Materiale rondom ons


  • Wat is vaste stowwe, vloeistowwe en gasse?
  • Hoe kan water 'n vaste stof, 'n vloeistof en 'n gas wees?
  • Hoekom smelt my roomys in die son?
  • Waarom begin water in die ketel borrel as dit warm word?
  • Watter verandering van toestand vind plaas wanneer 'n stof smelt?
  • Watter verandering van toestand vind plaas wanneer 'n stof verdamp?
  • Waarom bly die hoeveelheid water op die Aarde altyd dieselfde?
  • Wat is die watersiklus?

Alles rondom ons bestaan uit materie. Alle vaste stowwe, vloeistowwe en gasse in die heelal is materie. Materie neem ruimte op en het massa, wat beteken dat ons materie kan weeg. Wanneer ons 'n spesifieke soort materie gebruik om iets soos 'n hout- of plastiekstoel te maak, sê ons die materiaal wat gebruik word is hout of plastiek.

Vaste stowwe, vloeistowwe en gasse


Wanneer die leerders voorgestel word aan die afdeling: Materie en Materiale, verduidelik aan hulle dat alles rondom ons opgebou is uit materie. Wanneer ons materie gebruik om iets te maak verwys ons gewoonlik daarna as 'n materiaal.

Lei hierdie afdeling in met 'n praktiese demonstrasie. Gebruik voorbeelde van materiale en stowwe om materie te sorteer as vaste stowwe, vloeistowwe of gasse.

Usal die volgende materiale benodig: hout, klip, plastiek, 'n glas water, 'n ander houer om die water in the gooi, sap, tee, lug (in twee of drie ballonne of binnebande van verskillende vorms), kookolie, kookgas, 'n kokende ketel ens.

Wys die voorbeelde aan die leerders. Laat hulle toe om die voorbeelde te bekyk, te voel, te ruik en aan te raak. Vra die leerders om die vaste stowwe, vloeistowwe en gasse identifiseer.

Verduidelik aan die leerders wat die woord "eienskap" beteken. In wetenskap word die woord "eienskap" gebruik om 'n spesiale karakteristiek van iets te beskryf. Eienskappe is gemeenskaplik wanneer meeste van die stowwe in 'n groep wat bestudeer word dieselfde karakteristieke het.

Verduidelik aan die klas wat hulle in die aktiwiteit "Ondersoek die eienskappe van materie" moet doen. Laat die leerders in pare werk. Hulle moet die aktiwiteit doen en neerskryf. Help hulle om 'n konsepdiagram te teken. Volg die aktiwiteit op met 'n klasbespreking om seker te maak dat al die leerders weet wat die gemeenskaplike eienskappe van vaste stowwe is.

Materiale is oral om ons. Sommige materiale is vaste stowwe, sommige is vloeistowwe en sommige is gasse. 'n Materiaal sal altyd een van hierdie drie wees. Maar wat presies is vaste stowwe, vloeistowwe en gasse?!

Kom ons ondersoek die eienskappe van vaste stowwe, vloeistowwe en gasse!

Wanneer is 'n materiaal 'n vaste stof?

In wetenskap gebruik ons die woord "eienskap" om te praat van iets wat 'n spesifieke soort materie spesiaal maak; hoe dit veskillend van ander soorte materie optree. Byvoorbeeld, wanneer jy 'n stoel na 'n ander plek skuif, sal dit nog steeds dieselfde vorm hê. Dit is omdat die stoel uit 'n vaste stof bestaan. Ons kan dus sê dat alle vaste stowwe hulle vorm behou. Ons sê dat om vorm te behou 'n eienskap van 'n vaste stof is.

'n Stoel is van vaste stowwe gemaak.http://www.flickr.com/photos/epsos/6018530849/

Ondersoek die eienskappe van vaste stowwe


MATERIALE (Wat benodig word):

  • 'n klip
  • lap
  • papier
  • 'n tafel of stoel
  • pen of enige vaste stowwe rondom jou

INSTRUKSIES (Wat jy moet doen):

Werk in pare.

  1. Gebruik die vrae hieronder om elke vaste stof te ondersoek.
    • Voel dit hard of sag?
    • Maak dit 'n geluid wanneer teen dit kap?
    • Breek dit maklik? Kan dit breek?
    • Kan jy jou vinger deur dit druk?
    • Is jou hand droog of nat nadat jy die voorwerp hanteer het?
    • Verander dit van vorm wanneer jy dit in iets anders plaas?
    • Hoe sal jy die vorm beskryf? Is dit vas? Bly dit dieselfde?
  2. Gebruik die tabel hieronder om jou antwoorde vir elkeen van die voorwerpe in te vul.
  3. Daar is 'n paar leë rye aan die onderkant waarin jy antwoorde kan invul vir enige ander vaste stof voorwerpe wat jy ondersoek het.

Voorwerp

Jou waarnemings

Klip

Lap

Papier

'n Tafel of stoel

VRAE:

Watter eienskappe was dieselfe (gemeenskaplik) vir al die vaste stowwe wat jy ondersoek het?


Vaste vorm, droog, hard

Lys 'n paar ander vaste stof voorwerpe in jou klaskamer. Geen ten minste 4 voorbeelde.


Tafel, deur, liniaal, potlood, uitveër, lessenaar, ens.


So, ons het geleer dat 'n voorwerp in 'n vaste stof toestand 'n vaste vorm het, en 'n spesifieke ruimte opneem. Kom ons kyk nou na vloeistowwe.

Wat is 'n vloeistof?

Daar is vloeistowwe orals rondom jou, en jy gebruik hulle in jou alledaagse lewe. 'n Paar voorbeelde is water, paraffien, baba-olie, vrugtesap, petrol, brandspiritus. Wat is die gemeenskaplike eienskappe van vloeistowwe?

Wanneer 'n wetenskaplike meer te wete wil kom omtrent iets, stel hy vrae op en probeer dan om die vrae te antwoord deur eksperimente te doen.

Voorbereiding nodig voordat die les aangebied word:

Kry al die materiale wat nodig is vir die praktiese aktiwiteit bymekaar voordat die aktiwiteit gedoen word. U kan die leerders vra om van die materiale skool toe te bring, maar wees reg om die materiale te verskaf, aangesien leerders nie altyd die nodige hulpbronne het nie, of vergeet om hulle skool toe te bring. Maak seker dat u seep, water, 'n wasbak en afdroogpapier (papierhandoek/rol) bekikbaar het vir die leerders om hulle hande te was na afloop van die praktiese aktiwiteit.

Hoe om die les te gee:

Gooi omtrent 2 eetlepels van die aanbevole vloeistof in die houer. Verdeel die klas in vyf groepe. geen aan elke group 'n verskillende vloeistof, 'n piering en nog 'n houer. Gaan saam met die leerders deur die aktiwiteit en verduidelik aan hulle wat hulle moet doen. Bespreek die veiligheidsreëls en waarsku die leerders om NOOIT aan 'n onbekende vloeistof te proe nie - brandspiritus en paraffien is giftig. Stap na elke groep toe, en help die groepe wat nie seker is wat om te doen nie. Laat die leerders hulle hande was nadat hulle die praktiese aktiwiteit voltooi het. Werk deur die konsepdiagramme van die groepe gedurende 'n klasbespreking om seker te maak dat elkeen weet hoe om 'n konsepdiagram te teken. Laat die leerders die vrae in hulle werkboeke op hulle eie doen. Gaan deur die antwoorde in die klas.

Ondersoek die eienskappe van vloeistowwe


MATERIALE (Wat benodig word):

  • water
  • paraffien
  • baba-olie
  • vrugtesap
  • brandspiritus
  • 5 klein stukkies lap
  • 5 houers vir elk van die 5 vloeistowwe
  • 5 ander skoon en leë houers, soos 'n glas, koeldrankbottel, of blikkie
  • 5 pierings

INSTRUKSIES (Wat jy moet doen):

  1. Werk in groepe. Elke groep MOET 'n verskillende vloeistof toets.
  2. Kies iemand in jou groep om die vloeistof in 'n houer van die onderwyser af te kry. Elke groep moet ook 'n leë houer en 'n piering van die onderwyser af kry.
  3. Antwoord hierdie vrae terwyl jy jou vloeistof bestudeer. Skryf jou antwoorde in the table hieronder. MOET NIE AAN DIE VLOEISTOF PROE NIE!
    • Hoe ruik dit?
    • Kan jy jou vinger deur dit druk?
    • Is jou hand droog of nat nadat as jy aan die vloeistof vat?
    • Kan jy die vloeistof met 'n lap opdroog?
  4. Plaas 'n klein hoeveelheid van die vloeistof in die piering en laat dit vir 'n ruk in 'n warm plek.
    • Was dit maklik om die vloeistof van een houer in 'n ander te gooi?
    • Kan die vloeistof vloei of uitsprei op 'n piering?
    • Hoe sal jy die vorm van doie vloeistof beskryf? Is dit vas, of neem dit die vorm van die houer aan?
    • Het die hoeveelheid van die verskillende vloeistowwe dieselfde gebly nadat hulle vir 'n tyd in 'n warm plek gelaat is?
  5. WAS JOU HANDE NADAT JY DIE VLOEISTOF HANTEER HET.

Waarneming

Antwoord

Hoe het jou vloeistof geruik?

Was jou hand droog of nat nadat jy aan die vloeistof gevat het?

Het die vorm van die vloeistof verander wanneer jy dit in 'n ander houer oorgegooi het?

Wat dink jy het met die vloeistof gebeur toe jy dit in 'n warm plek gelaat het?

VRAE:

Skryf die veiligheidsreëls vir hierdie ondersoek neer. Hoekom moet hierdie veiligheidsreëls gevolg word?




Moenie aan enige onbekende vloeistof proe nie, en was jou hande nadat jy 'n onbekende vloeistof hanteer het, want dit kan giftig wees.

Skryf die eienskappe neer wat dieselfde (gemeenskaplik) was vir al die vloeistowwe was ondersoek is.



Vloeistowwe: vloei en kan gegiet word, vorm is nie vas nie en hulle neem die vorm van die houer aan.


Nadat ons hierdie aktiwiteit gedoen het waarin ons die eienskappe van vloeistowwe ondersoek het, kan ons sê dat 'n vloeistof:

  • kan vloei,
  • geen vaste vorm het nie,
  • en die vorm van die houer waarin dit is aanneem.

Dit veskil van 'n vastestof. Onthou dat 'n vastestof 'n vaste vorm het en dat jy nie 'n vastestof kan uitgiet nie!


Wat is 'n gas?

Kan jy onthou dat ons in die eerste termyn gepraat het oor asemhaling as een van die sewe prosesse van van lewende dinge? Wanneer ons asem haal, neem ons gasse in en blaas ons gasse uit. Maar ons kan nie die gasse sien nie!

Gasse is 'n bietjie moeiliker om te verstaan aangesien ons nie gewoonlik gasse kan sien nie. Ons kan plekke waar gasse gebruik word en houers waarin 'n gas gestoor word sien.

Ken jy enige gasse? Wat van die gas wat in sommige stowe gebruik word om the kook? Het jy al die gas gesien wat by die uitlaatpyp van 'n motor uitkom? in hospitale is daar silinders gevul met suurstofgas vir pasiënte met asemhalingsprobleme. Die lug wat jy inasem bevat suurstofgas. Die lug wat jy uitasem bestaan meestal uit koolstofdioksiedgas.

Kyk na die volgende prentjies van waar die gas gebruik word.

Kook van kos met behulp van 'n gasstoof. Die gas is in 'n silinder en word gebruik om die vuur te maak waarop die kos gekook word.
'n Pasiënt in 'n hospitaal met 'n suustofmasker aan. The suurstof word aan haar gegee deur 'n platiekbuis wat aan die masker vasgemaak is.http://www.flickr.com/photos/donhomer/4037179901/
Die ballonne is met heliumgas gevul. Jy kan nie die gas sien nie, maar dit veroorsak dat die balonne opblaas en opstyg.http://www.flickr.com/photos/92833011@N00/1160780781/
Skubaduiker met 'n suurstofsilinder op sy rug om onder die water te kan asemhaal. http://www.flickr.com/photos/87241965@N00/371591593/

Leer van gasse vanaf prentjies


INSTRUKSIES:

  1. Bestudeer die prentjies hieronder. Elke prentjie wys 'n verskillende eienskap van 'n gas.
  2. Die eienskappe is gelys in die eerste kolom van die aktiwiteit hieronder. Besluit watter prentjie die eienskap wys, en maak 'n regmerkie langs dié prentjie. Maak 'n regmerkie onder die regte prentjie vir elke eienskap.
  3. Die eerste een is reeds vir jou gedoen.

Eienskap geïllustreer

'n Gas beweeg sonder dat iets dit hoef te stoot - dit versprei vanself deur die lug.

regmerk

'n Gas het geen definitiewe vorm nie en vul die houer waarin dit is.

regmerk

'n Gas kan saamgedruk word om 'n kleiner ruimte te vul.

regmerk




Die vergelyking van vaste stowwe, vloeistowwe en gasse met mekaar

Die toestande van materie is vaste stowwe, vloeistowwe en gasse. Ons het hierdie drie toestande van materie sorgvuldig ondersoek.

Hier is die opsomming:

Vaste stowwe

Vloeistowwe

Gasse

Het 'n definitiewe vorm

Het nie 'n definitiewe vorm nie

Het nie 'n definitiewe vorm nie

Beset 'n definitiewe ruimte

Beset 'n definitiewe ruimte

Neem al die ruimte wat beskikbaar is op

Vloei nie

Kan vloei

Kan vloei

Groot rotse is vaste stowwe.

Melk en lemoensap is vloeistowwe.

Hierdie ballonne is gevul met heliumgas.


Op die voorblad vir Materie en Materiale, sal jy sien dat die Thunderbolt Kids by die konstruksieterrein van 'n sokkerstadium is. Kan jy sien dat Sophie 'n skinkbord met verversings vir hulle dra? Op haar skinkbord is daar verversings in veskillende toestande van materie. Identifiseer die toestand van materie waarin elke verversing is.




Roomys: vaste stof

Sap: vloeistof

Stoom vanaf die tee: gas

Ys in water: vaste stof



In die volgende aktiwiteit gaan ons voorbeelde van verskillende stowwe bestudeer, en hulle sorteer as vaste stowwe, vloeistowwe en gasse.

Identifiseer vaste stowwe, vloeistowwe en gasse.


INSTRUKSIES :

  1. Werk in pare
  2. Kyk na die prentjies van die verskillende stowwe hieronder en besluit of hulle vaste stowwe, vloeistowwe of gasse is.
  3. Gebruik die tabel hieronder en plaas 'n regmerkie in die regte kolom.

Stof

Vaste stof

Vloeistof

Gas

Glas water

Ysblokkies

Stoom vanuit ketel

Rots

Lava vanuit 'n vulkaan

Goudstawe

Wind





Verandering van toestand


Onthou dat ons oor die toestande van materie gepraat het. Hierdie was vaste stowwe, vloeistowwe en gasse. 'n Stof kan van een toestand na 'n ander verander. 'n Vaste stof kan byvoorbeeld na vloeistof verander.

Byvoorbeeld water kan 'n vloeistof in jou glas wees, maar sal ys wees in 'n vrieskas. Maar wat veroorsaak dat stowwe van een toestand na 'n ander verander?

Wat veroorsaak 'n verandering van toestand?

Ons weet dat materie in 'n vaste, vloeistof of gastoestand kan wees. Kom ons gebruik water as 'n voorbeeld.


As jy kraanwater in 'n ysbakkie plaas en dit in die vrieskas sit, wat sal met die water gebeur?


Dit vries

As jy nou ysblokkies neem en hulle in die son plaas, was gebeur met die ysblokkies?


Hulle smelt.


Die verskil tussen die vrieskas en die son buite, is dat die een koud is en die ander warm. Dus as ons water in 'n plek sit wat koud genoeg is, vries dit. Indien ons ysblokkies op 'n warm plek sit, smelt hulle.

Dit is omdat die toestand van materie verander kan word van een toestand na 'n ander deur hitte by te voeg of weg te neem.

Kom ons lees 'n storie om hierdie 'n bietjie beter te probeer verstaan.

Die doel van die volgende aktiwiteit is om die lees- en skryfvaardighede van leerders te verbeter, terwyl op 'n wetenskapskonsep gekonsenteer word. Die konsep van 'n toestandsverandering (smelting) word verduidelik deur middel van 'n storie. Die storie kan hardop deur die onderwyser in die klas gelees word, waarna die leerders in groepe bymekaar kan kom, die storie weer saam kan lees, en dan die vrae wat volg kan antwoord.

Die storie van Mashadu


INSTRUKSIES :

  1. Lees die storie van Mashadu hieronder.
  2. Antwoord die vrae wat volg.

Mashadu is 'n seun in Graad 1 in 'n laerskool in 'n klein dorpie waar dit in die somer baie warm word. Hy is mal daaroor om sokker te speel. Na skool gaan hy gereeld na die Thunderbolt Skool om met die Thunderbolt Kids te speel. Hulle hou baie daarvan dat Mashadu saam met hulle speel, al is hy 'n paar jaar jonger, omdat hy baie talentvol is en ook baie pret is en omgee. Mashadu hou veral van Jojo, en hulle speel baie goed as 'n span saam.

Een dag na skool besluit Mashadu hy wil iets goeds vir sy vriende die Thunderbolt Kids doen, deur hulle te verras met koeldrankysies vir wanneer hulle klaar gespeel het. Mashadu koop toe 5 koeldrankysies, een vir homself, en een vir elkeen van die Thunderbolt Kids. Hy plaas die koeldrankysies in 'n bak en plaas ysblokkies om hulle om hulle koud te hou. Mashadu hardloop toe om saam met die ander te gaan sokker speel.

Na die spel hardloop Mashadu terug na die bak om die koeldrankysies te gaan haal, maar toe hy daar kom is hy geskok. Die ysies is almal weg! Hy is so ontsteld dat hy begin huil. Die Thunderbolt Kids sien dat Mashadu ontsteld is en hardloop na hom om uit te vind wat verkeerd is.

"Haai Mashadu, wat is verkeerd?! Het jy jouself seergemaak terwyl ons gespeel het?", vra Jojo.

"Nee, ek het nie. Ek het vir almal van julle koeldrankysies gekoop as 'n verassing, maar toe ek nou terugkom om hulle te kom haal was hulle almal weg! Ek dink iemand het hulle gesteel en opgeëet, en net die stokkies gelos! Kyk!", roep Mashadu uit.

"O nee, moenie huil nie, Mashadu. Dis nie jou skuld nie, en niemand het hulle gesteel of geëet nie", sê Farrah terwyl sy Mashadu se rug vryf.

"Ja, Mashadu, ons het eintlik vandag in die klas geleer wat met jou koeldrankysies gebeur het", sê Sophie, "en ek kan dit aan jou ook verduidelik. Kan jy sien dat jou bak eintlik nie leeg is nie? Daar is 'n vloeistof in dit. En dit het 'n rooi kleur, wat die kleur van jou koeldrankysies was."

"Ja, ek sien dit", antwoord Mashadu, "maar hoe het dit dan gebeur?"

Tom antwoord, "Jou koeldrankysies het gesmelt as gevolg van die hitte in die lug om ons. Selfs as die son nie so warm was nie, sou hulle gesmelt het! Vir iets om gevries te bly moet dit by 'n baie koue temperatuur wees, soos in 'n vrieskas.

"Ja, smelting is wanneer hitte die koeldrankysies in 'n vloeistof verander", antwoord Sophie, "so niemand het die koeldrankysies gesteel nie - hulle het net gesmelt."

"O, nou verstaan ek", sê Mashadu, "Ek is regtig dom om dit nie te geweet het nie!"

"Nee, glad nie, Mashadu! Ons het dit eers vandag in die klas geleer, en ons is al in Graad 4!", lag Farrah.

"Ek weet wat ons moet doen!", skree Jojo. "Kom ons gaan dadelik na die snoepie toe. Ek het nog kleingeld en ons kan daarmee weer vir ons almal gevriesde koeldrankysies koop!".

Almal hou sommer baie van hierdie plan, veral Mashadu, wat nou weer begin lag het. Die Thunderbolt Kids en Mashadu gaan dadelik snoepie toe, koop weer koeldrankysies en sit onder 'n boom terwyl hulle almal opeet.

VRAE:

Wat is die naam van die hoofkarakter in hierdie storie?


Mashadu

In watter graad is hy?


Graad 1

In watter graad is die Thunderbolt Kids?


Graad 4

Wat speel die kinders saam na skool?


Sokker

Wanneer die koeldrankysies gevries is, is hulle 'n vaste stof, 'n vloeistof of 'n gas?


Vaste stof

Verduidelik in jou eie woorde wat met die ys en die koeldrankysies gebeur het terwyl hulle in die son gelaat is.



Hitte van die son veroorsaak 'n toestandsverandering en die koeldrankysies smelt van 'n vaste stof na 'n vloeistof.

Wat is die naam wat aan hierdie proses gegee word?


Smelting

Dink jy jy kan die smeltingsproses omkeer? Hoe sal jy dit doen?


Ja, jy kan die vloeistof vries so dat dit weer ys word, maar dit sal nie in dieselfde vorm as die koeldrankysies wees nie.

Wat is jou geliefkoosde soort koeldrankysie?


Leerder-spesifieke antwoord

As jy iets gaafs vir jou vriende wil doen, wat sal dit wees?



Leerder-spesifieke antwoord


So wat het ons geleer van Mashadu se ervaring met die koeldrankysies? Die koeldrankysies was gevries en koud. Toe hulle in die son geplaas is, het hulle begin opwarm. Hierdie hitte het veroorsaak dat 'n toestandsverandering plaasgevind het. Die ys het na 'n vloeistof verander. Dit wordsmelting. genoem.

Toe Mashadu en die Thunderbolt Kids koeldrankysies by die snoepie gaan koop het, was die koeldrankysies gevries, maar hulle was van 'n vloeistof gemaak. Die vloeistof is in 'n koeldrankysie vorm gegiet en afgekoel om te vries. Wanneer 'n vloeistof na 'n vlaste stof verander, word ditsolidifisering. genoem.

Ysberge en drywende ys in die see is water wat gevries het as gevolg van baie koue temperature.http://www.flickr.com/photos/38315261@N00/419844319

Noudat ons gelees het van Mashadu en sy ervaring van toestandsveranderinge, kom ons doen praktiese demonstrasies in die klas om meer te leer.

Die volgende aktiwiteit is bedoel om as demonstrasie voor die klas gedoen te word. Nooi leerders in klein groepe na u lessenaar om die water te sien kook en die stoom waar te neem soos dit die spieël bereik en kondenseer. U moet beide prosesse wat plaasvind verduidelik. Eerstens word hitte tot die water toegevoeg totdat dit kook, wat dit van 'n vloeistof na 'n gas verander. Wanneer die gas die spieël (wat koud is), bereik, koel dit af en kondenseer dit op die spieël om weer 'n vloeistof te word. Hierdie wys ook dat toestandsveranderinge omkeerbaar is. Verwys weer later terug na hierdie aktiwiteit wanneer omkeerbare toestandsveranderinge bespreek word.

Verhitting en afkoeling veroorsaak toestandsveranderinge.


MATERIALE (Wat benodig word)

  • ketel
  • water as vloeistof
  • glas of spieël
  • handskoene of handdoek

INSTRUKSIES (Wat jy moet doen):

  1. Hierdie aktiwiteit kan redelik gevaarlik wees, aangesien jy jouself met die warm water kan brand. Dus gaan jou onderwuyser dit aan jou demonstreer.
  2. Kook die water in 'n ketel.
  3. Plaas 'n glas of spieël 30 cm bo die kokende ketel (dra handskoene gemaak van 'n dik materiaal of gebruik 'n handdoek om verbranding te verhoed).
  4. Jou onderwyser sal jou dan laat naderkom om te sien wat aan die gebeur is. Maak seker dat jy na die spieël kyk.

Daar is dikwels 'n miskonsepsie tussen kook en verdamping. Water hoef nie te kook om te verdamp nie. Selfs koue water kan verdamp by kamertemperatuur. Wees versigtig om nie hierdie miskonsepsie in hierdie aktiwiteit te laat inglip nie. Wat eerder hier gedemonstreer word is kondensasie. Die stoom is nie sigbaar soos dit uit die ketel kom nie. Die stoom is eintlik net by die ketel se tuit wanneer dit net uitkom, en is baie warm. Die "wolk" wat gesien kan word is is eintlik wanneer die stoom alreeds begin afkoel en kondenseer om water te vorm, in klein druppels wat sigbaar is. Hierdie is nie 'n gas nie, maar klein waterdruppels in die lug. Die gebruik van die spieël is om die kondensasieproses te versnel, en ook om te wys wat hier gebeur. Hierdie aktiwiteit demonstreer koking en kondensasie, nie verdamping nie.

VRAE:

What was the change of state when the water boiled and became steam?


Water na gas

Jy kan nie eintlik die stoom sien nie. Die stoom is verskriklik warm, en koel vinnig af om klein druppels in die lug te vorm. Wat word die proses genoem wanneer die stoom in klein waterdruppels verander?


Kondensasie.



Verdampingvind plaas wanneer hitte tot die vloeistof toegevoeg word. Dit beteken dat die water van die vloeistof na die gasfase verander.

Ons hang nat klere uit om in die son droog te word. Hulle droog uit soos die water verdamp.

Die stoom wat uit die ketel kom is verskriklik warm en jy kan dit nie sien nie. Die stoom koel vinnig af en vorm klein druppels in die lug. Hierdie klein druppels is sigbaar en vorm die "wolk" wat jy sien. Wanneer hierdie klein druppels die spieël tref, koel hulle nog meer af en vorm groter druppels wat 'n mens op die spieël kan sien vorm. Ons sê die stoom het gekondenseer om water te vorm. Die verandering in toestand is vanaf die gastoestand na die vloeistoftoestand. Kondensasie vind plaas wanneer hitte verwyder word.

Wanneer jy 'n glas gevul met houe water op die tafel los, vorm klein druppels aan die buitekant van die glas. Dit gebeur omdat daar waterdamp in die lug is wat afkoel as dit naby die glas is. Die waterdamp in die lug rondom die glas kondenseer soos dit vanaf 'n gas na 'n vloeistof verander, en vorm dan klein druppels wat jy kan sien.

Waterdruppels aan die buitekant van 'n koue glas.

Ons weet dat stowwe op temperatuurveranderings rondom hulle reageer. Maar waar gebruik ons dit wat ons geleer het in ons alledaagse lewe? Kom ons kyk hoe melk op 'n lae temperatuur reageer.

Roomys is gevriesde melk en room.http://www.flickr.com/photos/preppybyday/5076899310/

Die volgende aktiwiteit kan gedoen word met behulp van die video oor hoe roomys gemaak word. Indien u nie toegang tot die video het nie, volg dan die instruksies om die roomys te maak. Die onderwyser kan die roomys voor die klas maak, en dan oornag in 'n vrieskas by die skool laat.

Kom ons maak roomys!


MATERIALE (wat benodig word):

  • 'n elektriese menger
  • 2 liter houer met deksel
  • 3 ryp piesangs
  • 2 koppies vars room
  • 2 koppies melk
  • 1 teelepel vanilla ekstrak
  • ½ koppie suiker

INSTRUKSIES:

  1. Kyk na die videos oor die maak van roomys. As jy nie toegang tot die videos het nie, moenie bekommerd wees nie! Ons gaan dit nou self maak.
  2. Om die roomys te maak, sny die 3 piesangs in stukkies.
  3. Sit die piesangs in 'n elektriese menger.
  4. Gooi die vars room en die melk in die menger.
  5. Voeg die vanilla ekstrak by.
  6. Voeg die suiker by.
  7. Jy kan enige ander geure wat jy sou wou by die roomys voeg, byvoorbeeld sjokoladestukkies of aarbeie.
  8. Prop die menger in en skakel dit aan. Moenie vergeet om die deksel op die menger te plaas nie!
  9. Meng vir omtrent 1 minuut.
  10. Gooi die mengsel in 'n 2 liter houer.
  11. Plaas die deksel op die houer.
  12. Plaas die houer oornag in die vrieskas.
  13. Geniet jou roomys die volgende dag!

VRAE:

Die bestanddele was in verskillende toestande (vastestof of vloeistof) voor en na die maak van die roomys. Gebruik die tabel hieronder om aan te teken in watter toestand elke bestanddeel was voor en na die maak van die roomys.

Bestanddele

Voor

Na

Piesangs

Vars room

Melk

Vanilla ekstrak

Suiker

Wat noem ons die proses wanneer 'n vloeistof na 'n vastestof verander?


Solidifisering.

Watter bestanddele verander van toestand gedurende die proses?


Room, melk en vanille ekstrak


Onderwysersnota: Die volgende altiwiteit kan òf as 'n demonstrasie òf deur leerders in groepe gedoen word. Maak seker dat u deur die klas beweeg en let veral op wanneer die leerders met die kers werk sodat hulle nie hulself brand nie.

Smelting en solidifisering van stowwe


MATERIALE (Wat elke groep sal benodig):

  • botter, vet of margarien
  • sjokolade of was
  • ysblokkies of roomys
  • 3 houers wat nie sal smelt nie (hulle kan leë blikke wees)
  • 6 houtpennetjies
  • 'n kers
  • vuurhoutjies

INSTRUKSIES (Wat jy in jou groep moet doen):

  1. In julle groepe, beplan hoe julle die stowwe gaan smelt en solidifiseer.
  2. Bestudeer die diagram hieronder wat wys hoe jy hierdie kan doen.
  3. Wees versigtig om jouself nie te brand wanneer jy met die kers werk nie! In jou groep, bespreek die veiligheidsreëls wat julle gaan toepas.
  4. Toets elke veskillende stof wat jy het deur dit in 'n blikkie te plaas en oor die kers te hou.
  5. Verwyser dan die blikkie vanaf die kers, en laat dit eenkant om af te koel.
  6. Neem waar wat met elke stof gebeur en skryf jou waarnemings in die tabel hieronder neer.
Opstelling vir die ondersoek.

WAARNEMINGS:

Stof

Waarneming voor verhitting

Wat gebeur het tydens verhitting

Wat gebeur het na afkoeling

Botter/margarien

Sjokolade/was

Ysblokkies/roomys

VRAE:

Wat het gebeur toe die vastestowwe deu die kers verhit is?


Hulle het gesmelt

Wat het met die stowwe gebeur toe hulle weer afgekoel is?


Hulle het gesolidifiseer.

Het die roomys weer gesolidifiseer, of het dit 'n vloeistof gebly?


Nee, die roomys behoort nie weer te gesolidifiseer het indien dit nie weer terug in die vrieskas geplaas is nie.

Onderwysersnota: Verduidelik aan die leerders dat die roomys by 'n laer temperatuur as die botter en sjokolade sal solidifiseer. Dit is omdat hierdie drie stowwe verskillede vriespunte (vries temperature) het.



Sjokolade wat op 'n warm oppervlak smelt.http://www.flickr.com/photos/jaynelloyd/6782664355/

Ons het gesien dat vastestowwe wat gesmelt het weer gesolidifiseer kan word. Die proses kan dus omgekeer word deur hitte weg te neem.

Omkeerbaarheid is 'n moeilike konsep wat selfs hoërskool leerders mee sukkel. Dit is 'n proses wat in beide rigtings kan plaasvind afhangende van (in hierdie geval) of hitte toegevoeg of weggeneem word. Ongelukkig word energie eers in termyn 3 bespreek, en dus is dit op hierdie stadium voldoende vir leerders om te weet dat die proses omgekeer kan word, en dat dit verklaar kan word deur te sê dat hitte toegevoeg of verwyder word. Hierdie konsepte behoort in die leerders se verwysingsraamwerke te wees.

Kom ons hersien wat ons uit die storie van Mashadu en die aktiwiteite tot dusver geleer het. Ons het 'n paar groot woorde geleer wat 'n mens nogal deurmekaar kan maak!

Hier is 'n opsomming van die verskillende toestandsveranderinge:

Verandering van toestand

Verhitting of afkoeling?

Ons noem die proses

Vastestof na 'n vloeitof

Verhitting

Smelting

Vloeistof na 'n gas

Verhitting

Verdamping

Gas na 'n vloeistof

Afkoeling

Kondensering

Vastestof na 'n vastestof

Afkoeling

Vriesing of solidifisering

Onderwysersnota: Vriesing is eintlik net 'n tipe solidifisering en verg spesifieke kondisies. In die geval van water alleenlik, is die vereiste nul grade Celsius.

Temperatuur

In die vorige aktiwiteit het jy gesien dat jy verskillende stowwe kan smelt en solidifiseer. Maar sommige van hierdie stowwe het langer geneem om te smelt as ander. Roomys het waarskynlik baie vinnig gesmelt, maar sjokolade het heelwat langer geneem.

Ons het uitgevind dat sommige stowwe maklik smelt, terwyl ander eers vir 'n ruk verhit moet word. Elke stof smelt by 'n sekere temperatuur eie aan daardie stof. Dit word die stof se smeltpunt genoem. Temperatuur word gemeet in grade celsius (oC) met 'n instrument wat 'n termometer genoem word.

'n Termometer om die lug se temperatuur te meet.

Die teken van 'n kolomgrafiek


Onderwysersnota: Die teken van grafieke is 'n baie belangrike vaardigheid in die wetenskap. Hierdie mag die eerste keer wees dat leerders leer hoe om grafieke te teken. U moet aan hulle verduidelik dat grafieke help om inligting op 'n ander manier as gewone teks voor te stel. Hulle help om 'n groot hoeveelheid data voor te lê op 'n manier wat maklik is om te lees. Die volgende altiwiteit moet as 'n klas, stap vir stap, gedoen word. Verduidelik dat die stof op die onderkant (die x-as) voorgestel gaan word, en die temperatuur aan die linkerkant (die y-as). Teken moontlik die grafiek op die bord en vra die leerders om dit in hulle boeke te kopieër. Kies 'n maklike skaal vir die y-as, soos bv. 10.

INSTRUKSIES:

  1. Die tabel hieronder wys die smelt temperature van verskillende stowwe.
  2. Jy moet 'n grafiek teken wat hierdie inligting wys deur die spasie hieronder te gebruik. Jou onderwyser sal jou help en jou deur die stappe begelei.

Stof

Smeltpunt in grade celsius(oC)

ys

0

sjokolade

32

was

62









VRAE:

Kyk na jou grafiek en besluit watter stof by die laagste temperatuur smelt.


Ys.

Watter stof smelt by die hoogste temperatuur?


Was

Wat is die naam van die proses waartydens 'n vastestof na 'n vloeistof verander?


Smelting.

Wat moet jy doen om die vloeistof weer in 'n vastestof te verander?


Koel dit af.

Watter proses is die omgekeerde van smelting?


Solidifisering.





Die watersiklus


Mense sê die Aarde is die blou planeet, omdat meeste van die Aarde se oppervlak met water bedek is terwyl land 'n kleiner deel van die oppervlak vorm.

Die Aarde soos uit die ruimte gesien.http://www.nasaimages.org/luna/servlet/detail/NVA2~62~62~78737~135593:Whole-Earth#

Het jy geweet dat die hoeveelheid water op Aarde nou omtrent dieselfde is as toe die dinosaurusse op ons planeet geleef het. Hoe is dit moontlik?

Die antwoord is dat onsigbare waterdamp in die lug afkoel en kondenseer om waterdruppels te vorm. Die omgekeerde proses vind plaas wanneer water verdamp. Wanneer water verdamp, kan dit nie meer gesien word nie, aangesien dit 'n gas geword het wat waterdamp gnoem word. Die proses waarin water van 'n vloeistof na 'n gas en weer terug verander is 'n aanhoudende proses. Dit word die watersiklus genoem, en is waarom die hoeveelheid water op Aarde dieselfde bly.

In 'n siklus hou 'n klomp gebeurtenisse (dinge wat gebeur) aan om hulself te herhaal in dieselfde volgorde.

Wat is die watersiklus?


Die watersiklus verwys na hoe water verander van een toestand na 'n ander in 'n siklus, wat oor ons hele planeet plaasvind.

Vra u leerders om eers die prentjie hieronder wat die watersiklus uitbeeld te bespreek, voordat die feite aan die leerders gegee word.

Die watersiklus

Kom ons kyk na die verskillende fases van die watersiklus

  • Die Son se hitte veroorsaak dat water uit die oseane, strome, riviere en mere verdamp.
  • Die waterdamp styg in die lug op.
  • Hoër op in die lug waar die lug koeler is, kondenseer die waterdamp tot miljoene waterdruppels wat saam 'n wolk vorm.
  • Wanneer die waterdruppels in die wolke groter raak, val van die water na die Aarde as reën. Die wetenskaplike woord hiervoor is presipitasie.
  • In ander wolke wat nog kouer word, vries die waterdamp en vorm dan sneeu. Die sneeu val af na die grond en smelt.
  • Van die afloopwater wat op die grond val vloei na die riviere en dan na die oseane.
  • Hierdie water sal weer verdamp om weer deel van die watersiklus te vorm.

Kyk weer na die prentjie van die watersiklus. Gebruik die prentjie om die watersiklus aan jou maat te verduidelik, en kyk of julle al die prosesse verstaan.

Kom ons maak 'n model om die watersiklus te help verduidelik. Modelle is baie belangrik in wetenskap aangesien hulle help om 'n belangrike proses of konsep in die regte lewe uit te beeld of te verduidelik.

Die volgende aktiwiteit behels die maak van 'n model van die watersiklus. Modelle is baie belangrik in wetenskap aangesien hulle help om 'n proses of konsep te demonstreer. Verduidelik aan die leerders dat verskillende dele van die model spesifieke dinge in die regte lewe sal voorstel. Byvoorbeeld, die water in die onderste gedeelte van die bottel sal die oseaan voorstel. Aan die einde van die aktiwiteit sal die leerders moet kan aandui wat elke deel van die model voorstel, dus is dit goed om aanduidings en voorstele te gee soos wat u die model bou. Dit sal die beste wees om hierdie as 'n groepaktiwiteit te doen. Maak seker dat dit 'n warm dag is en dat die bottel lank genoeg in die son gelaat word om tyd te gee vir verdamping en kondensasie in die bottel. 'n Moontlikheid is om die bottel buite te los terwyl u aangaan met die res van die les.

Groepaktiwiteit: Maak van 'n model van die watersiklus


MATERIALE (Wat benodig word):

  • 'n groot plastiekbottel (byvoorbeeld 'n 2 liter Coke bottel)
  • water
  • 'n baksteen

INSTRUKSIES (Wat jy moet doen):

  1. Plaas omtrent 'n koppie water in 'n groot plastiekbottel en plaas die doppie terug op die bottel.
  2. Plaas die boonste deel van die bottel op 'n baksteen soos in die diagram aangetoon.
  3. Laat die bottel in doe son vir omtrent 20 minute.
  4. Neem waar wat gebeur en skryf jou waarnemings neer.
Opstelling vir die model van die watersiklus

VRAE:

Watter deel van die model is soos die see?


Die water in die onderkant

Watter deel is soos reën wat val?


Die water wat aan die kante van die bottel kondenseer

Watter deel is soos die riviere wat na die see toe terugvloei?


Die duppels wat langs die kante van die bottel terug na onder vloei.

Wat noem ons die proses waarin water in waterdamp ('n gas) verander?


Verdamping.

Kan jy sien hoe die water in die bottel deur 'n siklus beweeg? Skryf die siklus hieronder neer.



Water as 'n vloeistof - verdamping - kondensasie - water as 'n vloeistof


Nou dat ons 'n model van die watersiklus gesien het, kom ons probeer dit teken.

Om die watersiklus te teken


INSTRUKSIES:

  1. Voltooi die watersiklus deur die ontbrekende woorde in die gegewe spasies in te vul.
  1. Gebruik die watersiklus om in jou eie woorde te verduidelik hoe reën vorm. Skryf jou antwoord hieronder neer.






  • Materie is alles om ons
  • Materiale is materie wat gebruik word om iets te maak
  • Vastestowwe is materie wat 'n vaste vorm het
  • Vloeistowwe is materie wat vloei, gegiet kan word, en die vorm van 'n houer sal aanneem.
  • Gasse is meestal onsigbaar, neem die vorm van die houer aan en sprei uit / vloei in ruimte in.
  • A verandering in toestand word veroorsaak deur materie te verhit of af te koel.
  • Die toevoeging van hitte tot materie veroorsaak dat vastestowwe na vloeistowwe verander, en vloeistowwe na gasse verander.
  • Die verwydering van hitte vanaf materie veroorsaak dat gasse na vloeistowwe verander, en vloeistowwe na vastestowwe verander.
  • Water verdamp, kondenseer, vries en smelt in die watersiklus

Hersieningsvrae


Lys die drie toestande van materie.


Vastestof, vloeistof, gas

Beskryf wat gebeur met soliede ys wanneer dit verhit word.


Die temperatuur styg, wat veroorsaak dat die vastestof smelt.

Hieronder is die definisies van elkeen van die drie toestande van materie. Hulle is in die verkeerde volgorde geplaas. Vind die korrekte letter wat by elke getal pas, en verbind die korrekte pare met lyne.

1. Het 'n definitiewe vorm en neem definitiewe ruimte op die oppervlak op

A. Vloeistof

2. Het geen definitiewe vorm nie en sprei uit in die beskikbare spasie

B. Vastestof

3. Het geen geen definitiewe vorm nie, en neem die vorm van die houer aan

C. Gas

Antwoorde:

1: B. Vastestof

2: C. Gas

3: A: Vloeistof

Wat sal gebeur met die water in 'n piering indien ons dit vir vier ure in die son los op 'n baie warm dag?


Dit sal verdamp.

Verduidelik waarom waterdruppels aan die buitekant van 'n koeldrankblikkie vorm.




Die waterdamp in die lug raak an die kante van die koue koeldrankblik en koel dan ook af. Dit veroorsaak dat die waterdamp op die kante van die blikkie kondenseer en waterdruppels vorm.

'n Blok ys, 'n baksteen, en 'n malvalekker word langs mekaar in die son gelos op 'n warm dag. Bespreek watter veranderinge jy sal waarneem in hierdie voorwerpe na drie ure.




Die blok ys sal smelt en baie vinnig 'n vloeistof word. Die baksteen sal warm word maar nie smelt nie. Die malvalekker sal waarskynlik begin smelt, maar nie so vinnig soos die ys nie.

Wat is die omgekeerde van vriesing?


Smelting

Dink jy ys of sjokolade sal vinniger smelt as hulle beide buite gelaat word in die son op 'n warm dag?


Ys