Geraamtes van diere


  • Hoe lyk my geraamte?
  • Waarom het ek bene in my lyf?
  • Lyk alle geraamtes soos myne?
  • Kan 'n mens sien of 'n geraamte aan 'n mens of 'n dier behoort?

Geraamtes van gewerwelde


Hoe om die onderwerp in te lei:

As jy kan kry, plak ou x-strale teen die klas se vensters voor jy met jou les begin. Wanneer jou leerders inloop moet hulle dadelik kan agterkom waaroor die les gaan. Jy kan miskien jou naaste dierehospitaal besoek en hoor of hulle nie x-strale van diere het wat jy kan gebruik nie. As jy genoeg x-strale het om al die vensters te bedek, moet jy die klas ligte verdoof wat 'n element van onheilspellende fasinasie aan die les bied.

  • Begin deur jou leerders oor geraamtes te vra en hoor of hulle al 'n geraamte gesien het. Op hierdie ouderdom stel hulle vreeslik belang in geraamtes en ander vreemde bangmaak-goed.
  • Verduidelik dat julle gaan leer oor die geraamtes van gewerweldes. Omdat mense gewerweldes is, gaan ons eers meer oor ons eie geraamte leer en ook waarvoor al die bene in die liggaam is (wat is hulle funksie). Jy gaan dan leer van ander gewerweldes. Omdat jy al reeds geleer het van die menslike geraamte sal jy die funksie kan vergelyk van die met n menslike geraamte.
  • Maak papbokse bymekaar vir hul geraamte legkaarte.

Jy weet nou dat alle gewerweldes bene binne-in hulle liggame het en dat ongewerweldes geen bene het nie.

Elke keer wat 'n gewerwelde beweeg, gebruik dit sy bene, gewrigte en spiere om dit te doen. In hierdie afdeling gaan ons die bene, gewrigte en spiere bestudeer wat 'n gewerwelde laat beweeg

Bene


Bene is hard en vorm sterk raamstrukture om die gewerwelde dier se ligganm te ondersteun en te beskerm.

Alle gewerweldes het dieselfde soort bene - sommiges is net groter as ander, maar die basiese struktuur van die bene is baie dieselfde.

Verskillende soorte bene.

Identifiseer bene in jou liggaam.


MATERIALE

  • Gefotostateerde been legkaart prent van die mens se geraamte.
  • Gefotostateerde byskrifte wat by die prente van die mens se geraamte moet kom.
  • Hier groei baie min plante omdat water skaar is.
  • Gom
  • Herwinde dun karton soos 'n papboks.
  • Potlood en liniaal.
  • Kleurpotlode as jy jou geraamte wil versier.

INSTRUKSIES

  1. Hoeveel van die funksies van bene in 'n geraamte kan jy onthou?




    • Dit gee die liggaam vorm.
    • Dit beskerm interne organe.
    • Dit ondersteun organe en vlees.
    • Dit help die liggaam beweeg deurdat die spiere daaraan vas is.
  2. Jou onderwyser sal vir jou 'n legkaart van die mens se geraamte gee. Sny elke deel versigtig op die gestippelde lyn uit.

Onderwysers moet beklemtoon dat hulle net op die gestippelde lyn moet sny. Dit is 'n goeie aktiwiteit om leerders se fynmotoriese, ruimtelike en hand-oog koordinasie te toets aangesien dit 'n invloed het op soveel ander gebiede waar leerders mag sukkel met hulle skoolwerk. Dit kan vir onderwysers 'n idee gee van die soort probleme wat leerders het en hulle kan hierdie probleme aanspreek. Ons stel voor dat onderwysers deur die klas beweeg en hul leerders noukeurig observeer tydens die aktiwiteit en help waar nodig.

  1. Bou jou geraamte van 'n mens op die agterkant van jou herwinde kartonbord - moet dit nog nie plak nie. Jy gaan dit dalk bietjie moet skuif as dit nie mooi op die kartonbord pas nie.
  2. Wanneer jy dit reg neergesit het, plak dit op die karton vas.
  3. Sny byskrifte uit die tabel uit.
  4. Carefully pack the labels in the correct places - do not stick these down until you have done all of them as you might need to reposition them to fit it all in.

Hier is die woorde van 'n ou liedjie wat jou oor bene leer. Die koorgedeelte is elke keer uitgelaat.

  1. Werk in groepe van 5 -7.
  2. Komponeer 'n "rap" ritme; komponeer jou eie deuntjie, of gebruik 'n bestaande liedjie om jou lirieke te vergesel. Jy mag instrumente maak of gebruik om jou sang te vergesel.
  3. Voer jou liedjie vir die klas uit.

Die Bene Liedjie

Jou kopbeen is vas aan jou nekbeen, Jou nekbeen is vas aan jou skouerbeen, Jou skouerbeen is vas aan jou rugbeen,

So...

Jou rugbeen is vas aan jou heupbeen, Jou heupbeen is vas aan jou dybeen, Jou dybeen is vas aan jou kniebeen,

So...

Jou kniebeen is vas aan jou been-been, Jou been-been is vas aan jou enkelbeen, Jou enkelbeen is vas aan jou voetbeen, Jou voetbeen is vas aan jou toonbeen!

So...

Fotokopieër die bene woordpaskaart - maak seker daar is een vir elke leerder.

Die byskrifte hieronder is vir die bene woordpaskaart, en moet ook vir die leerders gefotokopieër word sodat hulle dit kan uitknip en gebruik om hulle woordpaskaarte te voltooi.

skedel

voetbene

onderkaak

dybeen

enkelbene

binne voorarm

kuitbeen

toonbene

skeenbeen

ribbe

ruggraat

gewrigsbene

knieskywe

heupbeen

vingerbene

stuitjie

sleutelbeen

handbene

borsbeen

armbeen

buite voorarm

Onderwysers wat ywerig voel kan hierdie kaart vergroot en 'n lewensgrote weergawe maak om aan die klaskamerdeur te hang of vas te plak.


Nou dat jy weet waar al die bene in die liggaam is, wonder jy waarskynlik wat elke been se doel is. Kom ons vind uit.

Die bene in die menslike skelet


INSTRUKSIES

  1. Bestudeer jou skelet kaart. Hierdie illustrasie van die menslike skelet mag ook help. Let veral op die vorms van die verskillende tipes bene.
  2. Kan jy voorbeelde van die vier verskillende tipes bene identifiseer? Skryf die voorbeelde van elke tipe been wat jy kan vind neer in hierdie tabel.

Die menslike skelet.

Tipe been

Waar in die gewerwelde liggaam kan jy dit vind?

Lang bene

arms, bene, vingerbene en voetbene

Kort bene

gewrig en voete

Plat bene

heupbene, skedel, sternum (borsbeen)en skouerblad; ribbe word ook gesien as plat bene

Onreëlmatige bene

werwels/ruggraat; kakebeen

  1. Kyk nou of jy hierdie bene in ander werweldiere se skelette kan identifiseer! Gebruik hierdie notasie om op die prentjie van die skelet te wys waar die verskillende bene is:
    • L= Lang been
    • K = Kort been
    • P = Plat been
    • O = Onreëlmatige been

Katskelet

Visskelet

Paddaskelet

VRAE:

Watter van hierdie diere is 'n soogdier?


Kat

Watter een is 'n amfibiese dier?


Padda


Nou dat jy weet hoe om die verskillende tipes bene in werweldiere te identifiseer, kom ons kyk van naderby na die funksies van sommige van hierdie bene.

Herhinner leerders daaraan dat ons die menslike skelet bestudeer as 'n voorbeeld van 'n werweldier, maar dat meeste werweldiere dieselfde basiese beenstruktuur het en dat hulle bene soortgelyke funksies het.


Funksies van die bene in die werweldier skelet:

1. Die skedel

Werweldiere se skedel bestaan uit verskillende bene wat inmekaargroei om 'n beskermende "kas" te vorm.

  • Die skedel beskerm die oë en ore, neus en mond.
  • Dit beskerm die brein.
  • Werweldiere se tande en onderkaak is ook aan die skedel vas.

Kan jy die diere waaraan elkeen van hierdie skedels behoort identifiseer? Skryf die naam in die spasie onder elke skedel.

Antwoord: Krokodilskedel, perdskedel, renosterskedel, menslike skedel.



2. Die ruggraat

  • Die ruggraat bestaan uit werwels.
  • Daar is 'n gat in die middel van elke werwel. Die gate is almal in lyn met mekaar sodat 'n buis gevorm word waarin die rugmurg lê.
  • Die ruggraat het twee funksies (werke):
    • Dit beskerm die rugmurg met al die senuwees daarbinne.
    • Dit ondersteun die boonste deel van die liggaam.
Die menslike ruggraat en werwels.

Vergelyk die bene in die ruggraat van die kameelperd hieronder met dit van die mens hierbo. Wat let jy op met betrekking tot die vorm van die werwels in die nek en die rug van die kameelperd en dié van die mens se nek en rug?




Kameelperdskelet


3. Die ribbe

Werweldiere het lang geboë bene wat ribbes genoem word. Hierdie ribbes is vas aan die ruggraat, en vorm saam die ribbekas.

  • In meeste werweldiere is die ribbekas in die borsgedeelte van die dier, om sodoende die longe, hart en ander belangrike organe te beskerm.
  • In diere soos slange kan die ribbekas die hele liggaam beskerm en ondersteun.
  • In voëls is die borsbeen baie langer, en is die vlugspiere hieraan vasgeheg.
Hierdie is 'n menslike ribbekas.

Baie soogdiere het 'n soortgelyke ribbekas.

'n Olifantskelet - kan jy die ribbekas en ruggraat sien?
'n Slang se ribbekas beskerm en ondersteun sy hele liggaam.
'n Dolfyn - kan jy sien dat die voorste ledemate net soos die ander soogdiere se ledemate lyk?

4. Skouerblaaie, arms, bene en heupbene

Werweldiere gebruik hulle voor- an agterledemate vir beweging.

Die menslike arm. Kan jy die plat skouerbeen en lang bene wat die arm vorm sien?

Baie diere se ledemate is vasgeheg aan hulle liggame by die skouer- of heupgewrigte. Alle diere het egter nie heup- of skouergordels nie - soos byvoorbeeld visse en slange.

  • Spiere is vas aan die skouerblaaie en hulle beheer die beweging van die voorste ledemaat of voorarm.
  • Die laer of agterste ledemate (bene) is by die heup aan die liggaam vas.

Die bene in verskillende werweldiere lyk soortgelyk. Kyk na die prentjie wat die ledemate van verskillende diere wys.

Voorste ledemate van verskillende werweldiere


Beweging in werweldiere


Nou dat jy 'n bietjie meer van 'n hele klomp bene weet, kom ons kyk hoe diere hierdie bene saam met gewrigte en spiere gebruik om hulle te help beweeg.


Kan jy onthou wat 'n skelet se funksie is? Lys soveel van die funksies van die skelet as wat jy aan kan dink hieronder.





  • Die skelet gee ondersteuning en vorm aan die liggaam.
  • Dit beskerm sagte organe en weefsel.
  • Spiere is vasgeheg aan die bene.
  • Spiere laat werweldiere toe om rond te beweeg.

Werweldiere kan beweeg as gevolg van twee baie belangrike dinge:

  1. Hulle het gewrigte tussen hulle bene wat hulle bene toelaat om the beweeg.
  2. Hulle spiere is vasgeheg aan hule skelette.

Indien jy wil weet hoe 'n dier beweeg moet jy weet hoe hulle gewrigte en spiere werk.

Hoe om die onderwerp in te lei.

Daar is baie maniere om hierdie onderwerp bekend te stel, afhangende van die klas se dissipline en gedrag mag òf die een òf die ander gekies word.

  • Berei 'n groot aantal musiek genres, hip hop, kleuter rympie, ruk-en-rol, gospel, orkesmusiek, metal ens... Indien hoegenaamd moontlik, probber om hulle in een speellys te kombineer, sodat elke liedjie 'n tipiese lengte van omtrent 30 - 45 sekondes het. Dit is moeilik om in die regte stemming te kom wanneer jy moet wag vir die inleiding van elke liedjie om klaar te maak en dan ook nog dat die onderwyser nog 'n CD uithaal en laai!
  • Gee rofwerkpapier aan helfte van die klas en vra hulle om 'n potlood en harde boek om teen te druk te neem en in 'n sirkel om 'n oop ruimte in die klas of saal te sit. Die ander helfte van die klas moet dans of saam met die musiek beweeg. Die eerste helfte moet dan soveel verskillende tipes bewegings wat die dansende groep maak neerskryf of skets.
  • Ruil om en laat die 'dansende groep' nou die waarnemers wees.
  • Bespreek die verskillende tipes beweging wat hulle geïdentifiseer het, en probeer om 'n diagram of 'n klas breinkaart - gebruik woorde soos: swaai heupe en arms; spring op en af met bene en voete; swaai arms wild rond; skud jou hele liggaam; knik kop op en af; skud kop; gly arms en bene oor die vloer; ens. Teken hierdie breinkaart op 'n groot vel papier om i die klas te vertoon. U sal later weer hierna verwys.
  • Indien moontlik kombineer hierdie les met 'n les wat handel oor die verskillende soorte werkwoorde in Huistaalonderrig.
  • Bepreek wat die leerders dink hulle gehelp het om te beweeg: die spiere, bene en gewrigte.

Gewrigte


Gewrigte is die plekke waar bene bymekaarkom. Hulle kom bymekaar op 'n spesiale manier wat die dier of mens toelaat om te beweeg - soos by jou elmboog of pols. Daar is verskillende tipes gewrigte.

Hierdie is 'n kniegewrig. Kan jy sien dat dit is waar die bene van die been bymekaarkom?

Lys 4 ander plekke in jou skelet waar jy 'n gewrig het.



Elmbooggewrig, skouergewrig, heupgewrig, gewrigte tussen vingers (litte), gewrigte tussen tone, enkelgewrig, ens.



Hoe beweeg die bene en gewrigte?

Kom ons kyk na 'n voorbeeld van die arm wat beweeg. Kyk na die prentjie. Daar is twee spiere wat jou arm toelaat om te beweeg - you tricep en bicep. Hulle werk as paar.

Om jou arm te buig, trek die bicep spier saam, en trek die radiusbeen. Jou arm buig dan by die elmbooggewrig.

Jou arm word reguit gemaak wanneer die tricep spier saamtrek en aan die ulnabeen trek.

Die arm beweeg deur gebruik te maak van spiere, gewrigte en bene.

Beskryf die beweging van werweldiere


INSTRUKSIES

Nou dat jy weet dat bene en gewrigte deur spiere beheer word om jou te laat beweeg, kom ons kyk na 'n paar van die maniere waarop spiere en bene jou en ander werweldiere laat beweeg!

  1. Speel 'n MIMIEKSPEL in twee of vier spanne in jou klas.
    • Jou onderwyser sal die name van verskillende diere in 'n hoed plaas.
    • 'n Persoon uit die een span trek 'n dierenaam uit die hoed.
    • Hulle mag nie ENIGE GELUID maak of enige tekens gee wat die dier se naam sal weggee nie!
    • Hulle moet die beweging van hierdie dier naboots.
    • Drie mense in die een groep mag elkeen 'n beurt kry om te raai watter dier die ander groep naboots. As al drie verkeerd raai kan die ander groep 'n kans kry om te raai wat die dier is. Indien hulle ook nie reg raai nie, moet die nabootser die dier bekend maak.
    • Punte sal as volg toegeken word:
      • 5punte vir die eerste raaiskoot wat korrek is... Indien hierdie raaikoot verkeerd is...
      • 4 punte vir die volgende raaiskoot wat korrek is...Indien hierdie raaikoot verkeerd is...
      • 3 punte vir die volgende raaiskoot wat korrek is...Indien hierdie raaikoot verkeerd is vra die ander span om te raai, maar die nabootser word nie toegelaat om die aksies weer te demonstreer nie.

Hierdie is 'n tydsbesparende klousule,aangesien hierdie spel baie lank kan aangaan indien hulle te veel geleenthede gegee work om na te boots. Elkeen behoort die eerste keer behoorlik te kyk.

  • 2punte aan die ander span indien iemand met die eerste probeerslag korrek is. Indien hulle verkeerd is, dan...
  • 1 punt vir die laaste probeerslag - indien hulle antwoord steeds verkeerd is, word geen punte toegeken nie.

Voorstel: afhangende van die klas atmosfeer en dissipline kan onderwysers besluit om die nabootser toe te laat om te kies wie mag antwoord, maar dit mag makliker wees indien onderwysers die name uitroep van die leerders wat 'n raaiskoot mag waag.

  1. Kies drie (3) van die dierebewegings wat jou vriende nageboots het en waarvan jy regtig gehou het. Skryf elkeen ven hierdie neer:
    • Die bene wat gebruik is om daardie beweging in die dier te veroorsaak.
    • Die gewrigte wat deel was van die beweging.
    • Die spiere wat die beweging beheer het.









  • 'n Werweldier se skelet (binne-in die liggaam) het bene en gewrigte.
  • Bene is sterk en vorm 'n sterk raamwerkstruktuur.
  • 'n Skelet beskerm die liggaam.
  • 'n Skelet ondersteun die liggaam.
  • Werweldiere kan beweeg omdat hulle spiere het wat aan die skelet vasgeheg is.


Watter tipe skelet het jy?


Endoskelet

Wat het alle werweldiere wat hulle werweldiere maak?



Werweldiere het 'n ruggraat en skelet binne-in hul liggame.

Wat is die belangrikste verskil tussen die skelette van 'n muis, 'n krap en 'n erdwurm?





  • 'n Muis het 'n skelet en ruggraat binne-in sy liggaam. Dit word 'n endoskelet genoem.
  • 'n Krap het geen bene binne-in sy liggaam nie, maar het 'n harde dop aan die buitekant van sy liggaam om dit te beskerm. Dit word 'n eksoskelet genoem.
  • 'n Erdwurm het geen bene in sy liggaam nie, en het ook nie 'n dop aan die buitekant soos 'n krap nie. Dit het 'n hidroskelet wat beteken dat die liggaam deur vloeistof ondersteun word.
Hieronder is 'n diagram van die menslike skelet. Dui die volgende met behulp van byskrifte op die diagram van die skelet aan:
  • skedel
  • ruggraat
  • ribbe
  • ribbekas
  • skouerblad
  • heupbeen
  • boonste ledemaat
  • onderste ledemaat
  • Dink aan ten minste twee ander bene in die skelet wat ons nie by hierdie lys ingesuit het nie. Dui hulle met byskrifte op die skelet aan.
Gewrigte help ons om te beweeg. Kyk na die diagram van die menslike liggaam. Voeg die byskrifte by om te wys waar jy 'n voorbeeld van die volgende kan vind:
  • elmbooggewrig
  • kniegewrig
  • skouergewrig

Noem drie dinge wat alle werweldiere nodig het om te kan beweeg.




bene, gewrigte, en spiere; as hulle senings en ligamente sê is dit ook tegnies korrek, en kan een punt elkeen gegee word (dus verdien hulle 2 bonuspunte)

Wat is die verskil tussen die manier waarop 'n mens beweeg, die manier waarop 'n dolfyn beweeg en die manier waarop 'n hond beweeg? Beskryf die beweging van elke dier, die ledemate wat gebruik word, en die posisie van die liggaam tydens beweging.







'n Mens loop regop op sy agterste ledemate, terwyl 'n hond op al vier ledemate loop. 'n Dolfyn gebruik sy voorste ledemate en sy stert om deur die water te beweeg. 'n Mens en 'n hond beweeg op land, terwyl 'n dolfyn in die water beweeg. Mense en honde het vier ledemate, maar 'n dolfyn het net twee ledemate en 'n stert vir beweging.