van die saailinge elke dag in op te teken. Gee jou tabel 'n opskrif.











Leerders mag dalk hulp nodig hê hiermee. Teken miskien 'n tabel op die bord soos die een wat hier onder is:

Gemiddelde hoogte wat die saailinge in die verskillende grondsoorte gegroei het.

Datum

Leemgrond (mm)

Sanderige grond (mm)

Kleigrond (mm)

Now draw graphs to compare your results. A table is one way of presenting results, but a graph gives a visual representation which is sometimes easier to quickly understand and compare the results from an experiment.

Trek eers 'n lyngrafiek om die verskil in die gemiddelde hoogte wat die saailinge oor tyd in leemgrond gegroei het, voor te stel.











'n Lyngrafiek wys hoe iets oor tyd verander het. Die invoer, onafhanklike veranderlike is die dag en word op die x-as gestip. Die lewering, afhanklike veranderlike is die gemiddelde hoogte gegroei en dit word op die y-as gestip.

Trek nou 'n staafgrafiek om die gemiddelde hoogte van die saailinge op die laaste dag van jou ondersoek te vergelyk vir elke grondsoort.











Soos met die vorige staafgrafiek, moet so 'n grafiek gebruik word omdat daar 3 dinge getoets word wat nie met mekaar verband hou nie (die verskillende grondsoorte). Grondsoorte gaan op die x-as en hoogte gegroei op die y-as, in sentimeters of millimeters.

Hoe kon jy die ondersoek beter gedoen het?



GEVOLGTREKKING:

Skryf 'n gevolgtrekking vir die ondersoek. Onthou, in 'n gevolgtrekking moet jy die vraag beantwoord waarmee jy die ondersoek begin het.






  • Die rotse op die oppervlak van die aarde vorm die kors wat die hele planeet bedek.
  • Die vastelande is deel van die kors en die bodem van die oseane is ook deel van die kors.
  • Rotse breek in klein korrels op.
  • Die oorblyfsels van lewende dinge meng met die korrels en vorm grond.
  • Daar is drie soorte grond: sand, klei- en leemgrond.


Gee byskrifte vir die lae van die aarde in die volgende diagram.

Antwoord: kors, mantel, kern

Waarvan is die aarde se kors gemaak?


Gebruik van die woorde uit die woordraam aan die regterkant om die sinne in vraag 3 tot 6 te voltooi. Skryf elke keer die hele sin uit.

Woordraam:

  • sand
  • klei
  • slik
  • fotosintese
  • diere
  • bogrond
  • ondergrond
  • kos
  • leem

Rotse en grond

Die verweerde rotse word deel van die grond. Die groot en klein korrels van die rots meng met dele dooie plante en _______. Hierdie mengsel word bogrond genoem. __________ kan water hou wat plante nodig het.




diere, bogrond

Leemgrond is bogrond. Dit het 'n goeie mengsel ____________ grond. ___________ hou genoeg water vir meeste plante, nie te veel nie en ook nie te min nie.




sand, slik en klei, leem

Plante het die nutriënte in bogrond nodig om kos te maak deur die proses _____________. Plante is kos vir die meeste diere. Party van hierdie diere is kos vir vleisetende diere. Sonder ________ sal daar nie plante of diere wees nie.





fotosintese, bogrond

Ons moet keer dat die bogrond wegspoel as dit reën, omdat ons _____________ nodig het om _________te groei.




bogrond, kos

Wat is humus en waar kry mens dit?



Humus is die oorblyfsels van dooie organismes (plante en diere) wat al begin verrot het. Dit word in die bogrond gevind, veral in leemgrond.

Kyk na die prent hier onder van twee verskillende plante wat groei. Waarom dink jy is die een plant gesonder as die ander een? Verduidelik jou antwoord.





Die verskil het te doen met die soort grond waarin elkeen groei. Die plant aan die linkerkant groei in ryk, leemgrond. Dit kry dus al die nutriënte van die grond en genoeg water aangesien leemgrond 'n hoë kapasiteit het om water te hou. Die plant aan die regterkant groei in arm, sanderige grond wat nie baie nutriënte het nie. Sanderige grond kan nie water so goed hou nie, omdat dit growwe deeltjies het. Die water syfer dus net deur. Die plant kry daarom nie genoeg water nie en verlep.