Elektriese stroombane


  • Wat is elektrisiteit?
  • Hoe bou ons 'n eenvoudige elektriese stroombaan?
  • Uit watter komponente bestaan 'n elektriese stroombaan?
  • Wat is die funksie van elke stroombaankomponent?
  • Wat is die verskil tussen 'n oop en 'n geslote elektriese stroombaan?

Gebruik 'n Leersiklusbenadering om elektriese stroombane te onderrig:

  1. Raak betrokke: Assesseer die leerders se voorkennis deur hulle te betrek met vrae of a opdrag wat betrekking het op die nuwe konsep wat geleer moet word. Die aktiwiteit behoort 'n geleentheid te bied dat leerder kan gesels oor hulle vorige ervarings met die konsep.
  2. Ondersoek: Die onderwyser verskaf 'n eenvoudige aktiwiteit, taak of 'n reeks van aktiwiteite waarby leerders betrokke raak. 'n Deel van die ondersoekfase kan wees dat leerders voorspel wat hulle dink gaan gebeur tydens die aktiwiteit. Die aktiwiteit behoort vir die leerders die geleentheid te bied om data te versamel en te orden wat hulle in staat sal stel om verduidelikings te ontwikkel vir die verskynsels wat ondersoek word.
  3. Verduidelim en reflekteer (dink na): Die onderwyser lei die bespreking na aanleiding van die leerders se data. Die onderwyser stel die woordeskat, idees, begrippe ens. soos benodig, bekend.Die onderwyser en leerders mag gesamentlik verduidelikings van die verskynsels wat ondersoek word, saamstel.
  4. Brei uit of pas toe: Die onderwyser gee aan die leerders die geleentheid om hulle begrip te verbreed deur aan hulle nuwe/of soortgelyke ervarings te gee, om dit wat hulle geleer het, toe te pas.
  5. Evalueer: Assesseer die leerders se begrip van die konsepte/verskynsels op enige geskikte manier.

'n Eenvoudige stroombaan


Verskeie wanbegrippe ontwikkel in leerders se siening (hul gedagtes) oor elektrisiteit en elektriese verskynsels as onderwysers nie versigtig is met die gebruik van die korrekte wetenskaplike taal en die gepaste begripsontwikkeling van idees gebruik nie. Onderwysers praat byvoorbeeld te losweg oor begrippe soos elektrisiteit, elektriese stroom en lading asof hierdie begrippe almal dieselfde is. Leerders maak vir die eerste keer kennis met elektrisiteit in Graad 5; vanjaar word daar baie verder op die konsep gebou.

As ons aan die wêreld dink daarin ons tans leef, is die een ding wat ons omtrent oral teëkom, elektrisiteit.

Wat weet jy van elektrisiteit?


In stap 1 van die Leersiklus moet leerders 'n dinkskrum hou oor wat hulle van elektrisiteit weet.

Dink oor elektrisiteit en skryf jou antwoorde of response in die spasies wat hieronder voorsien is.

VRAE

Name and draw five appliances in your home that need electricity to work.














Noem vyf toepssings (gebruike) van elektrisiteit in jou omgewing.





Noem vyf toepassings van elektrisiteit in jou skool





Waarom is elektrisiteit vir jou belangrik?



Waarom is elektrisiteit vir jou dorp of stad belangrik?



Waarom is elektrisiteit vir ons land belangrik?



Jy is besig om 'n splinternuwe huis te bou. Jy wil 'n elektriese stoof in jou kombuis hê. Noem al die dinge wat gedoen moet word deur die elektrisiën sodat jou stoof sal werk.



'n Elektriese stoof is verbind aan die elektriese toevoer deur 'n verskaffer soos ESKOM, dit word ook die hoof toeveor genoem. 'n Elektrisiën moet die elektriese bedrading in die huis installeer.

Selfone werk met elektrisiteitCell phones work with electricity. How does your cell phone get its electricity?


Selfone het 'n battery.

Wat is die verskil tussen die maniere wat ons 'n elektriese stoof en 'n selfoon kan kry om te werk?




'n selfoon werk met 'n herlaaibare battery. Die stoof is verbind (gekonnekteer) aan die hooftoevoer. Die selfoon word herlaai vanaf dieselfde toevoer as die elektriese stoof.

  1. Wat sal jy sê is elektrisiteit?




Elektrisiteit is woord wat gebruik word vir 'n wye reeks van elektriese verskynsels. Dit ondervang in een of ander vorm alles om ons. Dit vind toepassings in die wetenskap, ingenieurswese en tegnologie. Dit het te doen met die fisiese verskynsels, wat met die teenwoordigheid en beweging van elektries gelaaide voorwerpe verband hou. Elektrisiteit sluit in 'n wye verskeidenheid wel bekende elektries effekte, soos lightning, static electricity, electromagnetic induction en electric current in 'n elektriese draad.



Ons gebruik elektrisiteit elke dag. Ons moet verstaan wat dit is en hoe om dit veilig en korrek te gebruik.

Het jy al ooit 'n flitslig gebruik? Waarvoor word dit gebruik? Wat doen jy om 'n flitslig te laat werk? Kom ons probeer om die gloeilamp van 'n flitslig om te werk. Ons wil dit doen sonder om die flitslig self te gebruik.

Hoe om 'n flitslig se gloeilamp te laat werk


In stap 2 van die Onderrig Siklus het leerders ontdek hoe om 'n gloeilamp te laat werk deur die bou van 'n eenvoudige stroombaan.

Voordat die leerders die aktiwiteit aanpak, doen dit eers self en maak seker dat dit werk met die beskikbare batterye en gloeilampe. Sekere gloeilampe benodig dalk 'n battery van meer as 1.5 V. Dit sal ideaal wees om gloeilampe te kry wat met 1.5 V werk. Die drade kan verkry word van enige elektriese apparaat wat nie meer in gebruik is nie. Indien 'n gloeilamp wat met 1.5 V werk nie gevind kan word nie, probeer dan 'n 9V battery.

Die volgende is 'n "YouTube" video (8-9 minute) wat van behulp mag wees met die oordra van hierdie eenheid.

MATERIALE:

  • D-grootte battery (1.5 V)
  • Flitslig gloeilamp
  • Three stukke elektriese draad 15-20 cm lank met die punte ongeveer 1 cm gestroop van plastiek isolasie materiaal.
  • Kleefband of "Prestik"
  • Stuk karton
  • Twee duimdrukkers met metaal (brons) koppe (verwyder enige plastiek omhulsels)
  • 'n metaal skuifspeld (verwyder enige plastiek omhulsel)

INSTRUKSIES:

Elektriese kontak is belangrik in al die volgende aktiwiteite. Indien die konneksies of skakelaars later nie werk nie, maak seker dat daar elektriese kontak is (metaal op metaal) by elke punt van die stroombaan. Maak seker om dit aan die leerders duidelik te maak.

  1. Werk in pare.
  2. Die ondergaande figure wys vier maniere om batterye en gloeilampe te konnekteer deur slegs EEN draad te gebruik.
  3. Voorspel eers of die gloeilamp sal brand.
  4. Maak dan die konneksies en toets of jou voorspelling reg was.

Stroombaan

Voorpselling - sal die gloeilamp brand? (Ja of nee)

Eksperiment - Het die gloeilamp gebrand? (Ja of nee)

Nee

Nee

Ja

Nee

Dit is NIE belangrik dat die leerders die voorspelling reg kry nie! Dit is deel van die leer proses wat na konsep-begrip en samehanging lei. Nietemin, voorspellings word gebasseer om 'n mate van redenasie, so dit IS baie belangrik dat hulle toegelaat word om na te dink oor hoekom hulle voorspellings verkeerd was. Baie leerders verlaat die skool sisteem met die indruk dat voorspelling op raaiskote gebasseer word sonder enige opvolg.

  1. Hoeveel maniere kan jy aan dink om die gloeilamp te laat brand? Probeer verskillende konneksies. Teken die wat werk en die wat nie werk nie in die ondergaande tabel.

Leerders mag dalk met meer konneksies vorendag kom wat nie werk nie in teenstelling met die wat werk. Die gloeilamp mag ook aan die negatiewe kant van die battery geplaas word om 'n werkende konneksie te verkry.

Konneksies wat werk

Konneksies wat nie werk nie

  1. Beskryf in jou eie woorde wat jy gedoen het om die gloeilamp te laat brand / skyn.



Onderwyser nota: Die kern doel is om 'n ongebroke baan vir die elektrisiteit te vorm wat een terminaal van die battery met een terminaal van die gloeilamp en so ook vir die oorblywende terminale.

  1. Jy het nou 'n EenvoudigElektriese stroombaan! Kom ons kyk of jy ook 'n manier kan vind om die gloeilamp te laat brand met twee drade.
  2. Die volgende twee figure wys vier maniere om 'n battery en 'n gloeilamp te konnekteer met TWEE drade.
  3. Gebruik kleefband of "Prestik" om die drade aan die battery te heg. Doen dit op dieselfde manier as tevore.
  4. Voorspel eers of die gloeilamp sal brand.
  5. Maak die konneksies en toets of jou voorspelling reg was.

Stroombaan

Voorpselling - sal die gloeilamp brand? (Ja of nee)

Eksperiment - Het die gloeilamp gebrand? (Ja of nee)

Nee

Ja

Nee

Nee

  1. Probeer nou ander maniere om die battery en die gloeilamp te konnekteer met twee drade. Teken een voorbeeld van so 'n stelsel wat gewerk het, en een wat nie gewerk het nie.

Stelsel wat werk

Stelsel wat NIE gewerk het nie.

  1. Jy het nog 'n voorbeeld van 'n elektriese stroombaan gebou!
  2. Beskryf wat jy gedoen het om die gloeilamp te laat brand in die geval waar jy twee drade gebruik het.



'n Bespreking moet volg in stap 3 van die Onderrig Siklus. Van die woordeskat, idees en konsepte moet voorgestel word. Jy moet saam met die leerders 'n verdeuidelik van die verskynsel wat ondersoek word saamstel (hoekom die elektriese stroombaan werk of nie).


Noudat ons die verskillende maniere ondersoek het om 'n eenvoudige stroombaan te mak, kom ons definieer dit in meer detail.


Elektriese stroombane bestaan uit verskillende komponente. Wat beteken die woord "komponent"? Soek die definisie van komponent op in jou woordeboek en skryf dit hier onder neer.



'n Onderdeel of element van 'n groter heel, veral 'n onderdeel van 'n masjien of voertuig.


'n Eenvoudige elektriese stroombaan bestaan uit ten minste drie komponente / onderdele.

  1. 'n Bron van elektriese energie, soos selle.
  2. Geleier materiaal, soos elektriese drade.
  3. 'n Toestel wat energie oordra vir 'n nuttige doeleinde, soos die gloeilamp wat lig verskaf.

Let dat die diagram 'n ekstra komponent bevat: 'n gloeilamp houer. Wees gewaarsku dat dit die eintlike konneksies met die gloeilamp onduidelik maak of verberg.

'n Eenvoudige stroombaan.

Dink jy daar is iets wat deur die gloeilamp vloei wanneer dit skyn? Wanneer ons die gloeilamp so konnekteer dat dit aanskakel, dan is daar iets wat deur die hele stroombaan vloei. Wanneer dit nie skyn nie het ons nie 'n korrekte of volledige baan gebou vir die elektrisiteit nie. Die 'ding' wat vloei word 'n elektriese stroom genoem. Wanneer die lig skyn sê ons dat daar 'n elektriese stroom in die baan is. Die elektriese stroombaan is 'n stelsel vir die vervoer van energie. Dink weer aan die stroombane wat jy sovêr gebou het.


Wat is die vereistes vir die lig om te skyn?




Die stroombaan moet ten minstel al drie die bogenoemde komponente bevat. Die stroombaan moet gesluit wees. Die konneksies moet elektriese kontak verskaf (metaal op metaal).



Kom ons kyk weer na die flitslig:

  1. Verskaf die gloeilamp die heeltyd lig?
  2. Wanneer verskaf dit lig en wanneer nie?
  3. Wat noem ons die komponent / onderdeel van die flitslig wat toelaat dat ons die lig aan en af skakel?

'n Skakelaar word gebruik om 'n elektriese toestel aan en af te skakel. Maar hoe werk dit?

'n Tipiese flitslig - die groot rooi knop is die skakelaar.

Ondersoek hoe 'n skakelaar werk.


MATERIALE:

  • 'n skuifspeld
  • wee duimdrukkers (drukspyker)
  • 'n Stuk karton
  • 'n gloeilamp
  • 3 stukke draad
  • selle

INSTRUKSIES:

  1. Maak 'n skakelaar deur die skuifspeld te buig soos aangedui in die diagram.
  2. Druk die twee drade se punte vas op die karton met behulp van die duimdrukkers. Een van die duimdrukkers moet ook die skuifspeld vaspen.
  3. Die ander kant van die skuifspeld moet beweeg kan word om kontak te maak met die tweede duimdrukker of nie.
  4. Beweeg die skuifspeld sodat dit nie kontak maak met heirdie duimdrukker nie.
Die skakelaar.
  1. Ons wil nou die skakelaar gebruik. Gebruik die selfde opstelling soos vir 'n eenvoudige elektriese stroombaan met 'n gloeilamp, 'n sel en 2 drade soos vir die vorige aktiwiteit.
  2. Konnekteer die skuifspeld skakelaar met die battery deur 'n derde elektriese draad te gebruik. Onthou om die draad punte in posisie te hou met kleefband of "Prestik"
Die opstel van 'n skakelaar en 'n eenvoudige stroombaan.

VRAE

Beweeg die skuifpseld tot op die tweede duimdrukker. Wat gebeur?


Die gloeilamp brand

Beweeg die skuifspeld weg van die tweede duimdrukker af. Wat gebeur nou?


Die gloeilamp hou op om te brand.

Verduidelik hoekom jy dink dat die skuifspeld en karton toestel 'n skakelaar genoem kan word.




Ons het alreeds genoem dat 'n skakelaar gebruik word om 'n elektriese toestel aan en af te skakel. Ons het ook gesê dat so 'n skakelaar gebruik word om 'n elektriese stroombaan oop of toe te maak. Wanneer die skakelaar aan is, is die stroombaan gesluit / voltooi. 'n Elektriese troom kan dan deur die baan vloei. Ons kan ook sê dat daar 'n ongebroke elektriese baan in die stroombaan is.

Wanneer die skakelaar af is, is die stroombaan oop. In hierdie geval is daar nie 'n elektriese stroom wat deur die baan vloei nie. Die elektriese baan is nou gebroke / onvoltooid.


Noem vier ander elektriese toestelle in jou huis wat skakelare bevat.






Stroombaan komponente

Ons gaan nou meer noukeurig kyk na die komponente in 'n elektriese stroombaan. Dit sal ons help om te verstaan hoe 'n stroombaan werk.

In die volgende aktiwiteite is dit ideaal as die leerders die werklike komponente wat genoem word (verskillende batterye, gloeilampe, etc.) kan sien, maar as dit nie moontlik is nie, verwys na die foto's wat ingesluit is om die vrae te voltooi. Dit sal leerders help om te begryp dat die stroombane wat hulle in die klas bou voorstellings is van groter stroombane wat hulle in hulle daaglikse bestaan teekom; of dit nou 'n stroombaan in 'n kar, 'n huis of die klaskamer is wanneer jy byvoorbeeld 'n lig aanskakel.

Batterye kom in alle vorme en groottes.


MATERIALE :

  • 'n Verskeidenheid van verskillende batterye, soos:
    • 'n Flitslig battery
    • 'n Horlosie battery
    • 'n Selfoon battery
    • 'n Gehoorstuk battery
    • 'n Motor battery (of foto)

INSTRUKSIES:

  1. Kyk na 'n tipiese flitslig battery.
  2. Beskryf hoe die battery lyk. Verwys spesifiek na die punte van die battery.



Die vorm is soos 'n silinder. Een kant is plat, die ander kant het 'n knop. Die buitekant is van 'n metaal materiaal gemaak.

  1. Kyk versigtig en sien of jy die positiewe (+) en negatiewe (-) tekens op die battery kan sien. Watter kant van die battery is gemerk met die positiewe teken en watter kant met die negatiewe teken?


Die kant met die knop is die positief, en die plat kant is die negatief.

  1. Hier onder is 'n skets van 'n battery. Dui op die skets aan waar die positiewe en negatiewe pole van die battery is. Gebruik 'n (+) en 'n (-) teken soos wat jy op die battery gesien het.
'n Tipiese flitslig battery. Benoem die positiewe en negatiewe punte.
  1. Batteries come in all shapes and sizes. Look at the pictures below of different batteries.
Verskillende grote en vorm batterye.
  1. Jy mag gelukkig genoeg wees om verskillende tipes batterye in jou klas te hê, soos die van 'n horlosie, 'n selfoon of 'n motor. Indien nie, vra 'n volwassene in jou familie om vir jou 'n motor-, sel- en horlosie-battery te wys na skool.
  2. Skets sulke batterye in die ondergaande spasie. Dui die positiewe en negatiewe pole van elke battery op die skets aan. Onderaan is foto's om jou te help indien jy nie sulke battery kan kry nie.

Motor battery

Selfoon battery

Horlosie battery

'n Motor battery.
Horlosie batterye. Dit is taamlik klein!

Vir sekere toestelle is dit belangrik dat die batterye in die regte posisie geplaas word. Hoekom dink jy is dit die geval? Dit is omdat die battery gebruik word om 'n elektriese stroom in die toestel te maak en in sekere toestelle kan die elektriese stroom slegs in 'n spesifieke rigting deur die toestel beweeg. Om te keer dat die toestel beskadig word, moet die battery in die korrekte orientasie ingesit word.

Ondersoek gloeilampe


MATERIALE:

  • 'n Gloeilamp wat gebruik word in 'n eenvoudige baan aktiwiteit
  • 'n Gloeilamp vir 'n huis passtuk

INSTRUKSIES:

  1. Vergelyk die gloeilamp wat jy gebruik het vir die stroombaan met die lig passtuk wat in 'n huis of klaskamer gevind word. Onder is 'n nader kyk na 'n gloeilamp wat in 'n huis passtuk gebruik word indien jy nie een het nie.
'n Gloeilamp
  1. Probeer om die volgende 6 dele van 'n gloeilamp te identifiseer: glas omhulsul, metaal bodem omhulsel, twee metaal penne, baie dun draad tussen die metaal penne, glas stuk wat die metaal penne in posisie hou en 'n metaal kontak punt aan die onderkant.
  2. Benoem al die dele van die gloeilamp in die ondergaande skets.
  1. Neem aan dat die gloeilamp aan 'n battery gekonnekteer is. Gebruik 'n helder kleurige potlood of pen (rooi indien moontlik) en teken die pad van die eletriese stroom deur die gloeilamp.

Die pad moet by die metaal omhulsul begin, dan op deur een van die metaal penne, deur die dun draad, af met die ander pen na die konneksie punt aan die onderkant van die gloeilamp.

  1. Ons weet nou dat 'n gloeilamp brand wanner dit korrek gekonnekteer word met 'n batery. Uit watter deel van die gloeilamp kom die lig vandaan?

Die dun draad tussen die twee metaal penne.

  1. Hoe voel die glas omhulsul nadat die gloeilamp vir 'n tyd lank aangeskakel was?

Warmer as tevore.

Daar is ook ander tipes lig uitstralers / emittors: Fluoresserend, LED's, halogeen ligte, etc. Sien of jy kan identifiseer watter tipe ligte in die klaskamer gebruik word.



Die battery is 'n bron van energie. 'n Deel van die energie word deur die elektriese drade vervoer na die dun draad in die gloeilamp. Die dun draad word warm en straal lig uit (gee lig af). Die energie is in die dun draad omgesit na hitte en lig. Dus, chemiese energie in die battery word verander na elektriese energie en word dan deur die gloeilamp in lig en hitte omgeskakel.

Kom ons kyk na meer eletriese drade


MATERIALE:

  • Geleier drade

Maak seker dat die insulasie verwyder word van die punte van die draad sodat die metaal drade uitsteek by die draad se punte.

INSTRUKSIES:

  1. Kyk noukeurig na die eindpunte van 'n stuk elektriese draad, of kyk na die ondergaande foto.
  2. Ondersoek die binne- en buitekante van die draad.
Die punt van hierdie draad is gestroop van plastiek.

VRAE

Wat is aan die binnekant, en wat is aan die buitekant van die draad?

Binne: Koper draad, Buite: Gekleurde plastiek materiaal

Hoekom is daar verskillende materiale aan die binne- en buitekant van die draad? Wat is die funksies van die binne en buite materiale?

Binne: Koper draad is 'n elektriese geleier materiaal. Dit verskaf 'n roete vir die elektriese stroom in 'n baan. Energie word in die koper draad vervoer van 'n battery na 'n toestel. Buite: Gekleurde plastiek is 'n elektriese nie-geleier / isolator materiaal. Dit verhoed die oordrag van elektrisiteit na die omgewing. Dit is ook daar vir veiligheids doeleindes om skade of skok te verhoed indien die elektriese stroom groot is.


Ons het alreeds 'n skakelaar bespreek en gebou, maar 'n lig skakelaar in 'n huis lyk effe anders.

'n Lig skakelaar

Beskryf in jou eie woorde hoe jy dink 'n huis se lig skakelaar werk. Leidraad: kyk weer na hoe ons 'n skakelaar gemaak het met 'n skuifspeld.



Wanneer jy die skakelaar aansit, word 'n konneksie gemaak - dit beteken die gloeilamp skakel aan. 'n geslote stroombaan word gevorm. Wanneer die skakelaar na die ander posisie beweeeg word (af), word die konneksie gebreek en die baan begelei nie energie nie, wat beteken die gloeilamp gaan nie aanskakel nie.




Stroombaan diagramme

Indien ons 'n rekord wil hou van hoe 'n spesifieke elektriese stroombaan gebou is, kan ons 'n foto daarvan neem. Indien ons nie 'n kamera het nie, kan ons die stroombaan onthou deur 'n skets te maak.

Kyk na die ondergaande skets wat Farrah geteken het van 'n stroombaan wat julle gemaak het in die aktiwiteit met die skuifspeld skakelaar.

'n Skets van die eenvoudige stroombaan met 'n skuifspeld skakelaar, battery en gloeilamp.
Haai, maar ek kan nie so goed soos Farrah teken nie! Dit sal my hopeloos te lank vat om 'n skets van die stroombane te maak wat ons in die klas gebou het!

Dis reg Jojo. Dit neem tyd om 'n skets te maak soos Farrah s'n. Dit sal selfs langer neem indien ons weer komponente in die baan byvoeg. Ons kan ook meer as een gloeilamp hê soos met al die ligte in jou huis. Daar kan ook meer as een skakelaar wees. Elke lig in jou huis het sy eie skakelaar.

En soos Jojo genoem het, nie almal van ons kan ewe goed teken nie! Om tyd te spaar en slegte sketse te vermy, het navorsers vorendag gekom met 'n manier om die komponente van 'n stroombaan voor te stel met spesiale simbole. Hierdie simbole word regoor die wêreld gebruik. Dit help navorsers, ingeneurs en tegnici om stroombane vinner te teken of op rekord te stel. Dit help ook dat almal die stroombaan op dieselfde manier verstaan.

Die tabel wys die skets wat Farrah geteken het en die simbool vir elke komponent van ons stroombaan.

Komponent

Skets

Simbool

Battery (sel)

Gloeilamp

Elektriese draad

_____

Skakelaar

Oop skakelaar, stroombaan oop:

Toe / geslote skakelaar, stroombaan toe:

@@CAPTIONDit is baie beter! Ek kan definitief hierdie maklike simbole teken vir stroombaan diagramme!

Wanneer ons hierdie simbole saamvoeg om 'n elektriese stroombaan voor te stel, noem ons dit 'n stroombaan diagram.


Teken 'n stroombaan diagram van die bogaande skets. Gebruik die simbole in die tabel instede daarvan om die komponente te teken.








Vergelyk jou diagram met die onderstaande een. Jy mag dalk 'n diagram soos dit geteken het.

BEHALWE vir elektriese stroom diagramme, stel ons die drade met reguit lyne voor.

Hierdie is 'n eenvoudige en vinnige manier om 'n elektriese stroombaan voor te stel, en dit moet aan almal duidelik wees dat hierdie baan 'n battery, 'n gloeilamp en 'n skakelaar alles met elektriese drade gekonnekteer is. Alhoewel ons die drade as reguit lyne voorstel in 'n stroom diagram, ONTHOU dat die drade nie reguit loop in die regte lewe nie. Dink net aan die elektriese drade wat aan die toestelle in jou huis gekoppel is, soos aan 'n ketel, lamp, stofsuier of rekenaar.

Ruil die komponente om


Onderwyser nota: In stap 4 van die Leer Siklus, verskaf die onderwyser geleenthede vir leerders om hulle begrip uit te brei deur hulle met nuwe en verwante ondervindinge te verskaf waarin hulle kan toepas wat hulle geleer het.

MATERIALE:

  • stroombaan komponente (battery, draad, gloeilamp, skakelaar)

INSTRUKSIES:

  1. Dink terug aan ons elektriese stroombaan en die bogaande diagram. Die battery is aan die linkerkant, die gloeilamp aan die bokant en die skakelaar aan die onderkant.
  2. Neem aan dat ons die gloeilamp en die battery omruil. Die gloeilamp is nou aan die linker- en die batttery an die bokant.
  3. Teken 'n stroombaan diagram soos beskryf is vir so 'n uitleg.







  1. Voorspel wat sou gebeur indien jy die skakelaar sou toemaak.


Die gloeilamp sal brand, net soos tevore (met dieselfde helderheid).

Stel die stroombaan soos dit op met die komponente wat jy tevore gebruik het. Skakel die skakelaar aan en kyk of jou voorspelling korrek was. Wat kan jy hieruit aflei? Maak dit saak waar in die stroombaan die komponente geplaas word?




Die volgorde van die komponente in 'n eenvoudige stroombaan soos die een wat ons hier gebruik is nie belangrik nie. Die elektriese stroom sal dieselfde bly in albei gevalle, aangesien ons nie die battery (dieselfde energie bron) of die gloeilamp (dieselfde weerstand) verander het nie.


Kom ons oefen om stroombaan diagramme te teken.

Teken stroom diagramme


INSTRUKSIES

Vir elkeen van die volgende, teken 'n stroom diagram in die spasie en gebruik al die komponente wat gelys is.

  1. 'n Stroombaan met 1 sel en 2 gloeilampe.







  2. 'n Stroombaan met 2 selle en 2 gloeilampe.







  3. 'n Stroombaan met 3 selle en 3 gloeilampe.







  4. 'n Stroombaan met 3 selle, 'n gloeilamp en 'n oop skakelaar.







  5. 'n Stroombaan met 1 sel, 2 gloeilampe en 'n geslote skakelaar. Die skakelaar moet tussen die gloeilampe wees.







Onderwyser nota: Meer as een moontlik stroombaan diagram kan hier geteken word. Die gegewe bane volg sekere ingegrawe konvensies. Daar is geen rede hoekom stroombaan 4 byvoorbeeld nie die batterye en gloeilampe beurtelings geplaas kan word nie. Die leerders kan selfs gevra word om so 'n stroombaan te bou en te kyk of daar enige opletbare verskil is in hoe die gloeilampe voorkom. Indien hulle deselfde voorkom as tevore is daar geen werklike verskil tussen die twee stroombane nie, alhoewel die konneksies anders is.

1:

2:

3:

4:

5:



  • 'n Elektrisie stroombaan in 'n sisteem om energie te vervoer.
  • 'n Stroombaan is 'n volledige en ongebroke baan vir elektrisiteit.
  • 'n Eenvoudige stroombaan bestaan uit verskillende kompoente ('n bron van energie, geleiers en 'n toestel).
  • 'n Stroombaan kan 'n skakelaar bevat om dit aan en af te skakel.
  • Elektriese stroombane kan deur simbole voorgestel word in stroom diagramme.


In stap 5 van die Leer Siklus moet die onderwyser die leerders se begrip beraam.

Verduidelik in jou eie woorde wat 'n elektriese stroombaan is.



'n Elektriese stroombaan is 'n sisteem vir die vervoer van elektriese energie; dit is 'n volledige, ongebroke baan / pad vir elektrisiteit.

  1. Wat is die funksie van elke elektriese komponent in die ondergaande tabel?

Komponent

Funksie

Elektriese draad

Battery

Skakelaar

Gloeilamp

  1. In watter een van die volgende elektriese stroombane sal die gloeilamp brand? Skryf ja of nee langsaan elke diagram. Skryf ook 'n rede vir jou antwoord onder die stroombaan.

Ja of nee:

Rede:

Ja of nee:

Rede:

Ja of nee:

Rede:

Ja of nee:

Rede:

  1. Teken 'n stroombaan diagram van die ondergaande stroombaan skets.









Kyk na die volgende stroombaan diagramme. Benoem al die komponente waaruit hierdie stroombaan bestaan en hier voorgestel word. Sluit ook die aantal wat gebruik word van elke komponent.


Twee selle, twee gloeilampe, 'n skakelaar en 4 elektriese draad konnektors.

Die stroombaan diagram in vraag 5 stel 'n regte baan voor. In die regte stroombaan, brand die gloeilampe? Hoekom sou jy sê is dit so?



Ja want die skakelaar is toe.

Simbolieke voorstelling is nuut vir leerders op hierdie vlak. Maak dit duidelik dat wanneer ons sê "in die bogaande stroombaan" bedoel ons "in die werklike stroombaan waarvan hierdie 'n diagram is".

Kyk na die ondergaande stroombaan diagram. Die gloeilamp brand nie as gevolg van vier redes. Trek 'n sirkel om die dele van die stroombaan wat verhoed dat die gloeilamp brand. Gee 'n verduideliking oor hoekom die gloeilamp nie brand nie vir elke rede.






batterye: een battery stoot stroom in een rigting, die ander battery in die ander rigting, so geen stroom vloei nie.

skakelaar: is oop so geen stroom kan daardeur vloei nie.

gloeilamp: net een terminaal is met die stroombaan verbind, so die stroom kan nie deur die gloeilamp vloei nie.

onderbreking in stroombaan: geen stroom kan deur vloei nie.

  1. Die stroombaan diagram in Vraag 7 stel 'n werklike stroombaan voor. Gebruik die ondergaande spasie en teken hoe die werklike stroombaan mag lyk wat deur die simbole voorgestel word.