Plante en diere op die aarde.


  • Waar is die koudste plek waar diere bly?
  • Hoe diep is die see en is daar plante en diere wat diep onder die see bly?
  • Waar is die hoogste berg op die aarde? Kry jy plante en diere bo-op die berg?
  • Kry mens lewende dinge in 'n woestyn?
  • Wat is gewerweldes en ongewerweldes?
  • Ons beveel onderwysers aan om te gaan kyk na die webtuiste: http://www.iteachbio.com/Marine-Biology/marine.html - daar is baie videos en powerpoint aanbiedinge, prente en uitdeelstukke wat onderwysers en leerders kan gebruik.
  • Oorweeg dit om op 5 verskillende areas in jou klas groot opskrifte te maak vir elkeen van die verskillende soorte habitatte. Julle kan sleutelwoorde en -frases onder elke hofie sit, soos julle dit bestudeer.
  • 'n kenner word :Maak genoeg etikette vir al die leerders in jou klas. Skryf die 5 verskillende habitatte op elke etiket en sit dit in 'n "hoed" sodat leerders een uit die hoed kan trek. Hulle moet 'n kenner word op die habitat wat hulle getrek het en weet watter plante en diere daar bly. Nadat jy die verskillende soorte habitatte uit die handboek bespreek het, moet hulle 'n uitstalling maak van die plante en diere wat in die spesifieke habitat bly. Hulle moet hulle uitstalling vertoon in die area waar die opskrif vir hul habitat is. Leerders moet ook die woorde en frases wat daar opgeplak is in hul werkstuk gebruik.
  • Jy kan hierdie opdrag met Huistaal kombineer en vra dat leerders dit as 'n mondeling aanbied.
  • Na die mondelinge raai ons aan dat onderwysers 'n vasvrae met die leerders hou om konsepte vas te lê. Verdeel die klas in twee groepe en vra vrae oor elkeen van die habitatte. Die vra leerders uit elke groep om 'n vraag te antwoord. Elke vraag is 3 punte werd. As die leerder wat moet antwoord nie die antwoord weet nie, kan sy groep probeer help. Die vraag is dan net 2 punte werd. As daardie groep die antwoord verkeerd kry, kan 'n leerder van die ander groep die vraag probeer antwoord. As hulle dit reg kry, kry hulle 1 punt. Dit is belangrik dat leerders doodstil bly wanneer jy die vrae vra en terwyl leerders antwoord, sodat hulle nie mekaar kan help nie. Die onderwyser kan punte aftrek as die groep uitskree of hulle nie ordelik gedra nie.

Jy het dalk al gehoor dat mense van ons planeet as die Blou Planeet praat. As 'n ruimtevaarder vanuit die ruimte na die aarde kyk, word twee derdes van die planeet met water bedek en lyk die planeet blou. Duisende plante en diere kan op die aarde bly omdat daar water is.

Die baie plante en diere wat op die aarde bly, kies spesiale plekke om te bly. Die plek waar plante of diere bly word sy habitat genoem.

Ons gebruik 'n spesiale woord wanneer ons van plante en diere in hulle verskillende habitatte praat. Die woord is BIODIVERSITEIT. Wanneer jy na die biodiversiteit van 'n spesifieke area kyk, kyk jy na al die verskillende habitatte in die area en al die diere en plante in die area.


Bespreek die volgende in die klas: Waarom is dit belangrik om die biodiversiteit van ons planeet te bestudeer? Skryf van die hoofpunte van julle bespreking hier onder neer.





Onderwysers word aangemoedig om hierdie geleentheid te gebruik om omgewingskwessies aan te roer en te beklemtoon hoe belangrik kennis oor die biodiversiteit van ons planeet is - hoe meer ons weet, hoe beter kan ons beskerm. Ons beveel ook aan dat onderwysers met die klas bespreek hoe belangrik dit is om die diversiteit van plante en diere op die aarde te waardeer. As ons waarde heg aan die diversiteit sal ons besef dat elke plant of dier wat uitsterf 'n groot verlies vir die hele aarde is. Jy kan miskien beklemtoon dat 'n plant of dier wat uitgesterf het moontlik die sleutel tot die genesing van 'n verskriklike siekte kon wees of ons kon leer hoe om probleme soos gronderosie die hok te slaan.


Baie verskillende plante en diere


Die aarde het die ongelooflikste diversiteit van diere en plante. Dit is natuurlik dat elke dier en plant kies waar hy wil bly, dit is sy habitat.

Ons kan verskillende soorte habitatte op die aarde identifiseer, soos:

  • Akwaties (water)
  • Woestyn
  • Grasvelde
  • Woude

Binne elke habitat is daar diere en plante wat spesifiek aangepas is om in daardie omgewing te bly. Kom ons kyk na van die mees algemene plante en diere wat in elkeen van die verskillende habitatte bly.

Onderwysers kan die volgende aktiwiteit gebruik om te toets hoe goed jou leerders se individuele geografiese begrip oor plekke in ons land is. Baie van hulle is nog nooit blootgestel aan kaarte nie, en mag dalk nie weet waar hulle bly nie. Gebruik die geleentheid as 'n onderriggeleentheid en gee leerders 'n vinnige oorsig oor die kaart van Suid-Afrika. Plaas klem op waar Noord is!

Kom ons kyk nou na die verskillende habitatte in Suid-Afrika en na van die plante en diere wat ons daar kry.

Waterhabitatte


Baie diere en plante bly in of naby water in akwatiese habitatte. Daar is basies twee soorte akwatiese habitatte - soutwater mariene habitatte en varswaterhabitatte. Die plante en diere is aangepas om of in sout- of in varswater te bly.

In Suid-Afrika is daar voorbeelde van beide hierdie akwatiese habitatte.

Ons land het 'n lang kuslyn met verskillende soorte habitatte waar verskillende plante en diere bly. Baie diere bly in en om rotspoele. Hulle kan die warm son en die konstante gehamer van die golwe weerstaan.

'n Rotsagtige kuslyn met rotspoele.
Seesterre word in rotspoele langs die kus aangetref.
Seemeeue rus op die strand.

Ons seë is vol diere van verskillende vorms en groottes. Groot soogdiere soos walvisse en dolfyne swem in ons seë.

Dolfyne wat in die water speel.
'n Suidelike Noordkaper met haar kalfie langs die kus van Hermanus, 'n gewilde teelaarde vir walvisse in September. http://www.flickr.com/photos/scornish/1764354868/

Die see is die tuiste van baie skole vis. Op die koraalriwwe aan die kus van Suid-Afrika, veral aan die ooskus by plekke soos Sodwanabaai,is daar baie vis- en dierspesies.

Waar riviere in die see in loop ontwikkel riviermondings. Die varswater van die rivier meng met die soutwater van die see. Jy kan klimvisse hier kry (dit is visse wat uit die water op die land spring en in bome in kan spring.)

Klimvisse bly in riviermondings, maar hulle kan op die land spring en ook in lae takke in spring. http://www.flickr.com/photos/jdlrobson/3308174037/

Identifiseer mariene diere en plante.


INSTRUKSIES

  1. Kyk mooi na die prente van verskillende mariene plante en diere wat langs die kus van Suid-Afrika bly.
  2. Beantwoord dan die volgende vrae oor die prente.
'n Krap http://www.flickr.com/photos/andreagp/5350324509/
'n Skool visse http://www.flickr.com/photos/laszlo-photo/2062181707/
'n Kreef in die vlak water. http://www.flickr.com/photos/greencolander/497200604/
'n Pikkewyn wat onder die water duik. http://www.flickr.com/photos/duckydebs/4993491739/
Groen seegras wat op die water dryf. http://www.flickr.com/photos/tensafefrogs/3774252528/
Mossels wat op die rotse groei. http://www.flickr.com/photos/bexymitten/2316726560/
http://www.flickr.com/photos/usfwspacific/4967557703/
Jellievis http://www.flickr.com/photos/2009seasons/4912107616/
seewier http://www.flickr.com/photos/reurinkjan/3068136309/
Twee seeskilpaaie http://www.flickr.com/photos/38485387@N02/3580781379/

VRAE:

Kan jy dink hoe moeilik dit moet wees om op die rotse te bly en dag en nag deur die branders geslaan te word. Watter diere in die prent bly op of naby rotse?



Krappe, krewe, seegras, mossels

Beskryf ten minste 3 maniere waarop hierdie diere hulself teen die branders beskerm.






Party het harde skulpe soos mossels en gapermossels. Ander diere kruip onder die rotse weg as dit hooggety is en kom net uit wanneer dit laaggety is en die see kalmer is. Sommige organismes, soos slakke en seegras, het sterk suiers waarmee hulle aan die rots vassuig om die gehamer van die see te weerstaan.

Kyk mooi na die diere in die prente en vind daardie dinge wat die diere in gemeen het. Klassifiseer die diere in groepe op grond van die ooreenkomste.









Hierdie is hersiening van Gr4 werk waar die leerders diere moes klassifiseer en vergelyk op grond van sigbare verskille. Moedig leerders aan om kreatief te dink en te klassifiseer. Moedig hulle aan om die sigbare leidrade te gebruik.

Baie ekotoeriste hou daarvan om ons land te besoek om al die verskillende besienswaardighede te sien. Party toeriste hou daarvan om op 'n toer te gaan waar hulle in 'n hok in die water ingaan. Die toeroperateurs gooi stukke vleis in die water om haaie te lok wat dan om die hok swem. Dink jy hierdie haai hokduik is aanvaarbaar? Verduidelik waarom jy so dink.





Gee jou leerders die vryheid (en toestemming) om van mekaar te verskil. Moedig jou leerders aan om verskillende opinies oor hierdie onderwerp te bespreek voor hulle die vraag antwoord. Party mag dalk ten gunste van haai hokduik wees aangesien dit geleentheid bied vir navorsing en mense leer om meer waardering vir haaie te hê. Ander mag met die minister saamstem en voel dat die toeriste die haaie uit hul natuurlike habitat verwilder en hulle leer om nie bang te wees vir mense nie. Dit maak dan dat hulle makliker deur mense gevang word.



Kom ons kyk nou na die plante en diere wat in varswater, soos damme, poele, strome en riviere bly.

Baie diere bly in of naby varswater poele, damme en mere, of riviere en strome. Klein insekte, slakke, gapermossels, krappe, paddas en visse bly in of naby water. Groter diere soos skilpaaie, slange, eende en groot visse so wel as seekoeie en krokodille bly ook in of naby water.

Eende maak hul kuikens groot naby plante waar daar baie kos vir die kleintjies tussen die riete en waterplante is.
Seekoeie bly naby en in varswater.
Sien jy die padda wat op die waterlelie sit?
'n Krokodil lê langs die rivier.

Party waterplante het wortels, soos die waterlelie en riete. Waterplante maak suurstof vir diere om asem te haal en voorsien kos vir baie diere.

Waterlelies dryf op die water. http://www.flickr.com/photos/49937157@N03/4583150426/

In Suid-Afrika het ons ook groot vleilande waar riviere stadig vloei en die water stilstaan of baie stadig vloei. Vleilande voorsien kos en skuiling en 'n natuurlike habitat vir 'n ongelooflike hoeveelheid diere: paddas, reptiele, voëls (soos eende en waadvoëls) en visse is maar net 'n paar voorbeelde.

Bestudeer 'n akwatiese habitat.


Werk in groepe van 3 of 4

MATERIALE:

  • potlood
  • papier
  • knyperbord
  • sonbrandroom en 'n hoed

INSTRUKSIES

  1. Besoek 'n akwatiese habitat naby jou skool: 'n stroom of rivier, poel of dam, of self 'n rotspoel as julle naby die see is.
  2. Vind 3 voorbeelde elk van verskillende plante en diere wat in die omgewing bly.
  3. Bestudeer die area waar hulle bly en dink aan hoe die plante en diere aangepas is by hulle habitat. Beantwoord vrae soos:
    1. Is die stingels van die plante rigied of buigbaar?
    2. Groei die plante binne-in of buite die water?
    3. Wat eet die diere?
    4. Hoe haal die diere asem?
  4. As jy kan, neem 'n paar foto's van die plante en diere wat jy waargeneem het.
  5. Rapporteer aan jou klas oor dit wat jy geleer het.


Woestyne en semi-woestyn habitat

Woestyne is areas wat elke jaar baie min reën kry - in party woestyne reën dit net een keer elke 10 jaar!

Die Namib-woestyn

Die woestyn mag dalk droog lyk, maar daar is baie verskillende soorte plante en diere wat aangepas is om in hierdie area te bly. Die plante kan met min water oorleef. Voorbeelde van hierdie plante is: grasse, akasias, aalwyne, kaktusse en ander vetplante. Vetplante is plante wat water in hul blare en stingels kan stoor en in baie droë klimate kan oorleef.

Kan jy die dik blare sien waarin die vetplant sy water stoor?

Baie diere bly in woestyne soos die Kalahari. Party van hierdie diere is:

  • Roofdiere soos leeus, jagluiperde en luiperde, hiënas en jakkalse.
  • Groter diere en kleiner soogdiere soos meerkatte, kameelperde, vlakvarke en ystervarke.
  • Wildsbokke soos elande, gemsbokke, springbokke, hartebeeste, steenbokke, koedoes en duikers.
  • Daar is baie voëlspesies wat valke, rawe, arende, jakkalsvoëls en tortelduiwe insluit. Die sosiale vink is 'n klein wewervoëltjie wat sy nes bou waar honderde ander vinkfamilies bly.
  • Daar is baie verskillende reptiele soos pofadders, kobras, akkedisse, geitjies en likkewane.
  • Daar bly ook baie insekte in die woestyn soos bye, skoenlappers, sprinkane en nog baie meer.
'n Meerkat wat uitkyk vir gevaar.
'n Groot nes vol sosiale vinke. http://www.flickr.com/photos/namibnat/4949237492/
'n Eland
'n Jakkals wat kos soek.
'n Pofadder.
Twee vlakvarke wat kos soek.

Grasveld habitat.

Grasvelde is met grasse bedek en daar's baie min bome. Sodra die eerste reëns val, groei die grasse baie vinnig en nuwe plante kom oral oor die swart aarde op. Dit is ook wanneer baie nuwe babas gebore word, omdat die nuwe gras genoeg kos vir die ma gee om baie melk te maak vir haar kleintjies.


Noem van die diere wat jy dink in grasvelde bly.




Antwoord: Koedoe, nyala, impala, sebra, buffel, leeu, luiperd, ander klein soogdiere, baie voëls ens.




Woud habitat

'n Woud is 'n groot area wat grootliks met bome bedek is. Woude is baie belangrik vir lewe op aarde. Die baie bome maak die lug skoon en voorsien suurstof vir die diere op die aarde dat hulle kan asemhaal. Hulle voorsien brandstof, kos en skuiling, medisyne en werk vir mense. Baie diere bly in woude, van groot olifante en bere tot kleiner ape, eekhorings, uile en houtkappers.

Ons moet ons woude bewaar (na omsien) en mense stop wat die bome, wat natuurlik groei, wil afkap. Dit is baie belangrik om die diere te bewaar wat die bome bestuif en die sade oor 'n groot area rond dra. Sonder die diere sal die bome nie kan voortplant nie en sal hulle uitsterf.

Binnie-in die Knysna-woud, een van Suid-Afrika se inheemse woude.
'n Olifant in die Knysna-woud olifantpark.
Ek het nie besef Suid-Afrika het SO baie verskillende soorte plante en diere nie. Ons het regtig 'n diverse land.
  • Identifiseer 'n area waarheen jy jou klas kan neem om diere en plante in 'n seker area te bestudeer voor jy met die les begin. Die ideaal sal 'n natuurreservaat, 'n park of skooltuin wees, waar mens verskillende habitatte kan bestudeer.
  • As jy saam met jou klas soontoe gaan stap, maak seker dat jy self eers die roete stap om seker te maak dat daar geen gevare op die roete is waarvan jy die leerders moet bewus maak voor julle die skool verlaat.
  • Bestudeer die area voor julle die aktiwiteit doen. Maak seker dat jy areas vermy met baie rommel en gevaarlike instrumente soos geroeste items wat dalk jou leerders mag seermaak. Let op na die plante en diere in die area. Neem voorbeelde van die plante klas toe. Vertoon die plante met hulle name langsaan in jou klas. Voor julle gaan stap wys die plante vir die klas.
  • Onderwysers word aangemoedig om een of twee mense/ouers wat kennis van die plaaslike plante en diere het te vra om saam te gaan stap en tussen die pare te loop om hulle te help om die verskillende plante en diere te identifiseer. Hulle kan ook help deur die leerders veilig te begelei na waar julle die plante en diere gaan bestudeer.
  • Berei die leerders voor vir die aktiwiteit voor julle die aktiwiteit doen. Verduidelik dat hulle die plante en diere moet tel binne hul afgebakende area. Jou leerders mag net die plante en diere BINNE-IN die area, of wat reg bo-oor die area vlieg, tel. Hulle mag ook nie diere in die area in lok of dra nie, of ander wat hulle nie van hou uit die area uit dra nie.
  • Hulle moet onderskei tussen die plante deur na die grootte en vorm van hul blare, blomme of vrugte te kyk. As jy ouers gereël het om die leerders te begelei, mag hulle die leerders help om die plante in hulle area te identifiseer.

Tel plante en diere.


Na die leerders die plante en diere in die area identifiseer het, moet hulle van die blomme en sade bymekaarmaak (as daar is). Leerders kan die blomme tussen twee velle papier sit en dan boeke daarop pak. So pers jy die blom. Wanneer hulle gepers is kan leerders die blomme op 'n papier plak saam met die sade wat hulle versamel het. Hulle moet die name van die blomme neerskryf. Jy kan dit in die klas opplak.

MATERIALE:

  • Iets om die area af te baken soos klippe of stokke om die hoeke uit te wys en iets wat jy tussen-in kan bind.
  • rofwerkpapier
  • potlood
  • knyperbord
  • sonbrandroom; hoed
  • maatband/liniaal

INSTRUKSIES

  1. Werk in pare
  2. Stap saam met jou klas na 'n park of 'n deel van die natuur buite jou skool.
  3. Kies 'n area waar die twee van julle wil werk.
  4. Span die tou om 'n deel van jou area.
  5. Bestudeer die plante en diere in jou area.
  6. Maak 'n skets van die habitat binne-in jou area wat al die plante en diere wat jy daar sien wys. Gebruik rofwerkpapier om dit te doen.
  7. Ken jy die name van hierdie plante en diere? Miskien kan 'n grootmens jou help met die name van die plante en diere wat jy nie ken nie. Skryf die name van elkeen van die diere en plante langs elke skets.
  8. Maak seker dat jy ten minste 5 voorbeelde elk van verskillende plante en diere in jou skets het.
  9. Meet die hoogte van die plante en teken dit in die tabel hier onder op.
  10. Versamel blare van twee van die plante en maak afdrukke van die blare op 'n stuk papier deur die blaar onder jou papier te sit en met 'n kryt of potlood daar oor te vryf.
  11. As daar enige blomme of sade is, versamel hulle versigtig en neem hulle klas toe. Jou onderwyser sal jou wys hoe om hulle te pers.
  12. Wanneer jy terug in die klas is moet jy jou prent oorteken in jou boek. Maak 'n netjiese skets in jou boek. Onthou om byskrifte van al die verskillende diere en plante te maak.

Die plante en diere wat ek in my area getel het.



















Interafhanklikheid in 'n ekosisteem


Hoe om die onderwerp in te lei:

  • Laat die klas in 'n kring staan - elke leerder moet na die rug van die leerder voor hom kyk. Hulle moet mekaar om die middel vashou. Maak seker dat hulle so na as moontlik aan mekaar staan. Verduidelik dat hulle interafhanklik van mekaar gaan wees. Hulle moet op mekaar se skote gaan sit terwyl hulle in die kring staan. As een persoon dit nie regkry nie, of nie sy werk ordentlik doen nie, gaan die kring breek. As almal saamwerk sal die kring werk en heel bly.
  • Die BBC-webtuiste is 'n baie goeie bron om te lees voor jy die les aanbied. http://www.bbc.co.uk/nature/adaptations/Pollinator#intro
  • Daar is twee powerpoint-aanbiedinge op die webtuiste - alhoewel hulle heeltemal te gevorderd vir leerders op hierdie vlak is, bied hulle 'n baie goeie inleiding tot ekosisteme en interafhanklikheid. http://www.magistralearning.com/samples/

Plante en diere, mense, riviere, berge - alles is op een of ander manier aan mekaar verbind. Al die lewende en nie-lewende dinge is afhanklik van mekaar.


Dink jy, jy is verbind met plante en riviere? Bespreek dit met jou klas.

Onderwysers kan hierdie vrae gebruik om leerders se voorkennis en begrip oor ekologiese interafhanklikheid te toets.

Ons sê dat diere, plante en hul habitatte interafhanklik is. Dit beteken dat hulle afhanklik is van mekaar om te oorleef. As een deel weggelaat word, byvoorbeeld water tydens 'n droogte, sal die res van die diere, plante en die habitat dalk vernietig word.



Ons kan interafhanklikheid in twee groepe verdeel:

  1. Die interafhanklikheid in 'n ekosisteem tussen lewende dinge: hier kyk ons na hoe plante en diere interafhanklik is.
  2. Die interafhanklikheid in 'n ekosisteem tussen lewende en nie-lewende dinge.

Interafhanklikheid tussen lewende dinge


Baie plante en diere is afhanklik van mekaar vir verskillende dinge. Kom ons kyk na 'n paar van hierdie dinge:

1) Interafhanklikheid en voeding

Diere en plante is afhanklik van mekaar vir kos. Ons kry die volgende groepe diere:

  • Herbivore eet plante.
  • Karnivore eet die diere wat plante eet.
  • Omnivore eet plante en diere.
  • Aasvreters eet dooie diere en plante
  • Ontbinders eet die dooie diere en breek hulle af, hulle sit dan die chemikalieë uit die diere se liggame (koolstof, fosfor en stikstof) terug in die grond om die plante te voed.

2) Interafhanklikheid en bestuiwing.

Plante is ook afhanklik van diere vir bestuiwing.

Ons noem diere wat blomme bestuif, Bestuiwers .Plante produseer iets wat die bestuiwers lok. Dit is gewoonlik nektar, 'n spesiale reuk of 'n helderkleurige blom, maar dit kan ook 'n veilige plek wees om hul eiers te lê. Sommige plante kan selfs hul blomme soos vroulike perdebye laat lyk om manlike perdebye aan te trek.

Bye wat nektar gaan versamel en ter selfder tyd die blomme bestuif.

Plante en diere is afhanklik van mekaar. Baie blomplante is afhanklik van bye om hulle te bestuif. Bye is afhanklik van die nektar in die blomme om hul heuning te maak. Sonder die nektar kan hulle nie heuning maak nie en sonder die stuifmeel kan die blomme nie hul sade bevrug nie en sal hulle nie kan voortplant en aanhou lewe nie.


Bye is nie die enigste diere wat help om blomplante te bestuif nie. Kan jy aan nog diere dink wat 'n boom se blom kan bestuif? Kyk na die prente hier onder.



Voëls, kewers, perdebye, miere, ratels ens.



'n Voël wat die nektar eet en 'n blom bestuif. http://www.flickr.com/photos/fpat/3801642722/
'n Perdeby wat nektar eet en die blomme bestuif. http://www.flickr.com/photos/47108884@N07/4435268109/p/2491117296/
'n Kewer wat die blom eet. Terwyl dit op die blom beweeg, bestuif dit die blom. http://www.flickr.com/photos/selago/3342254879

Onderwysers moet leerders toelaat om die soort diere wat 'n boom se blomme kan bestuif te bespreek op grond van hulle fisiese karaktereienskappe. Vra miskien vir jou leerders watter een van 'n skilpad of 'n vlermuis hulle dink eerder 'n boom se blomme kan bestuif. Bespreek dan waarom hulle so dink. Vra ook vrae wat hulle laat dink oor hoe 'n boom aangepas is sodat vrugtevlermuise hulle sal kan bestuif - die blomme moet tydens die nag oop wees om die vlermuise te lok en hulle het daarom nie helder blare nodig nie, maar die blare moet groter wees sodat die vlermuis dit met ekolokasie kan vind.

Onderwysers moet hierdie video saam met hulle klasse kyk - dit is 'n baie goeie video wat als op 'n Graad 4/5 vlak verduidelik met tekeninge, jong akteurs wat so oud is soos jou leerders ens. Die kwaliteit van die video is nie fantasties nie, so dit gaan nie werk om dit op 'n groot skerm te wys nie. Miskien kan jy bietjie punte wen deur almal te vra om hul selfone te bring sodat hulle dit saam op hulle fone kan kyk. Andersins kan hulle dit op die rekenaars in die rekenaarlaboratorium gaan kyk.

'n Wêreld sonder bestuiwers sou bra bitter wees. Kyk na al hierdie goed wat ons eet en drink wat afhanklik is van bestuiwers.

Sonder bestuiwers sou ons nie braambessies of frambose gehad het om te eet nie. http://www.flickr.com/photos/calliope/1223972901/
Aarbeie is heerlik! Die vrugte word produseer sodra die blomme van die aarbeiplant bestuif is.
Baie verskillende soorte neute wat vorm na bestuiwing.
Rooi en groen appels is die vrugte wat 'n appelboom produseer nadat die blomme bestuif is. http://www.flickr.com/photos/ngader/246601266/

3) Interafhanklikheid en saadverspreiding

Plante moet hulle sade oor 'n wye area versprei. As al die sade op een plek val, sal daar nie genoeg water, grond of lig wees dat al die plante ordentlik kan groei nie. Dit is hoekom plante se vrugte soet is en lekker proe. So lok hulle diere wat die vrug wil eet, wegstap en die sade uitskei. Daar waar die sade val sal hulle ryk, vrugbare grond hê (van die dier se ontlasting) om in te groei. Ander sade sit aan die dier se pels vas - die dier mag nie eers weet dat dit daar is nie. Wanneer hulle teen 'n boom skuur val die sade af. Die plante is afhanklik van die diere om die sade te versprei.

Die ratel en die heuningwyser


Hier is 'n voorbeeld van die interafhanklikheid van drie verskillende diere.

INSTRUKSIES

  1. Lees die storie oor die ratel en die heuningwyser hier onder.
  2. Beantwoord die vrae wat volg.

Die ratel is mal oor heuning! Die heuningwyservoël hou van die bylarwes, maar kan nie in die korf kom sonder om doodgesteek te word nie. Die voël kan ook nie die korf oop kry nie. Wanneer die heuningwyser die korf kry, gaan soek dit die ratel. Die ratel het 'n dik vel en die bye se angels kan nie maklik daar deur steek nie.

Die heuningwyser oortuig die ratel om hom te volg na die byekorf toe. Die ratel gebruik sy sterk bene, kloue en tande om die korf oop te breek en sy dik pels beskerm hom teen bysteke. Na die ratel die heerlike, goue heuning geëet het, kan die heuningwyser die bye se larwes eet.

Die ratel volg die heuningwyservoël.
'n Ratel http://www.flickr.com/photos/kaz2803/2686139612/in/photostream

VRAE:

Hoekom kan die heuningwyservoël nie net van die larwas eet sonder om te wag vir die ratel nie?



Die bye sal die voël doodsteek en hy kan nie die korf oopbreek nie.

Hoe breek die ratel die korf oop?


Dit gebruik sy bene, kloue en tande.

Waarom word die ratel nie deur die bye gesteek nie?


Dit het 'n baie dik pels waardeur die bye nie kan steek nie.

Verduidelik in jou eie woorde hoe dit interafhanklikheid tussen drie verskillende diere wys.




Assesseer leerders se vermoë om die situasie in hul eie woorde om te sit en in terme van interafhanklikheid te verduidelik. Dit is tot die voordeel van beide diere aangesien hulle kos kan kry. Sonder die voël kan die ratel nie die heuning kry nie, en sonder die ratel kan die voël nie by die larwes uitkom nie. Sonder die bye, het die ratel nie heuning om te eet nie, en die voël het nie larwes nie.



Interafhanklikheid tussen lewende en nie-lewende dinge.

Lewende dinge is ook afhanklik van nie-lewende dinge in 'n ekosisteem. Lewende dinge is afhanklik van hulle omgewing vir:

  • Lug (suurstof en koolstofdioksied)
  • Water
  • Grond
  • Kos
  • Skuiling en 'n veilige plek om hul kleintjies te hê.
  • 'n Plek om weg te kruip van gevaar.

Water en suurstof is baie belangrik vir lewende dinge.


Het jy al gewonder hoe die water in die wolke "kom" as dit eintlik in riviere en strome vloei? Onthou jy die waterkringloop wat jy in Graad 4 behandel het?



Onderwysers kan hierdie geleentheid gebruik om leerders se vooropgestelde idees oor die waterkringloop te bespreek en om vas te stel wat hulle verstaan of nie verstaan nie, sodat dit in die volgende afdeling aangespreek kan word.


Drinkwater uit 'n kraan of rivier is deel van 'n groot sisteem wat die Waterkringloop genoem word. Die waterkringloop wys ons dat ons almal interafhanklik is.

Die waterkringloop


INSTRUKSIES

  1. Die prent van die waterkringloop wys al die prosesse wat plaasvind.
  2. Hersien hierdie prosesse saam met jou maat.
  3. Skryf 'n paragraaf hier onder waarin jy die waterkringloop verduidelik.
Die waterkringloop






VRAAG:

Jy kan waterdamp wat jy uitasem weer in waterdruppels verander! Kry 'n spieël of 'n venster. Blaas jou asem daarop uit. Wat sien jy op die venster?


Kyk die kondensasie teen die venster. Onderwysers kan die konsep versterk dat sodra die spieël of glas effe warm word, die waterdruppels weer sal verdamp.


Bome en ander plante is afhanklik van die water in die grond. Ander diere en plante is afhanklik van water wat van die berge in riviere en strome vloei en in mere opdam. Plante en diere in die see is afhanklik van water aangesien dit die omgewing is waarin hulle bly.

Beskryf Interafhanklikheid


Hoe om die aktiwiteit in te lei.

Nadat julle interafhanklikheid van lewende en nie-lewende dinge in hule eie omgewing bestudeer het, moet leerders in die volgende aktiwiteit die interafhanklikheid tussen lewende organismes en hul omgewing ondersoek. Indien moontlik, versamel boeke en inligting oor die stelle diere in die foto's by die aktiwiteit. Daar moet genoeg bronne wees dat elke groep ten minste 4/5 boeke, uitdeelstukke en/of ander materiaal het. Hierdie kan 'n moontlike groepprojek wees.

INSTRUKSIES

  1. Werk in groepe van 3.
  2. Bestudeer die diere en kyk of jy die interafhanklikheid tussen die diere en/of plante en die nie-lewende dinge in hul omgewing kan identifiseer.
  3. Bespreek die interafhanklikheid met jou groep en maak notas op rofwerkpapier.
  4. Descriptions of each picture have been provided. You need to match the picture with the description by writing the correct letter next to each picture.

Prent

Antwoord

Beskrywing van interafhanklikheid

A: Narvisse en anemone. Die anemoon se gif is nie skadelik vir die narvis nie. Die narvis eet klein diertjies wat in die anemoon bly en dalk skadelik is vir die anemoon. Op sy beurt voed die vis se afval die anemoon. Die anemoon se giftige steke beskerm die narvis teen roofvisse.

B: Erdwurms in die grond. Die erdwurms is afhanklik van die grond vir 'n plek om te bly. Hulle het ryk, vogtige grond nodig anders gaan hulle uitdroog as hulle vir te lank aan die droë lug blootgestel is. As erdwurms deur die grond grawe, skei hulle mis af wat weer die grond meer vrugbaar maak vir ander plante en diere. Terwyl die erdwurms grawe, help hulle ook om die grond lug te gee deur tonnels te grawe.

C: 'n Vink wat sy nes bou. Baie voëls is afhanklik van bome en plante om hul neste te bou om hulle kleintjies groot te maak. Die vink gebruik groen riete om sy nes te bou. Wanneer die riete nog groen is, is hulle buigbaar en kan hulle buig en wanneer hulle uitdroog word hulle harder en meer stabiel, 'n sterker nes.

D: Die renoster en die renostervoël. Die renostervoël eet bosluise vanaf die renoster and bevry die renoster van die peste Hulle bly ook op zebras, buffels, kameelperde ens.

E: Anatoliese skaaphonde en die trop skape wat hulle van jagluiperde beskerm. Die Anatoliese hondjies word saam met die trop skape gesit en word geheg aan die skape. Wanneer 'n roofdier (soos 'n jagluiperd) naby die trop kom, jaag die Anatoliër hulle weg. As Anatoliese skaaphonde die trop beskerm, word die jagluiperde ook beskerm, omdat die boer hulle nie sal doodmaak nie.

VRAE:

Watter interafhanklike verhouding, in die prent, is tussen 'n dier en 'n plant?


Die vink en die riete waarvan hy sy nes maak.

Watter interafhanklike verhouding, in die prent, is tussen 'n dier en 'n nie-lewende ding in sy omgewing?


Die erdwurm en die grond.

Watter voorbeeld, in die prent, behels die interafhanklikheid tussen drie diere, en wat is hulle?


Die Anatoliese Skaaphonde, die skaap en die jagluiperde.





Diersoorte


Ons weet nou meer oor die verskillende habitatte op die aarde en in Suid-Afrika, en ons weet nou dat diere en plante afhanklik is van mekaar en van hul habitat. Kom ons kyk nou na die verskillende diere wat op die aarde lewe.

Hoe om die onderwerp in te lei.

Hierdie eenheid ondersoek die verskillende soorte diere wat in twee hoofgroepe verdeel is: gewerweldes en ongewerweldes. CAPS verwys na diere met bene en diere sonder bene. Die groepe gewerweldes is: soogdiere, voëls, reptiele, paddas (amfibieë) en visse. Die groep ongewerweldes is daardie sonder bene soos wurms, duisendpote, insekte, spinnekoppe, skerpioene en krappe.

Wenke vir aanbieding.

  1. Begin die les met 'n klasbespreking waar julle die verskillende diere uit die vorige aktiwiteit met mekaar vergelyk.
  2. Vra leerders om die diere in twee groepe te verdeel. Waarna kyk hulle om dit te kan doen? Gee jou leerders 'n kans om self te besluit hoe hulle die diere wil klassifiseer. Party sal hulle dalk volgens grootte (klein of groot) of volgens fisiese kenmerke soos ledemate en liggaamsbedekking groepeer.
  3. Verduidelik die konsep gewerweldes en ongewerweldes deur die woorde bene en sonder bene te gebruik. Trek 'n tabel op die bord wat wys watter diere bene in hul lywe het en watter diere nie bene in hul bene het nie. Vra dan die leerders om die name van die diere op hul plakkaat in die regte kolom te skryf.
  4. Bespreek hoe akkuraat hulle hul diere kon klassifiseer.
  5. Indien moontlik, maak 'n plakkaat vir die klas waarop al die diere wat bene in hul liggame en die wat nie bene in hul liggame het nie, uitgebeeld word.
  6. Maak dit persoonlik: Laat jou leerders hulle bene voel en spesifiek hul ruggraat. (Dit is die ry bene wat in die middel van die rug afloop.) Vra hulle in watter groep hulle sou val.

Groepeer diere

Wanneer ons soortgelyke dinge saam groepeer, noem mens dit klassifisering. Wanneer ons diere klassifiseer, is daar twee hoofgroepe diere: die wat bene binne-in hul lywe het (met 'n ruggraat), en die sonder bene in hulle liggame.

  • Diere met 'n ruggraat word as gewerweldes geklassifiseer.
  • Diere sonder 'n ruggraat word as ongewerweldes geklassifiseer.

Klassifiseer diere


INSTRUKSIES

  1. 'n Radiografis neem x-strale van mense en diere se bene. Tracey, die radiografis, het 'n paar interessante x-strale van 5 diere. Kyk mooi na die x-strale en besluit watter diere gewerweldes is.
    Verskillende gewerweldes en ongewerweldes
  2. Hoekom kan jy nie bene in die krap of sprinkaan se liggame sien nie?


    Hulle het nie bene binne-in hul liggame nie, maar hulle het 'n harde, benerige uitwendige skelet.

  3. Wat noem ons diere soos die sprinkaan en die krap?


    Ongewerweldes

  4. Bestudeer die diere in die vorige aktiwiteit oor interafhanklikheid. Besluit of hulle gewerweldes met bene BINNE-IN hul liggame, of ongewerweldes met geen bene BINNE-IN hul liggame is.
  5. Skryf die naam van elke dier in die korrekte kolom neer.

    Gewerweldes met bene

    Ongewerweldes sonder bene

    Renoster

    Renostervoël

    Vink

    Anatoliese skaaphond

    Skape

    Erdwurms

    See-anemone


Toe mense sien hulle kan diere in twee hoofgroepe verdeel, het hulle begin om hulle in kleiner groepe onder hierdie hoofgroepe te verdeel. Kyk na die volgende illustrasie wat van hierdie groepe wys.

Klassifiseer diere

Kyk na die illustrasie van al die verskillende groepe. Waarom dink jy is die diere in die linkerkantste of in die regterkantste groep gesit?



Die vraag is veronderstel om 'n leerder se begrip en herkenning van gewerweldes en ongewerweldes te versterk.

Gewerweldes word in 5 groepe verdeel. Noem hierdie groepe.




Soogdiere, reptiele, voëls, amfibieë en visse.

Een van die voëls in die illustrasie is ons nasionale voël. Watter een is dit?


Die bloukraanvoël.


Kom ons kyk nou na gewerweldes en ongewerweldes.


ongewerweldes

Ongewerweldes is diere wat nie 'n endoskelet of 'n benerige skelet in hul liggame het nie. Party het 'n hidroskelet terwyl ander 'n eksoskelet het.


Kyk weer na die illustrasie van die verskillende klasse diere. Kan jy ander voorbeelde van diere sonder bene binne-in hul liggame (endoskelet) en sonder 'n harde uitwendige skelet (eksoskelet) sien?



Badsponse, see-anemone, jellievis, platwurms, seekattee en erdwurms.



Hierdie diere met die sagte lywe het meestal 'n sogenaamde hidroskelet. Voorbeelde van diere met 'n hidroskelet is:

  • see-anemone
  • erdwurms
  • jellievisse
  • sommige seesterre en seekastaiings

Diere met sulke liggame moet gewoonlik in of naby water of vogtige grond bly. Hulle velle is gewoonlik dun en nat omdat hulle deur hulle velle asemhaal.

'n Erdwurm moet in klam grond bly. http://www.flickr.com/photos/wheatfields/3409167144/
'n Jellievis het 'n hidroskelet.

Ongewerweldes wat 'n sterk, harde bedekking oor hul sagte liggame het, het 'n eksoskelet of 'n uitwendige skelet.


Kan jy aan ongewerweldes dink wat eksoskelette het? Kyk weer na die vorige illustrasie as jy idees nodig het.



seester, skoenlapper, duisendpoot, krap, spinnekop



Kan jy die stervis se klein "bene" onder die eksoskelet sien uitsteek? http://www.flickr.com/photos/crabchick/2548879995/

Baie ongewerweldes het 'n dop wat hul liggame bedek om dit te beskerm.

Seeskulpe beskerm die sagte liggame van ongewerweldes. http://www.flickr.com/photos/thomasguest/6646160791/
Het jy al op die strand gestap en skulpe opgetel? Ek is mal daaroor om skulpe op te tel om mooi goed te maak, soos hangertjies en dakversierings.
'n Kluisenaarskrap kruip veilig in sy harde skulp weg. http://www.flickr.com/photos/44603071@N00/3538530801/
Die kluisenaarskrap beweeg rond. http://www.flickr.com/photos/44603071@N00/3538531523/

Insekte is 'n interessante groep ongewerweldes.

  • Alle insekte het eksoskelette.
  • Hulle het almal gesegmenteerde liggame en bene. Dit beteken dat hul bene en liggame uit verskillende dele bestaan.
  • Insekte het 6 bene en drie hoof liggaamsdele - `n kop, bors en `n stert

1,2,3,4...daar vang ek 'n mier.


INSTRUKSIES

  1. Bestudeer die ongewerweldes in die foto's
  2. Kan jy die kop, bors en agterlyf sien?
  3. Tel mooi hoeveel pare bene jy sien (as jy al hulle bene kan sien!)
  4. Het almal vlerke?
  5. Skryf die hoeveelheid bene en/of vlerke wat elke ongewerwelde het in die spasie hier onder.
  6. Beskryf hoe elkeen se liggaam bedek is.

http://www.flickr.com/photos/nagaon/3264833217/

http://www.flickr.com/photos/dad_and_clint/6122947684/

http://www.flickr.com/photos/pictographic/4783445162/

Bene

Vlerke

UITBREIDING

Bou 'n terrarium in jou klas vir ongewerweldes. 'n Terrarium is 'n hok, houer, of struktuur wat verander of voorberei is om kleiner landdiere, veral reptiele, amfibieë of ongewerweldes wat op land bly onder semi-natuurlike omstandighede te hou vir observasie, om te bestudeer of as troeteldiere; dit is tipies in die vorm van 'n vertoonkas met 'n glas venster.

  1. Soek 'n ou glashouer wat niemand gebruik nie - MET 'n DOP!
  2. Sit omtrent 10-15cm grond onder in.
  3. Plant 'n paar varings en ander plante wat maklik groei daarin.
  4. Versamel insekte en ander ongewerweldes en hou hulle in jou terrarium aan. Die plante wat binne-in groei sal genoeg suurstof vir jou diertjies produseer. Gee die plante een keer 'n week water.
  5. Elke leerder kan 'n spesifieke ongewerwelde kies en 'n dagboek oor die dier se "lewe" hou vir die volgende 3-4 weke.
  6. Die leerders kan hul bevindinge vir die klas kom aanbied.

VEILIGHEIDSWAARSKUWING: Party leerders mag dalk allergies wees vir van die diere wat julle vind. Moenie enige diere wat dalk skadelik kan wees, soos insekte wat steek, klas toe bring nie.



gewerweldes


Gewerweldes is diere wat 'n geraamte binne-in hulle liggame het wat 'n endoskelet genoem word. 'n Deel van hierdie geraamte is die ruggraat wat 'n hol senuweetonnel aan die binnekant het. Gewerweldes word in 5 kleiner groepe verdeel:

  • Visse
  • Paddas (amfibieë)
  • Reptiele
  • Voëls
  • Soogdiere

Diere met 'n ruggraat word groter as ongewerweldes aangesien hulle bene saam met hulle groei en hul spiere beter ondersteun.

Identifiseer algemene kenmerke


Hoe om die aktiwiteit in te lei.

Die volgende afdeling in die CAPS/handboek dek die diere se geraamtes in meer besonderhede. Die aktiwiteit laat die leerders hul vermoë oefen om algemene kenmerke of eienskappe te identifiseer, maar help hulle ook om te verstaan dat leer binne 'n interafhanklike gemeenskap van leerders wat saamwerk kan plaasvind. Onderwysers word aangemoedig om nie die aktiwiteit te "onderrig" nie, maar om die bespreking eerder te fasiliteer deur leidende vrae te vra en tussen die groepe te beweeg om seker te maak almal hou by die taak.

INSTRUKSIES

  1. Werk in pare. Bestudeer die prente van diere met 'n endoskelet.
  2. Identifiseer eienskappe wat dieselfde is in al die diere.
  3. Skryf jou observasies op rofwerkpapier neer.
  4. Rapporteer aan jou klas en vergelyk jou idees met jou maats s'n. Voeg observasies by of verander joune op die rofwerkpapier.
'n Hond. http://www.flickr.com/photos/mcpig/2203669161/
'n Olifant http://www.flickr.com/photos/http2007/1149137981/
'n Padda http://www.flickr.com/photos/21923568@N00/234866027/
'n Mens http://www.flickr.com/photos/mikebaird/4677151352/
'n Seemeeu http://www.flickr.com/photos/bobistraveling/3238994233/
'n Haai
'n Krokodil http://www.flickr.com/photos/mikebaird/377965007/

VRAE:

Voltooi nou hierdie sin. Skryf al die karaktereienskappe wat die diere met endoskelette in gemeen het, neer.

Animals with endoskeletons all...






Gee twee voorbeelde van soogdiere uit die prente hier bo.


Olifant en hond

Watter tipe voël is in die prent?


'n Seemeeu

Gee 'n voorbeeld van 'n reptiel. .


Krokodil


Kom ons kyk nou na die verskille en ooreenkomste tusen ekso- en endoskelette.

Hierdie uitbreidingsaktiwiteit word nie deur CAPS vereis nie, maar is 'n goeie inleiding tot die volgende afdeling oor Geraamtes van Diere waar die funksie van die geraamte in fyn besonderheid behandel word.

Uitbreiding: Vergelyk endo- en eksoskelette.


INSTRUKSIES

  1. Verdeel in groepe van 5-7.
  2. Kyk mooi na die afdeling oor Soorte Diere en fokus spesifiek op die verskil tussen ekso- en endoskelette.
  3. Hou 'n dinkskrum en skryf so veel as moontlik verskille tussen 'n eksoskelet en 'n endoskelet neer.
  4. Sodra julle groep se dinkskrum voltooi is, kan julle jul idees met die klas deel en dit bespreek.
  5. Teken hierdie vergelykings in die tabel hier onder op.

Eksoskelet

Endoskelet

Voorbeelde van diere.

Posisie van die geraamte.

Funksie van die geraamte.

Spierhegting

Gewrigte

Wyse van beweging

Eksoskelet

Endoskelet

Tipe dier

krap, by

leeu, mens, voël, padda

Posisie

buite die liggaam

binne die liggaam, met vog gevul

funksies

beskerm, voorkom uitdroging, ondersteun

beskerm sagte organe, ondersteun, beweging, stoor minerale in bene.

Spierhegting

heg aan die binne-kant van die eksoskelet

heg by die sening aan die bene van die geraamte.

Gewrigte

slegs skarniergewrigte

verskillende gewrigte tussen die bene

Wyse van beweging

stap, spring, swaai, vlieg

stap, hardloop, spring, swaai, swem, vlieg



  • Daar is baie verskillende diere en plante.
  • Hulle bly in verskillende habitatte op die aarde.
  • Al die plante en diere en hul habitatte saam is die totale biodiversiteit van die aarde.
  • Suid-Afrika het 'n ryk verskeidenheid inheemse plante en diere en hul habitatte.


Gebruik die tipe habitat uit die linkerkantste kolom en kies dan die beskrywing uit die regterkantste kolom wat daarby pas. Trek 'n lyn tussen die woorde om die pare te verbind.

Skryf 'n voorbeeld langs elke habitat van 'n dier en 'n plant wat spesifiek in hierdie omgewing bly neer. Kies diere wat spesifiek in daardie habitat bly.

Voorbeeld van 'n plant en dier wat in die habitat bly.

Habitat

Beskrywing

Woude

Alhoewel die diere in hierdie habitat van die grootste op die planeet is, eet sommige van hierdie reuse net klein plantjies.

Woestyn

Baie groot soogdiere en ander diere en 'n reeks plante en groot bome bly hier.

Akwaties

Al is die grond vrugbaar, groei hier baie min bome.

Grasvelde

Hier groei baie min plante omdat water skaars is.

Leerders moet die regte diere neerskryf - verkieslik die wat ons in die hoofstuk bestudeer het.

  • Alhoewel die diere in hierdie habitat van die grootste op die planeet is, eet sommige van hierdie reuse net klein plantjies. Akwaties
  • Baie groot soogdiere en ander diere en 'n reeks plante en groot bome bly hier. Woude
  • Al is die grond vrugbaar, groei hier baie min bome. Grasvelde
  • Hier groei baie min plante omdat water skaar is. Woestyn

Skryf 'n kort beskrywing van die interafhanklikheid van die ratel, die heuningwyservoël en die bye. Watter diere trek voordeel uit die verhouding en watter nie?





Die ratel weet nie waar die byekorf is nie, so hy kan nie heuning kry nie. Die heuningvoël weet waar die korf is, maar kan nie by die larwes binne in die korf kom nie, omdat die bye hom sal doodsteek. Die ratel het 'n dik vel waardeur die bye nie kan steek nie. Die heuningwyser wys die ratel waar die heuning is en die ratel breek die korf oop, eet die heuning en los die larwes vir die heuningwyser. Die bye maak heuning wat die ratel eet en die voël eet die bye se larwes. Die bye trek nie voordeel uit hierdie verhouding nie.

Noem die verskillende soorte geraamtes.



Eksoskelet, hidroskelet, endoskelet

Skryf in die tabel hier onder neer watter soort geraamte elkeen van die diere het. Skryf ook in die laaste kolom of die dier 'n gewerwelde of ongewerwelde is.

Dier

Tipe skelet

Gewerwelde of ongewerwelde?

'n Sprinkaan http://www.flickr.com/photos/tristrambrelstaff/231188253/

'n Brommer

http://www.flickr.com/photos/8116305@N04/5395457446/

mossie

skilpad

http://www.flickr.com/photos/50562790@N00/2110796622/

Padda

http://www.flickr.com/photos/nuskyn/4145250156/

Krap

http://www.flickr.com/photos/haemengine/3982256034/

Sprinkaan: Eksoskelet, ongewerwelde

Brommer: hidroskelet, ongewerwelde

Mossie: Endoskelet, gewerwelde

Skilpad: Endoskelet, gewerwelde

Seeperdjie: Endoskelet, gewerwelde

Padda: Endoskelet, gewerwelde

Krap: Eksoskelet, ongewerwelde