Voedselverwerking


  • Hoe verleng ons die raklewe van kos?
  • Is dit moontlik om te verhoed dat kos vrot word?
  • Wat kan jy doen om te verhoed dat bakterie en kieme in kos beland?

Bekendstelling van hierdie onderwerp

Hierdie onderwerp is deel van Voedselwetenskap wat 'n opwindende deel van Wetenskap vorm en Chemie, Biologie en Fisika insluit in 'n alledaagse konteks.

Herinner die leerders daaraan dat die werk vir hierdie kwartaal fokus op hoe voedsel deur fotosintese geproduseer word en die belangrike rol wat plante in die proses speel. Daarna het ons na voeding en die belangrikheid van 'n gebalanseerde dieet gekyk voor ons die siektes en gesondheidsprobleme van 'n swak dieet bespreek het. In hierdie hoofstuk gaan ons kyk na voedselverwerking en hoe die mens maniere gevind het om kos vir langer vars en gesond te hou.

Hierdie is 'n uitstekende webwerf vir lesplanne en ondersteuningsmateriaal:http://www.jhsph.edu/research/centers-and-institutes/teaching-the-food-system/curriculum/food_processing.html

Hoekom het ons voedselverwerking nodig?


Mense verwerk voedsel al vir duisende jare. Voor die uitvinding van die yskas en vrieskas moes mense kos in die somer bymekaar maak en dit stoor vir die winter wanneer kos baie keer skaars was. Hulle het uitgevind dat hulle kosse soos vleis en vis kon preserveer deur dit te sout, in speserye te laat lê en dan te droog - ons sê ons pekeling die vleis. In Suid-Afrika is biltong en bokkoms voorbeelde van gepekelde vleis en vis.

Bokkoms (gepekelde vis). http://www.flickr.com/photos/salsaboy/2449275663/
Stukke vleis opgehang om uit te droog en biltong te vorm. http://www.flickr.com/photos/55530505@N08/5148999033/

'n BAIE ou rolspel


Hierdie is 'n geleentheid vir die leerders om kreatief te wees en hulle verbeeldings te gebruik. Moedig hulle aan om dit te doen. Indien tyd dit nie toelaat nie, hoef die leerders nie die eintlike itemste maak om saam te neem nie. Laat hulle egter toe om die moontlike items in hulle groepe te bespreek. Hulle kan dan 'n paar ontwerpe teken en aan die klas terug rapporteer.

Werk in groepe van 4 - 5

Julle is tyd reisigers en julle gaan vir die eerste keer ooit saam met die Thunderbolt Kids deur tyd reis. Julle mag niks anorganies saamneem nie, met ander woorde geen blikke of plastiese houers nie, en defnitief nie rekenaars, selfone of skootrekenaars nie!

Kom! Volg die Thunderbolt Kids terug na die verlede!

Verbeel julle julle word 250 jaar terug geneem in die geskiedenis in. Julle arriveer in PRESIES dieselfde plek waar jy nou is met net die klere aan julle lywe en die kennis in julle koppe. Dit is laat-somer en julle moet 'n jaar hier spandeer en oorleef totdat julle weer kan terug reis na die toekoms.

Julle missie: versamel soveel as moontlik inligting oor die plaaslike bevolking en die kos wat hulle eet, hulle leefwyses en hoe hulle die elemente oorleef, sowel as natuurlike gevare in hulle omgewing. Wanneer julle terugkeer, moet julle in staat wees om te verduidelik hoe hulle verskillende kossoorte verwerk en gepreserveer het om deur die winter te hou, en hoe hulle hierdie kosse verpak en beskerm het teen roofdiere en lastige insekte.

Dinkskrum hierdie probleem in julle groepie. Lys soveel moontlik verskillende vrae en probleme wat julle aan kan dink wat julle sal raak:

  • onmiddelik,
  • oor 'n maand,
  • oor 6 maande, en
  • aan die einde van julle verblyf - ongeveer 'n week voor julle na die huidige terugkeer.

Dink veral aan kos en skuiling, en spesifiek aan hoe julle die kos gaan bymekaar maak, preserveer en verwerk. Onthou, julle mag niks saamneem wat anorganies is nie, so geen knipmesse, nylon tou of selfs vuuraanstekers nie!

Ontwerp en maak die volgende items wat julle kan maak en gebruik wanneer julle daar aankom.

  1. Iets waarin julle water kan skep en dra, en dit kan berg vir die toekoms.
  2. Iets waarin julle kos kan versamel en dra, en spesifiek iets om dit in te bêre en weg te hou van roofdiere en insekte.
  3. Iets wat julle kan gebruik om mee te sny - julle moet 'n skuiling maak om in te slaap en julle teen wilde diere te beskerm; julle moet ook materiaal kan sny vir julle kos- en waterhouers.
  4. Iets wat julle kan gebruik om diere te jag of vis te vang as julle vleis wil eet terwyl julle daar is.
  5. 'n Toestel wat julle kan gebruik om vleis of vis te preserveer, of moontlik vrugte en groente, vir die wintermaande.

Elke persoon in die groep maak een van hierdie items en bring dit skool toe. Maak seker dat jy nie enige moderne gereedskap of metaal, glas of plastiek gebruik nie, aangesien jy heel waarskynlik nie 250 jaar gelede hierdie items sou hê nie.

VRAE:

  1. Lys die moontlike gevare wat jy in jou nuwe tuiste aan blootgestel kan word.




  2. Kan jy voorspel hoe die plaaslike bevolking sal lyk en hoe hulle jou sal behandel?



  3. Beskryf jou eerste nag daar.





  4. Verduidelik hoe jy sal besluit wat jy op jou eerste dag daar kan en nie kan eet nie.




  5. Voltooi hierdie sin: Indien ek sommige van die vis wat ek vang wil preserveer, moet ek...



  6. Die plaaslike inheemse bevolking gebruik verskillende metodes om vars vrugte en groente te preserveer. Vind meer uit oor hierdie metodes en gebruik een van hulle om jou eie vrugte te preserveer. Bring jou gepreserveerde vrugte klas toe aan die einde van die hoofstuk om vir jou maats te wys. Jy het twee weke.

Bekendstelling van hierdie les:

Begin hierdie les deur verskillende tipes verwerkte kossoorte te bespreek en fasiliteer 'n bespreking met die doel om 'n definisie vir 'verwerkte voedsel' te formuleer. Na hierdie bespreking behoort dit duidelik te word dat:

  • Byna al die kos wat ons eet is op een of ander manier verwerk.
  • Kos en drank maatskappye gebruik verskeie prosesse omr onverwerkte dier- en plantprodukte in kosse te omskep wat ons kan eet. Ons noem dit voedselverwerking.
  • Voedselverwerking kan die volgende insluit: kook, bak, rooster, rook, droog, spuit droog, sap konsentraat, vries, maal (koring) en soms word die slag van diere vir hulle vleis ook gesien as 'n vorm van voedselverwerking.
  • Ons verwerk voedsel om dit meer eetbaar te maak (voorbereiding/kook), langer te hou (preservering) en om die voedingswaarde te verhoog (fermentasie).

Poog om 'n lys van moontlike redes te maak WAAROM voedsel verwerk word saam met voorbeelde van mense wat sal baat vind uit hierdie verwerking - skryf dit op 'n groot vel papier om na te verwys of by te voeg soos julle vorder.

Voedselverwerking - Toe en Nou


Honderde jare gelede moes ontdekkingsreisigers soos Columbus, Da Gama en Diaz vir die bemanning voorrade pak wat baie lank kon hou indien hulle nie kos en water tydens hulle ekspedisies kon vind nie. Hulle moes dus ook soveel as moontlik gepreserveerde kos en drank saamneem.

Baie van die kossoorte wat ons vandag eet, kan nie rou geëet word nie - ons moet dit verwerk om dit eetbaar te maak.

Soms word kossoorte ook verwerk om die voedingswaarde te verhoog, byvoorbeeld wanneer ons suiwelprodukte fermenteer om yogurt, kaas en karringmelk te maak.


Daar is verskeie redes waarom ons voedsel verwerk. Kan jy aan enige redes dink? Skryf dit hieronder neer.




Wanneer jy vandag by die huis kom, vra jou ouers, ander gesinslede en moontlik ook jou vriende se ouers of hulle dink verwerkte voedsel is goed of sleg en hoekom hulle so sê. Skryf jou bevindings van hierdie vinnige opname hieronder neer.






Voordele van voedselverwerking


Voedselverwerking hou baie voordele in vir ons moderne lewens:

  • Die vervoer van vars kos is redelik moeilik. Indien produsente die vars vrugte en groente op een of ander manier kan verwerk, is dit makliker om te vervoer. Delikate produkte soos druiwe, aarbeie en perskes kan baie makliker vervoer word. Die verwerking verseker ook dat die vrugte en groente langer hou.
Hierdie vragmotor die peer- en appelbokse op en vervoer dit.
  • Vandag kan ons die hele jaar lank vars vrugte en groente eet en is ons nie meer afhanklik van seisoenale beskikbaarheid nie danksy die moderne verwerking en vervoer van hierdie produkte. Gevolglik maak voedselverwerking en vervoer dit moontlik om deurgaans 'n gebalanseerde en gewysigde dieet te volg.
  • Voedsel en drank produsente voeg dikwels ekstra vitamiene en voedingstowwe by hulle produkte om dit gesonder vir hulle verbruikers te maak.
  • Die koop en voorbereiding van verwerkte kosse is ook meer gerieflik en minder tydrowend.
  • Kossoorte word ook verwerk om dit te preserveer, soos wanneer vrugte as konfyt gepreserveer word, of gepekelde uie ingelê word.
This ginger has been pickled and preserved so that it lasts longer.
  • Voedselprosessering is laastens baie belangrik vir mense met allergieë en diabetes, want hulle is in staat om dan 'n groter verskeidenheid gesonde kos te kan eet. Allergieë vir koei- of bokmelk is 'n baie algemene allergie onder klein kindertjies. Hulle is dan in staat om "melk" te drink, slegs omdat moderne voedselprosessering 'n manier gevind het om melk van rys, hawer of soja te maak.
Rys- of sojamelk is geprosesseerde voedsel en 'n alternatief vir koeimelk vir mense met allergieë .

Beskrywing van geprosesseerde voedsel


AANWYSINGS:

  1. Kyk na die volgende foto's van verskillende kosse.
  2. Elke een is op 'n sekere manier geprosesseer of moet geprosesseer word voor ons dit kan eet.
  3. Beskryf kortliks waarom en hoe elke kossoort geprosesseer is of nog geprosesseer gaan word.

Voedsel

Redes waarom dit geprosesseer word

Rou vleis

Joghurt

Ingelegde agurkies

Glanskersies

Gebraaide eiers

Kaas

Botterskorsie

Bevrore maaltye



Moontlike nadele van geprosesseerde voedsel

Ons het gesien dat geprosesseerde voedsel baie voordele inhou in ons moderne leefstyl, maar dit het ook sy nadele, veral as dit óórgeprosesseer word.


Skryf 'n paar moontlike redes neer waarom mense dink geprosesseerde voedsel is nie goed vir jou nie.





Klasbespreking


AANWYSINGS:

  1. Ons gaan 'n klasbespreking hê oor sommige van die moontlike nadele van geprosesseerde voedsel en waarom sommige mense nie daarvan hou nie.
  2. Gebruik hierdie as 'n geleentheid om te oefen om aantekeninge te maak van wat in die klas bespreek is.
  3. Jou onderwyser sal die bespreking lei en ook 'n paar dinge op die bord neerskryf.
  4. Maak aantekeninge in die spasie wat voorsien word.

Klasbespreking: Bespreek die klas se huiswerkresultate en maak 'n spinnekopdiagram op die bord om die redes aan te toon waarom mense dink geprosesseerde voedsel is nie goed vir jou nie.

Die volgende inligting moet gebruik word om die klasbespreking te fasiliteer. Maak seker dat die hoofpunte op die bord neergeskryf is, sodat die leerders die hoofopskrifte kan neerskryf. Moedig leerders aan om bykomende aantekeninge te maak. Dit is 'n belangrike vaardigheid vir hul skoolloopbaan.

Daar is verskillende maniere hoe voedsel geprosesseer word, maar in omtrent al die maniere word voedingstowwe, vitamiene en minerale vernietig. Enige proses wat gebruik maak van hitte, vernietig byvoorbeeld Vitamiene C. Mense dink egter dat daar weinig voedingswaarde oor is in geprosesseerde voedsel, terwyl dit eintlik nie die geval is nie.

Miskien het jy al gehoor van gevaarlike bymiddels in geprosesseerde voedsel, wat baie sleg is vir jou. In die verlede het baie voedselvervaardigers in der waarheid ekstra produkte bygevoeg:

  • Preserveermiddels: preserveermiddels, soos swaeldioksied, word bygevoeg om voedsel langer te laat hou. Dit is nie altyd baie gesond nie.
  • Kleurmiddels: Baie voedsel- en drankvervaardigers het allerhande kunsmatige kleurmiddels bygevoeg om dit aantrekliker te maak vir die verbruikers - amper soos om bietjie verf by jou kos te sit! Deesdae is daar egter soveel verbruikers wat hieroor kla, dat hulle dit nie langer meer doen nie, maar slegs natuurlike kleurstowwe, gemaak van bessies of plante, gebruik.
  • Kunsmatige versoeters, sout en geurmiddels:: Vervaardigers het ook kunsmatige versoeters en geurmiddels, soos MSG (monosodium glutamate), gebruik wat goedkoper is en hulle in staat stel om groter wins te maak. Dit is nie baie gesond nie en kan orgaan- en breinskade veroorsaak. Baie kinders en volwassenes is ook allergies vir hierdie produkte. Baie maatskappye het die byvoeging van kunsmatige versoeters, sout en geurmiddels stopgesit en het in plaas daarvan besluit om natuurlike produkte te gebruik.
  • Regerings regoor die wêreld het baie sterk wette ingestel, wat die bymiddels, wat bygevoeg word by voedsel en drank, beheer. Voedselvervaardigers moet dus besonder versigtig wees wat hulle deesdae byvoeg. Slegs bymiddels wat veilig is vir mense om te eet en drink, mag by voedsel bygevoeg word.


















Hoe word voedsel geprosesseer?


Inleiding tot hierdie onderwerp:

CAPS vereis dat leerders navorsing doen oor die verskillende maniere waarop voedsel (rou materiaal) geprosesseer word en kies dan een van hierdie maniere om voedsel (rou materiaal) te verwerk. Ons stel voor dat hierdie projek deur die opvoeder gebruik word om te assesseer. Hierdie eenheid stel sommige van die prosesseringsmetodes voor en raak dit baie kortliks aan. Daar word dan van leerders verwag om hul voorkeurmetode na te vors en hul navorsing daaroor voor te stel deur verskeie metodes te gebruik, soos plakkate/ skyfievertoning in PowerPoint / ens. Hulle moet ook voedsel (rou materiaal) prosesseer deur hierdie metode te gebruik en die stappe wat hulle gevolg het, aan die klas demonstreer.

Daar is verskillende vlakke van voedselprosessering. Die sleutelvraag om te vra, is: het enige proses plaasgevind van waar die plant of dier in sy natuurlike omgewing was, tot waar dit nou is? As jy ja kan sê, dan weet jy dit is op een of ander manier geprosesseer.

Vlakke van voedselprosessering


Minimaal geprosesseerde voedsel:

  • Vrugte en groente, neute, vleis en melk ondergaan baie min prosessering van waar dit in sy natuurlike omgewing was tot by die punt waar dit op jou tafel beland.
  • Dit moet geoes, gewas en soms geskil, gekap, versap of gesny word om oneetbare dele te verwyder, voordat dit verkoop kan word.
Melk en sap word minimaal geprosesseer.
Groente word gewas, gesny en gekook. Dit is minimale prosessering.

Geprosesseerde voedselbestanddele:

  • Produkte met 'n ranger raklewe, soos meel, olies, vette, suikers, strope, margarien, versoeters en stysel, val onder hierdie kategorie.
  • Die oorspronklike produk is verander en die bestanddeel lyk nie meer soos die oorspronklike kern, graan, oliesaad of bone nie.
  • Hierdie prosesseringstegnieke breek dikwels voedingswaarde af en die vervaardigers voeg dan bykomende voedingstowwe, vitamienes en minerale by hul voedsel.

Hoogs geprosesseerde voedsel:

  • Hoogs geprosesseerde voedsel sluit die volgende in: peuselhappies en nageregte, koekies, ontbytstafies, aartappelskyfies, koek en pasteie, sowel as gaskoeldranke, pastas, ontbytgraan en formule melk vir babas.
  • Diereprodukte wat hoogs geprosesseer is, sluit die volgende in: geprosesseerde vleis (gerook, geblik, gepekel of gedroog, "nuggets", visvingers, weense worsies, enige ander wors, soos kaasworsies en boerewors en burgers)
Polonie is hoogs geprosesseerde voedsel.

Die tabel hieronder toon aan hoe 'n rou produk geprosesseer word om 'n rou bestanddeel te maak, wat baie anders lyk as die oorspronklike rou produk. Dan word die geprosesseerde rou bestanddele gebruik om hoogs geprosesseerde voedsel, soos brood, te maak.

Die rou produk: Koring

Die geprosesseerde bestanddeel: Meel

Die hoogs geprosesseerde voedsel: Brood

Leer hoe om op te som


Soms word 'n groot hoeveelheid inligting aan ons deurgegee en ons moet dit saamvat, sodat dit vir ons makliker is om te onthou. Dit word 'n opsomming genoem en is 'n baie waardevolle vaardigheid.

AANWYSINGS:

  1. Gebruik die spasie hieronder om 'n tabel te trek en sodoende die vlakke van voedselprosessering op te som.
  2. Sluit 'n kort beskrywing en voorbeelde in van die vlakke van voedselprosessering.
  3. Besluit hoeveel kolomme en rye jy nodig het.
  4. Jou tabel moet 'n opskrif hê.







Hierdie vraag is daarop gerig om leerders te help om inligting in tabelformaat op te som. As hulle dit moeilik vind, begin deur die buitelyne van die tabel op die bord te teken en vul sommige van die inligting in. 'n Moontlike oplossing van 'n tabel word hieronder verskaf.

Vlak

Minimaal geprosesseerde voedsels

Geprosesseerde voedselbestanddele

Hoogs geprosesseerde voedsels

Beskrywing

Produkte wat baie min prosessering ondergaan

Produkte wat drasties verander het en die bestanddeel lyk glad nie meer soos die oorspronklike een nie.

Produkte wat bestaan uit 'n kombinasie van geprosesseerde bestanddele.

Voorbeelde

Vrugte en groente, melk, neute, vleis

Meel, suiker, olie, stroop.

Peuselhappies, koekies, nageregte, vleisprodukte soos visvingers, boerewors ens.



Voedselprosesseringsmetodes


Soos jy in die opsomming hierbo kan sien, bepaal die vlak van hoe voedsel geprosesseer word, baie van die voedselpreserveringsprosesse wat betrokke is.

Voedselprosesseringsmetodes het in baie opsigte verander, maar die basiese beginsels word steeds toegepas. Voedsel word steeds gedroog of verhit om dit te preserveer, net soos mense 300 jaar terug gedoen het, maar daar word ook baie moderne metodes vandag gebruik.

  • sondroog
  • gisting van suiwel tot kaas, karringmelk (Amasi) of joghurt, of gars of druiwe
  • die pekel van groente (bv. uie of agurkies)
  • gebruik van sout en speserye om vleis te preserveer (en dit dan uit te droog)
  • byvoeg van suiker by bessies en/of vrugte om dit in te lê.
  • pasteurisasie: net die regte hoeveelheid hitte word gebruik om bv. melk of sap op te warm, sodat die raklewe verleng kan word
  • kookkuns: braaivleis, rook, bak, braai
  • rooster
  • vries of verkoel
  • vriesdroog
  • spuitdroging
  • maak van gekonsentreerde sap

Wanneer jy na skool huis toe gaan vandag, maak 'n lys van al die produkte wat by jou huis is (of hulle nou in die kruidenierskas, yskas of vrieskas is). Skryf langs elke item neer watter tipe prosessering gebruik is, deur die lys hierbo as 'n riglyn te gebruik.










Dit maak nie saak watter voedselprosesseringsmetode gebruik is nie, daar is 5 belangrike vereistes waaraan alle voedselprosessering moet voldoen:

  1. Higiëne
  2. Energiebesparend
  3. Minimale vermorsing
  4. Arbeid-effektief
  5. Minimale fabrieksluitings

Bespreek waarom jy dink hierdie 5 vereistes belangrik is in voedselprosessering. Jy mag dalk bykomende leeswerk moet doen en 'n klasbespreking hê.












Hieronder is riglyne om die bespreking en antwoorde te fasiliteer.

  1. Higiëne - dit is maklik vir kieme en bakterieë om in kos te begin groei. Daarom moet vervaardigers op elke moontlike manier sorg dat elke werktuig, menger, stuk gereedskap en spesifiek die werkers se hande en klere, steriel moet wees en deurgaans so bly.
  2. Energiebesparend - die besondere hoë koste van energiebronne soos elektrisiteit, olie of diesel, maak dit baie belangrik dat voedselproduksie die kleinste hoeveelheid energie moet gebruik om "die werk veilig af te handel". Hoe meer geld spandeer word aan energie, hoe kleiner is die maatskappy se wins.
  3. Minimale vermorsing - vervaardigers doen alles in hul vermoë om so min as moontlik te vermors. Hoe meer vermorsing plaasvind, hoe laer is hul wins en hoe meer moet hulle spandeer om die afval te verwyder en daarvan ontslae te raak.
  4. Arbeid (gemeet volgens die aantal werkure per ton voltooide produk) - Vervaardigers probeer terugsny op die aantal mense wat enige voedselproduk hanteer, aangesien dit hoër koste vir die maatskappy beteken. Arbeid in sekere lande kos meer as in ander lande, wat ook die pryse van goedere verhoog.
  5. Minimale fabrieksluitings - elke keer wat die fabriek of besigheid sluit om skoon te maak, hou die fabriek op om geld te maak. Vervaardigers probeer dus om elke klein afdeling van hul produksielyn so skoon en "onderhoudsvry" as moontlik te hou. Hulle probeer selfs masjiene ontwerp wat hulself kan skoonmaak!

Vergelyking tussen tradisionele en kommersiële voedselprosesseringsmetodes


Ons het al baie geleer oor voedselprosesseringsmetodes in ons moderne lewens. Die inheemse mense van suidelike Afrika het egter al vir vele generasies voedsel gepreserveer en geprosesseer. Sommige van hul tradisionele metodes word selfs vandag nog gebruik.

AANWYSINGS:

  1. Lees die volgende beskrywing van hoe bier gemaak word in die Zoeloe-kultuur.
  2. Beantwoord dan die daaropvolgende vrae.

Hoe die Zoeloes bier maak

Bier (utshwala) speel 'n belangrike rol in die Zoeloe-kultuur, veral by sosiale byeenkomste en tradisionele seremonies. Zoeloebier word tradisioneel deur die vroue gemaak. Om die bier te brou, week die vroue growwe sorghum en mielies in water vir 'n dag, in 'n tipe dromvorm imbiza pot. Die volgende dag word die brousel oor 'n vuur gekook en meer sorghum word bygevoeg. Hierna word die mengsel fyngemaak en toegelaat om vir die res van die dag af te koel. Die volgende dag (dag 3 van die brouproses) word die mengsel gefiltreer deur 'n sif, om die groot veselstukke te verwyder. Die sif word gemaak van palmblare en die brousel word van die groot imbiza houer in die opdieningsflesiphangela, wat van klei gemaak is, gegooi. Die bier is gereed om bedien te word. Die iphangela word van die brouery in die kraal ( 'n halfbedekte hut, wat die rook van die vuur toelaat om te ontsnap en goeie suurstofvoorsiening te verseker, wat die brousel sal laat fermenteer/gis) gedra na die plek waar hulle vergader om dit te drink. 'n Vrou skep die bier in 'n houer, ukhamba ('n klein, ronde kleipotjie wat met tradisionele patrone versier is) deur 'n gedroogde kalbas te gebruik en bied dit op haar knieë vir die mans aan. Sy sal eerste aan die bier proe om vir die hoofman te wys dat sy die bier ordentlik gebrou het. Dan oorhandig sy die ukhamba voor sy dit na die res aanstuur. Die bier bevat 3% alkohol en is baie gesond, omdat dit gemaak word van plantprodukte sonder moderne by- of kleurmiddels.

Hierdie waterdigte, handgeweefde mandjie, wat Iquamba genoem word, word gebruik om oorblywende bier in te stoor.http://www.flickr.com/photos/37743612@N05/4685092625/

VRAE:

  1. Watter bestanddele word gebruik om utshwala te maak?


    Sorghum, gedroogde sorghum, mielies en water.

  2. Wat is die Zoeloename vir die drie verskillende kleipotte (houers) wat in die biermaakproses gebruik word?



    Imbiza (die broukan), iphangela (opdieningsfles) en ukhamba (drinkbeker)

  3. Waarvan word hierdie houers gemaak?


    Klei.

  4. Waarom het die brouershut slegs 'n half-bedekte grasdak en nie 'n volle grasdak nie?




    Die rede hiervoor is dat die vroue binne-in die hut 'n vuur moet maak om die mengsel te kook. 'n Opening is nodig vir die vuur om te ontsnap, en goeie suurstoftoevoer is nodig vir die vuur om te brand en vir die fermenteringsproses.

  5. Gebruik die spasie hieronder om 'n vloeidiagram te teken en die biermaakproses te illustreer. Onthou om pyltjies in te sluit en die rigting aan te dui.





  6. Vir die volgende opdrag sal jy bietjie navorsing buite die klaskamer moet doen, deur boeke en die internet te gebruik. Vind uit hoe bier in moderne brouerye gemaak word, soos in die Suid-Afrikaanse Brouery in Nuweland, Kaapstad. Skryf 'n paragraaf in die spasie hieronder, waarin jy die moderne biermaakproses met die inheemse metode van die Zoeloes vergelyk.










Voedselprosesseringsprojek


Noudat jy 'n beter idee het van die verskillende maniere waarop rou voedsel geprosesseer kan word, kies een spesifieke metode wat jy regtig interessant gevind het, om verdere navorsing te doen en dan die voedsel op die einde te prosesseer.

Nadat hierdie metode nagevors is, word leerders aangemoedig om hierdie voedselprosessering in die klas of tuis uit te voer. Op 'n gegewe dag, wanneer die projekte aangebied word, kan leerders fisies die voedselproduk klas toe bring, sodat die ander leerders dit kan proe.

AANWYSINGS:

  1. Lees so veel as moontlik op oor jou verkose metode van voedselprosessering.
  2. Voer 'n onderhoud met ten minste een persoon wat hierdie metode van voedselprosessering gebruik. Voor die onderhoud moet jy ten minste 10 verskillende vrae opstel om aan hierdie persoon te vra. Sluit die vrae en die persoon se antwoorde in, wanneer jy jou projek aanbied.
  3. Nadat jy jou navorsing gedoen het, moet jy 'n paar paragrawe insluit, met die opskrif: "Wat ek geleer het oor voedselprosessering... ". Dit moet 'n opsomming wees van al kennis wat jy opgedoen het.
  4. Bied jou bevindinge aan op 'n visuele manier van jou keuse - miskien 'n plakkaat, PowerPoint-skyfievertoning of in 'n "flip-file" as 'n brosjure. Wees kreatief en stel jou inligting voor op 'n lewendige en interessante wyse!
  5. Gebruik die kennis en begrip wat jy bekom het en prosesseer die voedsel deur hierdie metode te gebruik.
  6. Jy sal jou plakkaat/voorstelling/skyfievertoning vir die klas moet aanbied, sowel as die stappe wat jy gevolg het om jou verkose voedsel te prosesseer. Bring van hierdie geprosesseerde voedsel klas toe, sodat almal kan geniet wat die klasmaats gemaak het.
  7. Wanneer jy 'n prosesseringsmetode kies, maak seker dat jy die nodige voedsel het om te prosesseer! As jy nie vars (rou) perskes kan kry nie, omdat dit winter is, sal jy 'n ander prosesseringsmetode moet oorweeg!

Nota aan opvoeder: Hieronder is 'n rubriek, wat as riglyn gebruik kan word om elke leerder se projek te assesseer:

5

4

3

2

1

Navorsingsvaardighede

Nougesette toepassing van kennis; voldoende begrip; inligting is duidelik omskryf.

Goeie dekking van inligting en nuwe kennis / begrip; bewys van omskrywing

Voldoende en noukeurige kennis versamel. Meestal gekopieerde inligting.

Inligting versamel deur die kopieer en plak daarvan na willekeur, sonder veel beplanning.

Nie baie inligting is versamel nie. Van die inligting vul slegs spasie en dien geen werklike doel nie.

Onderhoudvaardighede

Vrae en antwoorde toon duidelike begrip van die prosesse wat betrokke is en inligting wat benodig word.

Vrae is duidelik en op die man af, alhoewel dit nie altyd gefokus is nie. Sommige antwoorde is goedgestruktureerd.

Ten minste 1/2 antwoorde is goedgestruktureerd / geformuleer, maar nie altyd relevant of gefokus nie.

Sommige antwoorde is goed geformuleer, maar dit is nie in enige bepaalde volgorde nie en vloei nie van die een in die ander nie.

Vrae het nie altyd betrekking op die onderwerp nie. Sommige vrae is moeilik om te verstaan. Daar is nie 10 vrae geformuleer nie.

Vermoë om inligting in 'n opsomming saam te vat.

Opsomming skep 'n goeie oorsig van die hoofidees. Duidelike en presiese samevatting van inligting vanuit die navorsing en onderhoud.

Opsomming is betreklik kort en bevat heelwat hoofidees, maar ondersteunende idees is ingesluit en maak die opsomming baie lank.

Opsomming is plek-plek 'n kopie van vorige tekste. Sommige hoofidees ingesluit; baie ondersteunende idees. Onvolledig.

Opsomming is kort en bondig; bevat baie min inligting. Onnoukeurig en skiet ver te kort.

Indien 'n opsomming ingesluit is, is dit weinig meer as een of op die meeste twee kort sinne. Onvolledig en baie bondig; bevat heelwat wanbegrippe.

Verwysing en bronnelys

Alle verwysings is aangedui en bronnelys is volledig en goed aangebied.

Sommige bronne word erken en verwys. Redelike goeie bronnelys.

Een of twee bronne erken. Bronnelys bevat titels, maar is tog onvolledig.

Geen bronverwysings in die teks nie, maar een of twee bronne is ingesluit in die bronnelys.

Geen bronnelys of bronverwysings nie.

Algemene indrukke van aanbieding

Goed aangebied, netjies en kreatiewe aanbieding. Goeie gebruik van taal en bronne. Goeie samehang en lewendig.

Redelik goed aangebied, maar kon netjieser gewees het. Aanbieding was goed. Redelike hoeveelheid moeite gedoen.

Daar is wel moeite gedoen, maar die aanbieding kon baie meer kreatief en interessant gewees het. Bronne kon meer effektief gebruik word.

Aanbieding was oor die algemeen eenvoudig met min kleurgebruik, uitleg of kreatiwiteit. Soms het die leser verward gevoel en kon nie die aanbieding volg nie.

Aanbieding was onnetjies en slordig. Inligting was nie akkuraat nie. Swak taalgebruik. Baie min moeite gedoen.

Effektiewe gebruik van inligting om voedsel te prosesseer

Voldoende gebruik van kennis; begrip verwerf in navorsing; onderhoud effektief aangewend om voedselprosessering te beplan.

Redelike goeie begrip van die voedselprosesseringsprosedure; toepassing in eie proses.

Goeie verband tussen sommige aspekte wat aangeleer is en praktiese toepassing daarvan, maar nie by almal nie.

Toepassing van ten minste 3 teoretiese konsepte, maar kon dit nie volhou sonder ondersteuning nie.

Kon nie verband tref tussen die kennis wat opgedoen is tydens navorsing en die praktiese toepassing daarvan nie.

Geskikte keuse by die prosessering van voedsel

Uitstekende keuse, wat gelei is deur navorsing, onderhoud en beskikbaarheid van voedsel.

Beperkings is in ag geneem; het 'n goeie keuse gemaak.

Keuse is bemoeilik deurdat nie alle beperkings oorweeg is nie.

Voedsel is lukraak gekies - het heelwat probleme veroorsaak, aangesien nie alle beperkings oorweeg is nie.

Het nie vooraf voorberei nie. Het voedsel gekies wat ongeskik was vir die doel van die opdrag.

Resultaat van die voedselprosessering

Voedsel is goed geprosesseer en het heerlik gelyk en gesmaak.

Sommige items is korrek geprosesseer en het goed gelyk en gesmaak.

Een of twee items is suksesvol geprosesseer. Ander het nie geslaag nie.

Alhoewel die idee korrek was, het die resultaat nie gewerk nie en het onaptytwekkend gelyk en gesmaak.

Gebrek aan voorbereiding, dus was die voedselprosessering onsuksesvol.

Demonstrasie van voedselprosessering

Demonstrasie was lewendig en vermaaklik. Gehoor het dit baie geniet

Demonstrasie is redelik goed aangebied, met 'n paar haakplekkies.

Baie senuweeagtige aanbieding, maar het baie hard probeer. Het die gehoor hier en daar verloor.

Demonstrasie was kort / onvolledig. Het gesukkel om die proses te verduidelik.

Het probeer om te demonstreer, maar die nodige selfvertroue en begrip van die proses het ontbreek.

Ontleding van stappe om voedsel te prosesseer

Baie noukeurige en duidelike ontleding van stappe.

Redelik noukeurig, maar ontleding van stappe is nie deurgaans duidelik oorgedra nie.

Stappe is nie mooi georden nie, maar kon die proses in hoofstappe ontleed.

Kon slegs sommige van die hoofstappe identifiseer, maar nie in logiese volgorde nie.

Het baie aansporing nodig gehad om een of twee van die hoofstappe in die proses te identifiseer.

TOTAAL:

/50



  • Voedsel is geprosesseer om dit eetbaar te maak, deur dit bv. te kook of te berei.
  • Voedsel word geprosesseer om dit langer te laat hou- ons sê dit word gepreserveer.
  • Voedsel is geprosesseer om die voedingswaarde daarvan te verhoog deur dit bv. te laat fermenteer.
  • Gedurende prosessering kan voedsel sommige voedingstowwe verloor.
  • Verskillende metodes word gebruik om voedsel te prosesseer.


  1. Skryf 'n definisie neer vir "voedselprosessering", wat die betekenis daarvan sal verduidelik.



    Die verandering van rou dier- of plantmateriaal in produkte en voedsel wat ons kan eet en gebruik.

  2. Daar is drie hoofredes waarom ons voedsel prosesseer. Verduidelik wat bedoel word met die volgende woorde wat verband hou met voedselprosessering.
    1. preservering


    2. kook / braai


    3. fermentering


    1. laat voedsel langer hou
    2. Maak kos eetbaar
    3. verhoog die voedingswaarde van voedsel
  3. Maak 'n lys van drie nadele wat aantoon hoekom mense van mening is dat voedselprosessering nie goed is vir hul gesondheid nie.




    1. There are many additives added to food - preservatives, colourings, artificial sweeteners and salt, etc.
    2. Voedingstowwe kan verloor word gedurende die proses.
    3. Daar is 'n risiko van besmetting deur verskillende bronne.
  4. Beskryf hoe jy te werk sal gaan om ekstra vis wat jy gevang het te bewaar gedurende 'n oornag kampeeruitstappie.




    Haal die ingewande van die vis uit en maak dit skoon, was die vis in sout water en fileer dit, strooi dit met growwe sout en speserye en hang dit in 'n lugtige plek weg van aasvreters en lastige insekte.

  5. 'n Boer wil groen (wit) tafeldruiwe van sy plaas naby Worcester in die Wes-Kaap uitvoer na Australië. Stel voor die beste vorm van vervoer waarvan jy weet wat hy moet gebruik en verduidelik waarom jy hom hierdie raad gegee het.




    Hy behoort die druiwe in spesiale bokse te pak wat hulle sal beskerm en die bokse direk direk in koelkamers plaas. 'n Spesiale verkoelings vragmotor moet hierdie bokse na die lughawe vervoer van waar hulle na Australië in 'n vragvliegtuie verwoer sal word.

  6. Die lewens van baie diabete en mense met ernstige voedsel allergieë is drasties verbeter met die ontdekking van verwerkte voedsels. Verduidelik hoekom jy dink dat dit waar is.



    Gespesialiseerde voedselsoorte is nie algemeen beskikbaar nie en mense met voedsel allergieë, bv.'n melk allergie, kan hierdie produkte koop in plaas van sonder dit te gaan.

  7. Hieronder is 'n tabel. Langs elke item in kolom A skryf die mate waartoe die rou materiaal verwerk is.

Voedsel

Mate van verwerking

mieliebrood

hoogs verwerkte voedsel

vars gewaste mielie half-pad geskil en in 'n Styrofoam houer verpak

minimale verwerking

sonneblomolie

verwerkte bestanddele

Verduidelik hoekom baie mense glo dat hoogs verwerkte voedsel sleg is vir jou gesondheid.



Die kos prosesse wat betrokke is in die verwerking van hoogs verwerkte voedsels vernietig baie voedingstowwe.

Vergelyk die voedsel verwerking metodes van enige twee voedsel verwerking tegnieke.





Die idee is dat leerders die inligting van hul projek gebruik om hul verduideliking van die voedsel verwerking metodes te ondersteun.

Skryf 'n kort paragraaf wat 'n opsomming gee van wat jy geleer het oor voedsel verwerking en hoekom jy dink dit is belangrik vir jou daaglikse lewe.






Leerder gerigte antwoord.